Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form
  • Font size: Larger Smaller
  • Hits: 2451
  • Print
2451
Seksuele wellus

Timothy daar is twee pertinente skrifgedeeltes waar die woord maan oor seksuele wellus;

         i.            “Ek het myself belowe dat ek nooit na ’n jong meisie sal kyk om haar te begeer nie. (Job 31:1)

       ii.            Moenie opgewonde raak omdat sy mooi is nie. Moenie dat sy jou vang met die gefladder van haar wimpers nie. (Sp 6:25)

Hoe moet ek as gelowige seksuele wellus verstaan in die gees van die twee skrif gedeeltes?

 Antwoord:

Laas week het ons gesien dat Mat 5:27 “pluk jou oog en kap jou hand af” vers het nie te doen met seksuele wellus nie, maar verwys na die man se gesindheid binne-in die huwelik.

En ons het gesien dat jy nie jou oë hoef uit te pluk omdat jy na mooi vrouens kyk en daarvan hou nie.

NB! God se wette is nie in direkte kontras met sy reëls nie.

God se natuurlike wet van seksualiteit is : Mans word visual gestimuleer en gaan seksueel opgewek raak wanneer hy ’n mooi liggaam sien.

Wat is Seksuele wellus dan?

Daar is 2 dinge wat seksuele wellus opmaak.

1)      To separate, (Om te skei van)

Job 31:1                -              “Ek het myself belowe dat ek nooit na ’n jong meisie(to separate; a virgin from her privacy) sal kyk om haar te begeer nie”

Mat 5 begeerte vir n beter huweliks-maat    Job31 begeerte vir n mooier seks-maat.

Def. Seksuele Wellus is wanneer ’n man iets seksueel vat by ’n vrou wat sy nie bereid was om te gee nie.  {bv. om met haar uit te trek in jou gedagtes, date rape, “ag toe bokkie, as jy my liefhet sal jy met my slaap” 

SELFS om ’n male chauvinist te wees is ’n vorm van Seksuele Wellus, want dit ontneem die vrou van haar waarde. 

2)      Not being responsible to (Om nie verantwoordelikheid te neem vir)

Job 31:9-10         -              “ As ek my deur ‘n ander se vrou laat verlei het en gretig geloer (lokval lê en wag) het na my buurman se deur, laat my vrou dan vir ‘n ander man koring maal, laat ander by haar slaap.”

Seksuele plesier                                              =             Manlike verantwoordelikheid

{Bv. Maak ’n vrou swanger                          =             Jy moet vir die kind sorg}

{Bv. As jy ’n meisie soen                               =             Moet jy vir haar ’n bos blomme koop :)

In opsomming:

Seksuele wellus is NIE    = om seksueel opgewonde te raak wanneer jy ’n mooi liggaam sien nie.

Seksuele wellus      IS      = om iets by ’n vrou te neem wat sy nie vir jou wou gegee het nie. (Om haar mense wees nie te respekteer nie)

                                                + om nie verantwoordelikheid te neem vir jou seksuele plesier.

Luister na my advies en dit sal jou lewe red, sê die skrywer van Spreuke

Spreuke 6:25  -           “Begeer haar skoonheid nie in jou hart nie, en laat sy jou nie vang met haar ooglede nie”

Net soos in Mat 5 praat hierdie van ’n hart-gesindheid en nie net van die daad van kyk nie.

{Toe ek my vrou vir die eerste keer gesien het, het ek baie gekyk, maar dit was oraait want sy terug gekyk :)

Maar ons almal het al gehou dat vrouens al gesê het dat “daardie man se kyke laat hulle vuil voel!”}

Die manier hoe jy na ’n mooi vrou kyk, verklik jou hart’s gesindheid.

  1. Respekteer ’n vrou se waarde, regte en menswees

  2. Neem verantwoordelikheid vir jou aksies

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top