Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form
Blog posts tagged in Gesonde Huwelik
2546

Baie van die paartjies wie my kom sien vir huweliksberading, het minder berading nodig en meer van ‘n S.O.S noodgeval sein.

S.O.S is die internasionale morsekode (· · · – – – · · ·) wat staan vir “Save our Souls” of “Save our Ship”. Dit het sy oorsprong gevind met seevaarders wat gevrees het vir hulle lewe. Hulle was uit op die see en die skip, wat eens hulle veilige reis gebied het, is ewe skielik die ding wat hulle lewens in gevaar stel. Hulle skip is besig om te sink of het alreeds gesink en hulle is nou in nood om gered te word.

 

So ook is ons huwelik ‘n “relation-ship” waarin ons saam inklim om die wêreld mee te trotseer, maar na ‘n tydjie uit op die see, voel hierdie einste ding wat ons in die begin opgewonde gemaak het om nuwe horisonne in te vaar, nou meer soos die meulsteen om ons nek wat dreig om die lewenslus uit ons uit te suig.

 

Baie paartjies wil dadelik berading gebruik om hulle huwelik te “fix” of altans hulle huweliksmaat te kry om te verander. En alhoewel daar baie is om te “fix” in die huwelik en dat jou maat verseker baie tekortkominge het, moet ons soms net eers die situasie waarin onsself bevind evalueer voordat ons onrealistiese verwagtinge op ons huwelik plaas. As jy besig is om te verdrink, is dit dalk nie nou die beste tyd om ‘n opgradering op julle “relation-ship” te doen nie.

 

Die sukses van enige huwelik is om die seisoen te identifiseer waarin ons onsself bevind, sodat ons in lyn met daardie spesifieke seisoen kan kom met ons verwagtinge en doelwitte vir ons huwelik. Byvoorbeeld: Met ‘n huilende, nie-slapende-baba in die huis, is fantasie rolspel-seks of lang aand romantiese etes nie “in-lyn” met die seisoen waarin jou huwelik in is nie. Hoe meer verwagtinge jy buite jou huwelik seisoen het, hoe groter gaan jou teleurstelling wees.

 

Sommige verhoudinge het al so baie agter uitgegaan dat hulle desperaat raak om vas te hou aan dit wat hulle eens gehad het. Maar ongelukkig is hierdie nie ‘n tegniek om harder te werk om by mekaar uit te kom nie, want ons is op ‘n punt van histerie. Ons is besig om te verdrink.

 

Herken jy is op breek punt. Dit maak nie regtig saak wat het jou tot daardie punt gedryf nie. Hou op fokus wat jou maat verkeerd gedoen het, hou op jou huwelik probeer “fix” in jou gedagtes en erken dat jy as ‘n individue op hierdie “relation-ship” besig is om te sink en stuur ‘n S.O.S uit.

 

Vandat ons tweeling dogtertjies gebore was so paar maande gelede het ek en my vrou al hoe meer S.O.S boodskappe uitgestuur.

 

Dit kommunikeer aan jou huweliksmaat, “los my uit, moenie nou iets van my verwag nie, gee my spasie, ek is besig om emosioneel te sink”. Jy kan nie gered word deur jou huweliksmaat nie, want jy is deel van die “relation-ship” wat jou verdrink. Jy moet gered word deur iemand buite jou huweliksmaat, naamlik JOUSELF.

 

Hier is wat ek voorstel hoe om jou jou huwelik veilig te S.O.S

 

1. Aankondiging van S.O.S

Ons almal voel wanneer dinge te veel word en dit is juis dan, voordat ons ontplof, voordat ons iets sê wat eerder moes bly, voordat die lelik in ons uitkom, dat ons aan ons maat die S.O.S sein uitstuur. “Liefie, ek is baie naby aan my emosionele kapasiteit. Gun my net gou ‘n time-out”

 

Nou jou maat sal dalk heelwaarskynlik terug gil op jou, dat hulle ook moeg en op breekpunt is, maar jy kan nie verantwoordelikheid neem vir hulle S.O.S nie, net jou eie. Maat as dit jy is wat hier lees, stuur jou S.O.S dan eerste uit, sodat jy eerste kan ‘re-group’. As jy nooit jou S.O.S sein uitstuur nie, is dit niemand se skuld behalwe jou eie nie. So stuur hom uit.

 

2. Aktiwiteit van S.O.S

Dit is baie belangrik om hier te begryp dat ‘n S.O.S aktiwiteit op jou eie is nooit langer as ‘n paar minute nie. As jy jou huweliksmaat vir ure alleen los is jy selfsugtig en gebruik jy nie die S.O.S vir wat dit voor bedoel was nie.

 

Dit is ‘n 10min wegbreek, jouself vind, asem haal, kalm word, sodat jy weer in die ‘relation-ship’ kan inklim en verder rooi.

 

Vir sommige is dit net om alleen op die toilet te gaan sit. Ander wil net in stilte hulle tee (of wit wyn) op die stoep drink. Maak nie saak wat dit is nie. Dit is alleen. Weg van jou maat. Weg van die kinders. Weg van jou verantwoordelike self. Net jy en jouself. Haal asem. Jy gaan okay wees.

 

3. Terugkeer van S.O.S

Na jou 10 minute van “S.O.S me-time” is dit belangrik om aan jou maat te kommunikeer jy is weer terug op jou pos gereed vir diensplig. Ek sal baie keer na my S.O.S aktiwiteit terug keer na my vrou en vir haar sê: “Okay, liefie. Dankie dat ek ‘n oomblik vir myself kon neem. Ek voel nou beter, waarmee kan ek jou help.”

 

 

As jy gereeld jou S.O.Se uitstuur voordat jou menswees en julle huwelik sink, sal julle die emosionele kapasiteit hê om deur julle fights, verskille en moeilik situasies, sterker aan die anderkant uit te kom, eerder as om in die proses verder van mekaar weg te beweeg.

 

 

 ---  

Gesonde seks begin 'n vip whatsapp groep

 

Gesonde Seks begin 'n VIP Whatsapp groep!

 

Elke jaar probeer ons onsself reinvent
3 Jaar terug het ons met ons Mentorskap program begin, wat nou meer as 24 verskillende aanlyn kursusse bevat.

 

2 Jaar gelede het ons met ons weeklikse wit warm SMS wenke begin, wat nou al duisende mense se sekslewens opgekikker het.

 

2017 begin ons met ons mees ambisieusste betaal program nog. 'n Gesonde Seks VIP Whatsapp groep. Dit sal alles van die Mentorskap en SMS program insluit, en dan so veel meer.

 

Hier is alles wat jy ekstra kry as jy deel raak van die Gesonde Seks VIP WhatsApp groep:

 

  • 100% privaatheid en anonimiteit.
  • Man en vrou word op die groep gelaai.
  • Fokus op sekslewe, huwelik en persoonlike en emosionele groei.
  • Individuele WhatsApp mikro berading en advies.
  • 40% Afslag op alle Gesonde Seks speelgoed en produkte.
  • Ontvang alle NUWE Gesonde Seks produkte (boeke/dvd’s) absoluut GRATIS.
  • GRATIS kaartjies vir “Die Stripshow” en ander GS praatjies in jou area.
  • Weeklikse Podcasts.
  • Gereelde assesserings toetse en uitslae.
  • PLUS toegang tot al 24 van ons Mentorskap program se aanlyn kursusse.
  • PLUS elke Vrydag ‘n Gesonde Seks wit warm SMS wenk.

 

Met ander woorde, hierdie VIP Gesonde Seks WhatsApp groep is soos om jou eie seksuoloog in jou sak te hê.

 

Die VIP Gesonde Seks WhatsApp groep gaan ‘n betaal diens wees soos ons Mentorskap/SMS program, waarvan jy enige tyd van kan kanselleer. Die VIP Gesonde Seks WhatsApp groep kos R250pm.

 

Ons wil graag julle uitnooi om solank op te teken vir ons Gesonde Seks VIP Whatsapp groep wat offisieel eers Januarie 2017 begin. Ons gaan so paar toets lopies doen oor Desember en seker maak die WhatsApp sisteme werk soos dit moet. Help ons om deel van hierdie toets groep te wees. Die eerste maandelikse betaling sal eers in Januarie 2017 verhaal word.

 

 

  ---

10% AFSLAG VIR MY 2017 PTA "DIE STRIPSHOW" AS JY JOU KAARTJIES IN NOVEMBER MAAND BESPREEK.

DIE STRIPSHOW - CENTURION TEATER (27 JANUARIE 2017)

 

Kom kyk hoe hierdie Bybel en seksualiteitskenner al die seksuele taboes en huwelikmites een vir een vir ons kom weg-strip.

Hy strip darem nie met sy klere nie, maar met sy woorde. Maak seker jy loop hierdie skreeu snaakse komedie nie mis nie. 

Lees wat ander van “DIE STRIPSHOW” gedink het.

 

Dit is snaaks...

“Die hele show was amazing! Humor tussen die erns het jou laat lag maar tog laat dink.”

“Die show was so waardevol en so brood nodig in ons tyd.”

“Die Stripshow was skreeu snaaks van begin tot einde.” “Als was flippen snaaks gewees, maar die masturbasie deel het ek uitgehak van die lag. Goeie werk aan almal. Hierdie gaan nog ‘n populere show word in ons land.”

 

Dit is sexy...

“Die strip geel in die begin het die ys gebreek.”

“Die stilletto-ballans-toertjie EN die blou ballas... Ons was in die voorste ry, kon dit nie miskyk nie...”

“Die opblaaspop... Goed om dit uit ‘n ander man se stem te hoor dat die generasie verander en die vrouens is nie net ‘n sekspop nie.”

 

Dit is leersaam...

“Mens kan jou seksualiteit explore en geniet. God het dit gemaak om te geniet.”

“Dat seks nie ‘n taboe is nie. Ek voel Timothy het ook die geloof aspek saam met seks baie intelligent koördineer, sonder om dit vuil en disrespekvol te laat klink.”

“Dit vat skill om so iets aan te vat. Goeie werk Timothy en almal wat aan die show se konteks gewerk het. Ek wil dit graag weer sien, want ek het vriende wat dit sal geniet, want ek het my gat af gelag heeltyd. AWESOME!!!”

 

 

 

As jy 6 of meer kaartjies vir die CENTURION vertoning koop, skenk ek vir jou my nuwe boek

“Maak jou huwelik AFFAIR-bestand” absoluut GRATIS.

 

Kaartjies beskikbaar by Computicket.

 

God seën en Gesonde Seks

Timothy en Janet Kieswetter

 

 

1740

 

Ek wil graag vandag se artikel begin met een van Salomo se wyshede. Wanneer dit gekom het by huweliksdinge, het hy geweet waarvan hy praat. Met ‘n duisend vroue het hy verseker dalk nie alles reg gedoen nie, maar hy het beslis geweet wat alles in ‘n huwelik kan verkeerd gaan, en net so ook reg gaan.

Spreuke 10:12

“Haat bring rusie. Liefde bedek wat verkeerd gedoen is.”

So ‘n eenvoudige kort vers wat só ‘n diep en kragtige waarheid vir ons bevat. Haat bring rusie en liefde bedek wat verkeerd gedoen is.

Visualiseer nou dat jou huwelik twee kamers bevat. Daar is  ‘n haat-kamer en ‘n liefdeskamer. En die kamer waarin jy woon, is die kamer wat jou huwelik die meeste gaan beïnvloed.

Jy mag dalk nou dink dat haat ‘n vreeslike sterk woord is. Jy het nie haat in jou hart vir jou man of vrou nie. Ons eerste gedagte van haat is daai emosie wat jy voel net voordat jy iemand doodmaak, en omdat jy nie regtig jou huweliksmaat wil doodmaak nie, haat jy nie regtig die persoon nie.

Daarom  wil ek graag vir jou uitwys dat haat, soos enige ander emosie, het grade van intensiteit. En maak nie saak hoe oulik jou man of vrou is nie, ons almal het ‘n “haat-kamer” in ons hart.

Daar is ’n aantal duidelike verskille tussen ons haat-kamer en ons liefdeskamer wat vir ons vinnig gaan kan uitwys, in watter kamer ons die meeste van ons tyd in deurbring.

  • Haat word gemotiveer deur wat reg en verkeerd is, waar liefde gemotiveer word deur genade. As jy die hele tyd gefokus bly op die reg en verkeerd in jou huwelik, gaan dit altyd die bitterheid en haat emosies ontlok eerder as genade en versagting.

 

  • Haat fokus altyd op die gedrag van ‘n persoon, waar liefde altyd die groter prentjie probeer insien. Byvoorbeeld;  jou man kom dronk by die huis aan, en dadelik zoom jy in op die negatiewe gedrag van jou man en dit sit jou dadelik in jou haat-kamer. Maar as jy in jou liefdeskamer is, probeer jy altyd die KONTEKS van jou man se gedrag plaas. Jy vra vir konteks deur genade, nie deur kruisverhoor nie. Dan mag jy dalk agter kom dat hy sy werk verloor het, of dat sy pa oorlede is en dan (omdat liefde altyd die konteks najaag en nie die gedrag nie) bevorder intimiteit, in plaas van vyandskap tussen mekaar.

 

 

  • Haat maak jou altyd die slagoffer. Jy begin jammer voel vir jouself, want jy verdien beter. Bly lank genoeg jammer voel vir jouself en jy is een tree nader om in depressie te verval. Liefde aan die anderkant, is nie gefokus op die EIE EK nie, maar op die gebrokenheid van die ander persoon. Omdat dit die groter prentjie en konteks van jou maat se gedrag verstaan, het jy die emosionele kapasiteit om die geveg nie nou oor JOU te maak nie, maar om jou maat se uitskreeu vir aandag en aanvaarding raak te sien.

Gebroke mense gebruik negatiewe gedrag om aandag en liefde te kry. Dit is natuurlik nie die beste manier  om enige van die twee te kry nie. Dus, wanneer  ons in ons haat-kamers bly sal ons presies die teenoorgestelde gee as wat die gebroke persoon soek en benodig. Ons sal net hulle gebrokenheid verder verdiep en só langer vasgevang bly in hierdie negatiewe en ongesonde gedrag siklus.

 

  • Haat oordeel ‘n mens op wat hy gedoen het. Dit is goed om ou koeie op te grawe en maak ‘n gewoonte om ‘n mens se waarde en karakter te koppel aan daardie persoon se foute. Haat laat nooit die verlede rus nie en keer die persoon om ooit aan te beweeg met sy lewe of om reg te maak wat verkeerd gedoen is nie. Hierdie oortreding sal verewig oor die persoon se kop hang soos ‘n swaard.

Liefde werk ‘n bietjie anders. Liefde koppel nie ‘n mens se waarde aan wat ons doen of nié doen nie, maar fokus eerder  op die goddelike potensiaal in elke persoon. Dit spreek tot die goed en mooi in die persoon.

 

In watter kamer bevind jy jouself?

Watter atmosfeer is teenwoordigheid in jou huwelik? Rusie of vrede? Haat of liefde?

 

Die deur tussen jou haat-kamer en jou liefdeskamer is genoeg VERGIFNES. Begin vandag om jouself te vergewe, die mense rondom jou te vergewe en ook God te vergewe. Beweeg uit jou haat-kamer en tree in jou liefdeskamer in, waarin jy mag rus en vrede beleef.

 

 

 

Kliek hier om erens te neem van die gesondheid van jou huwelik en laat toe dat ons julle help om 'n gesonde huwelik en sekslewe te bou met ons verskillende aanlyn self-help programme. Begin jou GESONDE SEKS MENTORSKAP program vandag. e-pos ons by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of kliek hier: https://www.gesondeseks.co.za/index.php/mentorskap

6242

 

 

Kom ons begin gou om so paar mites te breek.

1. Om ‘n man sleg te laat voel en hom te vertel hoe laag hy is omdat hy porn kyk gaan hom nie keer om weer te kyk nie.

2. ‘n Man se porn verslawing het niks te doen met hoe begeerbaar hy sy vrou vind nie.

 

Porn is ‘n fantasie wêreld. Dit is hoekom dit beide nie ‘n groot probleem is nie, maar ook ‘n reuse probleem.

 

Die vrou moenie haarself vergelyk of jaloers raak met porn nie, want dan bring sy haar realiteit in haar man se fantasie wêreld in. En as daar ‘n kompetisie is tussen regte wêreld en fantasie wêreld, gaan die fantasie wêreld elke keer wen. Want die gras in so veel groener aan die ander kant.

 

So my boodskap aan vrouens is: moenie jou man se porn verslawing op jou trek nie en toelaat dat iets waarmee jou man worstel, jou minderwaardig laat voel.

 

Dit is sy stryd, sy worsteling, sy verslawing.

 

Moenie vir een sekonde toelaat dat dit by jou vrouwees steel nie.

 

Terug tot hoekom mans porn kyk.

Die beste manier om dit te verstaan is om porn te vergelyk met fastfood soos McDonalds en KFC. Niemand eet fastfood vir sy voedingswaarde nie. Jy koop dit omdat dit gerieflik, gemaklik, goedkoop en beskikbaar is. Ons het in ‘n kitskos samelewing verval.

Ons lewens is so besig dat ons nie meer genoeg tyd het, of maak, om kookkos te maak, om ‘n tafel te sit en saam te eet nie. En vir die vitamine en minerale wat ons nie meer in ons kosse kry nie, neem ons maar net ‘n pilletjie.

 

So ook het ons samelewing die gesonde gesin gekniehalter. Ons het nie meer tyd vir mekaar nie, en wanneer ons saam is en gesels, het een van ons altyd ‘n selfoon in die hand besig met ‘n ander gesprek op Facebook. Omdat ons dan ons emosionele konneksie verloor, voel ons nie altyd lus om nog ons alles te gee in die slaapkamer nie. En as ‘n huwelik se sekslewe eers afneem, kan jy maar seker wees dat dit die res van die huwelik gaan saam aftrek.

 

Fastfood is ‘n simptoom van ons gejaagde lewe, so is porn ‘n simptoom van emosionele diskonneksie.

 

Die emosionele diskonneksie begin nie met die huwelik nie, dit begin met jouself. Die meeste mans wie ek sien wat verslaaf is aan pornografie, gebruik porn om ‘n emosionele vraag te beantwoord.

 

Is ek goed genoeg?

Is ek begeerbaar genoeg?

Is daar geluk daar buite vir my?

 

Nou dat ek daaraan dink, is dit seker dieselfde redes hoekom so baie vrouens dit geniet om Mills and Boons te lees. Dit antwoord die vraag “Hoe kon my lewe anderste gewees het?”

Hierdie is ‘n normale vraag en ons almal wonder soms of dinge anderste sou uitgedraai het vir ons. Maar totdat ons nie ‘n plek van innerlike vrede met ons hier en nou kan vind nie, sal daar altyd ‘n emosionele vraag wees wat fastfood en pornografie vir ons sal beantwoord.

 

Skryf in by ons Gesonde Seks Mentorskap program waar ons 24 verskillende aanlyn kursusse het wat jou gaan kan leer hoe om jou seksualiteit beter te verstaan en gesonder te bestuur in jou huwelik.

 

 

10055

Hierdie is seker een van die mees algemeenste seks probleem in ‘n huwelik. Die een is altyd meer lus as die ander een. (En nee dit is nie altyd die man wat meer lus is nie. Seks is ‘n mens ding nie ‘n man ding nie.)

Kom ons begin om jou nommer aan jou lus te koppel.

‘n No.10 is iemand wat die heeldag, aldag, dwarsdeur die dag, asook soms in die aande, seks kan hê. (Let op lus het niks te doen met wat prakties moontlik is of selfs gesond is nie, ons fokus slegs hier op die lus gevoel = jou libido.)

Dan is daar mense wat in my spreekkamer vir my sê as hulle nooit weer seks in hulle lewe hoef te hê nie, is hulle gelukkig. Okay jou lus is dan ‘n 0 op ‘n kontrak.

 

 

Gee vir jou lus ‘n nommer: 3, 5, 7, 9

Koppel ook ‘n nommer aan jou maat se libido.

 

Is julle naby mekaar?

Ver weg van mekaar?

O gats, ons het dalk ‘n probleem!

 

Nou daar is verskillende faktore wat ‘n invloed het op ‘n persoon se libido en as jy my boek“Gesonde Seks” lees sal jy ‘n duideliker prentjie daaroor kry. Maar vir hierdie artikel wil ek slegs fokus op die biologiese faktore van hormone. Dit is nie iets wat van buite die persoon kom nie, dit is nie dat die persoon pervers of aspris daaroor dink nie of aspris seks blok nie. Hierdie is jou liggaam se gewone vervaardiging van sekere hormone wat jou lus maak.

 

Die beste manier om dit te verduidelik is om jou seks lus te vergelyk met jou eet lus.

  • Sommige mense is konstant honger. Altyd lus om te eet.
  • Ander mense nou weer kan die hele dag gaan sonder om te eet.
  • Party mense wag totdat die honger so groot opgebou het dat hulle die naaste “fast food” burger gryp en dit verslind.
  • Waar sommige mense lank voor hulle honger raak begin kos maak en eet, voordat hulle daardie kol op hulle maag bereik.

 

Maar niemand van ons eet slegs omdat ons LUS voel om te eet nie. Ons eet want ons weet:

  • Dit is nodig vir ons om gesond te bly (ons liggame is gemaak om met kos te funksioneer).
  • Dit is lekker om te eet (ons liggame beloon ons met goedvoel hormone wanneer ons eet) en
  • Dit is sosiaal aanvaarbaar om te eet, daar is geen stigma of taboe gekoppel aan eet nie.

 

Seks aan die anderkant geniet nie dieselfde sosiale aanvaarbaarheid nie, die taboe is nog groot. Ons het al baie stories gehoor of selfs beleef hoe seks ons seer gemaak het, so dit is nie meer so lekker nie. Dan die belangrikste van als is dat ons glad nie genoeg gesonde en akkurate informasie oor seks ontvang het nie. Ons is dwaas oor die feit dat ons liggame en huwelike seks nodig het.

 

So omdat die spasie waarin seks in ons lewens plaasvind nie dieselfde ruimte geniet soos ons kos etery nie, word daar baie meer klem geplaas op die LUS van seks as die lus van kos. Bv. Wanneer jy in die oggend vir jouself ontbyt maak, spring jou vrou nie op en sê “Is jy al weer lus vir kos? Jy het net gisteraand ‘n groot bord kos gehad. Gedra jouself asb. Jy eet soos ‘n vark.”

 

Nee, niks van dit nie, maar durf die man of vrou net weer ‘n “move” maak om sy of haar seksuele lus te kommunikeer, word die LUS gesien as LUST. Daarom die persoon met ‘n natuurlike hoër libido as sy maat, voel konstant veroordeel om so vleeslik te wees die hele tyd. Hierdie persoon loop met skuld rond wat sy lus net al hoe nader dryf aan daardie “fast food” produkte.

 

Die persoon aan die laer kant van die libido spektrum sukkel ook om verby die absolute fokus op seksuele lus te kom. As ‘n persoon wat ‘n nommer 4 libido het, moet wag totdat hulle LUS genoeg raak om alles te los wat hulle doen en liefde te maak met hulle maat, is ek jammer om vir jou te sê, jy gaan LANK wag. ‘n Nommer 4 golf is nie sterk genoeg om alles te los en passievolle seks te inisieer nie.

 

Beteken dit dat hierdie lae libido persoon nooit passievolle seks kan geniet nie?

Nee, glad nie, dit is nie wat ek sê nie. Daardie persoon sal net nooit vanself daardie tipe seks inisieer nie.

 

Daar is geen skaamte in die feit om ‘n lae libido te hê nie, maar dit is ‘n jammer te dat baie lae libido mense self dood gaan van hongerte. Die hoeveelheid van LUS wat jy voel is NIE ‘n indikasie van hoe baie jy seks nodig het of selfs geniet nie. As jy ‘n persoon is wat nooit oorval word met seksuele LUS nie, aanvaar dit so, maar moenie seks dan net so laat vaar nie.

 

Wees jy dan die persoon wat lank voordat jy oorval word met die honger, al begin plan maak wat julle gaan eet vanaand. Iets wat altyd vir my uitstaan wanneer ek vir die lae libido mense die vraag vrae geniet hulle seks wanneer hulle eers “into it kom” (wow daar is baie fout met daai sin), antwoord die meerderheid altyd JA, BAIE.

 

So moet nooit weer jou LUS koppel aan seksuele plesier of inisiëring daarvan nie. Maak vrede dat jy nou maar iemand is wat seks gaan inisieer, beplan en aan dink met jou hoof en nie met jou kop nie.

 

In dien jy meer belangstel om jou en jou maat se seksualiteit beter te verstaan, kry my nuwe boek"Gesonde Seks" by jou naaste boekwinkel of direk vanaf my website www.gesondeseks.co.za

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top