Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form

Selfbewustheid kan jul verhouding dood maak!

by in Artikels vir die Vrou
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 6762
  • Print
6762

Ek het onlangs 'n statestiek gehoor dat 'n vrou elke drie sekondes een of ander vorm van 'self-adjustment' doen. Dit beteken sy raak bewus van haar lyf en wonder dalk vlugtig of haar hare reg is, lipstiefie op die tande gekom het, rok netjies oor die been rus ens. Julle weet waarvan ek praat. Al doen jy dit onbewustelik, is dit nogsteeds 'n teken van selfbewustheid. En dis verstaanbaar, 'n vrou wil goed lyk. Maar dit kan ongesond raak wanneer 'n vrou so oor haar voorkoms of persoon bekommer dat sy totaal haar man afskeep!

In 'n groep mense raak 'n vrou soms dadelik stil wanneer daar 'n mooier vrou is wat gemaklik gesels en vol self-vertroue voorkom. Dan skiet die jaloesie op en die glimlag trek skeef en die woede borrel so in jou binneste as jou man so veel as in daai vrou se rigting kyk- wat hy baie doen!
Meskien by die huis aangekom is dit 'n geskel en skreeery. En manlief koers vir jou borde van selfbewustheid. Eintlik skree jy 'sien my net raak!' Terwyl hy dink "ek dink daai girl het my gelike".

Jy sien liefde beteken om jou beheptheid met jouself te los, en behep te word met jou geliefde. Om die fokus af van jou eie belange, sorge en self te skuif na die belange, sorge en lyf van jou maat.

Ons het al lank gehoor dat mans aangetrokke is tot 'n vrou met self-vertroue maar hoekom is dit so? Want sy kan eintlik bietjie HOM laat goed voel. Die gesprek wat sy met hom aanknoop, die kyke wat sy in sy rigting gooi, die per ongelukke aanraking wat sy maak omdat sy baie expressief is. Dit gaan oor HOM! Hy voel raakgesien! Hy voel gevlei! En dit laat hom regop sit in haar teenwoordigheid.

So liewe dame, niemand van ons is heeltemal tevrede met ons voorkoms nie. Want daar is net een Angelina Jolie. Maar jy kan jou man soos 'n seks simbool laat voel deur om met hom te flirt en vry.

Dis hartseer hoeveel paartjies eensaam en afgeskeep voel. Albei onttrek want hulle glo die ander wil nie eintlik hulle hê nie. Slaan op jou self-bejammering tent en trek in by jou maat s'n waar jy meer aan hom vat om sy das reg te trek of sy hare te vryf of sy boude te knyp as wat jy jou voorkoms regmaak.

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top