Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form
Blog posts tagged in Porn
5411

 

 

Kom ons begin gou om so paar mites te breek.

1. Om ‘n man sleg te laat voel en hom te vertel hoe laag hy is omdat hy porn kyk gaan hom nie keer om weer te kyk nie.

2. ‘n Man se porn verslawing het niks te doen met hoe begeerbaar hy sy vrou vind nie.

 

Porn is ‘n fantasie wêreld. Dit is hoekom dit beide nie ‘n groot probleem is nie, maar ook ‘n reuse probleem.

 

Die vrou moenie haarself vergelyk of jaloers raak met porn nie, want dan bring sy haar realiteit in haar man se fantasie wêreld in. En as daar ‘n kompetisie is tussen regte wêreld en fantasie wêreld, gaan die fantasie wêreld elke keer wen. Want die gras in so veel groener aan die ander kant.

 

So my boodskap aan vrouens is: moenie jou man se porn verslawing op jou trek nie en toelaat dat iets waarmee jou man worstel, jou minderwaardig laat voel.

 

Dit is sy stryd, sy worsteling, sy verslawing.

 

Moenie vir een sekonde toelaat dat dit by jou vrouwees steel nie.

 

Terug tot hoekom mans porn kyk.

Die beste manier om dit te verstaan is om porn te vergelyk met fastfood soos McDonalds en KFC. Niemand eet fastfood vir sy voedingswaarde nie. Jy koop dit omdat dit gerieflik, gemaklik, goedkoop en beskikbaar is. Ons het in ‘n kitskos samelewing verval.

Ons lewens is so besig dat ons nie meer genoeg tyd het, of maak, om kookkos te maak, om ‘n tafel te sit en saam te eet nie. En vir die vitamine en minerale wat ons nie meer in ons kosse kry nie, neem ons maar net ‘n pilletjie.

 

So ook het ons samelewing die gesonde gesin gekniehalter. Ons het nie meer tyd vir mekaar nie, en wanneer ons saam is en gesels, het een van ons altyd ‘n selfoon in die hand besig met ‘n ander gesprek op Facebook. Omdat ons dan ons emosionele konneksie verloor, voel ons nie altyd lus om nog ons alles te gee in die slaapkamer nie. En as ‘n huwelik se sekslewe eers afneem, kan jy maar seker wees dat dit die res van die huwelik gaan saam aftrek.

 

Fastfood is ‘n simptoom van ons gejaagde lewe, so is porn ‘n simptoom van emosionele diskonneksie.

 

Die emosionele diskonneksie begin nie met die huwelik nie, dit begin met jouself. Die meeste mans wie ek sien wat verslaaf is aan pornografie, gebruik porn om ‘n emosionele vraag te beantwoord.

 

Is ek goed genoeg?

Is ek begeerbaar genoeg?

Is daar geluk daar buite vir my?

 

Nou dat ek daaraan dink, is dit seker dieselfde redes hoekom so baie vrouens dit geniet om Mills and Boons te lees. Dit antwoord die vraag “Hoe kon my lewe anderste gewees het?”

Hierdie is ‘n normale vraag en ons almal wonder soms of dinge anderste sou uitgedraai het vir ons. Maar totdat ons nie ‘n plek van innerlike vrede met ons hier en nou kan vind nie, sal daar altyd ‘n emosionele vraag wees wat fastfood en pornografie vir ons sal beantwoord.

 

Skryf in by ons Gesonde Seks Mentorskap program waar ons 24 verskillende aanlyn kursusse het wat jou gaan kan leer hoe om jou seksualiteit beter te verstaan en gesonder te bestuur in jou huwelik.

 

 

1902

Image

Image

GESONDE SEKS MENTORSKAP 

Belê in jou verhouding met 'n e-pos per week

Kursus: Hoe om te breek met pornografie-verslawing
Geskryf deur: Timothy Kieswetter
Lengte: 4 weke

Jy sal vir die volgende 4 weke die volgende kursus per e-pos ontvang:

Pornografie-verslawing is sekerlik een van die onderwerpe wat ek die meeste in my spreek-kamer mee te doen kry. Dit is gewoonlik die vrou wat die man op een of ander manier uitvang en dan is die gort gaar. Sy sleep haar man aan die oor na my spreek-kamer toe en sê ek moet die demoon van wellus uitdryf.

Dan begin ek amper altyd met my eerste vraag: "Hoekom kyk hy álleen na pornografie? Hoekom kyk jy dit nie saam met hom nie?"

En dan spat die vonke eers! Jy kan sien die vrou en man het ewe skielik geen idee hoe om daarop te reageer nie, want dit is glad nie die antwoord wat hulle verwag het nie?

En dit is presies die plek waar ons moet begin om waarlik van pornografie-verslawing vry te kom. Ons moet ontslae raak van alles wat ons dink ons weet en verstaan en verwag rondom pornografie en ons moet saam as man en vrou mekaar ondersteun om sterker aan die ander kant uit te kom.

Ontspan maar, die einddoel van hierdie kursus is nie om die vrou te kry om saam met die man pornografie te kyk nie!

Aan die einde van die kursus sal jy beter insig hê oor jou eie en jou maat se seksuele drange en instink. Ek gaan ook vir jou tegnieke en wenke gee hoe om jou en/of jou maat se pornografie-verslawing onder die knie te kry.

Waarna kan jy uitsien:
· Les 1 - Hoekom is ons so bang vir pornografie?
· Les 2 - Wat is pornografie nou eintlik?
· Les 3 - Moontlike oorsake van pornografie verslawing
· Les 4 - Ses stappe om met pornografie-verslawing te breek

Om in te skryf vir die Gesonde Seks Mentorskap Kursusse besoek www.gesondeseks.co.za of stuur 'n epos na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

 

3506

Hoekom sê my man nee vir seks maar ja vir porn?
Deur Janet Kieswetter

Bevind jy jouself in dieselfde situasie? Jy is sexy met ʼn hoë libido, maar hy masturbeer en kyk eerder porn!

Wel, daar kan net ʼn sielkundige rede hieragter sit! Elke man sit met dieselfde vraag: “Is ek mans genoeg?” Mans doen verskillende dinge om hulle manlikheid te bevestig. Party stoot gewigte by die gym, ander klim die korporatiewe leer en party slaap rond en gaan na ontkleedans-klubs toe. Ander kyk weer na pornografie en masturbeer – alles in die naam van manwees. Dit laat hom soos ʼn man voel!

Maar hoekom kan hy nie saam met jou slaap om soos ʼn man te voel nie? Dis omdat hy voel dat hy in daardie area gefaal het. Dalk sukkel hy met premature-ejakulasie, dalk sukkel hy jou ʼn orgasme te laat bereik. Dalk neem sy gedagtes hom na ander plekke toe . . .
Dalk voel hy skuldig oor iets wat hy gedoen het.

Die grootste oorsaak is dat hy nie jou kan “face” nie. Die vrou vir wie hy baie lief is, veroorsaak dat hy skaam voel . . . en baie skuldig voel. En dis hierdie skuldgevoel, of gevoel van ek is nie man genoeg nie, want hom weer terug pornografie toe stuur!

Hoe breek ʼn mens die siklus? Hoe laat jy jou man soos ʼn man voel?

1. Bevestig sy manlikheid met jou woorde.
- Komplimenteer hom oor sy voorkoms. (Mans wil ook hoor dat hulle goed en sexy lyk.)
- Wanneer julle liefde maak, vertel hom dat hy jou plesier, dat sy penis vir jou mooi/groot/viriel is.
- Spog met hom voor julle vriende en familie. Vertel hulle hoe hard hy werk en hoe goed hy met die kinders is.
- Vertel hom hoe baie jy hom waardeer.

2. Bevestig sy manlikheid met jou dade.
- Hanteer jou man soos die hoof van die huis. Wys hom jy respekteer hom.
- Smelt sy skudgevoel weg met jou liefde en aanvaarding.

3. Wees sy berader

Dit sal goed wees vir sekere mans om formele berading te kry maar min mans sal instem vir so iets. So hoe kan jy sy berader wees?

Die Here het die huwelik geformuleer sodat mense heel kan word deur verhouding met mekaar. Wetenskap het bewys dat ons maats kies volgens die pyn wat in ons harte is van ons kinderdae. Dikwels sal ons eggenoot ons juis toets of seermaak op 'n soortgelyke saak waarmee ons as kinders geworstel het. Nou is dit ons groot voorreg om Jesus te wees vir mekaar en deur kommunikasie en onvoorwaardelike liefde mekaar se wonde te genees.

So, gesels met jou man oor dinge wat met hom as seun en tiener gebeur het. In ʼn informele gesprek waar julle gemaklik gesels oor julle verlede kan julle albei die volgende vrae bespreek:

* Wat was jou pa en ma se houding oor seks?
* Wat was jou eerste seksuele ondervinding?
* Was jy ge'bully' op skool?
* Hoe en wanneer het jy jou eie seksualiteit ontdek/ begin eksperimenteer?

Deur openlik met mekaar te praat, gaan julle mekaar beter kan verstaan en sal dit positiewe gevolge in julle sekslewe hê. Jou man moet jou sό kan vertrou dat hy vir jou sal sê wanneer hy porn gekyk het. Soos wat die vertrouensverhouding groei, sal hy ook later vir jou kan sê voordat hy porn kyk en wanneer hy in die versoeking is om dit te doen. Jakobus sê dat julle jul sondes eerlik teenoor mekaar moet bely en vir mekaar moet bid sodat julle gesond kan word. Die gebed van ʼn gelowige het groot krag.

En wat doen jy met jou eie seer oor jou man wat porn kyk? Vertel hom hoe dit jou laat voel en neem ook jou gevoelens na die Here toe. Praat jou hart uit en Hy sal jou weer kom nuut maak en jou leer om te vergewe soos Hy vergewe.

Vra jou man om vir jou te sê as hy weer in die versoeking is om porn te kyk en dat jy l ʼn plan sal maak om hom te help. Natuurlik moet hy ook sy deel bydrae, maar die stryd is groot en jy sal moet kan help waar jy kan.

En onthou, bo alles moet julle mekaar hartlik liefhê, want die liefde bedek alles.


Tagged in: Porn
1794

Stap 1 – Jy moet wil vry kom van dit

Stap 2 – Vertel jou vrou (Jakobus 5:16 – Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word)
• Meeste mans wag tot hulle uitgevang word. Dan is dit nie net die porn nie, maar ook die leuen.
• Sy voel nie net vernederd nie, maar ook stupid en om die bos gelei. Dit voel vir haar asof die hele huwelik ‘n leuen is.
• Dit forseer julle om aan julle kommunikasie te werk
• Dit forseer julle om oor julle seksualiteit te praat
• Aan die einde van die dag, as julle hier deur werk, vind julleself in ‘n sterker huwelik waar julle meer intiem kan kommunikeer
• Hoe om jou vrou te vertel:
• Vertel haar voordat sy uitvind
• Maak jouself kwesbaar
• Moenie enige verskoning gee nie
• Vra om verskoning
• Vertel haar jou begeerte is om hiermee te breek
• Verseker haar van jou liefde

Stap 3 – Breek die band tussen porn kyk en masturbasie
• Oxytocin is ‘n hormoon wat emosionele konneksies en bindings maak in ons brein. Wanneer jy seks het met ‘n persoon word hierdie hormoon afgeskei om ‘n emosionele konneksie met die persoon vorm. So hoe meer seks jy met ‘n persoon het, hoe sterker sal die emosionele konneksie wees tussen julle.
• Nou as jy masturbeer terwyl jy porn kyk, word daar ook Oxcytocin afgeskei, maar met wie vorm jy daardie emosionele konneksie? Met MISTERY WOMAN X. Sy is ‘n samevoeging van porn en vorm ‘n fantasie vrou wat daar buite is en wag vir jou.
• Jy sal altyd rond kyk en soek vir hierdie persoon, want jy voel emosioneel verbind aan haar. Alhoewel sy nie regtig bestaan nie.
• Jy moet nie toe laat dat daar ‘n sterker band vorm met iemand anderste as wat daar is met jou vrou nie
• Interessant dat terwyl ‘n vrou borsvoed is haar begeerte minder na haar man want sy is besig om ‘n band te vorm met die baba
• Baie ouers se dat hulle is liewer vir hulle kinders as vir hulle man of vrou, en dit is ‘n baie groot probleem as dit gebeur
•Om die beste ouers te wees vir jou kinders, moet hulle kan sien dat mamma en pappe mekaar die liefste het.
• Gesonde huwelike kweek, gesonde kinders

Stap 4 – Verminder jou temptasie•Waar en wanneer is dit wanneer jy porn kyk? Vermei of verminder dit. Sit ‘n blok op PC of TV as jy moet.

Stap 5 – Hou rekord van jou vordering• Hou ‘n porn dagboek
• Wanneer jy jou aksies, pen op papier sien is dit baie moeiliker om dit af te maak as niks nie
• Stel vir jouself doelwitte
• Bly ‘n maand skoon, 2 maande, ens
• Vuur suksesse

Stap 6 – Moenie die handdoek ingooi nie
• Onthou dit is ‘n proses

Tagged in: Porn

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top