Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form
Blog posts tagged in seks lus
7538

Hierdie is seker een van die mees algemeenste seks probleem in ‘n huwelik. Die een is altyd meer lus as die ander een. (En nee dit is nie altyd die man wat meer lus is nie. Seks is ‘n mens ding nie ‘n man ding nie.)

Kom ons begin om jou nommer aan jou lus te koppel.

‘n No.10 is iemand wat die heeldag, aldag, dwarsdeur die dag, asook soms in die aande, seks kan hê. (Let op lus het niks te doen met wat prakties moontlik is of selfs gesond is nie, ons fokus slegs hier op die lus gevoel = jou libido.)

Dan is daar mense wat in my spreekkamer vir my sê as hulle nooit weer seks in hulle lewe hoef te hê nie, is hulle gelukkig. Okay jou lus is dan ‘n 0 op ‘n kontrak.

 

 

Gee vir jou lus ‘n nommer: 3, 5, 7, 9

Koppel ook ‘n nommer aan jou maat se libido.

 

Is julle naby mekaar?

Ver weg van mekaar?

O gats, ons het dalk ‘n probleem!

 

Nou daar is verskillende faktore wat ‘n invloed het op ‘n persoon se libido en as jy my boek“Gesonde Seks” lees sal jy ‘n duideliker prentjie daaroor kry. Maar vir hierdie artikel wil ek slegs fokus op die biologiese faktore van hormone. Dit is nie iets wat van buite die persoon kom nie, dit is nie dat die persoon pervers of aspris daaroor dink nie of aspris seks blok nie. Hierdie is jou liggaam se gewone vervaardiging van sekere hormone wat jou lus maak.

 

Die beste manier om dit te verduidelik is om jou seks lus te vergelyk met jou eet lus.

  • Sommige mense is konstant honger. Altyd lus om te eet.
  • Ander mense nou weer kan die hele dag gaan sonder om te eet.
  • Party mense wag totdat die honger so groot opgebou het dat hulle die naaste “fast food” burger gryp en dit verslind.
  • Waar sommige mense lank voor hulle honger raak begin kos maak en eet, voordat hulle daardie kol op hulle maag bereik.

 

Maar niemand van ons eet slegs omdat ons LUS voel om te eet nie. Ons eet want ons weet:

  • Dit is nodig vir ons om gesond te bly (ons liggame is gemaak om met kos te funksioneer).
  • Dit is lekker om te eet (ons liggame beloon ons met goedvoel hormone wanneer ons eet) en
  • Dit is sosiaal aanvaarbaar om te eet, daar is geen stigma of taboe gekoppel aan eet nie.

 

Seks aan die anderkant geniet nie dieselfde sosiale aanvaarbaarheid nie, die taboe is nog groot. Ons het al baie stories gehoor of selfs beleef hoe seks ons seer gemaak het, so dit is nie meer so lekker nie. Dan die belangrikste van als is dat ons glad nie genoeg gesonde en akkurate informasie oor seks ontvang het nie. Ons is dwaas oor die feit dat ons liggame en huwelike seks nodig het.

 

So omdat die spasie waarin seks in ons lewens plaasvind nie dieselfde ruimte geniet soos ons kos etery nie, word daar baie meer klem geplaas op die LUS van seks as die lus van kos. Bv. Wanneer jy in die oggend vir jouself ontbyt maak, spring jou vrou nie op en sê “Is jy al weer lus vir kos? Jy het net gisteraand ‘n groot bord kos gehad. Gedra jouself asb. Jy eet soos ‘n vark.”

 

Nee, niks van dit nie, maar durf die man of vrou net weer ‘n “move” maak om sy of haar seksuele lus te kommunikeer, word die LUS gesien as LUST. Daarom die persoon met ‘n natuurlike hoër libido as sy maat, voel konstant veroordeel om so vleeslik te wees die hele tyd. Hierdie persoon loop met skuld rond wat sy lus net al hoe nader dryf aan daardie “fast food” produkte.

 

Die persoon aan die laer kant van die libido spektrum sukkel ook om verby die absolute fokus op seksuele lus te kom. As ‘n persoon wat ‘n nommer 4 libido het, moet wag totdat hulle LUS genoeg raak om alles te los wat hulle doen en liefde te maak met hulle maat, is ek jammer om vir jou te sê, jy gaan LANK wag. ‘n Nommer 4 golf is nie sterk genoeg om alles te los en passievolle seks te inisieer nie.

 

Beteken dit dat hierdie lae libido persoon nooit passievolle seks kan geniet nie?

Nee, glad nie, dit is nie wat ek sê nie. Daardie persoon sal net nooit vanself daardie tipe seks inisieer nie.

 

Daar is geen skaamte in die feit om ‘n lae libido te hê nie, maar dit is ‘n jammer te dat baie lae libido mense self dood gaan van hongerte. Die hoeveelheid van LUS wat jy voel is NIE ‘n indikasie van hoe baie jy seks nodig het of selfs geniet nie. As jy ‘n persoon is wat nooit oorval word met seksuele LUS nie, aanvaar dit so, maar moenie seks dan net so laat vaar nie.

 

Wees jy dan die persoon wat lank voordat jy oorval word met die honger, al begin plan maak wat julle gaan eet vanaand. Iets wat altyd vir my uitstaan wanneer ek vir die lae libido mense die vraag vrae geniet hulle seks wanneer hulle eers “into it kom” (wow daar is baie fout met daai sin), antwoord die meerderheid altyd JA, BAIE.

 

So moet nooit weer jou LUS koppel aan seksuele plesier of inisiëring daarvan nie. Maak vrede dat jy nou maar iemand is wat seks gaan inisieer, beplan en aan dink met jou hoof en nie met jou kop nie.

 

In dien jy meer belangstel om jou en jou maat se seksualiteit beter te verstaan, kry my nuwe boek"Gesonde Seks" by jou naaste boekwinkel of direk vanaf my website www.gesondeseks.co.za

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top