Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form
Blog posts tagged in Mentorskap e-Kursus
5663

Is jou lus vir seks geblus?

Wanneer laas het jy seks geïnisieer?

Kla jou man dat jy “koud” is in die bed?

Vind jy enige plesier vir jouself uit julle liefde-maak?

Sukkel jy om klimaks te bereik?

 

Indien jy jouself kan identifiseer in hierdie vra, is dit moontlik dat jy met ‘n geblokte libido-vloei sukkel.

Na 6 jaar se seksuologiese berading en duisende anonieme vrae, het ek ‘n terapie ontwikkel om die vrou se libido vloei weer te aktiveer.

Die nadeel van ‘n geblokte libido is dat daar nie gelyke balans in jou huwelik is nie. Hierdie ongelyke magsdinamika gaan daartoe lei dat jou huwelik in ‘n “tit-for-tat” verval. “Ek doen hierdie vir jou so ek verwag hierdie terug” of “Jy het my hier geweier so ek trek hier terug”.

Hierdie tipe verhouding is ‘n ticking time-bomb. Amper asof julle die kinderspeletjie warm-patat speel. Heen en weer gooi julle verantwoordelikhede, aantygings, begeertes en skimpe vir mekaar, tot op ‘n dag wanneer die warm-patat ontplof.

 

DIT ALLES KAN VERMEI WORD DEUR OM ‘N GESONDE INDIVIDUELE LIBIDO VLOEI WEER TE ONTWIKKEL.

 

Wanneer jy weer ‘n gesonde vloeiende libido het, haal jy outomaties al die spanning en druk waarop  jou huwelik rus om perfek te wees, af en gee weer vir julle die geleentheid om as twee gesonde seksuele-mense na mekaar te kom om die oomblik intiem te geniet.

 

Indien jy in Pretoria area woon, stel ek voor dat jy vir berading kom, vir die vinnigste resultate.

Maar as jy te ver bly of nie genoeg tyd het om af te staan vir berading nie, is hierdie “Gesonde Libido” aanlyn-kursus spesiaal ontwerp vir jou.

Dit is ‘n 6 maande kursus, wat vir jou toegang gee tot ons hele Mentorskap program en aanlyn e-kursusse en weeklikse Gesonde Seks SMS huiswerk.

Maar die fokus moet liefs nie op dit wees nie, dit is daar vir jou man om homself besig te hou en voor te berei vir die warm seks godin wat hy oor 6 maande in die bed gaan vind.

Die fokus gaan wees op die 1op1 WhatsApp berading wat ons gaan doen om spesifiek te verstaan waar jou libido-blok vandaan kom en strategies dit begin genees.

ONTHOU!!! Geen vrou word koud gebore nie. God het elke vrou ‘n werkende warm gesonde seksuele-mens gemaak. Dit is buite-faktore wat haar libido rivier opgedam het.

So moenie net aanvaar dat “dit is maar hoe ek is nie”, NEE!!! Daar is ‘n inner seks godin wat smag om uit te kom en die lewe saam met jou te geniet.

 

Alhoewel hierdie ‘n 6 maande kursus is, kan jy enige tyd kanselleer wanneer jy wil. Jy kan ook die kursus kombineer met hier en daar berading sessies as jy wel in Pretoria area woon.

As jy my elke week sou kom sien vir berading sou dit jou R2000 per maand beloop het, maar om op te teken tot hierdie “Gesonde Libido” kursus, kos dit jou slegs R500 per maand.

Ons begin 1 Oktober met die kursus en sluitingsdatum om op te teken is die 25ste Sep.

Daar is ook net plek vir 10 dames per keer, so maak seker jy gebruik hierdie geleentheid om binne 6 maande jou inner seks godin te vind en uit te laat.

 

Skryf in HIER

 

2489

 

Ek dink ek het die oplossing opgespoor. Die antwoord lê met mikro-berading en nie met makro-berading nie. As ‘n huweliksberader is 80% van my kliënte vrouens, so ek weet eerstehands hoe moeilik dit is om mans te kry om in te stem vir huweliksberading. Ek dink nie dit is omdat mans nie wil verander nie, of dat hulle aspris moeilik wil wees nie. Ek dink dit het te doen met die manier hoe ons seun groot maak. Ons maak hulle groot met die idee om die hoof, priester en profeet van die huis te wees, hoe om die damsel in distress te red, om ‘n heer te wees vir sy vrou, om te ‘man up’ en om Superman in die huwelik te wees. Plus moet hy ook nog die primêre broodwinner ook nog wees.

Die probleem egter is ons mans daar buite is nie Superman nie. Ons is net gewone mans en nêrens in ons grootword narratief word daar vir ons geleer of gewys dat ‘n man ook ‘n af dag mag hê, nie weet hoe om iets te fix nie, nie ‘n antwoord het op ‘n vraag het nie, onseker is oor iets, bang is, hartseer mag wees of soms hulp mag vra van iemand anderste.

Ons word geleer die man moet almal beskerm, altyd alles kan fix, alles weet en alles kan doen.

As ons nou so ‘n man neem wat homself teen hierdie standaard van ‘manwees’ opmeet, eweskielik sê hy moet gaan vir berading, want daar iets iets fout met hom, hy doen iets verkeerd, sy kennis is te min. Wat gaan dit aan sy selfbeeld doen?

So die van julle wat die voorreg het om seuns groot te maak, leer hulle van ‘n jong ouderdom dat hulle ook mag mens wees. Leer hulle om hulleself te red voordat hulle die wêreld hoef te red.

Vir die van julle wat nou alreeds ‘n “Superman” man getrou het wat nie wil gaan vir berading nie, hier is wat ek voorstel. Mikro-berading!

Onthou terug voor die dae van GPS, het ons grappies gemaak oor die man wat weier om rigting aanwysings te neem. Hy ry na ‘n plek toe, raak verdwaal oppad soontoe. Moet stop, erken hy is verdwaal en kan nie homself help nie, iemand advies vra, nederig genoeg wees om daardie advies te volg en wanneer hy wel by die plek arriveer nooit die geleentheid kry om trots te voel dat hy self by die plek uit gekom het nie.

Dit kan ons vergelyk met makro-berading. Dit is wanneer jy so verdwaal is in jou huwelik tussen ongeluk en skei dat jy moet stop en vir iemand advies vra. (‘n Huweliksberader) Die meeste mans ongelukkig sal nie vir rigting aanwysings of vir huweliksberading vra nie. Want in sy kop ontneem dit hom om met trots by sy eindbestemming uit te kom op sy eie.

Maar gelukkig het tegnologie ons man-ego kom red. Die GPS. Niemand van ons verdwaal meer nie, want almal van ons selfs, die “Superman” man gebruik een. Dit neem nie weg van sy manlike ego nie. Die man word straat vir straat, draai vir draai rigting aanwysings gegee sonder dat hy voel dat hy advies kry. Want daar is nêrens waar hy moet stop, besef hy is verdwaal en vir help vra nie. Tegnologie omseil dit alles om “mikro-berading” of altans “mikro-rigting aanwysings” te gee nog voordat die man besef hy is verdwaal.

Toe ek 7 jaar terug begin met my loopbaan in huweliksberading en seks terapie wou ek nog altyd paartjies mentor. ‘n Pad met hulle stap om soos een van ons almal se gunsteling-haat liedjies “ek gaan jou nou stap vir stap verduidelik”, maar maak nie saak wat ek probeer het op Facebook, emails, aanlyn kursusse of weeklikse SMSe, kon ek net nie die regte tegnologiese platform kry om hierdie “mikro-berading” of GPS vir die huwelik vind nie.

Dit is, tot laas maand.

Laas maand het ons begin eksperimenteer met ‘n VIP WhatsApp groep en ek glo ek het die huwelik se GPS gevind. Die WhatsApp tegnologie bied die perfekte platform aan om “stap vir stap te verduidelik” en om nie die man se “Superman” ego te bedreig met “stop, herken hy is verdwaal en vra vir hulp nie”

Op ons Gesonde Seks VIP WhatsApp groep gaan die man berading en advies straat vir straat, draai vir draai ontvang, sonder dat hy voel daar word vir hom gepreek. Mikro-berading.

Ek het nog so baie om oor “mikro-berading” oor te gesels, maar eers wil ek terug keer tot die VIP WhatsApp groep om daar verder te gesels. So ek sal in ‘n volgende artikel vir jou vertel hoe mikro berading die klein jakkalse kan doodmaak voordat dit in die wit olifant in die kamer in verander.

 

Hier is alles wat jy ekstra kry as jy deel raak van die Gesonde Seks VIP WhatsApp groep:

  • ·         100% privaatheid en anonimiteit.
  • ·         Man en vrou word op die groep gelaai.
  • ·         Fokus op sekslewe, huwelik en persoonlike en emosionele groei.
  • ·         Individuele WhatsApp mikro berading en advies.40% Afslag op alle Gesonde Seks speelgoed en produkte.
  • ·         Ontvang alle NUWE Gesonde Seks produkte (boeke/dvd’s) absoluut GRATIS.
  • ·         GRATIS kaartjies vir “Die Stripshow” en ander GS praatjies in jou area.
  • ·         Weeklikse Podcasts.
  • ·         Gereelde assesserings toetse en uitslae.
  • ·         PLUS toegang tot al 24 van ons Mentorskap program se aanlyn kursusse.
  • ·         PLUS elke Vrydag ‘n Gesonde Seks wit warm SMS wenk.

Met ander woorde, hierdie VIP Gesonde Seks WhatsApp groep is soos om jou eie seksuoloog in jou sak te hê.

Die VIP Gesonde Seks WhatsApp groep gaan ‘n betaal diens wees soos ons Mentorskap/SMS program, waarvan jy enige tyd van kan kanselleer. Die VIP Gesonde Seks WhatsApp groep kos R250pm.

Die VIP WhatsApp groep begin offiseel eers Jan 2017, maar omdat ons net n sekere aantal mense op die groep gaan toe laat maak seker jy skryf solank in en wees deel van ons Nov/Des toetse.

 

 

5411

 

 

Kom ons begin gou om so paar mites te breek.

1. Om ‘n man sleg te laat voel en hom te vertel hoe laag hy is omdat hy porn kyk gaan hom nie keer om weer te kyk nie.

2. ‘n Man se porn verslawing het niks te doen met hoe begeerbaar hy sy vrou vind nie.

 

Porn is ‘n fantasie wêreld. Dit is hoekom dit beide nie ‘n groot probleem is nie, maar ook ‘n reuse probleem.

 

Die vrou moenie haarself vergelyk of jaloers raak met porn nie, want dan bring sy haar realiteit in haar man se fantasie wêreld in. En as daar ‘n kompetisie is tussen regte wêreld en fantasie wêreld, gaan die fantasie wêreld elke keer wen. Want die gras in so veel groener aan die ander kant.

 

So my boodskap aan vrouens is: moenie jou man se porn verslawing op jou trek nie en toelaat dat iets waarmee jou man worstel, jou minderwaardig laat voel.

 

Dit is sy stryd, sy worsteling, sy verslawing.

 

Moenie vir een sekonde toelaat dat dit by jou vrouwees steel nie.

 

Terug tot hoekom mans porn kyk.

Die beste manier om dit te verstaan is om porn te vergelyk met fastfood soos McDonalds en KFC. Niemand eet fastfood vir sy voedingswaarde nie. Jy koop dit omdat dit gerieflik, gemaklik, goedkoop en beskikbaar is. Ons het in ‘n kitskos samelewing verval.

Ons lewens is so besig dat ons nie meer genoeg tyd het, of maak, om kookkos te maak, om ‘n tafel te sit en saam te eet nie. En vir die vitamine en minerale wat ons nie meer in ons kosse kry nie, neem ons maar net ‘n pilletjie.

 

So ook het ons samelewing die gesonde gesin gekniehalter. Ons het nie meer tyd vir mekaar nie, en wanneer ons saam is en gesels, het een van ons altyd ‘n selfoon in die hand besig met ‘n ander gesprek op Facebook. Omdat ons dan ons emosionele konneksie verloor, voel ons nie altyd lus om nog ons alles te gee in die slaapkamer nie. En as ‘n huwelik se sekslewe eers afneem, kan jy maar seker wees dat dit die res van die huwelik gaan saam aftrek.

 

Fastfood is ‘n simptoom van ons gejaagde lewe, so is porn ‘n simptoom van emosionele diskonneksie.

 

Die emosionele diskonneksie begin nie met die huwelik nie, dit begin met jouself. Die meeste mans wie ek sien wat verslaaf is aan pornografie, gebruik porn om ‘n emosionele vraag te beantwoord.

 

Is ek goed genoeg?

Is ek begeerbaar genoeg?

Is daar geluk daar buite vir my?

 

Nou dat ek daaraan dink, is dit seker dieselfde redes hoekom so baie vrouens dit geniet om Mills and Boons te lees. Dit antwoord die vraag “Hoe kon my lewe anderste gewees het?”

Hierdie is ‘n normale vraag en ons almal wonder soms of dinge anderste sou uitgedraai het vir ons. Maar totdat ons nie ‘n plek van innerlike vrede met ons hier en nou kan vind nie, sal daar altyd ‘n emosionele vraag wees wat fastfood en pornografie vir ons sal beantwoord.

 

Skryf in by ons Gesonde Seks Mentorskap program waar ons 24 verskillende aanlyn kursusse het wat jou gaan kan leer hoe om jou seksualiteit beter te verstaan en gesonder te bestuur in jou huwelik.

 

 

3200

Baie vrouens kla dat hulle mans nie met hulle praat nie, dat hulle nie weet wat in haar man se kop aangaan nie en dat hulle mans nooit hulle emosies met hulle deel nie. Ons maak selfs grappies van hoe mans boksie breine het en vrouens meer emosionele persone is.

 

Ek glo nie in hierdie stereotiepiese kommunikasie verskille tussen man en vrou nie. Ja sure, daar is baie meer mans wat hulle emosies terug hou en vrouens wat hulle emosies deel, maar so is daar ook baie meer manlike CEO’s as vrouens maar dit maak nie mans beter CEO’s nie. (Ek is seker daar is baie mans wat hiermee sal stry.)

Nee, dit is hoe ons as kinders groot gemaak is. ‘n Seun skop bal buite en as hy seer kry en huil, dan maak ons hom net meer tough en jaag hom weer buitentoe om verder te gaan bal speel. Baie min ouers sit en luister na hulle seuns - na hulle emosies - na hulle vrese en drome nie. Ons het ons seuns groot gemaak slegs om te fokus op wat hulle kan bemag. Wat hulle kan doen. Waarmee kan hulle ons trots maak. Ons behandel ons seuns soos wat ons ‘n stoetbul op veiling behandel: Ons stel net belang in watse krediet ons kan kry van hoe wonderlik die seun lyk, maar stel nooit regtig belang in die seun se emosies self nie.

Geen wonder as hierdie seuns groot word, is hulle emosioneel afgestomp en sukkel om te praat. Maar in my berading kantoor, huil hierdie tawwe mans soos wat hulle emosioneel oopmaak. Dan kyk die vrou hierna en wonder hoekom praat haar man met my en nie met haar nie? Wel, kom ek leer jou hoe jy jou man kan help sodat hy ook sy emosies met jou kan deel.

Wel, dit is nie dat hy dit nie deel nie, hy kommunikeer dit net op ‘n baie subtiele manier, maar as jy weet waarvoor om te kyk, sal jy sy vrese en drome vinnig-vinnig kan vind en ‘n dieper konneksie met die man wie jy lief het, kweek.

 

Identifiseer of dit ‘n vrees of droom is.

Moenie dink jou man gaan vir jou vertel “Liefie, ek voel so en so oor dit of dat nie.” Nee, dit gaan nie gebeur nie. Maar hy gaan wel sy vrese en drome met jou kommunikeer en as jy weet waarvoor om te luister, sal hy meer van sy hart met jou deel.

Wanneer jou man iets sê, voordat jy daarop reageer, verbaal of met jou liggaamstaal, probeer om te identifiseer is dit ‘n vrees of droom wat hy nou kommunikeer.

Kom ons oefen.

Manlief sê: “Liefie,ek sien ‘n krap merk op die BMW.” Vrees of Droom?

Vrees. Moenie jouself probeer verdedig nie. Ontmoet die vrees. “O gits, dis nie goed nie.” Dan ontmoet jy jy man waar hy is en bespreek die krapmerk en sê jammer indien jy moet. Wat is sy dieper vrees hier? Dat sy kar se waarde gaan afgaan. So dis geldsake. Dis nie te sê hy wil met jou raas of skel of skoor soek nie. Hy kommunikeer se vrees. Hoor hom!

 

Manlief: “My baas het my genooi om die game saam hom te gaan kyk.”

Hierdie klink soos net ‘n feit. Maar daar skuil ‘n droom hier as vroulief reg antwoord. In plaas van sug of kwaad word oor nog tyd weg van jou man, hoor hoe sê jou man hierdie sin. Met trots? Hoop dalk? ‘n Goeie respons sal wees: “Sjoe, dis ‘n eer! Hy nooi nie aldag mense na sy losie toe nie!?” Meskien is hierdie ‘n droom van jou man. ‘n Hoop vir promosie. Iets wat jy volhartig moet ondersteun en saam oor bly kan wees.

Besluit of die volgende sinne drome of vrese is:

·         Ek dink ons is nou klaar met kinders. 

·         Piet sê dat hy twee buffels geskiet het die naweek.  

·         Is die Pa-seun kamp die naweek of volgende naweek? 

·         Ek het gedink ek wil geld belê in hierdie maatskapy.

 

 

Hoe om te reageer as dit ‘n vrees is?

Kry die prentjie in jou kop van ‘n persoon wat ‘n gelaaide geweer in sy hand het, wat alleen is en baie bang is. Wat sal gebeur as jy daardie persoon konfronteer? Of selfs net nader om verder te gesels? Hy gaan jou skiet!  Want sy emosionele kapasiteit is reeds in die rooi en dit gaan nie veel neem vir hom om daardie sneller te trek nie.

Die beste manier om te reageer tot ‘n persoon met ‘n gelaaide geweer wat bang is, is om jou hande in die lig te plaas, oor te gee en te sê jy is jammer.

Doen min of meer dieselfde as jy hoor jou man kommunikeer ‘n vrees. Wees versigtig en moenie iets aanvallend of kwaai sê nie, anders volg ‘n geveg. Die voorbeeld hierbo van nie nog kinders kry nie, kan moontlik die vrou baie kwaad en seer maak. Maar dis nie nou die tyd om te praat oor jou gevoelens nie, omdat jou man eerste begin praat het hieroor. Die een wie die gesprek begin mag eerste hulle emosies deel. So vroulief hoor haar man klink benoud en ONTLONT sy gevoelens deur om te smile en sê, “Hulle lawaai baie né?” Of “Ja, dis ‘n duur storie.” of watookal die konteks van wat gebeur het. Kom aan sy kant en beaam sy gevoelens. Dit beteken nie dat jy saam stem nie. Dalk loop die gesprek later tot jou gevoelens of hy vra jou wat jy voel daaroor, maar praat eers oor SY vrese.

 

Hoe om te reageer as dit ‘n droom is?

Kry die prentjie van iemand wat op ‘n ander man se vuur piepie nadat hy baie opgewonde dit aan die brand gesteek het. Dit is wat die meeste van die kere gebeur wanneer ons maat ‘n droom met ons deel. Ons sit daaivuurtjiebaie vinnig uit. (Onbewustelik en nie aspris nie, ek is seker, maar dit stink nog steeds.)

Het jou kind al ooit ‘n prentjie vir jou geteken en baie opgewonde dit na jou gebring om dit te prys? Die verkeerde reaksie is om te vra: “wat is dit wat jy hier probeer teken het? Het jy binne of buite die lyne probeer bly?” Jou kind gaan nooit weer vir jou ‘n prentjie bring nie. Nooit weer met daai selfde opgewondenheid en liefde nie.

Want dit gaan nie oor die mooi van die prentjie nie, dit gaan oor ‘n deel van die kind se hart wat hy met jou wil deel.

Die voorbeeld bo van die man wat deel dat sy vriend buffels geskiet het.’n Verkeerde reaksie sou wees om dit af te skiet of weg te praat, oor Piet se vrou of jag-gewoontes kommentaar te lewer. So maklik, kan ‘n liefdevolle vrou die geleentheid mis om haar man se hart te hoor deur om bo oor hom te praat of haar opinie oor ‘n saak te vinnig te uiter. Hier deel die man dat hy graag ook graag sou wou jag of dalk spesifiek buffel skiet. Dis dalk ‘n lang-gebêrede droom van hom! Vra eerder meer uit daaroor: “Is dit moeilik om buffel te skiet?”

Vrees en Drome maak die deur oop tot jou man se wêreld en as jy korrek reageer het jy die voorreg om oor te stap tot in sy wêreld in. Eers daar, sal jy besef jou man het soveel meer emosies en gevoelens as wat jy nog ooit sou kon raai. Maar jy sal op jou tong moet byt om dit nie oor jou te wil maak nie. Jy is nou in sy wêreld nie, nie joune nie. Respekteer dit en reageer ooreenstemmend daarmee.

 

In dien jy meer belangstel om julle kommunikasie te verbeter, kry my nuwe boek "Gesonde Seks" by jou naaste boekwinkel of direk vanaf my website www.gesondeseks.co.za en leer hoe om naak voor mekaar te staan en geen skaamte te ken nie.

 

 

 

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top