Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form
Blog posts tagged in Wat Adam my van Seks geleer het
8879

Elke huwelik het ʼn “early warning” sisteem ingebou, wat vir die man en vrou in die huwelik rooi liggies moet flits. Die “early warning” sisteem is nie daar om te waarsku dat die huwelik nie meer werk of dat dit tyd is om ʼn nuwe maat te soek nie. Nee, dit is om te waarsku dat die koers waarop julle huidige op pad is, is nie ʼn gesonde een vir julle huwelik nie.

DOEN IETS DAAROMTRENT!

AKSIE WORD BENODIG!

Hierdie “early warning” sisteem is amper soos toe die myners in die ou dae Kanaries saam met hulle in die myne geneem het. Solank die Kanarie bly lewe en sing, is die myners veilig en kan aanhou doen wat hulle doen. Omdat die Kanaries meer sensitief is vir die gevaarlike gasse, veral koolstofmonoksied wat in myne voorkom, is hulle die myner se beste “early warning” sisteem.

Sodra die Kanarie sou op hou sing, siek word en dood gaan, is dit ʼn teken dat die koolstofmonoksied vlakke besig is om na gevaarlike hoogtes te gaan vir die myners. As hulle die dood van die singende Kanarie ignoreer het, sal hulle ook binnekort dood gaan.

Nee, die dood van die singende Kanarie het die myners tot aksie laat spring. Stop wat jy doen en neem aksie. Trek terug en myn op ʼn ander plek of kom later weer terug of sit gesigsmaskers as jy moet bly.

Te veel huwelike mis die dood van die singende Kanarie in hulle huwelik en kort voor lank vind hulleself vervreemd van mekaar en voor die skeihof.

Wat is die huwelik se singende Kanarie?

Wat is die eerste ding wat verlore gaan in ʼn huwelik?

Wat is die huwelik se “early warning” sisteem?

 

Kommunikasie? Respek? Vertroue?

Nee, ek dink nie so nie. Ons almal weet dit is belangrik, maar dit is nie die eerste ding wat verlore gaan nie.

Seks? Intimiteit? Verliefdheid?

Dalk, nader aan die waarheid. Dit is maar so, dat oor die jare met kinders, werk-stres, huisverband, ens., raak die seks, intimiteit en verliefdheid minder. Dit is verseker ʼn waarskuwing, maar ek dink nie dit is die huwelik se Kanarie nie.

 

Wat is die rede hoekom iemand iets sal aanhou doen oor en oor en oor?

Omdat die persoon dit geniet!

Genot, lag, speel, terg, vreugde, happiness!

Dis die huwelik se singende Kanarie.

 

Die Bybel noem dit “tsâchaq” – to laugh outright (in merriment (vrolikheid) or scorn); by implication to sport: -laugh, mock, play, make sport.

(As jy meer oor “tsâchaq” wil lees koop my boek “Wat Adam my van Seks geleer het” en lees die hoofstuk “Isak – Voorspel, naspel maar solank jy net speel”)

Op ʼn ander plek in die Bybel (Nehemia 8:10b) sê die blydskap wat die Here gee, sal julle krag gee. “The joy of the Lord is your strenght

Daar is baie ander dinge wat die Here vir die mens gegee het, maar daar is iets spesiaal aan blydskap, vreugde, genot, plesier, lag wat vir ʼn mens ‘superhuman’ krag gee.

Netso is daar baie dinge wat ʼn huwelik nodig het om te floreer, maar daar is iets spesiaal aan “tsâchaq”, lag, terg, speel, genot, plesier wat vir ʼn huwelik transformeer na ʼn Gesonde Seks Huwelik toe.

Hierdie stel goedvoel hormone in jou brein af wat die emosionele band tussen man en vrou versterk en aanmoedig om dit oor en oor en oor te doen, want dit is lekker.

Is julle huwelik lekker?

Is julle sekslewe lekker?

Is julle geselskap lekker?

Is julle tydsaam lekker?

Want “Lekker” is die naam van julle singende Kanarie.

 

b2ap3_thumbnail_Canary-in-a-Coal-Mine.jpgMoenie toe laat dat “Lekker” in julle huwelik dood gaan nie.

En as “Lekker” alreeds ʼn bietjie siek lyk, neem kennis, neem aksie, gaan doen iets lekkers saam.

Stop vir ʼn oomblik, want die druk van die lewe en die verantwoordelikheid van ʼn huwelik is besig om julle te versmoor soos koolstofmonoksied. Dit is nie jou maat wat jou versmoor nie. Dit is julle situasie.

So neem aksie en gaan doen iets vandag nog wat lekker is.

 

(As julle sukkel om die “lekker” in julle huwelik lewendig en singend te hou, sluit sommer vandag aan by ons

Gesonde Seks Mentorskap program en begin om in jou huwelik te belê met ‘n epos en sms per week.)

 

3097

ImageMasturbasie

“Onan het geweet dat die kinders wat gebore sou word, nie as syne beskou sou word nie, en daarom het hy elke keer as hy met die weduwee van sy broer gemeenskap gehad het, gesorg dat sy saad op die grond kom. Hy wou nie dat daar kinders vir sy broer gebore word nie.” -          Genesis 38 : 9

 

 

Meer oor sy storie

Hierdie is een van die Bybel verse rondom seksualiteit wat dikwels verkeerd geïnterpreteer  word. Baie gebruik hierdie storie van Onan om te bewys dat masturbasie verkeerd, sonde en teen God se beginsels gaan. Hierdie is ’n leuen. Masturbasie is nie verkeerd nie of sonde nie. Soos wat ons in die ‘Wat sê die wetenskaplikes’ afdeling sal sien is dat masturbasie ’n baie gesonde en belangrike rol speel veral in ’n man se lewe. Maar eers meer oor Onan se storie.            

Onan se broer het gesterwe sonder om enige seuns agter te los om sy naam voor te sit. Daarom het Onan se pa vir hom gevra om met sy skoonsuster, Tamar te trou, sodat sy ’n kind kan baar vir sy oorlede broer. Maar Onan was nie lus om dit te doen nie, so het hy toe elke keer wanneer hy seks met haar gehad het, coïtus interruptus[1] gedoen, om seker te wéér hoed dat sy swanger kan raak..

God was ontevrede met Onan gewees, nie omdat hy sy saad op die grond gemors het nie, maar omdat hy nie vir haar kinders wou gee nie.  ’n Kind is vir ’n weduwee soos haar uittree annuïteit is. As ’n vrou nie kinders, spesifiek seuns kon kry nie, moes sy nog by haar vader se huis bly.[2] Want sy as vrou kon nie vir haarself finansieel sorg nie. Sy moes of deur haar pa, man of seuns onderhou word.

So Onan het net met haar seks gehad, sonder om verantwoordelikheid te neem. Hy wou net dit geniet, sonder om daarvoor te betaal. Hy het Tamar gebruik om van sy seksdrang ontslae te raak, maar nooit vir haar gegee wat sy nodig gehad het nie.

Les vir die moderne man

Sommige mense redeneer dat God kwaad vir Onan was omdat hy sy saad gemors het. Dus om te masturbeer, sal God ook kwaad maak, want jy is nie besig met prokreasie ‘seks’ nie. Masturbasie is genot ‘seks’ as ons dit in een van die drie funksies móét sit. As hierdie redenasie reg is, dan moet al die voorbehoed middels ook God kwaad maak en sonde wees, want jy mors jou saad. God wil hê dat ons kinders moet kry, verseker, maar Hy het ook bedoel dat ons ons seksualiteit kan en mag geniet sonder om elke keer met prokreasie ‘seks’ besig te wees.

In die hoofstuk Job – Wellus, leer ons presies wat is seksuele wellus en wat is dit nie. Maar die les vir die moderne man, rondom Onan is dat jy nie hoef skuldig hoef te voel elke keer nadat jy gemasturbeer het nie, want dit is nie sonde of verkeerd nie.[3]

Man tot Man

Masturbasie gaan jou nie blind maak of veroorsaak dat jy hare op jou hande gaan groei nie. Dit moet jou ook nie skuldig laat voel nie. Al wat dit jou moet laat voel is...verlig.

Wat sê die wetenskaplikes

Masturbasie maak baie Christen baie ongemaklik, want die kerk se seks etiek lê klem op die verhouding-seks. Daar is ’n wanpersepsie dat ons seksualiteit aangeskakel word wanneer ons trou en slegs gerig is tot die persoon wie daardie ring aan ons vinger gesit het. Hierdie is nie waar nie. Ons is seksuele wesens nog voordat ons getroud is. Al die seksuoloë wat ek al mee gepraat het en wie se boeke ek al gelees het, sê dat wanneer ’n individu sukkel om orgasme te bereik tydens penetrasie seks, lê die probleem baie maal in die feit dat die individu nie ’n goeie en ontwikkelde seksuele self-beeld het nie. Betty Dobson maak ’n radikale stelling wanneer sy sê dat masturbasie is ons primêre seks lewe. Dit vorm ons seksuele basis. En wanneer ons van uit daardie oogpunt na die Bybel vers Genesis 2:25 gaan kyk sal ons sien dat dit wel sin maak. “Die man en sy vrou was albei kaal, maar hulle was nie skaam nie.”

Dink gou ’n bietjie hoe vinnige sal jy jou klere uittrek en voor jou vrou staan as jy nie eers gemaklik is met jou eie lyf nie. Daar was ’n paartjie (meer as 20 jaar getroud met kinders) wat ek beraad het waar hulle mekaar nog nooit eers kaal gesien het nie. Jy sal sukkel om jou seksualiteit, kaal, 100% vir jou vrou te wys as jy nie eers vir jouself in die spieël kan kyk nie.

Die statistiek sê dat 92% van mans en 62% van vrouens het al ten minste eenmaal in hulle lewe gemasturbeer. [4]  Die miete dat masturbasie is iets slegs vir tieners is ook onwaar bewys deur ’n opname van getroude paartjies. Die opnames het gewys dat 72% van mans en 68% van vrouens tyd maak vir masturbasie al is hulle getroud. [5]

Ek glo in ’n huwelik waar die man en vrou kaal staan voor mekaar. Met ander woorde, dat daar niks in die geheim gebeur nie. Masturbasie of enige ander seksuele aktiwiteit wat in die geheim gedoen word, sal skuld veroorsaak en afbreek doen tot die huwelik. Maar dit is nie die masturbasie se skuld nie, eerder die geheim houding daarvan!

Masturbasie hou voordele vir die enkel man asook vir die getroude man in. Dit gee vir die enkel man ’n veilige uitlating vir sy seksuele drange. En is voordelig vir die getroude man wie se seks-dryf (libido) baie hoër is as sy vrou sin. In plaas dat sy elke keer moet instem om seks met hom te hê wanneer hy daarvoor lus kry, kan sy vir hom permissie gee om homself lekker te maak. Speel rond met wat werk vir julle en wat gemaklik is met albei van julle. Dalk gee sy vir jou ’n foto van haarself, of skets vir jou ’n fantasie wat jy kan gebruik tydens masturbasie. Ander kere kan sy vir jou begin of net ’n lekker vry te gee en jou dan stuur vir ’n lekker warm stort!

In opsomming

  • God was nie kwaad vir Onan omdat hy sy saad gemors het nie, maar omdat hy sy verantwoordelikheid nie nagekom het nie.
  • Ons is seksuele wesens nog voordat ons trou.
  •  Masturbasie ontwikkel ’n goeie seksuele self-kennis wat bydra tot jou algemene seksuele bevrediging.


[1] Coitus interruptus is wanneer ’n man sy penis uit die vrou se vagina uit trek net voordat hy gaan ejakuleer. Hierdie is ’n baie primitiewe manier van voorbehoed middels en is nie 100% effektief nie en jy kan ’n vrou swanger maar deur om coitus interruptus te doen.

[2] Genesis 38:11

[3] Wanneer ek ’n “Christen” seks boek optel, blaai ek dadelik na die hoofstuk oor masturbasie en afhangend wat die boek oor dit sê, sal my oortuig om die res van die boek te lees of nie. En een van die “Christen” seks boeke wat ’n baie goeie en oop siening het oor masturbasie is die boek “Die A tot Z van Seks” deur Elmari Craig en Hennie Stander. Volgens my is dit die beste Afrikaanse “Christen” seks boek beskikbaar. ’n Absolute moet lees.

[4] Die Kinsey seks opname is die mees gerespekteerde data oor seksualiteit deur seksuoloë en ander professionele professies.

[5] “Masters and Johnson on sex and human loving.” Bl.296

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top