Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form

Sondig ek in my hart, wanneer ek na 'n mooi vrou kyk en haar begeer?

by in Gesonde Seksualiteit op Radio Namakwaland
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 1839
  • Print
1839
In kort nee, dit is nie sonde nie. God het dan mans geskape om visual gestimuleer te word deur wat ons SIEN. Hoe dan is dan sonde as ons seksueel opgewek word deur 'n vrou se naakte liggaam. God se reëls is nie in direkte stryd met sy wette nie. Maar wanneer ons nie gemaklik is met ons seksualiteit nie en dit nie verstaan nie, begin ons om swaar laste (wette) op ons en ander te plaas.

Hey Mooiding!

Q.

Jesus het iets te sê gehad wanneer die vrou, ʼn beelddraer van die almagtige God, in ʼn ding verander.

In die boek Mattheus vind ons Jesus se lering oor die wellustige oog, En as jou regteroog jou laat struikel, pluk dit liewer uit en gooi dit weg van jou af. Dit is vir jou beter dat een van jou liggaamsdele tot niet gaan as dat jou hele liggaam in die hel eindig. (Mat 5:29)

Timothy,

As ons dink aan die hel is dit gepaardgaande met ʼn duiwel groot vlamme en iets wat “eendag” sal gebeur, In jou beroep is dit juis in díe skrif waarin die hel juis ʼn werklikheid word?

Antwoord :

Ja, soms is die duiwel nie 'n rooi draak met 'n vurk in die hand nie, maar 'n jong dame in 'n denim-short!

Daar is twee verskillende tiepe helle wat mans hulleself in bevind wanneer dit by Matt 5:29 kom.

1.    Die hel wat veroorsaak word deur die verkeerde interpretasie van hierdie skrif.

2.    Die hel wat veroorsaak word van die man wat in ‘n huwelik sit wat nie intiem is nie.

Kan ek met jou teologie bietjie smokkel. Ek dink nie dat Matteus 5:27 oor seksuele wellus gaan nie.

  • Daar is twee dinge wat jy in jou vraag aanraak (1) ’n vrou in ’n ding verander – (seksuele wellus gees) en (2) Matteus 5:27-29

  • Matteus, praat nie van die seksuele wellus gees nie, maar eerder oor die huwelik, Waar Job 31:1 meer die seksuele wellus gees adresseer.

  • En die verskil is belangrik om te beklemtoon, want die staf en oortreding is anderste van Mat 5 en Job 31 se wellus.


VERKEERDE INTREPRETASIE {VI} VAN MATTEUS 5:27 – 29   

"Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jy mag nie egbreuk pleeg nie.’

Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat na ‘n vrou kyk en haar begeer, het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg.

"As jou regteroog jou laat struikel, haal hom uit en gooi hom van jou af weg; want dit is vir jou beter dat net een van jou ledemate verlore gaan as dat jou hele liggaam in die hel gegooi word. Of as jou regterhand jou laat struikel, kap hom af en gooi hom van jou af weg;...”

  • VI         Mooi vrouens gaan veroorsaak dat al die mans of (i) blind gaan word, of (ii) in die hel gaan beland.

  • VI         Word gebruik deur sommige om seksualiteit te onderdruk en ons te oortuig dat Jesus teen seksualiteit praat en dat dit sonde is om van mooi vrouens te hou.

  • Nuwe Interpretasie {NI} Die skrif praat nie van n seksuele wellus begeerte nie, in die sin van "Jy is so 'n mooi sexy vrou, dat maak nie saak wat nie, ek moet nou met jou seks hê."


Die Griekse woord vir begeer(lust) is anderste as in Spreuke 6:25 wat spesifiek seksuele wellus is.

  • NI         Jesus praat met die getroude mans hierso oor die goddelike instelling wat die huwelik is. En nie oor wellus nie.


Jesus is nie teen seksualiteit nie, maar eerder teen die breek van huwelik-eenheid.

Goddelike Huwelik plan : 1Man en 1Vrou wat saam 1 word, deur liggaam, siel en gees. Om naak voor mekaar te staan en geen skaamte vir mekaar te hê nie. Om mekaar te help en te respekteer. Hierdie intieme huwelik is verewig en mag nie gebreek word nie.

Mat 5:27 "Julle het gehoor dat daar gesê is: ‘Jy mag nie egbreuk pleeg nie.’

Mat 5:28 Maar Ek sê vir julle: Elkeen wat na ‘n vrou (getroude vrou) kyk (raak sien en vergelyk) en haar begeer (nie vir seks nie, maar as ‘n hulp maat om 1 te word), het reeds in sy hart met haar egbreuk gepleeg.

So wat Jesus eintlik hier vir die mans sê is “As jy dink jy oulik is net omdat jy met jou vrou getrou bly, maar glad nie aan jou huwelik werk en te strewe na die Goddelike Huwelik plan nie, sê Ek (Jesus) nou vir jou dat as jy (i) selfs na ‘n ander vrou kyk en vergelyk met jou vrou en (ii) dink dat sy beter so wees vir jou, en ‘n meer intieme huwelik sou gee as jou huidige vrou, het jy reeds grootliks opgemors”

Opgemors vir 2 redes :

1)         Dit is teken dat jy alreeds op gegee het op jou huidige huwelik om intiem te wees.

2)         Dat jy oortuig is dat ‘n ander vrou, vir jou ‘n beter huwelik sal kan gee.  (Moenie wag vir die perfekte maat nie, wees die perfekte maat)...

...Mat 5:29 "As jou regteroog jou laat struikel, haal hom uit en gooi hom van jou af weg; want dit is vir jou beter dat net een van jou ledemate verlore gaan as dat jou hele liggaam in die hel gegooi word.

In konteks van God se huwelik plan: “Dit is tyd dat mans eerder na hulle eie lewens kyk en werk en verander, eerder as om te wag vir jou vrou om te verander, want as dit jou gesindheid is, gaan jou hele liggaam (huwelik) tot nuut gaan.”

God is nie so streng oor seksualiteit nie, soos wat Hy is oor die Huwelik nie.

En snaaks genoeg het die ons dit anderste om. Ons is meer besorg dat die seksualiteit van ‘n persoon moet onderdruk word, as oor die kwaliteit van die huwelike.

Slot gedagte :    God het die mens die vermoei gegee om aan te pas en te ‘cope’, selfs in ‘n huwelik wat hel is. Maar dit is gevaarlik wanneer ons ‘settle’ vir dit wat ons gewoond geraak het in ons huwelike.

Q.  Is daar na iets soos seksuele wellus?

A.  Ja, lees die blog getitel Seksuele wellus om meer daaroor te lees.

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top