Ek het onlangs 'n statestiek gehoor dat 'n vrou elke drie sekondes een of ander vorm van 'self-adjustment' doen. Dit beteken sy raak bewus van haar lyf en wonder dalk vlugtig of haar hare reg is, lipstiefie op die tande gekom het, rok netjies oor die been rus ens. Julle weet waarvan ek praat. Al doen jy dit onbewustelik, is dit nogsteeds 'n teken van selfbewustheid. En dis verstaanbaar, 'n vrou wil goed lyk. Maar dit kan ongesond raak wanneer 'n vrou so oor haar voorkoms of persoon bekommer dat sy totaal haar man afskeep!

In 'n groep mense raak 'n vrou soms dadelik stil wanneer daar 'n mooier vrou is wat gemaklik gesels en vol self-vertroue voorkom. Dan skiet die jaloesie op en die glimlag trek skeef en die woede borrel so in jou binneste as jou man so veel as in daai vrou se rigting kyk- wat hy baie doen!
Meskien by die huis aangekom is dit 'n geskel en skreeery. En manlief koers vir jou borde van selfbewustheid. Eintlik skree jy 'sien my net raak!' Terwyl hy dink "ek dink daai girl het my gelike".

Jy sien liefde beteken om jou beheptheid met jouself te los, en behep te word met jou geliefde. Om die fokus af van jou eie belange, sorge en self te skuif na die belange, sorge en lyf van jou maat.

Ons het al lank gehoor dat mans aangetrokke is tot 'n vrou met self-vertroue maar hoekom is dit so? Want sy kan eintlik bietjie HOM laat goed voel. Die gesprek wat sy met hom aanknoop, die kyke wat sy in sy rigting gooi, die per ongelukke aanraking wat sy maak omdat sy baie expressief is. Dit gaan oor HOM! Hy voel raakgesien! Hy voel gevlei! En dit laat hom regop sit in haar teenwoordigheid.

So liewe dame, niemand van ons is heeltemal tevrede met ons voorkoms nie. Want daar is net een Angelina Jolie. Maar jy kan jou man soos 'n seks simbool laat voel deur om met hom te flirt en vry.

Dis hartseer hoeveel paartjies eensaam en afgeskeep voel. Albei onttrek want hulle glo die ander wil nie eintlik hulle hĂȘ nie. Slaan op jou self-bejammering tent en trek in by jou maat s'n waar jy meer aan hom vat om sy das reg te trek of sy hare te vryf of sy boude te knyp as wat jy jou voorkoms regmaak.