Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form

Timothy verjaar - deur Janet Kieswetter

by in Uncategorized
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 4067
  • Print
4067

OLYMPUS DIGITAL CAMERA

 

Timothy is vandag slegs 31 jaar oud en hy het al klaar 'n merk gemaak op ons land. Sy naam en bediening is deurdrenk in kontroversie en hy ontvang daagliks 'hate-mail' wat sê hy is seks-behep sowel as klomp 'Baie dankie' briewe van mense wie se huwelike hy gehelp red het. Hy het al vroeg besef dat hy dikvellig gaan moet wees, asook geleer om sy vyande te seën. Ons verstaan in elk geval dat slegte publisiteit bly publisiteit! 
In plaas daarvan om al sy prestasies te noem (en daar is baie) of sy goeie eienskappe (nog meer!), gaan ek kontroversiële sinne aanhaal uit sy skrywe. Ja, sodat die wat nog wonder presies waarvoor Timothy staan, nie meer sal wonder nie. Die boek of tydskrif waaruit elkeen geneem is, is tussen hakkies daarna.

“Ons moet begin om te verstaan dat seksualiteit, begin in elke kind as skoon, heilsaam, rein, mooi, opreg en gesond.” (Hoekom blommetjies en bytjies gevaarliker is as penisse en vaginas: Gesonde Seks blog, 2013)
“Die samelewing leer ons dat dit die man moet wees wat die jagter is. Dat ʼn goeie Christen vrou en gerespekteerde moeder, net nie sulke dinge doen soos om haar man te bespring nie. Ek glo hierdie konserwatiewe stereotipe weerhou die seksuele vrou om waarlik in aanraking te kom met haar innerlike seks-godin. As ons na die Hooglied vrou kyk, vind ons dat dit heel normaal is vir ʼn goeie gelowige vrou om haar man te gryp so elke nou en dan.” (Artikel vir Finesse Tydskrif)

“Watter waardes jy ook al aan orale seks koppel, verstaan dat dit niks te doen het met die aksie (orale seks) self  nie, maar slegs jou persepsie daarvan. En persepsies kan verander!” (Ontbyt in die Bed en Seks in die Kombuis, 2013)

“God het nie die man gemaak om oor sy vrou te heers soos ’n koning oor sy slawe nie, maar eerder hom Koning van die huis gemaak om saam met sy Koningin te heers.” (Wees die CEO van jou huwelik, 2013)
“God het nooit bedoel vir 'n man om net 'n spermskenker te wees nie, maar om 'n liefdevolle pa te wees.”  (Wat Adam my van Seks geleer het, 2011)

“Selfbevrediging is 'n goeie indikasie van hoe gemaklik jy met jou eie seksualiteit is.” (Ontbyt in die Bed en Seks in die Kombuis, 2013)

“Daar is gewoonlik 'n emosionele rede wat 'n man na 'n prostituut toe dryf.” (Wat Adam my van Seks geleer het, 2011)

“Seks Speelgoed is vir baie mense ‘n baie sensitiewe en taboe saak. Maar soos enige taboe is dit maar net omdat ons nie genoeg kennis daarvan het nie, en daarom is ons bang vir die onbekende.” (Seks Speelgoed 101, Mentorskap Kursus)

“As jy 'n rede soek om te skei, dan sal jy gou een kry. Maar as jy jou huwelik wil red, dan sal jy redes moet soek om te bly.” (Wat Adam my van Seks geleer het, 2011)

“Daar is nie een mens op die aarde wie se lewenspad nie bestaan uit kruispaaie nie. God gee vir almal genoeg kans om Hom te kies as Redder. Ons gebede kan niemand iets maak doen nie, dit kan hom net tot die volgende kruispad in sy lewe bring, waar hy self 'n keuse moet maak.” (Gebeds-Handleiding, 2001)

“So alhoewel ek glo in net een God, glo ek Hy manifesteer Homself aan sy kinders (die mens) hoe Hy wil en soos Hy wil.” (As daar net een God is, hoekom aanbid ons elkeen one eie god?: Binne die Glashuis, 2013)

Ek glo dat God Timothy opgerig het om in hierdie tyd ‘n stem te wees in ons land. Hy MOET leer en praat en skryf oor seks. Hy moet mans, vrouens, tieners, dominees, onderwysers en leraars leer oor GESONDE SEKS. Dit is sy roeping en sy bestemming.

Dankie Timothy dat jy bereid is om te praat oor die Taboe. Dankie dat jy dag in en dag uit na mense se seer luister en raaksien. Dat jy God se boodskap van genade en genesing bring tot jou medemens.

 

Now this looks like a job for me
So everybody just follow me
'Cause we need a little controversy
'Cause it feels so empty without me
I said, this looks like a job for me
So everybody just follow me
'Cause we need a little controversy
'Cause it feels so empty without me

 

(Eminem, 2002)

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top