Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form

V & A oor Timothy Kieswetter se nuwe boek "Maak jou huwelik Affair-bestand" #1

by in Vraag & Antwoord
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 1445
  • Print
1445
  {readonline}If you can't see this e-mail properly, view it online{/readonline}  
 
 
   
 
 

V & A oor Timothy Kieswetter se nuwe boek "Maak jou huwelik Affair-bestand" #1

Bestel jou "affair-bestand" boek vandag nog!!!

V. Wat is meer algemeen: ‘n huwelik wat weens die moontlikheid van ‘n affair op die rotse loop – of ‘n huwelik wat op die rotse loop omdat daar reeds ‘n affair is?

 

A. Sekerlik beide, want ek is nie oortuig die toestand van die huwelik moet die blaam kry vir wat één persoon in die huwelik besluit nie. Ons val vinnig in ‘n strik waar ons glo dat dit ons maat se verantwoordelikheid is om my gelukkig te hou in die huwelik en dit sy/haar skuld is wanneer ek nie meer gelukkig is nie. Wanneer ons só redeneer, ontneem ons enige verantwoordelikheidsin van ons eie seksualiteit en besluitneming weg en met daardie gesindheid sal ons nooit ons huwelike affair-bestand kan maak nie. Juis daarom moet die fokus nooit wees om ‘n perfekte huwelik te hê nie, maar eerder op twee gesonde individue in ‘n normale huwelik.

 

redBestel jou kopie van "Maak jou huwelik affair-bestand"

V. Wat beteken dit wanneer ons sê dat ‘n paartjie van mekaar “weggegroei” het en is dit ‘n groot rede vir ‘n affair?

 

A. ‘n Huwelik is ‘n abstrakte konsep waaraan jy nie kan vat nie, anders as jy en jou maat aan die anderkant wat werklik, tasbaar en mens is. Om dan aan te sluit by my vorige antwoord, kan ons die huwelik beskryf as twee individue wat besluit om naak voor mekaar te staan en nie mekaar skaam te laat voel nie. Die “weggroei” van mekaar waarvan ons praat is wanneer:

 

(a.) Ek nie meer “naak” wil staan voor my maat nie. Ook wanneer ek meer geheime begin hou as wat ek deel en wanneer ek al hoe meer in myself intrek en myself isoleer.

 

(b.) Waar ek steeds “naak” is in die huwelik, maar my maat is vyandig teenoor my en afknouerig wat my laat skaam voel oor my emosionele kwesbaarheid in die verhouding. Beide van hierdie individuele probleme sal die paartjie motiveer om weg van mekaar af te groei. En omdat die mens nie gemaak is om alleen te wees nie, gaan ons versoek wees om aan die naaste gewilligste persoon te gryp wat ons “heel” gaan laat voel en dit is persies hoe die meeste affairs begin.

 

V. Op watter punt is dit te laat om ‘n affair te keer?

 

A. Die oomblik wanneer jy nie meer kan wegstap van die situasie, verhouding of Whatsapp gesprek af nie, is dit die oomblik wanneer helder rooi ligte moet afgaan in jou kop dat jy nie meer in beheer is waarheen hierdie “geheime” verhouding jou heen sleep nie. Maar solank soos wat die wil daar is om die regte ding te doen, terug te keer tot jou huweliksmaat, maak dit nie saak hoe vêr jy gevorderd is met ‘n affair nie, vir jou is dit nooit te laat om die affair te eindig en weer aan jou huwelik te bou nie.

 

 

Kliek hier om jou huwelik affair-bestand te maak.

 

verbeterV.  Is ‘n ongelukkige huwelik ‘n voorvereiste vir ‘n affair? Of gebeur dit ook in huwelikke waarvan die “onskuldige” party glo dat die huwelik “affair-bestand” is?

 

A. Die meeste van die paartjies waarmee ek werk, wat in affairs betrokke geraak het, het nooit uit gegaan om een te gaan soek nie. Daar was nie noodwendig iets fout met hulle huwelik nie, hulle het net eenvoudig blindelings in hierdie “geheime” verhouding ingeloop en so het ‘n affair ontwikkel.

 

Wat ek vir paartjies leer is dat enige iemand op die regte tyd, met die regte persoon in die regte omstandighede ‘n affair sal kan aanknoop. Totdat ons nie hierdie ongemaklike waarheid van ons vleeslikheid kan aanvaar nie, sal ons nooit paraat kan wees om die vroeë waarskuwings tekens raak te sien en daarop te reageer nie.

 

 

V. Is daar “waarskuwingstekens” voor ‘n affair wat die onskuldige party waarsku dat hy/sy dringend moet optree om ‘n affair te voorkom?

 

A. Verseker!. Ons het in ons koppe dat net slegte mense affairs het, maar dit is glad nie waar nie. Mense het affairs. Alle mense het die vermoë om positief te reageer op aandag en liefde, maak nie saak van wie dit af kom nie en wanneer jy lank genoeg jouself bloot stel aan aandag en liefde van buite jou huwelik af, gaan daar gevoelens begin ontwikkel. Nie omdat jy dit nie in jou huwelik kry nie, of omdat jy ‘n slegte mens is nie, maar net omdat jy lank genoeg aandag en liefde ontvang het van iemand anderste. So die eerste en seker die belangrikste waarskuwingsteken is wanneer ons aktief hierdie aandag en liefde van die ander persoon begin najaag en dit begin wegsteek van ons huweliksmaat.

 

 

Kliek hier om jou huwelik affair-bestand te maak.

 

 

versterkV. Hoe tree iemand op indien hy/sy vermoed dat die ander party dalk ‘n affair gaan hê? Voel hy/sy dalk skuldig en glo dat verandering by homself/haarself moet begin? Voel hy/sy dit is hulle hy/sy eie skuld en dat hulle hulle huwelik beter moes oppas?

 

 

A. Dit is baie algemeen dat ons die fout probeer soek by onsself. Aan die eenkant is dit nie ‘n slegte ding nie, hierdie is wat ons motiveer om te leer van ons foute en te groei as mens. Maar om hierdie blaam op jouself te neem wanneer jou maat oortree het, raak baie ongesond in die sin dat dit nou nie net meer jou maat is wat jou menswees afbreek deur wat hy doen nie, maar jy begin jouself afbreek deur om te glo dat dit jou skuld is dat dit nou met jou gebeur het.

 

Nee, dit is nie jou skuld nie. Jou maat het die besluit gemaak om ‘n affair te hê. Jy kan nie skuld neem vir ‘n besluit wat iemand anderste gemaak het nie. Dit wil nie sê dat jy geen bydrae gehad het in die atmosfeer waarin hierdie affair besluit in gemaak was nie. Ek leer altyd my kliënte dat hulle net verantwoordelikheid moet vat vir wat hulle gedoen het en nooit vir die keuses van hulle maats nie. Bv. Die vrou sal verantwoordelikheid neem dat sy nooit seks vir haar man meer wou gee nie, sodat sy daarvan kan leer en daaruit groei. Maar dit is nie haar skuld dat haar man seks op ‘n ander plek gaan soek het nie. Dit was sy besluit en dus is dit sy verantwoordelikheid.

 

 

V. Indien jy vermoed dat jou huweliksmaat ‘n affair gaan hê, is dit raadsaam om voor die tyd met die ander party – die “skelmpie” - te gaan gesels en hoe moet so ‘n gesprek verloop?

 

A. Die ding wat ‘n affair krag gee, is die geheimsinnigheid daarvan. So hoe vinniger jy alles op die lappe kan bring van die affair, hoe vinniger gaan die affair sy mag verloor. Die waarheid maak vry. Dit is nie maklik of vrywaar dat jou maat nie gaan weghardloop met die skelmpie nie, maar dit is die manier hoe jy mag terugneem in jou huwelik.

 

 

V. Indien ‘n paartjie na jou toe kom vir berading omdat een van die twee ‘n affair oorweeg, watter raad sal jy vir hulle hê?

 

A. Moenie ophou kom vir berading totdat julle presies weet hoekom die begeerte daar is vir die affair nie. Ek sal hulle help om vrede te maak met die feit dat hierdie emosionele seer wat die wortel is vir hulle begeerte om aandag en liefde op ‘n ander plek te kry is deel van wie hulle is en dan om stelsels in plek te stel waarmee jy jou emosionele seer kan bestuur, weg van die affair en na jou huweliksmaat. Verstaan, aanvaar, bestuur. Dit is die 3 stappe tot my huweliksberading.

 

V. Indien ‘n man of vrou besef dat hy/sy op die punt staan om ‘n affair te hê maar nie sy of haar huwelik in gevaar wil stel nie, moet daardie persoon betyds hulp kry of moet die huwelikspaar sáám hulp kry?

 

A. Die individu kan maar eers self gaan vir berading, want ‘n gesonde huwelike bestaan uit gesonde individue. 10. Wat kan jy doen om te keer indien jy besef jy loop self gevaar om in ‘n affair betrokke te raak? Ken jou emosionele seer. Wees bewus van jou kinderdae trauma. Identifiseer jou seksuele voorkeure. ‘n Affair sal altyd na jou toe kom met die antwoord tot al jou probleme. Die oplossing tot al jou seer. Dit sal hemel en aarde vir jou belowe. Maar dit is alles net ‘n leun. Dit is niks meer as ‘n fantasie en ‘n ontvlugting van jou inner pyn nie.

 

Kliek hier om jou huwelik affair-bestand te maak.

 

Bestel nog vandag Timothy Kieswetter se nuutste boek "Maak jou huwelik affair bestand". Besoek ons webtuiste of enige goeie boekwinkel. Die boek is ook beskikbaar op alle eboek platforms.

 

 

Kliek hier vir jou droom huwelik.

of stuur 'n e-pos aan Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

of skakel ons kantore by 086 111 2329

 

Hoofstukke in die boek "Maak jou huwelik affair bestand" 

 

Deel 1: Die ontwikkeling van 'n affair

  • Die paradysprentjie
  • Die emosionele swart gat
  • Die listige slang
  • 'n Onbetrokke, ongewillige, onaktiewe huweliksmaat
  • Die gehiem
  • Die ontnugtering
  • Die wegkruipery
  • Die verskonings
  • Die skeiding

Deel 2: Die herstel na 'n affair

  • Vergifnis en insig
  • Bou weer jul paradys
  • Steun op jou ondersteuningsnetwerk
  • Pasop vir die halfpad-duister-terugslag
  • Jy begin weer dors na iets
  • Kry afsluiting
  • Gee weer, totdat jy jou hele self kan gee.

 

Kliek hier om in jou verhouding te begin belê.

 

 
 

 

 

 
 
  Follow us | facebooktwitterpinterestrss  
 
 
  {unsubscribe}If you don't want to receive our news anymore, unsubscribe{/unsubscribe}  

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top