Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form
Blog posts tagged in kieswetter
932

Kind Dissipline

Deel van ouerskap is om dissipline in die huis te leer. Dissipline het twee aspekte; 1) straf en 2) rigting aanwysing “guidance”.

Ek is nie ‘n groot “fan” van die straf gedeelte nie. Dit voel vir my ‘n bietjie uit oude doos uit. Ek glo ons is vandag emosioneel baie slimmer as dit en daarom vind ek baie meer voordeel in die tipe dissipline wat rigting aanwys en “guidance” gee vir die kind. (Staf is nie dieselfde as paksla nie, maar ek sal later meer oor paksla praat.)

Dissipline moenie vir jou kind leer wat hy of sy verkeerd gedoen het nie, maar eerder vir jou kinders leer wat om reg te doen.
Sien jou kind as ‘n klein boompie en die “guidance”-dissipline wat jy vir hom gee is die stok wat langs die boom in gedruk is om sekuriteit, beskerming en hulp te verleen om reguit te groei. Hierdie tipe dissipline, gee vir die boompie kans om eendag in ‘n groot boom te groei wat gesond en sterk is.

Waar straf-dissipline wat hoofsaaklik fokus op wat ons verkeerd doen, is soos om die klein boompie in ‘n baie streng en klein wettiese en straf boksie te sit. Die toekoms van hierdie boompie is beperk tot die spasie van die straf, oordeel, beperkings, verwerping, self-betwyfeling en trauma wat hy in geplant was en gaan opeindig om ‘n bonsai boompie te word.

 

Wat van pakslae?

My pa het altyd gepreek dat jy die rottang van wysheid moet neem tot die agterend van verstand, om ‘n boodskap in die brein te kry. Baie gewilde dissipline-styl, dit is selfs genoem in die Spreuke 23:13 “Moenie bang wees om jou kind te dissiplineer nie. Hy sal nie doodgaan van ‘n pakslae nie.”

Kriteria van ‘n gesonde pakslae. Jou kind mag nie daarvan doodgaan nie.

Baie ouers neem hierdie een vers en regverdig ‘n pakslae uit woede, maar soos wat ons altyd die Bybel as geheel lees en nooit net een vers ‘n dogma maak nie, geld dit vir kind dissiplinering ook.

Efesiërs 6:4 sê: “Pa’s, moenie julle kinders so behandel dat hulle verbitterd word nie, maar voed hulle op met dissipline en teregwysings wat die Here se goedkeuring wegdra.”

Baie keer gee ons vir ons kinders pak nie omdat dat dit vir hulle help of leer nie, maar net ons help om van ons woede, frustrasie en vernedering ontslae raak. Maar dit is verkeerd. Kind dissipline moet voordeel vir die kind in hou en nie vir jou nie.

Ons mag nooit uit ‘n plek van frustrasie, woede of vernedering jou kind tugtig nie, want dan gaan dit meer oor jou as wat dit oor jou kind gaan.

Dit laat my dink aan my kinderjare toe ek my pa hoor preek het oor hierdie onderwerp van pakslae. Hy het gepreek dat jy nooit jou kind mag pakslae gee wanneer jy kwaad is nie, wag maar eerder net 5 minute en dan tugtig jou kind. Die pakslae sal dan meer regverdig wees tot die kind se oortreding. Nou ek het nie altyd geluister in die kerk nie, maar hierdie preek het ek gevoel gaan ek kan gebruik in die toekoms. Dit was nie eers ‘n week later nie, toe ek weer my suster in trane het en ek histeries van die lag. My pa was so kwaad vir my gewees dat hy my dadelik gekonfronteer het met sy belt in sy slaan hand. In plaas van vrees wat gewoonlik my emosies oorneem teen die tyd, het ek vrede in my hard beleef en selfs geglimlag. Hierdie het my pa egter net meer briesend gemaak en vir my gevra/skreeu wat vind ek so snaaks?

Ek antwoord toe my pa oor hierdie baie goeie preek wat ek van hom gehoor het, dat hy nie mag pakslae gee terwyl hy kwaad is nie en dat hy eers 5 minute moet wag.

Hy storm toe by die kamer uit, sekerlik om daai preek uit sy leer te gaan skeur, maar dit het darem vir my genoeg tyd gegee om kamer toe te hardloop om al die onderbroeke in my klerekas te gaan aantrek.

Sien my pa kon regtig kwaai wees sonder om ons pakslae te gee. My pa hoef net hard met ons te geraas het en dit het alreeds die vrees van die Here in ons tuisgebring. Pakslae bo op dit was soms net te veel. Waar my ma aan die ander kant nodig gehad het om ons eerder pakslae te gee, want al het sy met ons geraas, het haar liggaamstaal net nie genoeg kwaai boodskappe oorgedra nie, daarom het haar raas ons nie te bang gemaak nie.

Daarom is dit ‘n goeie reël dat kwaai persoonlikhede kan maar die raas en hard praat tegniek gebruik om hulle kinders te dissiplineer, waar sagter persoonlikhede moet maar eerder pakslae gee en sonder om te hartseer te lyk om haar kinders pakslae te gee.

 

Dissipline is liefde

Spreuke 13:24 “Hy wat sy seun nie dissipline leer nie, het hom nie regtig lief nie. As hy hom liefhet, sal hy hom dissiplineer.”

 

Moet nooit jou kind net los nie. Of hulle klein is of groot is. Dit is jou rol as ouer om jou kind te help om verantwoordelikheid te neem vir hulle aksies en hulle goeie morele riglyne te leer. Maar in hierdie vers vind ons die hoof kriteria van enige dissipline. Dit moet gekoppel wees aan liefde. As jou kind nie voel dat jy hulle staf omdat jy hulle lief het nie, dan straf jy te hard.

P.S gee maar so 5 minute vir die kind om te besef jou dissipline was uit liefde gewees.

 

KINDERS BY DOSYNE 

In my volgende een-man opvoedkundige komedie “Kinders by Dosyne” gaan ek al die ouerskap opfoeters wat ons van vorige generasies geërf het, een vir een ontmasker en ‘n gesonder opvoeding ontbloot.

“Kinders by Dosyne” gaan jou laat skaterlag aan die eenkant en dan huis toe stuur met praktiese en gesonde opvoedings beginsels om seker te maak dat ons nie die volgende generasie opfoeter nie. In “Kinders by Dosyne” gaan ek ook met julle deel hoe ek en Janet steeds tyd maak vir mekaar al het ons “Kinders by Dosyne”, want die beste geskenk wat jy vir jou kind kan gee is ‘n mamma en pappa wat mekaar lief het.

Ek nooi julle uit om na die openingsaand van my splinternuwe opvoedkundige komedie "KINDERS BY DOSYNE" te kom kyk.

Ideaal vir 'n lekker aand uit sonder die kinders!

 

Pretoria openingsaand: 22, 23 September | Centurion teater | iTickets | https://itickets.co.za/events/383126

Kaapstad openingsaand: 20, 21 Oktober | HS Durbanville Ouditorium | iTickets |https://itickets.co.za/events/383129

P.S 20 Oktober is 'n live DVD opname, so as jy lekker kan lag, kom sit heel voor.

Kaartjies is alreeds besig om te vlieg. Moenie hierop uitmis nie! Bepreek vandag nog.

 

 

5192

 

Hoekom is dit so, dat wanneer ons vrouens vir ons vra om iets rondom die huis te fix kan dit tot twee jaar neem om ‘n kasdeur reg te maak, maar wanneer sy net van ons verwag om te luister, dan spring ons tot die uitdaging om haar emosies te ‘fix’?

  • Leer wanneer om die Alfa-man te wees en wanneer om jou sagter emosionele kant te wys.

Daar is niks beter as om jou vrou veilig te laat voel nie. En dit is die Alfa-man deel van jou, wanneer jy as koning, priester en profeet van jou huis optree. Maar wanneer jou vrou met ‘n emosionele probleem na jou toe kom, werk hierdie macho, Alfa-man rol nie so goed nie.

‘n Gesonde huwelik is een waar jy as man nie net leiding kan neem nie, maar een waar jy jou sagte kant wys. ‘n Deel van jou wat nie al die antwoorde het nie, ‘n deel van jou wat nie elke bul by die horings wil gryp nie. Maar eerder net iemand wat bereid is om in stilte te sit en luister en probeer verstaan.

  • Wat kommunikeer jy aan haar?

Elke keer wanneer jy iets wil ‘fix’ wanneer jou vrou net wil hê jy moet luister, is jy besig om aan haar te kommunikeer dat sy alleen is in die huwelik. Maar deur om simpatie te gee deur om haar hand vas te hou en toe te laat dat sy kan huil sonder om te vra “wat is nou fout?”. Om oog kontak te hou terwyl jy simpatiek luister of wanneer jy terug reflekteer dat jy haar emosies verstaan, bevestig jy vir haar dat sy nie alleen in die huwelik is nie, maar dat jy saam met haar in die huwelik is, nie net as die Alfa-man nie, maar ook as die Emosionele-man.

 

  • Twee dinge wat emosies verlang

Daar is slegs twee dinge wat emosies verlang: Om gedeel te word en om verstaan te word. So volgende keer as jou vrou na jou toe kom met haar emosies, laat toe dat sy dit met jou deel en wys haar jy verstaan, al doen jy nie 100% nie. Want die antwoord lê nie in wat jy moet doen of sê nie, maar eerder in die kans wat jy haar gun om haar hart met jou te deel.

 

Leer meer tegnieke hoe om jou beter te verstaan deur om op te teken vir ons Gesonde Seks VIP WhatsApp groep.
Kliek hier vir meer informasie: https://www.gesondeseks.co.za/index.php/mentorskap

2309

Ons almal maak belofte aanmekaar op ons troudag; om mekaar nooit te verlaat nie, mekaar lief te hê, te lei en te beskerm, om mekaar te eerbiedig en te help. En as jy in Engels trou; “for better, for worse, for richer, for poorer, in sickness and in health, until death do us part.”   

 

Hierdie is alles wonderlike beloftes, verseker die moeite werd om jouself gereeld aan te herinner en probeer te behou. Die probleem egter met hierdie beloftes op ons troudag is dat ons dit maak terwyl dit goed gaan met ons, terwyl ons verhouding op ‘n hoogtepunt is, terwyl ons nog verlief op mekaar voel. En ons almal weet dat wanneer ons goed voel is ons outomaties positief oor die toekoms en die beloftes wat ons maak raak makliker, want daar is ‘n deel van ons wat glo dat ons altyd so goed en lekker sal voel in ons verhouding met mekaar.

En om ons beloftes aan mekaar te hou terwyl dit goed gaan, is regtig nie so moeilik nie.

So paar jaar gelede, op hierdie dag, het die Voortrekkers hulleself op nie so ‘n goeie plek gevind nie. Hulle het sekere dood in die gesig gestaar soos wat die Zulu’s op hulle laer afgestorm het. Dit was in hierdie moeilike, slegte, gevaarlike plek in hulle lewe waar hulle ‘n gelofte aan God en aanmekaar gemaak het.

Hier staan ons voor die Heilige God van hemel en aarde om 'n gelofte aan Hom te doen, dat, as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee, ons die dag en datum elke jaar as 'n dankdag soos 'n Sabbat sal deurbring; en dat ons 'n huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom behaag, en dat ons ook aan ons kinders sal sê dat hulle met ons daarin moet deel tot nagedagtenis ook vir die opkomende geslagte. Want die eer van Sy naam sal verheerlik word deur die roem en die eer van oorwinning aan Hom te gee.”

My uitdaging vandag tot al die paartjies wat hierdie artikel lees is om nie net julle huwelik te bou op die beloftes wat julle gemaak het op julle troudag toe dit goedgegaan het met julle. Ek wil ook hê dat julle dieselfde beloftes aanmekaar en aan God moet maak wanneer dit sleg gaan met julle, wanneer julle skei oorweeg, wanneer julle ongelukkig is in julle huwelik. Dit is dan, juis dan, wanneer julle ‘n geloftedag in julle huwelik moet inbring.

Om die huwelik se vyand (skei) in die gesig te staar en nie toe te laat om met vrees oorweldig te word nie, maar om te bly staan en te baklei. Om aan jouself, aan jou maat en aan God ‘n belofte/kreet van hulp te maak. Help ons, red ons, herstel ons.

As jy jou huwelik dalk nou in ‘n slag van Bloedrivier vind, wil ek graag hê, dat jy jou eie geloftedag in jou huwelik aflê, en dat julle dit sal deur stuur na my toe om aan die onderkant van hierdie artikel aan te heg. En so lank soos wat die internet sal bestaan sal julle gelofte om te baklei vir die huwelik en die geluk daarin, op hierdie webblad sal bestaan, vir almal om te lees.

Gewoonlik plaas ek almal se boodskappe as anoniem, maar nie vandag nie. As julle as ‘n paartjies saam besluit om in julle moeilike tyd ‘n gelofte af te lê, gaan ons dit hier aan die onderkant van die artikel in julle naam plaas.

 

Stuur julle gelofte na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. met julle naam en van.

1599

 

Ek wil graag vandag se artikel begin met een van Salomo se wyshede. Wanneer dit gekom het by huweliksdinge, het hy geweet waarvan hy praat. Met ‘n duisend vroue het hy verseker dalk nie alles reg gedoen nie, maar hy het beslis geweet wat alles in ‘n huwelik kan verkeerd gaan, en net so ook reg gaan.

Spreuke 10:12

“Haat bring rusie. Liefde bedek wat verkeerd gedoen is.”

So ‘n eenvoudige kort vers wat só ‘n diep en kragtige waarheid vir ons bevat. Haat bring rusie en liefde bedek wat verkeerd gedoen is.

Visualiseer nou dat jou huwelik twee kamers bevat. Daar is  ‘n haat-kamer en ‘n liefdeskamer. En die kamer waarin jy woon, is die kamer wat jou huwelik die meeste gaan beïnvloed.

Jy mag dalk nou dink dat haat ‘n vreeslike sterk woord is. Jy het nie haat in jou hart vir jou man of vrou nie. Ons eerste gedagte van haat is daai emosie wat jy voel net voordat jy iemand doodmaak, en omdat jy nie regtig jou huweliksmaat wil doodmaak nie, haat jy nie regtig die persoon nie.

Daarom  wil ek graag vir jou uitwys dat haat, soos enige ander emosie, het grade van intensiteit. En maak nie saak hoe oulik jou man of vrou is nie, ons almal het ‘n “haat-kamer” in ons hart.

Daar is ’n aantal duidelike verskille tussen ons haat-kamer en ons liefdeskamer wat vir ons vinnig gaan kan uitwys, in watter kamer ons die meeste van ons tyd in deurbring.

  • Haat word gemotiveer deur wat reg en verkeerd is, waar liefde gemotiveer word deur genade. As jy die hele tyd gefokus bly op die reg en verkeerd in jou huwelik, gaan dit altyd die bitterheid en haat emosies ontlok eerder as genade en versagting.

 

  • Haat fokus altyd op die gedrag van ‘n persoon, waar liefde altyd die groter prentjie probeer insien. Byvoorbeeld;  jou man kom dronk by die huis aan, en dadelik zoom jy in op die negatiewe gedrag van jou man en dit sit jou dadelik in jou haat-kamer. Maar as jy in jou liefdeskamer is, probeer jy altyd die KONTEKS van jou man se gedrag plaas. Jy vra vir konteks deur genade, nie deur kruisverhoor nie. Dan mag jy dalk agter kom dat hy sy werk verloor het, of dat sy pa oorlede is en dan (omdat liefde altyd die konteks najaag en nie die gedrag nie) bevorder intimiteit, in plaas van vyandskap tussen mekaar.

 

 

  • Haat maak jou altyd die slagoffer. Jy begin jammer voel vir jouself, want jy verdien beter. Bly lank genoeg jammer voel vir jouself en jy is een tree nader om in depressie te verval. Liefde aan die anderkant, is nie gefokus op die EIE EK nie, maar op die gebrokenheid van die ander persoon. Omdat dit die groter prentjie en konteks van jou maat se gedrag verstaan, het jy die emosionele kapasiteit om die geveg nie nou oor JOU te maak nie, maar om jou maat se uitskreeu vir aandag en aanvaarding raak te sien.

Gebroke mense gebruik negatiewe gedrag om aandag en liefde te kry. Dit is natuurlik nie die beste manier  om enige van die twee te kry nie. Dus, wanneer  ons in ons haat-kamers bly sal ons presies die teenoorgestelde gee as wat die gebroke persoon soek en benodig. Ons sal net hulle gebrokenheid verder verdiep en só langer vasgevang bly in hierdie negatiewe en ongesonde gedrag siklus.

 

  • Haat oordeel ‘n mens op wat hy gedoen het. Dit is goed om ou koeie op te grawe en maak ‘n gewoonte om ‘n mens se waarde en karakter te koppel aan daardie persoon se foute. Haat laat nooit die verlede rus nie en keer die persoon om ooit aan te beweeg met sy lewe of om reg te maak wat verkeerd gedoen is nie. Hierdie oortreding sal verewig oor die persoon se kop hang soos ‘n swaard.

Liefde werk ‘n bietjie anders. Liefde koppel nie ‘n mens se waarde aan wat ons doen of nié doen nie, maar fokus eerder  op die goddelike potensiaal in elke persoon. Dit spreek tot die goed en mooi in die persoon.

 

In watter kamer bevind jy jouself?

Watter atmosfeer is teenwoordigheid in jou huwelik? Rusie of vrede? Haat of liefde?

 

Die deur tussen jou haat-kamer en jou liefdeskamer is genoeg VERGIFNES. Begin vandag om jouself te vergewe, die mense rondom jou te vergewe en ook God te vergewe. Beweeg uit jou haat-kamer en tree in jou liefdeskamer in, waarin jy mag rus en vrede beleef.

 

 

 

Kliek hier om erens te neem van die gesondheid van jou huwelik en laat toe dat ons julle help om 'n gesonde huwelik en sekslewe te bou met ons verskillende aanlyn self-help programme. Begin jou GESONDE SEKS MENTORSKAP program vandag. e-pos ons by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of kliek hier: https://www.gesondeseks.co.za/index.php/mentorskap

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top