Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form

Kommunikasie as ʼn konneksie en nie as ʼn kakofonie nie.

by in Gesonde Huwelik
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 2763
  • Print
2763

Die tweede grootste probleem wat ek in berading sien elke dag is die een van kommunikasie. (Die eerste probleem is seksueel van aard.)  En natuurlik as die kommunikasie sterk tussen die paartjie is, is daar ʼn goeie kans dat die intimiteit ook gesond is.


b2ap3_thumbnail_Kommunikasie.jpg

Soos wat ek na my kliënte luister en kommentaar op Gesonde Seks se Facebook blad lees kom ek agter, ons het ʼn baie groot wanbegrip van wat kommunikasie werklik is. Kommunikasie is vir baie slegs om inligting te verruil. Ek voel, dink of beleef iets en wil dit aan jou bekend maak of ek moet lank genoeg stilbly om jou gevoelens, gedagtes en belewenisse kans gee om verruil te word.

 

Solank soos wat ʼn paartjie se kommunikasie slegs bestaan uit om inligting te verruil, sal hulle nooit intimiteit kan beleef in hulle kommunikasie nie en kan dan maklik disintegreer tot waar die een voel sy inligting is nie meer so belangrik soos die ander een se inligting nie. As dit gebeur dan verdwyn die tye van luister na die ander een se inligting voordat jy gereed maak met jou eie inligting. Omdat jy nou voel jou inligting word nie meer as belangrik beskou nie, begin jy net om harder te werk om JOU inligting aan jou maat oor te dra. Met ander woorde, dit eindig op in ʼn skreeu kompetisie.

b2ap3_thumbnail_Kommunikasie2.jpg

Wat ek vir my kliënte uitwys is dat kommunikasie veel dieper kan wees as net ʼn platform waarmee jy inligting verruil. As jy kommunikasie kan sien as ʼn “plek” in plaas van informasie, het jy sopas ʼn groot paradigma skyf gemaak.

 

Genesis 2:25 praat van die man en sy vrou wat albei kaal voor mekaar gestaan het en geen skaamte geken het nie. Dit beskryf nie wat hulle vir mekaar gesê het nie, maar eerder die konneksie, die plek waar hulle mekaar gevind het.

b2ap3_thumbnail_Kommunikasie3.jpg

Die sleutel om ʼn konneksie te maak tydens kommunikasie is nie om te luister of selfs om terug te reflekteer nie (albei van hierdie is baie goeie en belangrike tegnieke in effektiewe inligting verruiling), want om ʼn konneksie te maak is op ʼn dieper vlak, om jouself in die ander persoon se skoene te plaas. Die konneksie tydens kommunikasie is soos ʼn “Ah-Ha” oomblik. Eweskielik voel dit asof tyd stil staan en die wêreld rondom julle verdwyn.

Julle bevind julleself alleen in ʼn baie intieme en broos plek. ʼn Plek waar woorde nie nodig is nie.

Hierdie is ʼn veilige plek. ʼn Plek van eenheid.

Hierdie is ʼn plek waar jy jouself as individu vir ʼn oomblik verloor en een word met jou maat. Jou vrese, emosies en begeertes het vir hierdie oomblik verdwyn en sonder dat jou maat vir jou enige iets hoef te sê of te verduidelik, weet jy. JY is daar. Julle vind mekaar daar.

Jy sal weet wanneer julle ʼn konneksie gemaak het. Dit is soos ʼn kommunikasie orgasme.

Hierdie artikel is maar net om jou bewus te maak van hierdie intieme “konneksie” plek iewers weggesteek in julle kommunikasie. Vind dit deur om jouself in jou maat se situasie te plaas en die wêreld deur hulle oë te sien en doen dit in dieselfde oomblik waar jou maat dieselfde doen om hulleself in jou skoene te plaas, en daar beleef julle iets wat goddelik is. Waar twee een word.

As julle wil verbeter in julle kommunikasie, skryf in vir ons kommunikasie kursusse op ons mentorskap program.

Verbeter jou kommunikasie Deel 1: 

Verbeter jou kommunikasie  Deel 2: 

 

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top