Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form
Blog posts tagged in seks
1599

 

Ek wil graag vandag se artikel begin met een van Salomo se wyshede. Wanneer dit gekom het by huweliksdinge, het hy geweet waarvan hy praat. Met ‘n duisend vroue het hy verseker dalk nie alles reg gedoen nie, maar hy het beslis geweet wat alles in ‘n huwelik kan verkeerd gaan, en net so ook reg gaan.

Spreuke 10:12

“Haat bring rusie. Liefde bedek wat verkeerd gedoen is.”

So ‘n eenvoudige kort vers wat só ‘n diep en kragtige waarheid vir ons bevat. Haat bring rusie en liefde bedek wat verkeerd gedoen is.

Visualiseer nou dat jou huwelik twee kamers bevat. Daar is  ‘n haat-kamer en ‘n liefdeskamer. En die kamer waarin jy woon, is die kamer wat jou huwelik die meeste gaan beïnvloed.

Jy mag dalk nou dink dat haat ‘n vreeslike sterk woord is. Jy het nie haat in jou hart vir jou man of vrou nie. Ons eerste gedagte van haat is daai emosie wat jy voel net voordat jy iemand doodmaak, en omdat jy nie regtig jou huweliksmaat wil doodmaak nie, haat jy nie regtig die persoon nie.

Daarom  wil ek graag vir jou uitwys dat haat, soos enige ander emosie, het grade van intensiteit. En maak nie saak hoe oulik jou man of vrou is nie, ons almal het ‘n “haat-kamer” in ons hart.

Daar is ’n aantal duidelike verskille tussen ons haat-kamer en ons liefdeskamer wat vir ons vinnig gaan kan uitwys, in watter kamer ons die meeste van ons tyd in deurbring.

  • Haat word gemotiveer deur wat reg en verkeerd is, waar liefde gemotiveer word deur genade. As jy die hele tyd gefokus bly op die reg en verkeerd in jou huwelik, gaan dit altyd die bitterheid en haat emosies ontlok eerder as genade en versagting.

 

  • Haat fokus altyd op die gedrag van ‘n persoon, waar liefde altyd die groter prentjie probeer insien. Byvoorbeeld;  jou man kom dronk by die huis aan, en dadelik zoom jy in op die negatiewe gedrag van jou man en dit sit jou dadelik in jou haat-kamer. Maar as jy in jou liefdeskamer is, probeer jy altyd die KONTEKS van jou man se gedrag plaas. Jy vra vir konteks deur genade, nie deur kruisverhoor nie. Dan mag jy dalk agter kom dat hy sy werk verloor het, of dat sy pa oorlede is en dan (omdat liefde altyd die konteks najaag en nie die gedrag nie) bevorder intimiteit, in plaas van vyandskap tussen mekaar.

 

 

  • Haat maak jou altyd die slagoffer. Jy begin jammer voel vir jouself, want jy verdien beter. Bly lank genoeg jammer voel vir jouself en jy is een tree nader om in depressie te verval. Liefde aan die anderkant, is nie gefokus op die EIE EK nie, maar op die gebrokenheid van die ander persoon. Omdat dit die groter prentjie en konteks van jou maat se gedrag verstaan, het jy die emosionele kapasiteit om die geveg nie nou oor JOU te maak nie, maar om jou maat se uitskreeu vir aandag en aanvaarding raak te sien.

Gebroke mense gebruik negatiewe gedrag om aandag en liefde te kry. Dit is natuurlik nie die beste manier  om enige van die twee te kry nie. Dus, wanneer  ons in ons haat-kamers bly sal ons presies die teenoorgestelde gee as wat die gebroke persoon soek en benodig. Ons sal net hulle gebrokenheid verder verdiep en só langer vasgevang bly in hierdie negatiewe en ongesonde gedrag siklus.

 

  • Haat oordeel ‘n mens op wat hy gedoen het. Dit is goed om ou koeie op te grawe en maak ‘n gewoonte om ‘n mens se waarde en karakter te koppel aan daardie persoon se foute. Haat laat nooit die verlede rus nie en keer die persoon om ooit aan te beweeg met sy lewe of om reg te maak wat verkeerd gedoen is nie. Hierdie oortreding sal verewig oor die persoon se kop hang soos ‘n swaard.

Liefde werk ‘n bietjie anders. Liefde koppel nie ‘n mens se waarde aan wat ons doen of nié doen nie, maar fokus eerder  op die goddelike potensiaal in elke persoon. Dit spreek tot die goed en mooi in die persoon.

 

In watter kamer bevind jy jouself?

Watter atmosfeer is teenwoordigheid in jou huwelik? Rusie of vrede? Haat of liefde?

 

Die deur tussen jou haat-kamer en jou liefdeskamer is genoeg VERGIFNES. Begin vandag om jouself te vergewe, die mense rondom jou te vergewe en ook God te vergewe. Beweeg uit jou haat-kamer en tree in jou liefdeskamer in, waarin jy mag rus en vrede beleef.

 

 

 

Kliek hier om erens te neem van die gesondheid van jou huwelik en laat toe dat ons julle help om 'n gesonde huwelik en sekslewe te bou met ons verskillende aanlyn self-help programme. Begin jou GESONDE SEKS MENTORSKAP program vandag. e-pos ons by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. of kliek hier: https://www.gesondeseks.co.za/index.php/mentorskap

5411

 

 

Kom ons begin gou om so paar mites te breek.

1. Om ‘n man sleg te laat voel en hom te vertel hoe laag hy is omdat hy porn kyk gaan hom nie keer om weer te kyk nie.

2. ‘n Man se porn verslawing het niks te doen met hoe begeerbaar hy sy vrou vind nie.

 

Porn is ‘n fantasie wêreld. Dit is hoekom dit beide nie ‘n groot probleem is nie, maar ook ‘n reuse probleem.

 

Die vrou moenie haarself vergelyk of jaloers raak met porn nie, want dan bring sy haar realiteit in haar man se fantasie wêreld in. En as daar ‘n kompetisie is tussen regte wêreld en fantasie wêreld, gaan die fantasie wêreld elke keer wen. Want die gras in so veel groener aan die ander kant.

 

So my boodskap aan vrouens is: moenie jou man se porn verslawing op jou trek nie en toelaat dat iets waarmee jou man worstel, jou minderwaardig laat voel.

 

Dit is sy stryd, sy worsteling, sy verslawing.

 

Moenie vir een sekonde toelaat dat dit by jou vrouwees steel nie.

 

Terug tot hoekom mans porn kyk.

Die beste manier om dit te verstaan is om porn te vergelyk met fastfood soos McDonalds en KFC. Niemand eet fastfood vir sy voedingswaarde nie. Jy koop dit omdat dit gerieflik, gemaklik, goedkoop en beskikbaar is. Ons het in ‘n kitskos samelewing verval.

Ons lewens is so besig dat ons nie meer genoeg tyd het, of maak, om kookkos te maak, om ‘n tafel te sit en saam te eet nie. En vir die vitamine en minerale wat ons nie meer in ons kosse kry nie, neem ons maar net ‘n pilletjie.

 

So ook het ons samelewing die gesonde gesin gekniehalter. Ons het nie meer tyd vir mekaar nie, en wanneer ons saam is en gesels, het een van ons altyd ‘n selfoon in die hand besig met ‘n ander gesprek op Facebook. Omdat ons dan ons emosionele konneksie verloor, voel ons nie altyd lus om nog ons alles te gee in die slaapkamer nie. En as ‘n huwelik se sekslewe eers afneem, kan jy maar seker wees dat dit die res van die huwelik gaan saam aftrek.

 

Fastfood is ‘n simptoom van ons gejaagde lewe, so is porn ‘n simptoom van emosionele diskonneksie.

 

Die emosionele diskonneksie begin nie met die huwelik nie, dit begin met jouself. Die meeste mans wie ek sien wat verslaaf is aan pornografie, gebruik porn om ‘n emosionele vraag te beantwoord.

 

Is ek goed genoeg?

Is ek begeerbaar genoeg?

Is daar geluk daar buite vir my?

 

Nou dat ek daaraan dink, is dit seker dieselfde redes hoekom so baie vrouens dit geniet om Mills and Boons te lees. Dit antwoord die vraag “Hoe kon my lewe anderste gewees het?”

Hierdie is ‘n normale vraag en ons almal wonder soms of dinge anderste sou uitgedraai het vir ons. Maar totdat ons nie ‘n plek van innerlike vrede met ons hier en nou kan vind nie, sal daar altyd ‘n emosionele vraag wees wat fastfood en pornografie vir ons sal beantwoord.

 

Skryf in by ons Gesonde Seks Mentorskap program waar ons 24 verskillende aanlyn kursusse het wat jou gaan kan leer hoe om jou seksualiteit beter te verstaan en gesonder te bestuur in jou huwelik.

 

 

5482

Wanneer ons iets doen wat vir ons lekker is en wat vir ons plesier gee, word Dopamien afgeskei en gestuur na twee spesifieke dele in die brein. Dopamien is ‘n goedvoel hormoon. Jou liggaam se eie  dwelm. Die eerste area in die brein wat hierdie goedvoel hormoon ontvang is ons amygdala, wat verantwoordelik is vir ons emosies. Let op emosies kom nie eerste nie, maar is ‘n reaksie tot ‘n aksie wat ons in teorie as lekker beskou. Moenie geflous wees dat ons emosies eerste kom nie. Emosies kan net reageer en nie inisiëer nie. Die eerste lekker gevoel gebeur in ons persepsie en antisipasie van iets. Dis hoekom party mense ‘n wilde rit op ‘n rollercoaster sal geniet en ander dit baie vreesaanjaende sal beleef. Hulle het vooraf besluit of dit lekker of sleg gaan wees gebasseer op hulle persepsie en vorige ervarings van sulke ritte.

 

Nog ‘n voorbeeld is as jy na die doktor toe gaan en die dokter kyk jou op en af en sê jy kort ‘n inspuiting, maar jy moenie bekommerd wees nie, dit gaan net ‘n bietjie brand. Nog voordat hy die naald indruk, trek jy klaar terug en voel angs en selfs pyn. Persepsie en afwagting. Nog niks met jou emosies te doen wat gekoppel is aan die fisiese daad van die inspuiting nie.

 ‘n Positiewe persepsie en verwagting skei af die “lekker” gevoel hormoon dopamien en veroorsaak verder warm emosies, wat in sy beurt jou langer daar wil hou en weer terug wil laat keur.

Hierdie is belangrik om te verstaan veral wanneer jy glo dat seks vir jou onplesierig en pynlik is. Baie daarvan kan slegs wees as gevolg van jou persepsie en verwagting daarvan en nie aan die seksuele daad self nie. Want baie mense wag vir hulle emosies om te verander oor seks of oor hulle huweliksmaat voordat hulle weer intiem wil verkeer, maar dit sal nooit gebeur nie. Dit begin met die persepsie oor seks en verwagting van hoe die seks met jou maat gaan wees. Mense wat asemrowende seksuele plesier geniet, het gewoonlik uitgesien en lus gevoel om seks met hulle maat te hê. Daarom leer ek mans en vrouens om die voorspel en opkikkering van vroeg die dag al te begin. Bou daardie verwating en laat jou liggaam begin uitsien en verlang na jou maat. Kry jou gedagtes oor seks op die positiewe kant en die emosies sal daarna volg.

Die tweede deel van die brein wat ‘n dose van dopamien ontvang is jou dorsal striatum, wat die deel van jou brein is wat premêr verantwoordelik is vir gedragspatroon vorming en verslawings.

Ons liggame is so geprogrammeer dat ons meer van die “lekker” in die lewe wil kry. Dit is daardie deel, wat ons verslaaf wil maak aan die genotvolle dinge in die lewe. Maar daarvoor moet ons wel lekker kry iewers in ons lewe. Die begeerte vir meer seks kan nie gebeur as die deel van jou brein nooit plesier hormoon ontvang nie. Soos wanneer ‘n mens ‘n negatiewe en donker gesindehid het rondom ons huweliksmaat, huwelik, sekslewe en algemene geluk. Baie mense glo dat hulle nie plesier MAG ervaar nie. Vrouens wat glo hulle moet net plesier aan hulle mans verskaf en nie dit self geniet nie. Na baie jare van die gesindheid, gaan seks baie droog en moeilik wees omdat te min dopamien vrygestel was in die dame se brein.

In my nuwe boek “Gesonde Seks” wys ek jou presies hoe ons huidige persepsie oor seks gevorm het oor die jare en wat ons kan doen om dit te verander, aan te pas en te bestuur sodat ons ‘n Gesonde Seks perspektief en verwagting het rondom ons huwelik.

 

Kry my boek “Gesonde Seks” by jou naaste boekwinkel of bestel dit direk vanaf my webwerf www.gesondeseks.co.za

 

1702

Ek is baie opgewonde oor die nuwe seisoen wat my Gesonde Seks Bediening homself in bevind. Om te begin my lewenslange droom om ‘n skrywer te wees, lyk my is iets wat die Here vir my nou gegun het. My nuutste en beste boek “Gesonde Seks” gaan hierdie maand op die rakke verskyn, en my uitgewer het alreeds my aan die werk gesteek met ‘n volgende boek. Yippee ek kan skryf van oggend tot aand.

 

 

Kom ek gee gou vir ‘n uittreksel uit my “Gesonde Seks” boek uit.

God se Hooglied vir die mens.

Op die sesde dag maak God die mens na sy beeld: manlik en vroulik. Hy staan terug om sy skepping een laaste keer te bekyk voordat hy dit die stempel van goedkeuring uiter met ‘Dit is goed, dit is sommer baie goed’, hardloop die duiwel vinnig verby die mens en plak die penis en vagina op die man en vrou.

Die duiwel lag in die een hoek en God ween in die ander. Hy wou nie seksuele mense gemaak het nie. Hy het meer gedink aan ‘n Barbie- en Ken-tipe – perfek maar plastiek! Die duiwel is in sy skik, want hy het die mens en hul God in ‘n hoek.

Niemand van ons sal dit ooit hardop sê nie, maar soms wonder ek of ons nie tog so iets glo nie. Moenie dat hierdie ligsinnige stukkie jou afsit van die belangrikheid van hierdie hoofstuk nie. Maar vir my as leketeoloog, jong Bybel- en seksualiteitskenner en amateur-komediant is dit die beste manier hoe ek my gesonde-seks-persektief kan oordra.

Daar is baie mense, almal baie slimmer as ek, wat al boeke der boeke geskryf het oor God se siening van seksualiteit. Hoe stry ‘n mens teen God se siening van seksualiteit? En daarom gaan ek nie voorgee dat wat ek in hierdie boek skryf, my gesonde-seks-perspektief, ook is wat God sê nie.

Met hierdie boek, en in hierdie hoofstuk veral, gaan ek net fokus op my eie mening, waarnemings en persoonlike openbarings oor die gesonde seks wat ek in God se Hooglied vir die mens raaksien. En ek gaan dit vertel op ‘n eenvoudige, nieteologiese manier sodat jy dit nie dalk kan verwat met iets wat God sê nie. Ek wil amper Paulus se voorbeeld hier gebruik: Ek het nie ‘n direkte woord van God vir jou hieroor gekry nie, maar hierdie hoofstuk kom vanuit my eie pen (oftewel toetsbord).

In hierdie hoofstuk wil ek julle vertel van ‘n blind-date, ‘n warmbloedige prinses en ‘n happy-ending.”

 

 

 

Pre-Order Gesonde Seks Boek aanbod.

Ek het vir julle 'n Gesonde Seks Pre-Order aanbod wat jy nie verby moet laat gaan nie.

Ek het vandag my nuwe boek "Gesonde Seks" van die drukkers ontvang en dit sal seker oor so paar weke orals op die rakke beskikbaar wees. Maar in plaas daarvan om te wag vir die winkels, kan jy sommer jou kopie hier by my bestel, EN ek gee vir jou 'n Gesonde Seks lucky packet saam met die boek.

As jy my boek "Gesonde Seks" op my website bestel in die volgende twee weke, stuur ek vir jou een van ons Lubes in ons GS 6Pack reeks.

Wat gaan jy kry? 'n Lube? 'n Body Candy? 'n Desensitizer? of 'n Klitoris Stimulant? Jy sal moet wag en sien wat in jou Gesonde Seks lucky packet is. (Only while stocks last)

Wel wat ook al jy gratis saam kry, jy sal 'n boek hê wat vir jou presies gaan wys hoe om jou Gesonde Seks huwelik te ontsluit.

 

 

Of alternatiewelik kan jy vir ons ‘n EFT direk in ons rekening maak en vir ons 'n epos stuur na Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees. met jou naam en pos besonderhede en ons pos vir jou Gesonde Seks boek en lucky packet sodra dit arriveer.

Bank besonderhede:

Gesonde Seks

Absa – Tjek

Rek no: 4068 2522 87

Takkode: 632-005

Verwyssing: Jou epos adres

 

Bedrag: R175 (Sluit R25 posgeld reeds in)

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top