Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form
4437


In die volgende paar maande met die aanloop van my nuutste seksvoorligtingboek “Die Naakte Feite” wat uitgegee word deur CUM uitgewers, gaan ek al hoe meer begin skryf oor gesonde seksopvoeding vir ouers met kinders.

(Die boek sal Feb `14 beskikbaar wees.)

(HIER IS DIE BOEK NOU - BESTEL HOM HIER)

Een van my goeie vriende het nog altyd gewerk onder die jeug en hy sê altyd mens kry nie iets soos ‘n probleem tiener nie, net probleem ouers.

Continue reading
3177
Exam

Ons raak soms ongeduldig wanneer dit kom by genesing en verandering van ons maat. Veral wanneer dit kom by die seksuele. Ons wil hê dat my maat moet besef hoe belangrik seks is, Gesonde Seks is, en daarom moet ons volgende seks-sessie, sommer in haal vir al die jare van droëbek sit. Omdat seks ʼn uitvloeisel is van wie ons is en hoe ons onsself aanskou, kan ons nie verwag dat iemand se sekslewe oornag gaan van vanilla tot wit warm Gesonde Seks nie.

Verandering kan nie forseer word nie.

Dink terug na jou Hoërskooldae. (Wiskunde klas spesifiek)

Deur die hele jaar let jy nie regtig op in die klas nie.

ʼn Dag of twee voor die eksamen ‘cram’ jy al die wiskundige formules in jou kop in, met die hoop dat so paar van hulle sal na jou toe terug kom môreoggend, wanneer jy in die eksamen lokaal sit.

Jy kom deur. (Net!)

ʼn Week later, hoe baie van daardie wiskundige formules werk nog in jou kop? Hoe baie van wat jy so hard voor geleer het, kan jy nog onthou?

NIKS.

En dit is presies wat gebeur as ons verandering, of dit nou seksuele veranderinge, of emosionele veranderinge is, of wat ook al, wil forseer. Jou man of vrou mag dalk die toets slaag, maar ʼn week, maand later, is dit maar weer terug na normaal. Niks het werklik verander nie.

Daar is te veel mense in die huwelik wat mekaar wil probeer verander, en al wat dit by jou huweliksmaat tuisbring is dat hy/sy moet studeer vir ʼn toets.

Is jou huwelik een toets weg van skei af?

Wag jy net vir jou maat om een toets te druip? Sodat jy jou opgeboude jaarlange frustrasie op hom/haar kan uithaal. “EK HET GEWEET JY SOU DRUIP. JY LET MOS NIE OP IN MY KLAS NIE.”

Nee, ons moet hierdie beeld en huweliksveranderings filosofie weggooi soos wat skoolhandboeke vandag in SA weggegooi word.

Die huwelik is nie veronderstel om ʼn klaskamer te wees nie. (Wel tensy jy ʼn kinky fetish het oor skoolklaskamers.)

Het jy al ooit oorweeg dat dit nie die leerder wat druip se skuld is nie, maar die onderwys sisteem s’n?

Hou op om mekaar toetse te gee en begin om SAAM vakansie by die see te hou.

 

boat_on_the_shore-5448Skets hierdie prentjie vir jouself.

Jy is op vakansie en soos enige goeie vakansie begin dit ook maar met lekker baie bakleiery en stres. (Dis maar hoe die lewe gaan.)

Jy probeer jou boot in die water sleep by die see. Maar dit is laaggety en die boot is swaar en moeilik om oor die sand te sleep tot in die water.

Jy wil net tot in die see kom, sodat jy jou vakansie kan begin geniet. Jy is vas oortuig sodra jy net in die see is, sal alles ‘swimmingly’ gaan.

Maar dit is soveel moeite, om die verdomde boot in die see te kry.

Dis warm.

Jy sweet.

Jy is moeg.

Dit is swaar.

Dit is moeilik.

(Hierdie is dieselfde forseer-eksamen skryf tegniek wat ons nou net van geleer het.)

Jy kan nie geniet waar jy nou is in jou huwelik nie, want jy is baie bewys van die ongemak en hoe jou huidige situasie GLAD nie opleef tot jou ideale nie.

En natuurlik is dit alles jou maat se skuld!

Die maklikste en beste manier om daardie boot in die water te kry is om te WAG.

Klim in die boot, kry alles gereed wat jy nodig het vir jou piekniek op die see. Laai die boot en wag vir die hoogwater om oor jou te spoel.

As jy op die regte plek jouself geposisioneer het, sal die water jou kom haal. Maak jy net seker jy is gereed.

Met ander woorde, moenie wag tot jou maat verander of jou toets druip nie, geniet wat julle nou saam het, geniet elke oomblik al is dit saam in ʼn boot gestrand in die hitte van die dag.

Solank jy mekaar as gelykes kan sien.

Solank julle insig het vir mekaar se seer.

Solank julle julself toerus met roeispane en life-jackets.

Sal dit nie saak maak hoe moeilik en sukkel julle nou deur gaan nie, julle is saam in die bootjie. (Fellowship = Two fellos in a ship) of in ʼn Gesonde Seks translasie (Fellowship = Fellatio worship)

 

Waarmee ek julle wil los, prakties.

#1 Moenie mekaar forseer om te verander nie.

#2 Doen moeite om mekaar se sieninge te verstaan.

#3 Leer SAAM nuwe tegnieke.

#4 Vra jou maat wat kan jy doen om dinge makliker te maak.

 

Sien jy die verskil.

Dit is nie meer die leerder se verantwoordelikheid of te dans tot gesag nie, maar dit is die gesag se verantwoordelikheid om saam die leerder die proses te geniet.

As jy gereed is om saam in die bootjie te sit en julleself te posisioneer vir die gety om in te kom, gaan na www.gesondeseks.co.za en laai gratis die e-boek “Wees die CEO van jou huwelik” af en begin om die lewe te geniet, sonder die vrees van prestasie.
Continue reading
12886
Wild_Sex_Cover

Goeie maniere, etiket, speekwoorde soos: “Jy mag nie uit die slaapkamer praat nie”, onbespreekte reëls wat jou verbied om oor enige iets seksueel te praat, is alles redes hoekom ek doen wat ek doen.

Om die taboe van seks te lig. (Of dalk meer realisties net aan te spreek en uit te wys.)

Hierdie is veral iets waaraan ons Afrikaanssprekende Christen aan skuldig is. Omdat ons so sterk morele trekking het, (Al is die resultate soms net ʼn blink ge‘polish’de masker.) loop ons rond met twee swaar laste op ons skouers:

#1 Verskriklike skuldgevoel oor sommer alles.

#2 Onkeerbare drang om ander op hulle skuld uit te wys.

Ek is vas oortuig ons bedoelinge is suiwer. Ons smag om God te behaag in alles wat ons doen. Maar ek dink iewers het iemand vir ons gelieg, oor presies wat dit is wat God behaaglik vind.

Hoe ek die Bybel lees, kom ek agter dat God alles behaaglik vind wat Hy geskape het tydens die skepping, (waarvan seks ook deel van maak) en glad nie afhangklik is van ons werke nie.

En tweedens kom ek agter God vind ʼn behaag in ons, nie as gevolg van wie ons is nie, maar as gevolg van wie Hy is.

So dan is daar niks wat ons kan DOEN of WEES wat God se guns kan oorwen nie, want dit is alles opgesluit in wat Hy gedoen het en wie Hy is.

Sjoe, dis ʼn load off.

Nou kan ek ophou tyd spandeer om voor te gee en net myself wees.

So met dit as die inleiding, kan ek kom tot die titel van hierdie artikel wat ek graag vandag met julle wil oor gesels.

“Soms is ʼn mens net lus vir ʼn goeie spyker.”

Baie lank gelede in die kerk se geskiedenis was daar ʼn dude by die naam van St Augustine. Hy het ʼn baie groot rol gespeel in die vorming van die Christen kerk, wat goed was, maar ook die vorming van die ongesonde konserwatiewe, taboe siening rondom seks, wat nie so goed was nie.

Hy het beweer, dat prostitusie ʼn nodige euwel is in die samelewing, want dit beskerm die heiligheid van die getroudevrou. Hulle het besef dat die mans onbeheerbare seksuele drange het, en heaven forbid dat hulle dit nou op hulle eie vroue moet uithaal. Die getroudevrou besoek haar man slegs een keer ʼn maand wanneer sy ovuleer sodat sy jou ʼn kind kan gee. (In daardie tyd was daar nie eers ʼn gedagte daaraan gegee dat die vrou ook seks mag begeer of geniet nie. Haar huweliksplig was om kinders te baar.)

Blind-oog van die kerk het die getroudemans maar hulle seksdrange na die prostitute geneem. (Kan jy sien dat die fokus om die masker blink te polish al lank terug perfek was. Wat die getroudeman in sy spaar tyd doen in ‘n donker systraat met ‘n prostituut, (wat in elk geval hel toe gaan), en die getroudevrou se emosionele behoefte tot liefkosing en seksuele behoefte tot orgasme, het alles niks saak gemaak nie. Solank alles net mooi op sy plek lyk.)

Vandag het tegnologie dit net so veel makliker gemaak. Een studie beweer dat tot met 80% van die mans in die kerk verslaaf is aan pornografie.

Daar is seker baie wat mens kan sê hieroor, verskillende oplossings uitdink, sommige mag dalk beter wees as ander, maar vandag wil ek met jou een van my gedagtes hieromtrent deel. (Besluit jy maar self of dit ʼn beter of slegter een is van die lot.)

Daar is ʼn baie groot gaping tussen “heilige” seks en “perverse” seks, wat ons vir onsself geskep het.

(Ek wil net hier noem, dat met “perverse” seks verwys ek nie na enige vorm van seksuele abuse of trauma nie. Ek praat van safe, sane and consensual seks)

Ons wil eerder praat van liefde maak, gemeenskap, twee wat een word, kamer toe gaan, mekaar beter leer ken, om met mekaar te slaap, as wat ons wil praat van seks, spyker, naai, jags en pomp.

Die een klink so hemels en die ander duidelik so dierlik.

En ek dink dit is waar ons soms die pot mis sit. Ons is nie engele nie. Ons is mense. Ons het ʼn gees en siel, maar ons het ook ʼn dierlike aspek tot ons. Ons instink, ons vlees, ons gevormde stof dele.

Ons probeer baie hard om ons inner-dier te ontken, doodmaak en wegsteek.

En wanneer ons seksuele verkeer, dan moet dit intiem wees, al twee se siele moet saam weef in een. As dit nie so is nie, dan is dit nie heilig genoeg nie.

Maar hoekom dan is so baie mans verslaaf aan porngrafie?

Hoekom dan lees so baie vrouens “50 Shades of Grey”?

Want daar is ʼn seksuele dier in ons wat aandag soek.

En as jy nie vir daardie seks-dier ruimte maak om in jou huwelik sy regmatige plek in te neem nie, gaan hy kos op ʼn ander plek soek.

God het die mens gemaak met 3 seksuele funksies. Prokreasie-seks, verhouding-seks (die liefdemakery) en ook die rekreasie-seks (seks vir geen ander rede behalwe vir die seksuele plesier daarvan nie.)

En omdat God dit alles gemaak het kan niks daarvan in die veiligheid van die huwelik “pervers” wees nie en dus is alle seksuele begeertes tussen man en vrou “heilig”, maak nie saak of julle vir mekaar brul, grom of knor nie.

 

As jy opsoek is na kreatiewe seks idees maak seker jy lees my boek "Ontbyt in die bed en Seks in die kombuis"
Continue reading
2043
janet-en-tim

Vandag het my vrou, Janet, my baie trots gemaak. Sy het haar grootste Seks Klets Dames oggend gehad en dit het baie goed gegaan. Sy het sonder  bloos of skroom voor 50 vrouens gestaan en passievol gesels oor Gesonde Seks. Janet het werklik my passie, roeping, loopbaan haar eie gemaak. (Aan die eenkant voel ek ’n bietjie bedreig hieroor, maar dit sal moet oorstaan tot ’n volgende blog post.)

So 10 jaar gelede toe ek Janet ontmoet het sou ek of enige iemand wat haar geken het, nooit kon raai dat sy in die seks industrie sou gaan nie. Ek laat dit seker erger klink as wat dit is. Seks industrie klink so bietjie doggy. Presies wat een pastoor vir my gesê het heel in die begin van my seksuologiese studies. “Timothy, miskien moet jy nie jouself as ’n seksuoloog bemark nie, maar eerder as ’n huweliksberader.”

Nee, dankie, dit so nooit vir my werk nie. Ek wil die seks fix. Daar is genoeg ander beraders wat fokus op die vertroue, kommunikasie, familie etikette, ens. Ek sal fokus op die seks dankie. Gesonde Seks is my werk.

En nou het my vrou haarself ook geïdentifiseer as ’n sekswerker.

Terug tot my en Janet se eerste ontmoeting. Ons het van die begin af lekker gesels en dit was nie eers 10 minute van small talk dat ons  begin het om vir mekaar ons liefdes teorieë te deel. Ons al twee was net 19 jaar oud gewees maar was gesoute filosowe.

Janet begin om die vier liefdes; Agape, Familie, Phileo en Eros te simboliseer met ’n kruis. Die boonste balk van die kruis wat hemel toe wys verteenwoordig, Agape-liefde. God se liefde vir ons en sy beskerming oor die verhouding. Die twee dwars balke van die kruis is Familie en Phileo (vriendskap) liefde. En die deel van die kruis wat in die grond begrawe word simboliseer Eros liefde. (Erotiese liefde).

’n Paal wat in ’n gat geplaas word. Ek dog dit was ’n baie skerp simboliek vir wat seks was. Maar dit is nie presies hoe sy dit toe bedoel het nie. Janet, soos enige goeie Christen het seks gesien as iets wat deel van die vlees is en begrawe moet word en wat nie op dieselfde heilige vlak van die ander liefdes kon kompeteer nie. Seks was toleratedmaar verseker nie celebrated nie.

Dit was na hierdie verduideliking waar ek vir haar gesê het: “As dit is hoe jy oor seks dink, kry ek jou man eendag baie jammer.”

Ek het nie besef dat sy dit as ’n pickup line so sien nie, maar sy sweer toe ek dit sê het daar iets in haar gees gespring waar sy gevoel het ek gaan haar trou man wees. In retrospek dink nie dit was iets in haar gees wat gespring het nie, maar wel haar vlees.

Want in my liefdes teorie het ek ook die 4 algemene liefdes, maar inplaas van om die Eros weg te steek vir niemand om te sien nie, speel Eros liefde ’n baie belangrike deel van my huisie gelykenis. Familie liefde vorm die fondasie van enige verhouding. Daarna word die mure gebou en simboliseer die vriendskap tussen die twee. Die dak is Agape liefde, wat die commitment verteenwoordig. En heel bo op die dag, steek Eros sy kop uit vir almal om te sien in die vorm van die erect skoorsteen. Waar daar ’n rookie is, moet daar ’n vuurtjie wees. Eros is nie net ’n skoorsteen bo op die dak nie, maar ’n kaggel onder in die huis. Dit is Eros wat die verhouding se atmosfeer bepaal en die huis (verhouding) ’n  lekker plek maak om in te lewe.

Daar was iets daardie aand wat Janet opgewonde gemaak het en my uitgedaag het, maar wat ook al dit was, dit het ons paaie saam gevoeg in Gesonde Seks. En nou kan ek met ’n glimlag op my gesig erken dat ek was verkeerd. “Janet, ek kry jou man glad nie jammer nie.”
Continue reading

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top