Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form

Moenie alles vir jou kinders doen nie.

by in Seksvoorligting
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 636
  • Print
636

deur Timothy Kieswetter

Ek het hierdie in my beradings praktyk teë gekom, en ek self het gesukkel om dit te glo, want ons samelewing hou mos van alles wat goed lyk en verwerp alles wat sleg lyk. Die probleem met dít is dat nie alles wat op die oppervlak goed lyk, egter goeie nagevolge het nie, en nie alles wat eers sleg lyk, draai noodwendig sleg uit nie.

Ek het nou alreeds ‘n paar kliënte gesien en beraad wat almal dieselfde patroon vertoon. Hulle sukkel om geluk in hulle huwelike te vind, ten spyte van die feit dat hulle in heel normale huwelike is met ‘n huweliksmaat wat hulle lief het.  Ek het al oor die jare gevind dat daar drie plekke van huweliksprobleme is;

1) my huweliksmaat is die probleem,

2) my omstandighede is die probleem of

3) my kinderjare is die probleem.

Met ‘n bietjie dieper ondersoek in hulle kinderjare in, kom ek agter dat daar niks behalwe geluk, liefde en aanvaarding is nie. Wat op aarde kan dan die probleem wees?

In al hierdie gevalle vertel hulle my van hulle wonderlike verhouding met hulle ouers. Die vrou kliënte vertel van hulle pa’s en die mans kliënte vertel van hulle moeders.

Hulle het almal ‘n buite gewoon sterk verhouding met hulle ouer gehad, en daardie ouer kon net absoluut niks verkeerd doen nie. Hier is nou juis waar die probleem begin. Wanneer daardie rolmodel vir jou toekoms man of vrou absoluut niks verkeerd kan doen nie, en vir jou (as kind) alles in die wêreld doen, lyk dit soos iets wat die samelewing gaan sien as iets goed, maar in werklikheid, het dit baie slegte nagevolge.

Wanneer die rolmodel van die man en vrou in die persoon se onderbewuste nooit ‘n fout maak, nooit teleurstel nie, en hom/haar altyd bo almal en alles stel, gaan daardie persoon verseker huweliksprobleme optel.

Want niks gaan ooit goed genoeg wees nie en geen man of vrou gaan ooit kan opleef teen daardie onrealistiese super-ouer verhouding nie.

Kliënte met super-ouers vind soms onnodig fout by hulle huweliksmaat om hulle onderbewuste se ongeluk te verduidelik.

In berading, begin ons dus nie om aan die huwelik te werk nie, maar om aan die beeld van die pa of ma te werk. Om hulle stelselmatig van die “super held” kategorie te begin speen en hulle as regte mense te sien, met regte foute. En dit is eers wanneer ons suksesvol ons rolmodelle van super helde tot normale mense kan skuif, wanneer ons ons huweliksmaat kan begin waardeer vir wie hulle is.

Met dit in gedagte, het ek my eie verhouding met my dogters gaan ondersoek. En ek vind dat ek toe nie die super held rol vertolk nie. Ek doen nie alles vir hulle nie. Ek kan soms lekker selfsugtig wees. Ek kan ook soms onregverdig pakslae en dissipline gee. En ek stel hulle soms teleur.

Ek is net ‘n normale man. ‘n Normale pa. Wat vir my dogters die rolmodel van ‘n normale man neerlê. Sodat wanneer hulle eendag ‘n normale man trou, sal hulle nie ongelukkigheid voel omdat hy nie alles reg doen nie. 

 

Maar omdat ons gesonde normale rolmodelle wil vertolk, stop ons nie net by die herkenning van ons menslikheid of normaliteit nie, as ‘n verskoning om nie te verander en groei nie. Ons gebruik dit as ‘n springmat om ons verhoudings te verdiep.

So ek leer my dogters dat hulle met my kan kom praat wanneer ek hulle teleurstel of wanneer hulle dink ek is onregverdig, ek sal daarna luister, en ....wag vir dit -  jammer sê en saam aan ‘n opmaak plan werk.

So ouers, moet nie alles vir jou kinders doen en ‘n valse super held rolmodel vir hulle skep nie. Dit gaan hulle ongelukkig maak in hulle huwelik.

Leer hulle eerder dat om ‘n werkende liefdes verhouding te hê, gaan daar teleurstellings wees, hartseer ervaar word en soms foute begaan word. Saam met ‘n openlikheid om daaroor te praat, gekoppel aan die vermoë om maklik en opreg jammer te kan sê en saam aan oplossings en opmaak maniere te kan dink - is hoe ons die verhouding beter gaan verdiep en versterk.

 

Stereotipies is daar gewoonlik twee groepe waarin ‘n ouer kan val. Die super-ouer kategorie of die afwesige-ouer kategorie. Al twee van hierdie gaan jou kind opfoeter. Vind ‘n balans in die middel by die betrokke-ouer kategorie.

Wees net daar vir jou kind, moenie toegang weier tot jou kind nie en moenie jou foute van jou kind wegsteek nie. Met ander woorde, wees ‘n betrokke en eerlike ouer vir hulle en dit sal hulle goed ten staan kom in hulle toekoms wanneer hulle liefde moet vind in die regte wêreld met regte normale huweliksmaats.

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top