Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form

Om 'n gesonde seksuele verhouding te hê, is om 'n gesonde seksuele selfsug te kweek

by in Gesonde Seksualiteit op Radio Namakwaland
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 2085
  • Print
2085
Wanneer seksualiteit selfsugtig raak?

Toe het Hy vir die skare gesê: “As enigeen van julle my dissipel wil word, moet jy jou selfsugtige ambisie aflê, elke dag jou kruis opneem en My volg. (Lu 9:23)

Timothy,
Seksualiteit is 'n komplekse aspek van ons persoonlikheid en' self '. Ons seksualiteit is gedefinieer deur seksuele gedagtes, begeertes en verlange asook erotiese fantasieë. In baie maniere is seksualiteit die krag wat ons bemagtig om ons liefde te vertolk en emosionele gevoelens te openbaar teenoor ʼn geliefde ander.

i. Kan ek seksueel selfsugtig wees?
ii. Wat is die gevolg van seksuele selfsug?
iii. Wat is ‘n gesonde seksuele ingesteldheid in ʼn huwelik?

Antwoord:

i. Alle seksualiteit moet selfsugtig begin!
Ons het die idea dat ons seksualiteit aangeskakel word, die oomblik wanneer ons ‘n ring aan ons vinger het, en dan is ons aantreklikheid net tot die persoon wie die ring vir jou aangesit het.
Seksualiteit is nie iets wat bestaan in die huwelik nie, maar eerder is deel van wie onsself is.

Matt 22:39 ‘Jy moet jou naaste liefhê soos jouself.’
Die fokus was nog altyd op om jou naaste lief te hê. En in hierdie konteks van ons gesprek is ons naaste ons huweliksmaat. Maar daar is te min gesê oor die ...soos jouself deel. Hoe ek hierdie skrif verstaan is dat die liefde wat my vrou moet ontvang, moet van uit ‘n oorvloei van die liefde van myself wees.

Jy kry...
1) Gesonde seksuele selfsug is om alles van jouself te deel met jou maat
2) Slegte seksuele selfsug is om alles van jouself vir jouself te hou.
Let op dat al twee het nodig dat jy jouself moet ken en lief hê. Dit is wat jy met daardie ‘jouself’ doen wat dit gesond of sleg maak.


ii. Maar wat gebeur as jou seksualiteit net by selfsug bly?

ONS!!!
Die sleutel woord in Christen seksualiteit is ONS. En weereens is die fokus nog al die jare op ONS, maar ons vergeet dat die ONS in ‘n huwelik word opgemaak deur EK en JY
Enige iemand in my opinie wat nie aan hulle ONS huwelik werk nie en vir die ander toe laat om aan SY eie seksuele identiteit te ontwikkel nie, is seksueel selfsugtig.
ONS word opgemaak deur EK en JY. En wanneer EK keer dat JY nie seksueel selfsugtig mag wees elke nou en dan nie, dan weer hoed EK, vir ONS om seksueel te groei!

Bv. As die vrou elke keer ja se vir haar man wanneer hy vra vir seks, is dit onselfsugtig? NEE
‘n vrou moet kan nee sê. Want dit is gesonde selfsug.
Anderste...gaan jy uitgee en uitgee sonder om enige iets terug te kry. So deur om nooit selfsugtig te wees met jou seksualiteit nie, sal jy op ‘n punt kom waar jy siek en sat is om seks te gee vir jou huweliksmaat.

Bv. Moet die vrou permissie gee vir die man om na ‘n strip club toe te gaan as hy wil? NEE
Seksuele selfsug gaan nie daaroor om jou maat seer te maak nie. Seksuele selfsug is om agting te gee vir jou fantasie, begeertes, behoeftes, gedagtes en verlange, BINNE in die konteks van ONS.
Gesonde seksuele selfsug hou geen geheime van mekaar nie, maar skep vir mekaar die geleentheid om ‘kaal voor mekaar te staan, sonder om skaam te voel.’

‘n Gesonde ONS, bestaan uit ‘n gesonde EK en JY!

Slegte selfsug is om alles vir jouself te hou. Jou gedagtes, fantasie...

iii. Daar is ‘n quote wat ek gelees het wat sê “Don’t run down masturbation because it is having sex with someone I love.”

Nou ons praat nie vandag oor masturbasie nie, maar die kruks van dit is dat ons gemaklik moet wees met ons eie seksualiteit want dit is iemand vir wie ek lief is. Ons moet begin lief raak vir onsself!
God ons gemaak het met ‘n seksuele identiteit wat los staande is van jou huweliksmaat.
Is dit Bybels? Gen 2:25b “man en vrou staan kaal voor mekaar, sonder om skaam te voel”

Daar is 2 aspekte hoe om gesonde seksuele selfsug in jou ONS huwelik toe te laat.
1) Staan kaal voor mekaar (Loving yourself part)
Man en vrou moet weet hoe lyk hulleself, kaal. Jy moet gemaklik wees met jou eie seksualiteit, sodat jy weet wat jy vir jou huweliksmaat wys!

2) Sonder om skaam te voel (Loving each other part)
Hierdie is die verantwoordelikheid van jou maat om vir jou die ruimte te gee om in jou eie seksualiteit kaal te staan, sonder dat jy skaam voel.

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top