Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form

Masturbasie in die Huwelik

by in Masturbasie
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 8089
  • Print
8089

Deur Janet Kieswetter 

As gevolg van baie vrae hieroor, skryf ek nou die artikel waar ons ons standpunt hieroor baie duidelik maak. In ‘n sin, glo ek en Timothy dat masturbasie binne en buite die huwelik nie sonde is nie. Inteendeel, ons glo dat dit ‘n gesonde deel van die huwelik kan opmaak.

Die Bybel maak geen uitspraak spesifiek oor masturbasie nie. Die verse wat verwys na ‘seksuele immoraliteit’ glo ons sluit nie masturbasie in nie. Daar is baie wie sê dit doen. Maar ons glo nie masturbasie is immoreel nie. Ons sal so vêr gaan om te sê dat masturbasie self-liefde is en ons is gesê om lief te wees vir jouself.

Ek gaan fokus aan die voordele van masturbasie in die huwelik.

Ons kry baie briewe van mans wat van swaarkry in ‘n huwelik waar hulle vrouens nie vir hulle seks gee nie. Soms kry hulle een keer per maand, soms net op hulle verjaarsdae. Soebat en smeek werk min. Eerder as om ‘n derde persoon te betrek, gaan hierdie man masturbeer en ontslae raak van die opgeboude testosteroon in sy liggaam. En dis ‘n uiterse voorbeeld. Daar is baie paartjies wie se libido eenvoudig nie dieselfde is nie. Mans en vrouens wat elke dag seks sou wou geniet. En mans en vrouens wie net een keer per week lus voel. Daar is niks fout nie, hulle hormone verskil net.

Dikwels het die vrou goeie redes vir haar lae libido. Daar is klomp moontlike redes van emosionele leemtes tot sielkundige redes, tot biologiese probleme. Ter voorbeeld, sukkel baie vrouens met kandida wat baie ongemak in hulle privaatdele veroorsaak. Die probleem kan vir maande aangaan voor sy die regte medikasie gebruik en seks is uit tot dan. Daar is die wie voel haar man moet droëbek wag tot sy gereed is, maar ons voel, dit kan hulle verhouding benadeel. En dis onnodig. In ons opinie, is Masturbasie die God-gegewe uitweg vir soveel paartjies.

Wat van die man wat oorsee werk? Plaas daarvan om te ‘sample’ van die eksotiese vrouens wat hulself by alle konferensies beskikbaar maak, kan die man veilig in die privaatheid van sy hotelkamer, homself help. Ons stel voor dat hy foto’s van sy vrou het of selfs met haar Skype. Sy verlang ook na hom!

b2ap3_thumbnail_vrou-masturbasie.jpgWat my bring tot vroulike masturbasie. Mag vrouens nie hulself ook plesier nie?! Is dit selfsugtig? Baie sê dit is. Statistiek sê dat minder as 33% van vrouens klimaks (orgasme) bereik tydens seks. So baie vrouens het onvervulde sekslewens. Dit is wanneer dit oorgaan na ‘n plig toe. Dit is wanneer dit werk word om seks te hê. Vrouens wat seks glad nie geniet nie wil minder seks hê en dit begin die bose kringloop van ‘n huwelik wat stagneer. ‘n Man wat kwaad en afgeskeep voel gee nie liefde en aandag nie. Die vrou voel seergemaak en raak weer afsydig. Hulle dryf uitmekaar uit. En alles omdat die vrou nie seks geniet nie!

Hoe kan sy leer om seks te geniet? Deur om te masturbeer en haar opwekking te leer ken. Dit is soos ‘n eindbestemming wat mens beter onthou, hoe meer keer jy dit ry. ‘n Vrou wat oor en oor orgasme beleef (deur om dit self te vind) sal nie net haar man kan begelei soontoe nie, maar sal meer sexy en eroties oor haarself voel. Sy sal meer seks wil hê en geniet omdat sy haarself aanskou as ‘n seksuele vrou. Ek glo dit is broodnodig in ons land dat vrouens meer sexy voel en hulle libido bestuur sodat seks vir hulle wonderlik lekker is.

Ek het nou klomp redes gelys oor hoekom ons dink masturbasie so nodig is in die huwelik. Dit is om mense te probeer oortuig dat die huwelik nie daarsonder gesond kan wees nie. Maar dit kom eintlik neer op ‘n verskil in die siening oor seks in die huwelik. Baie Christene glo dat seks net kan plaasvind tussen die twee mense in die huwelik. Maar ons sê dat die huwelik opgemaak is van twee individue en dat daardie individue seks apart beleef.  Hoe gesonder die individue se seksuele kennis is van hulself, hoe beter gaan die seks saam wees!

Ons leuse is dat “Gesonde Seks bevorder Gesonde Huwelike” en ons glo masturbasie is deel van gesonde seksualiteit.

Vir meer oor ons Gesonde Seks siening, beveel ek regtig aan julle lees my man se nuutste boek “Gesonde Seks”. Dit sal jou hele siening rondom die seksuele mens verander en vir jou die sleutels gee tot ‘n vervulde huwelik.

Die boek is tans in alle goeie boekwinkels beskikbaar of jy kan dit direk by ons bestel. Stuur vir ons ‘n epos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. met jou naam, van en posadres en hoeveel boeke jy verlang. Jy kan ook die boek direk van ons webwerf bestel. 

 

 

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top