Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form
Blog posts tagged in vergifnis
3300

2015 was die jaar wat die meeste toevlugsoekers op gelewer het ooit in die geskiedenis van die mens. Ek het ‘n syfer van 20 miljoen gehoor. Ek weet baie van ons in Suid Afrika voel asof ons toevlug wil vind oorsee, maar hierdie 20miljoen mense vlug nie ‘n ongemaklike lewe en dalende ekonomie nie, hulle vlug hongersnoot, oorlog, en natuurrampe.

Ek voel ook dat hierdie toevlug tema van 2015 het ook homself gemanifesteer in baie huwelike, maar ek bid dat 2016 ‘n terugkeer na vrede sal wees vir die meeste van hierdie huwelike.

Baie paartjies het dit “quits” geroep in 2015 en heelwat paartjies gaan 2016 in met vyandskap in hulle harte teenoor mekaar. As hierdie vyandskap teenoor mekaar nie terugkeer tot ‘n plek van rus en vrede nie, gaan jou huwelik jou dood beteken.

So hier is twee verskillende maniere hoe jy vrede kan vind in jou huwelik.

 

1. Gaan in vrede(lech b’shalom)

 

Hierdie is die mees algemeenste seëning wat ons vir mekaar sê, maar toe David dit vir sy seun Absolom sê het sy seun gesterf. RIP (Ek is seker so paar van julle het ‘n Whatsapp boodskap nou vir jou skoonma gestuur “Gaan in vrede”)

Maar dit is presies in hierdie “lech b’shalom” - gaan in vrede (RIP) waar ons ons eerste waarheid vind hoe om vrede in ons huwelik te kry.

Deur om self dood te gaan. Deur om ons sterk wil te kruisig. Deur om ons hardnekkige standpunt op te gee. Deur om ons reg op te gee. Deur om ons verharde hart te versag.

Jy mag dalk dink, “maar, Timothy, ek is in die reg. Hoekom moet EK die een wees wat in vrede gaan?”

‘n Huwelik gaan nie oor om die magstryd te wen, of die argument of die “battle of the sexes” nie. Dit gaan oor om in ‘n toestand van rus en kalmte te lewe. En om dit soms reg te kry, moet ons die eerste wees, om ons wapens neer te lê en die wit vlag om hoog te hys.

Is jy bereid om die nuwe jaar in te gaan met “lech b’shalom”? Is jy bereid om in vrede te gaan oor die ding wat julle in 2015 van bed en tafel geskei het?

Gaan dan in vrede.

2. Gaan na vrede (lech l’shalom)

Klein grammatikale verskil, maar ‘n reuse verandering in betekenis. Jetro het hierdie vir sy skoonseun Moses gesê nadat hy hom vertel het van die brandende bos. Jetro het Moses die nodige skop onder sy gat gegee om hom uit sy plek van (rus) (wegkruip) te laat kom. Ons ken mos Moses se storie. Hy het iemand dood gemaak in Egipte en toe gevlug vir sy lewe en gaan “settle” (rus) (wegkruip) in die land van die Midianiete. Daar het hy “vrede” gevind van sy konflik, maar God het hom weer terug gestuur na sy konflik toe en sy skoonpa het dit geweet, daarom het hy hom met “lech l’shalom” geseën. Gaan na vrede.

Sien, vrede is nie noodwendig ‘n plek weg van konflik nie, nie as daardie konflik iets is wat jy geroep is om deur te sien nie.

Moenie die eerste “gaan in vrede” wat ‘n neerlê van wapens verwar met die versoeking om alles net onder die mat in te vee nie. Soms het jy nodig om NA jou vrede te gaan en dit beteken om terug te gaan na die plek van konflik toe, sodat jy dit dalk vir die eerste keer suksesvol kan verwerk.

Gaan IN vrede en gaan NA vrede is nie ‘n plek van ontkenning en maanskyn en rose nie. Dit is ‘n plek waar jy die situasie kan lees en die korrekte “response” kan lewer.

Om dit te kan reg kry, gaan jy baie stiller moet word en rustigheid in jou eie siel moet vind, voordat jy vrede in jou huwelik sal kan geniet.

Vind vrede eerstens in en met jouself.

So voordat jy die krag sal kan hê om die minste te wees en iets te laat gaan of konflik met oop oë te trotseer en die wysheid om te weet wanneer jy IN vrede moet gaan en wanneer jy NA vrede moet gaan, MOET jy eers inner VREDE vind.

En om vrede in en met jouself te vind, moet jy ook die beginsels van “lech l’shalom” en “lech b’shalom” toepas.

a. Het jy iets in jou verlede wat jy ronddra soos ‘n hond wat nie die been wil laat gaan nie? Die “issue” is al lank al dood en almal betrokke het al reeds lank terug aanbeweeg, maar nie jy nie. Jy sit nog vas. Jy kan dit nie laat gaan nie. Jy het vasgehak by daardie spesifieke seer en dit het jou hele lewe begin oorneem.

As jy jouself in hierdie situasie bevind, bid hierdie woorde oor jouself soos wat jy dit hier lees.

“[Eie naam] ek seën jou vandag met “lech ‘b shalom” dat ek IN VREDE mag gaan. Ek lê hierdie [noem jou situasie by naam] nou neer in die geloof dat die Here vir my krag sal gee om 1 Korintiërs 1:3 (Genade vir julle en vrede van God onse Vader en die Here Jesus Christus!) ‘n waarheid in my lewe en ‘n getuienis van God se genade kan maak. Van vandag af, sal ek nie weer hierdie [noem dit by naam] ou koei uit die sloot op grawe nie en dat die Here my sal genees van die emosionele pyn wat ek van dit gekry het.”

 

Gaan nou IN vrede die Nuwejaar in.

 

b. Het jy dalk iets in jou verlede wat jy weet voor jou siel jy van weghardloop?  ‘n verhouding? ‘n vriendskap? ‘n besigheidsvennoot? ‘n ooreenkoms? ‘n belofte? ‘n jammer sê? ‘n om verskoning te vra? ‘n roeping van die Here? ‘n huweliksplig?

As jy hierdie persoon is wat soos Moses gevlug het weg van konflik, maar konstant herinner word in jou siel en gees van die “Egipte” in jou verlede, bid ek vir jou die seëning van “lech l’shalom” gaan NA vrede toe.

Bid hierdie woorde oor jouself.

“[Eie naam] ek seën jou vandag met “lech l’shalom” dat ek die krag sal kan hê om NA VREDE te gaan. Ek neem op my verantwoordelikheid om hierdie [noem die situasie of persoon waarvan jy gevlug het hier] aan te spreek en dit deur te sien. Ek bid dat God my krag sal gee om my konflik en verlede te trotseer en vir my genade sal hê, sodat 1 Korintiërs 10:13 (God is getrou, wat nie sal toelaat dat julle bo julle kragte versoek word nie) ‘n waarheid en getuienis in my lewe sal word.

Gaan nou NA jou vrede die Nuwejaar in.

 

 

 

 

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top