Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form
Blog posts tagged in Gesonde Huwelik
3166

 

Ons eerste AANLYN kursus spesifiek ontwikkel vir die MANNE.

Een van die grootste probleme wat ‘n paartjie in hulle slaapkamer beleef,  is dat dit te vinnig verby is. Die gemiddelde man neem enige tyd tussen 3 tot 5 minute van stimulasie voordat hy sy orgasme bereik, waar die gemiddelde vrou enige tyd vanaf 15 tot 25 minute kan neem voordat sy klimaks bereik.

Hierdie sou nie ‘n probleem gewees het indien die man nog vir sy vrou kon aandag gee nadat hy klaar sy orgasme bereik het nie, maar ons almal weet wanneer ‘n man klaar is, is dit KLAAR.

Hierdie veroorsaak ‘n baie ongesonde patroon waar die man minderwaardig oor homself begin voel as ‘n lover en sy vrou met die afleiding laat, dat sy net nie dieselfde plesier van seks kan geniet as haar man nie. Hierdie lei haar om OF haar orgasmes te fake OF om heeltemal op te gee op hulle.

Mans het al baie dinge probeer om langer uit te hou in die bed, soos om aan skoonma se kuier te dink, voor die tyd te masturbeer of selfs om produkte te gebruik wat die gevoel van die penis verdoof.

HIERDIE TEGNIEKE WERK NIE!

Oor die jare as seks-terapeut het ek geleer wát werk en wát werk nie en is ek baie opgewonde om al hierdie kennis in ‘n 4 maande aanlyn-kursus te sit, wat nie net die man gaan leer hoe om langer uit te hou tydens seks nie, maar hom leer hoe om ook sy eie multiple orgasmes te geniet.

Hierdie ekstra uithou vermoë gaan nie net die man se ego versterk nie, maar ook sy vrou die kans gee om nader aan haar eie seksuele plesier te kom SAAM MET HAAR MAN.

 

Alhoewel hierdie ‘n 4 maande kursus is, kan jy enige tyd kanselleer wanneer jy wil. Jy kan ook die kursus kombineer met hier en daar berading sessies as jy wel in Pretoria area woon.

Indien jy my elke week sou kom sien vir berading sou dit jou R2000 per maand beloop het, maar om op te teken tot hierdie “Multiple Man Orgasme kursus”, kos dit jou ‘n skrale R500 per maand.

 

Daar is plek vir slegs 10 mans in hierdie kursus.

Hierdie 4 Maande aanlyn kursus begin 1 Augustus en die sluitingsdatum om in te skryf is 25 Julie.

Gaan van ‘n 100meter sprinter tot ‘n multiple maraton atleet.

 

SKRYF IN

631

deur Timothy Kieswetter

Ek het hierdie in my beradings praktyk teë gekom, en ek self het gesukkel om dit te glo, want ons samelewing hou mos van alles wat goed lyk en verwerp alles wat sleg lyk. Die probleem met dít is dat nie alles wat op die oppervlak goed lyk, egter goeie nagevolge het nie, en nie alles wat eers sleg lyk, draai noodwendig sleg uit nie.

Ek het nou alreeds ‘n paar kliënte gesien en beraad wat almal dieselfde patroon vertoon. Hulle sukkel om geluk in hulle huwelike te vind, ten spyte van die feit dat hulle in heel normale huwelike is met ‘n huweliksmaat wat hulle lief het.  Ek het al oor die jare gevind dat daar drie plekke van huweliksprobleme is;

1) my huweliksmaat is die probleem,

2) my omstandighede is die probleem of

3) my kinderjare is die probleem.

Met ‘n bietjie dieper ondersoek in hulle kinderjare in, kom ek agter dat daar niks behalwe geluk, liefde en aanvaarding is nie. Wat op aarde kan dan die probleem wees?

In al hierdie gevalle vertel hulle my van hulle wonderlike verhouding met hulle ouers. Die vrou kliënte vertel van hulle pa’s en die mans kliënte vertel van hulle moeders.

Hulle het almal ‘n buite gewoon sterk verhouding met hulle ouer gehad, en daardie ouer kon net absoluut niks verkeerd doen nie. Hier is nou juis waar die probleem begin. Wanneer daardie rolmodel vir jou toekoms man of vrou absoluut niks verkeerd kan doen nie, en vir jou (as kind) alles in die wêreld doen, lyk dit soos iets wat die samelewing gaan sien as iets goed, maar in werklikheid, het dit baie slegte nagevolge.

Wanneer die rolmodel van die man en vrou in die persoon se onderbewuste nooit ‘n fout maak, nooit teleurstel nie, en hom/haar altyd bo almal en alles stel, gaan daardie persoon verseker huweliksprobleme optel.

Want niks gaan ooit goed genoeg wees nie en geen man of vrou gaan ooit kan opleef teen daardie onrealistiese super-ouer verhouding nie.

Kliënte met super-ouers vind soms onnodig fout by hulle huweliksmaat om hulle onderbewuste se ongeluk te verduidelik.

In berading, begin ons dus nie om aan die huwelik te werk nie, maar om aan die beeld van die pa of ma te werk. Om hulle stelselmatig van die “super held” kategorie te begin speen en hulle as regte mense te sien, met regte foute. En dit is eers wanneer ons suksesvol ons rolmodelle van super helde tot normale mense kan skuif, wanneer ons ons huweliksmaat kan begin waardeer vir wie hulle is.

Met dit in gedagte, het ek my eie verhouding met my dogters gaan ondersoek. En ek vind dat ek toe nie die super held rol vertolk nie. Ek doen nie alles vir hulle nie. Ek kan soms lekker selfsugtig wees. Ek kan ook soms onregverdig pakslae en dissipline gee. En ek stel hulle soms teleur.

Ek is net ‘n normale man. ‘n Normale pa. Wat vir my dogters die rolmodel van ‘n normale man neerlê. Sodat wanneer hulle eendag ‘n normale man trou, sal hulle nie ongelukkigheid voel omdat hy nie alles reg doen nie. 

 

Maar omdat ons gesonde normale rolmodelle wil vertolk, stop ons nie net by die herkenning van ons menslikheid of normaliteit nie, as ‘n verskoning om nie te verander en groei nie. Ons gebruik dit as ‘n springmat om ons verhoudings te verdiep.

So ek leer my dogters dat hulle met my kan kom praat wanneer ek hulle teleurstel of wanneer hulle dink ek is onregverdig, ek sal daarna luister, en ....wag vir dit -  jammer sê en saam aan ‘n opmaak plan werk.

So ouers, moet nie alles vir jou kinders doen en ‘n valse super held rolmodel vir hulle skep nie. Dit gaan hulle ongelukkig maak in hulle huwelik.

Leer hulle eerder dat om ‘n werkende liefdes verhouding te hê, gaan daar teleurstellings wees, hartseer ervaar word en soms foute begaan word. Saam met ‘n openlikheid om daaroor te praat, gekoppel aan die vermoë om maklik en opreg jammer te kan sê en saam aan oplossings en opmaak maniere te kan dink - is hoe ons die verhouding beter gaan verdiep en versterk.

 

Stereotipies is daar gewoonlik twee groepe waarin ‘n ouer kan val. Die super-ouer kategorie of die afwesige-ouer kategorie. Al twee van hierdie gaan jou kind opfoeter. Vind ‘n balans in die middel by die betrokke-ouer kategorie.

Wees net daar vir jou kind, moenie toegang weier tot jou kind nie en moenie jou foute van jou kind wegsteek nie. Met ander woorde, wees ‘n betrokke en eerlike ouer vir hulle en dit sal hulle goed ten staan kom in hulle toekoms wanneer hulle liefde moet vind in die regte wêreld met regte normale huweliksmaats.

6125

 

 

Ek is nie iemand wat gewoonlik praat van ‘n blow job nie. Professioneel praat ons eerder van orale seks, al is die wetenskaplike naam fellatio. En alhoewel al 3 hierdie benamings na dieselfde seksuele aktiwiteit verwys, wek dit 3 verskillende emosionele reaksies by ons op.

Blow job, is die lelikste een van die drie. Dit het dadelik ‘n vuil en amper pornografiese energie wat dit opbring. Baie getroude vrouens word sommer dadelik afgesit met hierdie woord.

Orale seks, is iets wat die getroude vrou meer geniet. Dit dra darem steeds intimiteit en voel nie goedkoop nie.

Fellatio, aan die ander kant, is wat vrouens vir hulle mans sal gee, wanneer hulle self nie lus het nie, en net gou vir hulle mans wil uithelp en/of keer dat hulle nie begin rondloop nie. Fellatio is ‘n werk, dit is koud en het nie baie emosies rondom dit nie. Ek doen dit met dieselfde tipe energie en lus as wat ek die huis skoonmaak, skottelgoed was en klere struik.

 

Elkeen van die 3 verskillende orale seksuele aktiwiteite het sy plek in ‘n gesonde huwelik, wat spog met ‘n vervulde sekslewe. En in opvolg artikels sal ek meer uitbrei oor die orale seks en fellatio dinamika van orale stimulasie, maar vandag wil ek met jou praat oor die sielkunde agter ‘n goeie blow job.

 

Ons almal bestaan uit ‘n “masker” en ‘n “shadow”. Ons masker gedeelte is die deel van ons menswees wat ons vir die wêreld wys en wie ons strewe om te wees. Dit is die volwasse en “soet” deel van wie ons is en wat gemaklik in die samelewing inpas.

Ons shadow, aan die ander kant, is wat ons oor skaam voel en met alle geweld wil wegsteek van die samelewing, uit vrees dat as enige iemand sien wat ek regtig dink of voel, sal ek verwerp en gekruisig word.

Maar maak nie saak hoe sterk jou masker is nie, jy sal nooit kan afskeid neem van jou shadow nie. Om mens te wees beteken om beide masker en shadow te wees en iewers tussen die spanning van die twee, waardigheid te vind vir ons en die mense met wie ons in kontak mee kom.

 

Graag wil ek nog ‘n konsep aanraak. Perfekte liefde wat onvoorwaardelike aanvaarding bring. Hoe meer aanvaarding ons voel, hoe gesonder kan ons deur die lewe gaan. Hoe meer verwerping ons mee rondloop hoe meer buite beheer gaan ons gedrag raak, in ‘n vorm van rebellie om die feit te protes dat ek nie goed genoeg is nie.

 

Alle aanvaarding en liefde is lekker, maar nie alle aanvaarding en liefde is dieselfde nie.

As jy iets goed doen, en jy ontvang aandag en liefde daarvoor, met ander woorde ons masker word geprys, voel ons natuurlik goed, maar nie regtig te veel nie, want ons verwag dit. Natuurlik kry ek prys, ek het dan iets reg gedoen.

Maar wat gebeur as jy aanvaarding en liefde ontvang wanneer jy iets verkeerd gedoen het. Met ander woorde, wanneer jou shadow gesien word en nie geoordeel en geskaam word nie. Wat beteken liefde en aanvaarding dan vir jou wanneer jy eintlik straf en oordeel verwag?

Natuurlik is daai liefde en aanvaarding baie meer intens tot wie ons is as dít want ons masker ontvang. Want nou weet ek die liefde en aanvaarding is nie gekoppel aan wat ek gedoen het nie, maar aan wie ek is, afsonderlik van my gedrag.

En dit is wanneer ‘n masker ‘n shadow kan aanvaar en liefhê, dat ons werklik veilig voel in ons verhoudinge en huwelik.

 

En orale seks is die beste om hierdie diep sielkundige boodskap aan mekaar te kommunikeer. My gesig is my masker - daarom sit ek grimering op en skeer my baard, sodat ek mooi lyk en vir die wereld.  My genitalieë is my shadow, daarom steek ek dit weg, sodat ek nie verwerp word deur die wereld nie.

 

So wanneer ons tydens orale seks jou simboliese masker op my simboliese shadow sit, vorm daar ‘n diep intieme konneksie wat elke gesonde huwelik nodig het.

 

En dit is wat ‘n blow job is. Dit is my masker wat vir jou shadow plesier gee en aanvaar.

Daarom is blow job so bietjie vuil, lelik en goedkoop. Want dit verteenwoordig ons shadow. En as jou huweliksmaat vir jou ‘n blow job kan gee, is daar ‘n diep rustigheid wat gebeur in ons binneste. ‘n Rustigheid dat ons okay is. Dat ons nie net masker hoef te wees nie, dat ons shadow ook ‘n regmatige plek in ons holistiese menswees het.

 

 

 

880

Wat ‘n depressiewe artikel om die jaar mee te begin. Praat van piepie op ‘n man se vuur. As jy nou al ‘n rukkie my volg en van my boeke en show gelees en gekyk het sal jy agterkom dat my styl is nie die verdere opbou van korttermyn fantasieë en Cinderella stories nie, maar om oop oë deur die lewe te gaan, met volhoubare veranderinge.

Kom ons begin met daai woord: veranderinge. Ons almal sal wil hê ons huweliksmaat moet verander op een of ander vlak. Sommige van ons wil aan onsself ook verander. Maar verandering is moeilik, self onmoontlik.

Die rede hoekom ons nie kan verander nie, is want die huis word gebou op die fondasie. Jy kan nie aan die huis werklik verander as jy nie aandag aan die fondasie gee nie.

Daarom hou maar op om te probeer verander en fokus eerder om te GROEI.

Groei kan ons wel doen. Dit neem dalk langer, is meer emosioneel uitputtend, maar dit gee vir ons ‘n langer termyn nuwe mens.

Die grootste verskil tussen verander en groei is dat mense wat wil verander, stel net belang om hulle gedrag te verander en niks anderste nie. Die manier van dink, emosionele erkenning en kinderjare se onderdrukte trauma word nie aangeraak nie.

Om werklik te verander, met ander woorde om te groei, moet jy jou denke vernuwe, jou emosies erken en absoluut jou kinderjare se trauma verwerk.

 

Met dit ingedagte hier is die 3 algemene foute wat ons maak wanneer ons Nuwejaarsvoornemens maak.

 

1)     Ons maak te veel.

Om lysies op te trek is baie goed vir as jy nie iets wil vergeet tydens jou weeklikse kruideniersware inkopies nie, maar nie wanneer dit kom by self-verbetering nie. Wanneer ons aan onsself wil verander, kyk ons krities na onsself. Hierdie is baie moeilik vir die ego om te hanteer, want dit voel asof ons, onsself aanval.

En wanneer ons met ‘n hele lysie van dinge vorendag kom met kritiese veranderinge, gaan die ego in ‘n shut-down mode waar hy homself net wil beskerm, wat ons los met gevoelens van minderwaardigheid en selfbejammering.  Wat mens nou sou laat dink dit is al hoe meer rede en motivering om dat te verander, maar dit werk teen ons, en ons sement net verder ons ongewenste gedrag verder in.

Maak dit maklik op jouself. Maak ‘n lysie van net EEN ding wat jy graag in wil groei en fokus net op dit. Aanvaar die res van jou ego nes hy is, die goeie, slegte en lelike van hom. (vir nou!)

 

2)     Ons doen dit vir verkeerde redes.

Wanneer ons aan onsself wil verander om iemand anderste gelukkig te maak, gaan dit nooit volhoubaar kan bly nie. Ons moet groei in ons menswees en in die areas wat ons ongewenste gedragspatrone toon, vir onsself.

Sodra ons verandering gekoppel is om iemand anderste se aandag, aanvaarding en liefde te ontvang, kommunikeer ons weer net een ding aan onsself: “Ek is nie goed genoeg nie.”

En met hierdie boodskap gerig na ons siel toe, gaan ons sukkel om die energie te kry om ware groei te toon.

Maak ‘n besluit om op hierdie een ding op jou lysie te fokus, omdat JY daarin groei wil sien. Praat dit deur vir jouself.

Hoekom wil ek hierin verander?

Hoe gaan my lewe verbeter as ek in hierdie area groei kan toon?

 

3)     Die Wil is soos ‘n spier

Die Wil van die mens kan ons beter verstaan deur om terug te kom tot die voorbeeld van die fondasie van ‘n huis en die verskil tussen verander en groei.

As ek nooit aan my siel se pyn aandag gee nie, gaan ek altyd met my Wil ‘n override knoppie moet druk om my gedragspatrone in ‘n seker begeerbare rigting in te stuur. Die probleem egter is dat ons Wil, is soos ‘n spier, in die feit dat dit moeg word.

Enige persoon wat gym toe gaan kan net vir ‘n seker tyd oefen voordat sy spiere nie meer kan nie. So is dit ook so met ons gedragspatrone. As ons nooit ons kinderjare trauma verwerk nie en net fokus om te doen wat ons WIL doen om die verandering in ons met pure wilskrag te WIL, gaan dit net ‘n kwessie van tyd wees voordat ons wilskrag-spier moeg is en net nie meer kan nie.

Dit gaan veroorsaak dat ons terugkeer tot ons ongewenste gedragspatrone, ten spyte van ons sterk WIL om te verander.

En al wat dit weer aan ons siel kommunikeer, is weereens dat jy nie goed genoeg is nie.

 

 

So hê ‘n bietjie meer genade vir jouself in 2018 en gee tyd om ware groei in jouself raak te sien soos wat jy fokus net op een nuwejaarsvoornemens.

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top