Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form
Blog posts tagged in egskeiding
880

Wat ‘n depressiewe artikel om die jaar mee te begin. Praat van piepie op ‘n man se vuur. As jy nou al ‘n rukkie my volg en van my boeke en show gelees en gekyk het sal jy agterkom dat my styl is nie die verdere opbou van korttermyn fantasieë en Cinderella stories nie, maar om oop oë deur die lewe te gaan, met volhoubare veranderinge.

Kom ons begin met daai woord: veranderinge. Ons almal sal wil hê ons huweliksmaat moet verander op een of ander vlak. Sommige van ons wil aan onsself ook verander. Maar verandering is moeilik, self onmoontlik.

Die rede hoekom ons nie kan verander nie, is want die huis word gebou op die fondasie. Jy kan nie aan die huis werklik verander as jy nie aandag aan die fondasie gee nie.

Daarom hou maar op om te probeer verander en fokus eerder om te GROEI.

Groei kan ons wel doen. Dit neem dalk langer, is meer emosioneel uitputtend, maar dit gee vir ons ‘n langer termyn nuwe mens.

Die grootste verskil tussen verander en groei is dat mense wat wil verander, stel net belang om hulle gedrag te verander en niks anderste nie. Die manier van dink, emosionele erkenning en kinderjare se onderdrukte trauma word nie aangeraak nie.

Om werklik te verander, met ander woorde om te groei, moet jy jou denke vernuwe, jou emosies erken en absoluut jou kinderjare se trauma verwerk.

 

Met dit ingedagte hier is die 3 algemene foute wat ons maak wanneer ons Nuwejaarsvoornemens maak.

 

1)     Ons maak te veel.

Om lysies op te trek is baie goed vir as jy nie iets wil vergeet tydens jou weeklikse kruideniersware inkopies nie, maar nie wanneer dit kom by self-verbetering nie. Wanneer ons aan onsself wil verander, kyk ons krities na onsself. Hierdie is baie moeilik vir die ego om te hanteer, want dit voel asof ons, onsself aanval.

En wanneer ons met ‘n hele lysie van dinge vorendag kom met kritiese veranderinge, gaan die ego in ‘n shut-down mode waar hy homself net wil beskerm, wat ons los met gevoelens van minderwaardigheid en selfbejammering.  Wat mens nou sou laat dink dit is al hoe meer rede en motivering om dat te verander, maar dit werk teen ons, en ons sement net verder ons ongewenste gedrag verder in.

Maak dit maklik op jouself. Maak ‘n lysie van net EEN ding wat jy graag in wil groei en fokus net op dit. Aanvaar die res van jou ego nes hy is, die goeie, slegte en lelike van hom. (vir nou!)

 

2)     Ons doen dit vir verkeerde redes.

Wanneer ons aan onsself wil verander om iemand anderste gelukkig te maak, gaan dit nooit volhoubaar kan bly nie. Ons moet groei in ons menswees en in die areas wat ons ongewenste gedragspatrone toon, vir onsself.

Sodra ons verandering gekoppel is om iemand anderste se aandag, aanvaarding en liefde te ontvang, kommunikeer ons weer net een ding aan onsself: “Ek is nie goed genoeg nie.”

En met hierdie boodskap gerig na ons siel toe, gaan ons sukkel om die energie te kry om ware groei te toon.

Maak ‘n besluit om op hierdie een ding op jou lysie te fokus, omdat JY daarin groei wil sien. Praat dit deur vir jouself.

Hoekom wil ek hierin verander?

Hoe gaan my lewe verbeter as ek in hierdie area groei kan toon?

 

3)     Die Wil is soos ‘n spier

Die Wil van die mens kan ons beter verstaan deur om terug te kom tot die voorbeeld van die fondasie van ‘n huis en die verskil tussen verander en groei.

As ek nooit aan my siel se pyn aandag gee nie, gaan ek altyd met my Wil ‘n override knoppie moet druk om my gedragspatrone in ‘n seker begeerbare rigting in te stuur. Die probleem egter is dat ons Wil, is soos ‘n spier, in die feit dat dit moeg word.

Enige persoon wat gym toe gaan kan net vir ‘n seker tyd oefen voordat sy spiere nie meer kan nie. So is dit ook so met ons gedragspatrone. As ons nooit ons kinderjare trauma verwerk nie en net fokus om te doen wat ons WIL doen om die verandering in ons met pure wilskrag te WIL, gaan dit net ‘n kwessie van tyd wees voordat ons wilskrag-spier moeg is en net nie meer kan nie.

Dit gaan veroorsaak dat ons terugkeer tot ons ongewenste gedragspatrone, ten spyte van ons sterk WIL om te verander.

En al wat dit weer aan ons siel kommunikeer, is weereens dat jy nie goed genoeg is nie.

 

 

So hê ‘n bietjie meer genade vir jouself in 2018 en gee tyd om ware groei in jouself raak te sien soos wat jy fokus net op een nuwejaarsvoornemens.

2309

Ons almal maak belofte aanmekaar op ons troudag; om mekaar nooit te verlaat nie, mekaar lief te hê, te lei en te beskerm, om mekaar te eerbiedig en te help. En as jy in Engels trou; “for better, for worse, for richer, for poorer, in sickness and in health, until death do us part.”   

 

Hierdie is alles wonderlike beloftes, verseker die moeite werd om jouself gereeld aan te herinner en probeer te behou. Die probleem egter met hierdie beloftes op ons troudag is dat ons dit maak terwyl dit goed gaan met ons, terwyl ons verhouding op ‘n hoogtepunt is, terwyl ons nog verlief op mekaar voel. En ons almal weet dat wanneer ons goed voel is ons outomaties positief oor die toekoms en die beloftes wat ons maak raak makliker, want daar is ‘n deel van ons wat glo dat ons altyd so goed en lekker sal voel in ons verhouding met mekaar.

En om ons beloftes aan mekaar te hou terwyl dit goed gaan, is regtig nie so moeilik nie.

So paar jaar gelede, op hierdie dag, het die Voortrekkers hulleself op nie so ‘n goeie plek gevind nie. Hulle het sekere dood in die gesig gestaar soos wat die Zulu’s op hulle laer afgestorm het. Dit was in hierdie moeilike, slegte, gevaarlike plek in hulle lewe waar hulle ‘n gelofte aan God en aanmekaar gemaak het.

Hier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde om 'n gelofte aan Hom te doen, dat, as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as 'n dankdag soos 'n Sabbat sal deurbring; en dat ons 'n huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte. Want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.”

My uitdaging vandag tot al die paartjies wat hierdie artikel lees is om nie net julle huwelik te bou op die beloftes wat julle gemaak het op julle troudag toe dit goedgegaan het met julle. Ek wil ook hê dat julle dieselfde beloftes aanmekaar en aan God moet maak wanneer dit sleg gaan met julle, wanneer julle skei oorweeg, wanneer julle ongelukkig is in julle huwelik. Dit is dan, juis dan, wanneer julle ‘n geloftedag in julle huwelik moet inbring.

Om die huwelik se vyand (skei) in die gesig te staar en nie toe te laat om met vrees oorweldig te word nie, maar om te bly staan en te baklei. Om aan jouself, aan jou maat en aan God ‘n belofte/kreet van hulp te maak. Help ons, red ons, herstel ons.

As jy jou huwelik dalk nou in ‘n slag van Bloedrivier vind, wil ek graag hê, dat jy jou eie geloftedag in jou huwelik aflê, en dat julle dit sal deur stuur na my toe om aan die onderkant van hierdie artikel aan te heg. En so lank soos wat die internet sal bestaan sal julle gelofte om te baklei vir die huwelik en die geluk daarin, op hierdie webblad sal bestaan, vir almal om te lees.

Gewoonlik plaas ek almal se boodskappe as anoniem, maar nie vandag nie. As julle as ‘n paartjies saam besluit om in julle moeilike tyd ‘n gelofte af te lê, gaan ons dit hier aan die onderkant van die artikel in julle naam plaas.

 

Stuur julle gelofte na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. met julle naam en van.

2489

 

Ek dink ek het die oplossing opgespoor. Die antwoord lê met mikro-berading en nie met makro-berading nie. As ‘n huweliksberader is 80% van my kliënte vrouens, so ek weet eerstehands hoe moeilik dit is om mans te kry om in te stem vir huweliksberading. Ek dink nie dit is omdat mans nie wil verander nie, of dat hulle aspris moeilik wil wees nie. Ek dink dit het te doen met die manier hoe ons seun groot maak. Ons maak hulle groot met die idee om die hoof, priester en profeet van die huis te wees, hoe om die damsel in distress te red, om ‘n heer te wees vir sy vrou, om te ‘man up’ en om Superman in die huwelik te wees. Plus moet hy ook nog die primêre broodwinner ook nog wees.

Die probleem egter is ons mans daar buite is nie Superman nie. Ons is net gewone mans en nêrens in ons grootword narratief word daar vir ons geleer of gewys dat ‘n man ook ‘n af dag mag hê, nie weet hoe om iets te fix nie, nie ‘n antwoord het op ‘n vraag het nie, onseker is oor iets, bang is, hartseer mag wees of soms hulp mag vra van iemand anderste.

Ons word geleer die man moet almal beskerm, altyd alles kan fix, alles weet en alles kan doen.

As ons nou so ‘n man neem wat homself teen hierdie standaard van ‘manwees’ opmeet, eweskielik sê hy moet gaan vir berading, want daar iets iets fout met hom, hy doen iets verkeerd, sy kennis is te min. Wat gaan dit aan sy selfbeeld doen?

So die van julle wat die voorreg het om seuns groot te maak, leer hulle van ‘n jong ouderdom dat hulle ook mag mens wees. Leer hulle om hulleself te red voordat hulle die wêreld hoef te red.

Vir die van julle wat nou alreeds ‘n “Superman” man getrou het wat nie wil gaan vir berading nie, hier is wat ek voorstel. Mikro-berading!

Onthou terug voor die dae van GPS, het ons grappies gemaak oor die man wat weier om rigting aanwysings te neem. Hy ry na ‘n plek toe, raak verdwaal oppad soontoe. Moet stop, erken hy is verdwaal en kan nie homself help nie, iemand advies vra, nederig genoeg wees om daardie advies te volg en wanneer hy wel by die plek arriveer nooit die geleentheid kry om trots te voel dat hy self by die plek uit gekom het nie.

Dit kan ons vergelyk met makro-berading. Dit is wanneer jy so verdwaal is in jou huwelik tussen ongeluk en skei dat jy moet stop en vir iemand advies vra. (‘n Huweliksberader) Die meeste mans ongelukkig sal nie vir rigting aanwysings of vir huweliksberading vra nie. Want in sy kop ontneem dit hom om met trots by sy eindbestemming uit te kom op sy eie.

Maar gelukkig het tegnologie ons man-ego kom red. Die GPS. Niemand van ons verdwaal meer nie, want almal van ons selfs, die “Superman” man gebruik een. Dit neem nie weg van sy manlike ego nie. Die man word straat vir straat, draai vir draai rigting aanwysings gegee sonder dat hy voel dat hy advies kry. Want daar is nêrens waar hy moet stop, besef hy is verdwaal en vir help vra nie. Tegnologie omseil dit alles om “mikro-berading” of altans “mikro-rigting aanwysings” te gee nog voordat die man besef hy is verdwaal.

Toe ek 7 jaar terug begin met my loopbaan in huweliksberading en seks terapie wou ek nog altyd paartjies mentor. ‘n Pad met hulle stap om soos een van ons almal se gunsteling-haat liedjies “ek gaan jou nou stap vir stap verduidelik”, maar maak nie saak wat ek probeer het op Facebook, emails, aanlyn kursusse of weeklikse SMSe, kon ek net nie die regte tegnologiese platform kry om hierdie “mikro-berading” of GPS vir die huwelik vind nie.

Dit is, tot laas maand.

Laas maand het ons begin eksperimenteer met ‘n VIP WhatsApp groep en ek glo ek het die huwelik se GPS gevind. Die WhatsApp tegnologie bied die perfekte platform aan om “stap vir stap te verduidelik” en om nie die man se “Superman” ego te bedreig met “stop, herken hy is verdwaal en vra vir hulp nie”

Op ons Gesonde Seks VIP WhatsApp groep gaan die man berading en advies straat vir straat, draai vir draai ontvang, sonder dat hy voel daar word vir hom gepreek. Mikro-berading.

Ek het nog so baie om oor “mikro-berading” oor te gesels, maar eers wil ek terug keer tot die VIP WhatsApp groep om daar verder te gesels. So ek sal in ‘n volgende artikel vir jou vertel hoe mikro berading die klein jakkalse kan doodmaak voordat dit in die wit olifant in die kamer in verander.

 

Hier is alles wat jy ekstra kry as jy deel raak van die Gesonde Seks VIP WhatsApp groep:

  • ·         100% privaatheid en anonimiteit.
  • ·         Man en vrou word op die groep gelaai.
  • ·         Fokus op sekslewe, huwelik en persoonlike en emosionele groei.
  • ·         Individuele WhatsApp mikro berading en advies.40% Afslag op alle Gesonde Seks speelgoed en produkte.
  • ·         Ontvang alle NUWE Gesonde Seks produkte (boeke/dvd’s) absoluut GRATIS.
  • ·         GRATIS kaartjies vir “Die Stripshow” en ander GS praatjies in jou area.
  • ·         Weeklikse Podcasts.
  • ·         Gereelde assesserings toetse en uitslae.
  • ·         PLUS toegang tot al 24 van ons Mentorskap program se aanlyn kursusse.
  • ·         PLUS elke Vrydag ‘n Gesonde Seks wit warm SMS wenk.

Met ander woorde, hierdie VIP Gesonde Seks WhatsApp groep is soos om jou eie seksuoloog in jou sak te hê.

Die VIP Gesonde Seks WhatsApp groep gaan ‘n betaal diens wees soos ons Mentorskap/SMS program, waarvan jy enige tyd van kan kanselleer. Die VIP Gesonde Seks WhatsApp groep kos R250pm.

Die VIP WhatsApp groep begin offiseel eers Jan 2017, maar omdat ons net n sekere aantal mense op die groep gaan toe laat maak seker jy skryf solank in en wees deel van ons Nov/Des toetse.

 

 

8034

Ek dink almal besef vandag dat sommige huwelike nie werk of gered kan word nie en dat die enigste/beste opsie vir só ʼn persoon is om te ontsnap van die giftige, gewelddadige en emosionele vernietigende verhouding. En omdat ons hierdie besef, loop ons die gevaar die oomblik wanneer ons, in ons eie huwelik tekens van pyn, seer, verwerping en trauma sien, lei ons af dat ons huwelik ook maar “doomed to fail” is.

Continue reading

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top