Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form

Versterk jou wilskrag in jou huwelik.

by in Gesonde Huwelik
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 3118
  • Print
3118


Wilskrag. Die krag om jou wil te gebruik. Dit is ons gunsteling ‘go to’ antwoord vir iemand wat lyk of hy/sy ʼn bietjie slapgat is of nie daardie selfsugtige gewoonte of verslawing kan of WIL afskut nie. Byvoorbeeld - wanneer jy konstant met jou man baklei, omdat hy aanhoudend sy vuil klere en nat handdoekke op die vloer gooi en net daar los.

 

“Gebruik net jou wilskrag en tel jou klere op.”

Of die warmbloedige een onder julle wat die hele tyd vir seks moet smeek.

“Gebruik net jou wilskrag en inisieer en geniet seks.”

 

Ek moet bieg die tweede voorbeeld is dalk nie in dieselfde kategorie van eenvoud as die eerste een nie, maar vir die warmbloedige persoon voel dit of hulle maat net nie genoeg WIL het om so lus te wees soos hulle nie.

 

Die “WIL” is ʼn baie komplekse en individuele ding. Net omdat ek “iets WIL” -  beteken dit nie dat ander, selfs my huweliksmaat, dieselfde WIL het nie.

Maar wat van die WIL om my vrou of man gelukkig te hou?

Wanneer  ek sien dat dit vir my maat belangrik is, hoekom WIL hy/sy my dan nie gelukkig maak nie?

 

Daar het interessante navorsing uit die neurologiese gemeenskap gekom waar hulle die krag van die WIL in die brein gevind het. Hulle beweer dat jou wilskrag baie soos die van ‘n spier is wat jy kan oefen, maar meer belangrik, is dit iets wat jou kan moeg maak ook.

Hulle vergelyk dit met die gevoel van oormatige oefening by ‘n gimnasium. Ons almal het dit al ten minste een keer gedoen. Oefen ons arms en bene baie hard, net om met moeite te gym te verlaat, die kar versigtig in te klim en te bid op pad huis toe dat jy nie met hierdie jellie arms en bene ʼn ongeluk gaan maak nie.

Net so is dit dan ook  met ons wilskrag. Jou wilskrag word deur die loop van die dag gebruik om reg of beter op te tree teenoor dinge soos –  wat om te eet?, moet ek mooi praat met my skoonouers?, gaan ek my baas se onbeskoftheid aanhou opvreet?. Al hierdie dinge dreineer jou wilskrag.

Hierdie dreinering van jou wilskrag word genoem Willpower depletion.” Of dan “ Wilskrag Uitputting”

En as ʼn huweliksberader kan ek vir jou sê dat die meeste van die paartjies se bakleiery rondom klein onbelangrike dinge gesentreer word ,en dit in sy beurt dreineer hulle wilskrag om mooi en respekvol teenoor mekaar op te tree. Wanneer die groot geskil kom, soos ʼn skoon slaapkamer of seks vanaand of nie, het beide nie genoeg krag oor om hulle WIL te gebruik om mekaar eerste te stel nie.

Verstaan dat ons elkeen net ʼn seker hoeveelheid krag het om ons WIL te gebruik in elke dag. Wanneer jy dit verstaan ,kan jy ʼn bietjie meer empatie vir jou huweliksmaat hê, wanneer hulle nie doen wat jy vra of voor hoop nie, want jy verstaan dit is nie omdat hulle nie WIL nie, maar omdat hulle nie meer genoeg krag oor het nie.

Oefeninge hoe om jou wilskrag te versterk.

1.            Verwyder die besluitneming oor klein alledaagse takies.  Stel ‘n vaste roetine vir jouself op wat die besluitneming uitwis.

In roetine het jy nie ʼn keuse nie, jy MOéT, daarom gebruik ek nie my WIL nie, maar volg net ʼn roetine. Dit is nie iets waaroor ek hoef te besluit nie. Dit is deel van my daaglikse roetine en daarom doen ek dit. Dit verg geen verdere gedagte nie. Zone uit as jy moet, maar tel die verdomde nat handdoek op en hang dit op.

Maak ʼn seks-dag vas op julle kalender. Maak nie saak wat gebeur deur die week of hoe ek voel nie, Vrydae aande of Saterdae oggende is ons seks-dag. Ek hoef nie daaroor te besluit of dink nie, ek hoef nie wilskrag te gebruik nie. Ek volg net roetine.

2.            Wanneer  jy sien jou maat se wilskrag is gedreineer, weerhou daarvan om enige vereistes aan hulle te stel. Die kanse dat dit in ʼn geveg gaan ontaard - is groot. Help jou maat om sy wilskrag te rus en doen die besluitneming vir hom/haar.

Bv. Liefie ek sien jy is moeg vandag. Ek het sommer jou klere vir jou opgetel en in die wasgoedmandjie gesit. Kom sit en ek maak gou vir jou ʼn lekker koppie tee.

Of

Skat, ek sien jy is gedaan, kom lê, dat ek jou rug masseer. (En na ʼn goeie 30 minute van masseer kan jy haar begin vry en oorgaan seks toe.)

 

Skryf in by ons Gesonde Seks Mentorskap program om jou huwelik en sekslewe te versterk en te verryk. Kliek HIER.

 

 

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top