Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form
Blog posts tagged in puberteit
631

deur Timothy Kieswetter

Ek het hierdie in my beradings praktyk teë gekom, en ek self het gesukkel om dit te glo, want ons samelewing hou mos van alles wat goed lyk en verwerp alles wat sleg lyk. Die probleem met dít is dat nie alles wat op die oppervlak goed lyk, egter goeie nagevolge het nie, en nie alles wat eers sleg lyk, draai noodwendig sleg uit nie.

Ek het nou alreeds ‘n paar kliënte gesien en beraad wat almal dieselfde patroon vertoon. Hulle sukkel om geluk in hulle huwelike te vind, ten spyte van die feit dat hulle in heel normale huwelike is met ‘n huweliksmaat wat hulle lief het.  Ek het al oor die jare gevind dat daar drie plekke van huweliksprobleme is;

1) my huweliksmaat is die probleem,

2) my omstandighede is die probleem of

3) my kinderjare is die probleem.

Met ‘n bietjie dieper ondersoek in hulle kinderjare in, kom ek agter dat daar niks behalwe geluk, liefde en aanvaarding is nie. Wat op aarde kan dan die probleem wees?

In al hierdie gevalle vertel hulle my van hulle wonderlike verhouding met hulle ouers. Die vrou kliënte vertel van hulle pa’s en die mans kliënte vertel van hulle moeders.

Hulle het almal ‘n buite gewoon sterk verhouding met hulle ouer gehad, en daardie ouer kon net absoluut niks verkeerd doen nie. Hier is nou juis waar die probleem begin. Wanneer daardie rolmodel vir jou toekoms man of vrou absoluut niks verkeerd kan doen nie, en vir jou (as kind) alles in die wêreld doen, lyk dit soos iets wat die samelewing gaan sien as iets goed, maar in werklikheid, het dit baie slegte nagevolge.

Wanneer die rolmodel van die man en vrou in die persoon se onderbewuste nooit ‘n fout maak, nooit teleurstel nie, en hom/haar altyd bo almal en alles stel, gaan daardie persoon verseker huweliksprobleme optel.

Want niks gaan ooit goed genoeg wees nie en geen man of vrou gaan ooit kan opleef teen daardie onrealistiese super-ouer verhouding nie.

Kliënte met super-ouers vind soms onnodig fout by hulle huweliksmaat om hulle onderbewuste se ongeluk te verduidelik.

In berading, begin ons dus nie om aan die huwelik te werk nie, maar om aan die beeld van die pa of ma te werk. Om hulle stelselmatig van die “super held” kategorie te begin speen en hulle as regte mense te sien, met regte foute. En dit is eers wanneer ons suksesvol ons rolmodelle van super helde tot normale mense kan skuif, wanneer ons ons huweliksmaat kan begin waardeer vir wie hulle is.

Met dit in gedagte, het ek my eie verhouding met my dogters gaan ondersoek. En ek vind dat ek toe nie die super held rol vertolk nie. Ek doen nie alles vir hulle nie. Ek kan soms lekker selfsugtig wees. Ek kan ook soms onregverdig pakslae en dissipline gee. En ek stel hulle soms teleur.

Ek is net ‘n normale man. ‘n Normale pa. Wat vir my dogters die rolmodel van ‘n normale man neerlê. Sodat wanneer hulle eendag ‘n normale man trou, sal hulle nie ongelukkigheid voel omdat hy nie alles reg doen nie. 

 

Maar omdat ons gesonde normale rolmodelle wil vertolk, stop ons nie net by die herkenning van ons menslikheid of normaliteit nie, as ‘n verskoning om nie te verander en groei nie. Ons gebruik dit as ‘n springmat om ons verhoudings te verdiep.

So ek leer my dogters dat hulle met my kan kom praat wanneer ek hulle teleurstel of wanneer hulle dink ek is onregverdig, ek sal daarna luister, en ....wag vir dit -  jammer sê en saam aan ‘n opmaak plan werk.

So ouers, moet nie alles vir jou kinders doen en ‘n valse super held rolmodel vir hulle skep nie. Dit gaan hulle ongelukkig maak in hulle huwelik.

Leer hulle eerder dat om ‘n werkende liefdes verhouding te hê, gaan daar teleurstellings wees, hartseer ervaar word en soms foute begaan word. Saam met ‘n openlikheid om daaroor te praat, gekoppel aan die vermoë om maklik en opreg jammer te kan sê en saam aan oplossings en opmaak maniere te kan dink - is hoe ons die verhouding beter gaan verdiep en versterk.

 

Stereotipies is daar gewoonlik twee groepe waarin ‘n ouer kan val. Die super-ouer kategorie of die afwesige-ouer kategorie. Al twee van hierdie gaan jou kind opfoeter. Vind ‘n balans in die middel by die betrokke-ouer kategorie.

Wees net daar vir jou kind, moenie toegang weier tot jou kind nie en moenie jou foute van jou kind wegsteek nie. Met ander woorde, wees ‘n betrokke en eerlike ouer vir hulle en dit sal hulle goed ten staan kom in hulle toekoms wanneer hulle liefde moet vind in die regte wêreld met regte normale huweliksmaats.

856

Kaapstad is volgende om Timothy Kieswetter se nuutste opvoedkunidge komedie “Kinders by Dosyne” te sien.

20, 21 Oktober | 19:00 | Hoërskool Durbanville Ouditorium | iTickets | R150 

 

Hier is van die mense se terugvoer wat die openingsaand in Pretoria gesien het.

“Hulle sê laughter is the best medicine.... en ekt meer gelag gistraand as wat ek in 'n hele jaar gelag het! En dit vir die simpel goed wat my by die huis teen die mure uitdryf. "Celebrate the poop people!!"(inside joke-jy sal die show moet kyk!) so Timothy, dankie vir al die geld wat jy my spaar op happy pills, I'm good to go 
Ek hoop daar's 'n opvolg!!!”

“Timothy! Jyt jou game geup!!!! Wat 'n show die Stripshow was awesome, maar my maag spiere is vanoggend nog seer na Kinders by Dosyne! 'n Moet sien vir enige iemand met kinders in hulle lewe! Soveel waarheid in 'n bondel grappies. Almal moet dit kyk!” 

“Ek het nog nooit so lekker gelag en geleer terselfde tyd. Die show is soooooo spot on!!! Wat lekker is ‘n mens kan relate tot als. Ek het baie geleer en gaan beslis ‘n ding of 3 verander. Ek dink hierdie “Kinders by Dosyne” is Timothy Kieswetter se beste show nog ooit. Ek het dit so baie geniet. Dit is ‘n aanwins vir almal wat reeds kids het of wat even nou eers swanger is. #bestshowever” 

Kom lag en huil saam met my in my nuwe opvoedkundige komedie “Kinders by Dosyne” oor die uitdagings van moderne ouerskap en hoe om nog tyd te vind vir mekaar in die huwelik. Ek gaan vir jou die top 10 opfoeters uitwys wat ons as ouers onbewustelik doen teenoor ons kinders, wat eintlik hulle net opfoeter.

20, 21 Oktober | 19:00 | Hoërskool Durbanville Ouditorium | iTickets | R150 

P.S die 20ste Oktober is ‘n LIVE DVD opname, so as jy lekker kan lag, kom sit sommer heel voor.

Kliek hier vir jou kaartjies: https://itickets.co.za/events/383129

1314

Soos tradisie neem ek my dogters uit op hulle verjaarsdae, net ek en hulle, pappa en dogter. Ons gesels oor make-up, lollos, cupcakes, prinsesse en eendag oor seuns, soene en seks. Maar vir nou is Tenike net eers drie jaar oud en lollos, dit is.

Dit wat ek seker die meeste hoor na “Ag, cute” wanneer mense uitvind ek het 5 dogters, is “ek hoop jy het ‘n haalgeweer”, waar op ek altyd antwoord “Nee moenie laf wees nie, ek maak selfstandige, selfversekerde seksuele meisies groot en nie “damsels in distress” nie.

Die pappas wat gewere moet koop om die seuns weg te jaag van hulle dogters het duidelik nie genoeg in hulle dogters se selfwaarde en seksuele identiteit belê dat hulle nie vir hulself eendag ‘n besluit kan maak nie. (Waar die “damsel in distress” aan die ander kant wat nie vir haarself ‘n besluit kan maak nie en wat so desperaat is om gered te word deur haar prins op ‘n perd)

Ek gaan geen seun eendag nie wegjaag met ‘n geweer of met my nie-goedkeurende kyk nie. (Watse stupid ding leer ons vir ons dogters in elk geval met die dat daar nie ‘n seun daar buite is wat haar verdien nie, hoekom nie? Is my dogter dan van goud gemaak? Is alles seuns sleg?

Bog met beide van dit. My dogters is nie engeltjies nie, hulle is dames. En nie alle seuns is slegs nie, al het hulle net een ding op die brein. Dit is hoe die mens aan mekaar gesit is. So as jy ‘n “Barbie pop” wil grootmaak dan moet jy haar maar van alles seuns weg hou want hulle almal is seksuele. Maar as jy ‘n meisie-MENS grootmaak moet jy maar vinnig besef hulle is ook seksuelewesens en ek praat nou nie van die seksuele-mens wat daar is om haar man happy te hou nie. Die vrou is ‘n seks-mens in haar eie reg.

En as jy jou dogter grootmaak om nie bang te wees vir die seuns daar buite nie, en ook nie met die idee dat haar pappa dink sy is ‘n barbie-pop nie, maar ‘n selfstandige selfversekerde seksuele meisie-mens, dan is daar geen rede vir jou om ‘n geweet te koop nie. Want dit is nie jy wat kies-en-keur of beskerm nie, want SY sal dit vir haarself kan doen.

My boodskap aan die toekoms seuns wat wil kom vlerksleep by my dogters, is eenvoud. “Bring jou A-game dude”, want ek het jaar in en jaar uit in my dogters ingebou dat hulle is kostbare, selfstandige, unieke, kragtige, sensuele, intelligente, vrouens wat enige iets kan word, bemag en droom. Saam met dit het ek ‘n standaard gestel van hoe ‘n man haar moet behandel, respekteer en admireer. So bring dit jong late, want enige iets minder as die awesomeness van wat hulle pappa is, gaan nooit die belangstelling van my dogters genoeg prikkel om jou toe te laat om haar op ‘n 2de date te neem.

 

Hier wil ek ook ‘n waarheid/waarskuwing vir die ander pappas daar buite gee. Ek sien dit so veel in my berading dat baie pappas het baie goeie verhoudinge met hulle dogtertjies wanneer hulle klein is, maar sodra hulle puberteit slaan en in vrouens verander, onttrek die pa’s en sê snert soos: “Jy sal altyd my klein dogtertjie bly”

Hey! Word wakker pappa. Jou dogtertjie is nie ‘n Barbie-pop nie. Sy is nie gemaak van porselein nie. Sy is ‘n kragtige, dinamiese, sensuele vrou. En as jy dit nie kan raak sien en admireer en komplimenteer nie, gaan sy versoek wees om hierdie deel van haar mens-wees by die seuns daar buite tegaan kry.  (Dan het jy ‘n geweer nodig. Maar nie omdat die seuns daar buite sleg is nie. Maar eerder omdat jy as PA nooit jou dogtertjie as ‘n VROU raak gesien het nie.)

 

Dalk moet ek tog ‘n boek eendag skryf oor hoe om gesonde seksuele dogtertjies groot te maak. 

6606

Hierdie is elke ouer se grootste nagmerrie en hoop dat dit nooit met hulle sal gebeur nie. Maar ongelukkig, is hierdie lewensles nie vermeibaar nie en ook moet ons dit nie weg wens nie. Lees gou eers wat een bekommerde mamma vir my gestuur het.

Continue reading

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top