EasyBlog

This is some blog description about this site

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Team Blogs
    Team Blogs Find your favorite team blogs here.
  • Login
    Login Login form
Recent blog posts
janet-en-tim

Vandag het my vrou, Janet, my baie trots gemaak. Sy het haar grootste Seks Klets Dames oggend gehad en dit het baie goed gegaan. Sy het sonder  bloos of skroom voor 50 vrouens gestaan en passievol gesels oor Gesonde Seks. Janet het werklik my passie, roeping, loopbaan haar eie gemaak. (Aan die eenkant voel ek ’n bietjie bedreig hieroor, maar dit sal moet oorstaan tot ’n volgende blog post.)

So 10 jaar gelede toe ek Janet ontmoet het sou ek of enige iemand wat haar geken het, nooit kon raai dat sy in die seks industrie sou gaan nie. Ek laat dit seker erger klink as wat dit is. Seks industrie klink so bietjie doggy. Presies wat een pastoor vir my gesê het heel in die begin van my seksuologiese studies. “Timothy, miskien moet jy nie jouself as ’n seksuoloog bemark nie, maar eerder as ’n huweliksberader.”

Nee, dankie, dit so nooit vir my werk nie. Ek wil die seks fix. Daar is genoeg ander beraders wat fokus op die vertroue, kommunikasie, familie etikette, ens. Ek sal fokus op die seks dankie. Gesonde Seks is my werk.

En nou het my vrou haarself ook geïdentifiseer as ’n sekswerker.

Terug tot my en Janet se eerste ontmoeting. Ons het van die begin af lekker gesels en dit was nie eers 10 minute van small talk dat ons  begin het om vir mekaar ons liefdes teorieë te deel. Ons al twee was net 19 jaar oud gewees maar was gesoute filosowe.

Janet begin om die vier liefdes; Agape, Familie, Phileo en Eros te simboliseer met ’n kruis. Die boonste balk van die kruis wat hemel toe wys verteenwoordig, Agape-liefde. God se liefde vir ons en sy beskerming oor die verhouding. Die twee dwars balke van die kruis is Familie en Phileo (vriendskap) liefde. En die deel van die kruis wat in die grond begrawe word simboliseer Eros liefde. (Erotiese liefde).

’n Paal wat in ’n gat geplaas word. Ek dog dit was ’n baie skerp simboliek vir wat seks was. Maar dit is nie presies hoe sy dit toe bedoel het nie. Janet, soos enige goeie Christen het seks gesien as iets wat deel van die vlees is en begrawe moet word en wat nie op dieselfde heilige vlak van die ander liefdes kon kompeteer nie. Seks was toleratedmaar verseker nie celebrated nie.

Dit was na hierdie verduideliking waar ek vir haar gesê het: “As dit is hoe jy oor seks dink, kry ek jou man eendag baie jammer.”

Ek het nie besef dat sy dit as ’n pickup line so sien nie, maar sy sweer toe ek dit sê het daar iets in haar gees gespring waar sy gevoel het ek gaan haar trou man wees. In retrospek dink nie dit was iets in haar gees wat gespring het nie, maar wel haar vlees.

Want in my liefdes teorie het ek ook die 4 algemene liefdes, maar inplaas van om die Eros weg te steek vir niemand om te sien nie, speel Eros liefde ’n baie belangrike deel van my huisie gelykenis. Familie liefde vorm die fondasie van enige verhouding. Daarna word die mure gebou en simboliseer die vriendskap tussen die twee. Die dak is Agape liefde, wat die commitment verteenwoordig. En heel bo op die dag, steek Eros sy kop uit vir almal om te sien in die vorm van die erect skoorsteen. Waar daar ’n rookie is, moet daar ’n vuurtjie wees. Eros is nie net ’n skoorsteen bo op die dak nie, maar ’n kaggel onder in die huis. Dit is Eros wat die verhouding se atmosfeer bepaal en die huis (verhouding) ’n  lekker plek maak om in te lewe.

Daar was iets daardie aand wat Janet opgewonde gemaak het en my uitgedaag het, maar wat ook al dit was, dit het ons paaie saam gevoeg in Gesonde Seks. En nou kan ek met ’n glimlag op my gesig erken dat ek was verkeerd. “Janet, ek kry jou man glad nie jammer nie.”
Hits: 2279
0
Janet Kieswetter, sou jy ooit raai dat iemand wat gevra het om te trou via sms, sal ooit genoeg leer oor romanse, liefde, emosies en seksualiteit om ʼn Gesonde Seks blad te run? So om in daardie gees te bly wil ek graag my 10 huweliksherdenking beloftes hernu via Facebook. (Sien ek leer vinnig.)

Presies 10 jaar gelede het ek voor so 100+ mense gestaan en bewe in ʼn baie te groot swart pak buite in die son.  Daar is nie genoeg EGO in die wêreld om daardie nerves te vermom het nie. Maar toe jy fashionably late daar opgedaag het, het alles tot ruste gekom. Ek het ophou bewe. My bors het geswel op die swart pak te pas. (Sjoe, ek moes mooi konsentreer op my spelling daar.) Die nerves het dadelik verdwyn. Die son het stil gaan staan. Die wind het opgehou waai. Die 100+ mense het weggegaan. Jou pa langs jou het ek uitgeblok. Die gedagtes en planne vir later die aand het ek op ys gesit. My gebed het ek as “Amen” aanvaar.

Want daar staan my lewe. My begeerte. My toekoms. My lover. My versorger van my kinders-to-come. My ander hele. (Ek glo nie daaraan om jou beter helfte te vind nie, want jy moet jou eie beste hele wees.)

Jy het gedog jy trou ʼn jeugpastoor. Maar ek het altyd geweet met jou as my vrou gaan ek eendag ʼn meester graad kry in seksuologie.

Liefie, die res van wat op my hart is, sal ek vanaand saggies in jou oor fluister.

Net soos 10 jaar gelede, voor daardie 100+ mense, familie, vriende, so een of twee bekende persoonlikhede en voor God, maak ek nou weer daardie selfde belofte voor -+ 30 000 mense, waar ek en jy die soort van bekende persoonlikhede is.

“Timothy Paul Kieswetter, nou dat u weet dat God die huwelik ingestel het en wat Hy u daarin beveel, getuig u hier voor God en almal wat teenwoordig is (like, tweet, of volg), dat dit u opregte voorneme is om so in hierdie staat te lewe, en begeer u dat u huwelik nou gesluit en bevestig sal word?”

“Ja.”

“Verklaar u, Timothy Kieswetter, dat, sover u weet, daar regtens geen beletsel is teen u voorgenome huwelik met Janet Ann Kieswetter hier teenwoordig nie en dat u almal hier teenwoordig roep  (om te like en share) om getuie te wees dat u Janet Kieswetter tot u wettige vrou neem?

“Ja.”

“Mag ons Here God die voorneme wat Hy u gegee het, bekragtig, en mag die begin van u huwelik wees in die Naam van die Here wat hemel en aarde gemaak het! (en Gesonde Seks)

Timothy, u het hier voor God en Facebook en Twitter almal teenwoordig verklaar dat u Janet Kieswetter steeds as u wettige vrou neem.  Beloof u dat u haar nooit sal verlaat nie, dat u haar sal liefhê en getrou sal onderhou soos 'n getroue en Godvresende man aan sy vrou verskuldig is?  Beloof u verder dat u heilig met haar sal lewe en haar in alles getrou sal bly ooreenkomstig die uitspraak van die heilige evangelie?

Wat is u antwoord?”

“Ja.”

“Ek verklaar nou dat Timothy Kieswetter en Janet Kieswetter hier teenwoordig regtens steeds getroud is en Gesonde Seks het.  Mag die Vader van alle barmhartigheid, wat u deur sy genade tot hierdie huwelik geroep het, u met opregte liefde en trou verbind en u sy seën gee!  Amen.”
Hits: 2338
0
Want jy is 'n Skrywer en kan toor met woorde. Hoeveel keer het jy my hart al gesmelt met jou liefdesdig?

Jy is ʼn Berader en verstaan hoe dink 'n vrou. Jy begryp so goed wat my ontstel en wat my laat goed voel en sê altyd die regte ding.

Ek love dat jy Navorser is en heeltyd honger is vir nuwe inligting. Ek voel jou belangstelling in wat ek het om te vertel en jy deel graag jou nuutste boek, teorie, preek, kursus, gedagte, droom, sienswyse met my. Ons hardloop nooit uit goed om oor te praat nie. Die lewe bly 'intriguing' saam met jou, altyd vars!

In ʼn liefdesbrief, sal jy die Here in bring op ʼn manier wat jou diep liefde vir Hom wys. Min mense weet hoe baie lief het jy die Here, maar ek doen. En dit trek my hart na Hom toe ook.

En die komediant in jou vermaak my al vir jare, mense kan maar uitsien na jou verhoogvertoning!

Jy is die CEO van ʼn besigheid en ons huwelik. Jy’s ʼn life coach vir baie maar eerste vir my. Jy is DIE seksuoloog (ongeag van wat ander sê) om te raadpleeg oor als seksueel en ek trek voordele van die rol natuurlik ;)

Jy is liefdevolle Pappa vir ons drie girls- ek love om te sien hoe hulle op jou skoot klim, of op jou rug of op jou voete staan. Jy is hulle held en Prins.

En omdat jy SO baie rolle so goed vertolk, voel jy soms jy pas nie iewers in nie.
Jy is ʼn Verkleurmannetjie wat kleur verander met elke nuwe agtergrond. Jy pas aan waar jy geplaas word. Jy 'adapt' so ongelooflik goed!

Jy is ʼn Verkleurmannetjie.

Jy is my VerkleurMAN.

Lief jou vir ewig
Hits: 4319
0
Ek probeer nie sulke emosionele vrae post nie, want dit ontaard omtrent elke keer in ‘n bakleiery en niemand weet eers mee waaroor anoniem bekommerd is nie. Maar ek het vandag besluit om nie net hierdie te post nie maar om ook ietsie daarop te antwoord, en vir ons ietsie te leer oor emosies.

Eerstens weer anoniem se vraag:

“Timothy en Janet help my asb ek is besig om van my kop af te raak. My 4jarige dogtertjie het gister by ‘n maatjie gaan speel en toe sy by die huis kom en klaar gebad het, sien ek haar private deeltjie is baie rooi. Ek vra haar toe hoekom is dit so rooi en sy se toe die maatjie het dit gelek en die maatjie het gesê sy moet ook hare lek. Wat doen ek nou? Eks radeloos help my asb”

Nou hierdie anoniem vraag is een wat elke liewe een van ons se emosies gaan op hol jaag. Emosies in dit self is wonderlike goed. Dit maak ons mens. Dit laat ons lewendig voel. Dit help ons om simpatie en empatie vir ons medemens te gee.

Maar wat emosies nie baie goed in is nie, is om te dink, redeneer, advies te gee en by die feite te bly. Emosies is iets wat gemanipuleer word deur jou eie vrese en daarom sal emosies altyd subjektief wees tot die persoon met die emosie. Jy gaan dadelik die situasie, die feit, die gebeurtenis, rondom jouself maak en dan as ons nie oppas nie, raak die persoon vir wie ons simpatie en empatie voor moes gee as gevolg van die emosie wat ons vir daardie persoon voel, is juis die oorsaak hoekom ons op die persoon draai, en haar of hom begin aanval.

Dit verduidelik hoekom daar so baie comments is wat aanvallend draai, wanneer anoniem ‘n emosionele vraag vrae.

Baie ander mense het aangeneem dat anoniem haar kind laat oorslaap het?

‘n Feit wat nie daar is nie. Maar ons emosies is so sterk dat ons oortuig is van dinge.

Ek deel hierdie maar net met julle om iets uit te wys wat ek nie net elke dag op Facebook sien nie, maar ook by die kliënte wat my kom sien vir huweliksberading.

Ons sukkel om verby ons eie emosies te kyk en die persoon met die probleem raak te sien en eintlik te help.

So vra gou vir jouself hierdie vraag af: Is jy geneig om ‘n gesprek in ‘n bakleiery te neem wat jou bloeddruk deur die dak stoot? Dan is dit veilig om te besef dat jy nie in beheer is van jou emosies nie, en dit veroorsaak dat jy nooit die situasie sal kan baas raak nie. Daarom is dit juis nodig om na ‘n berader of ‘n 3de persoon te gaan net om jou te help om verby jou eie emosies te kom.

 

Okay, genoeg gepraat oor emosies en stuff.

Kom ek gee vir jou ons opinie op anoniem se vraag.

 

Wat met jou kind gebeur het sal ek nie beskryf as iets wat haar noodwendig seksuele gaan traumatiseer nie.

Natuurlik voel jy getraumatiseerd, want dis jou kind! En ons is bewus van al die seksuele misdade daar buite, en dit is geneig om ons oor sensitief  te maak dat ons soms te vinnig “Wolf, Wolf” skreeu.

Ek bedoel nie hiermee dat ouers naïef almal moet vertrou nie, glad nie. Kom ek probeer dit verduidelik om dit in twee kategorieë op te verdeel.

KATEGORIE 1 – Die reaksie

In my navorsing oor die seksualiteit van die Afrikaanssprekende Christen, is daar iets wat baie duidelik na die voorgrond kom. “Die reaksie”

Die ouer vang hulle kind in die bad besig met hom/haarself speel...

Die ouer vind die kind iets op TV kyk met ‘n ouderdomsbeperking...

Die ouer hoor ‘n storie van die kind wat dokter dokter gespeel het...

Die ouer vind uit dat hulle kind het geëksperimenteer met dinge...

 

Waarvan al hierdie dinge baie normaal en algemeen en skadeloos kan wees, TOT die reaksie.

“WAT MAAK JY!!!!”

“HOE KON JY!!!”

“DIS SIEK!!!!”

“LOS DIT, DIT GAAN AFVAL!!!”

“JY GAAN HEL TOE!!!”

“GEEN KIND VAN MY NIE!!!”

Die reaksie.

Selfs ‘n reaksie wat nie so kwaai op die kind afkom nie, kan net so skadelik wees.

“AAAHHHH, JOU ARME DING”

“Sê WEER, WAT HET HY GEDOEN. DIS VREESLIK”

“KOM EK MAAK DADELIK ‘N AFSPRAAK BY DOMINEE”

Die reaksie.

 

Die reaksie van die ouer veroorsaak in baie gevalle die EERSTE trauma in kinderseksualiteit.

 

KATEGORIE 2 – Die beskerming

Ek is self ‘n pa van drie dogtertjies en gaan uit my pad uit om hulle te beskerm. Maar dit is soms maklik om oor paranoïes te raak en jou kinders in die huis te wil toesluit totdat hulle,... nee wag tot verewig.

So hier is so paar goeie beskermings wenke:

1)      Laat maatjies eerder by jou huis kom speel (Wel dit gaan slegs moontlik wees as die maatjie se ouers nie ook hierdie artikel gelees het nie. Ja, hulle vermoed jou ook van sulke dinge.)

2)      Slegs beste maatjies kry sulke kuier voorregte. Ander maatjies is maar by die skool, vriende se partytjies, verjaarsdae, ens.

3)      Maak moeite om jou kinders se beste maatjies se ouers te ontmoet en leer ken.

4)      Maak seker jy en jou kinders kan gesels gereeld oor alles.

5)      Leer jou kind gesonde seksualiteit van ‘n vroeg ouderdom af. Kennis gee mag.

6)      Bid en vertrou die Here dat Hy julle nie sal laat versoek bo julle kragte nie.

7)      Wees betrokke in jou kind se lewe.

8)      Maar bo alles, maak seker jou eie gesindheid oor seksualiteit is gesond, anderste sal “DIE REAKSIE” alles in hierdie kategorie van beskerming neutraliseer.

 

Anoniem, advies spesifiek vir jou geval.

Ek weet dit was ‘n groot skok, en dat dit jou baie omgekrap het. Jy het goed gedoen om so iets vroeg op te spoor. Jy het iets raak gesien en sonder om oor te reageer meer informasie gevra. Die feit dat jou kind alles vir jou vertel het is ‘n goeie teken van vertroue en oop kommunikasie tussen julle. As daar nie enige ander simptome is nie, soos sy wat dit nou met haar maatjies wil doen, of dat sy in publiek wil aan haarself vat, sal ek nie sê dat jou kind getraumatiseerd is deur hierdie eerste vir haar ondervinding nie.

Jou kind is 4 en ken nie die seksuele betekenis van wat sy gedoen het nie. Jou neutrale reaksie gaan haar help om vinnig daarvan te vergeet.  Jy kan vir jou dogtertjie vertel wat haar maatjie gedoen het was verkeerd, want ‘n mense se privaatdele is baie sensitief en kan maklik rooi raak en brand. Daarom mag net jy jouself daar was.

Leer haar dit word privaatdele genoem en daarom moet dit privaat wees.

Jy kan vir haar sê kyk na al die mense rondom ons. Almal het klere aan, dus moet ons ook maar ons klere aanhou.

 

Wat die maatjie aanbetref.

Wanneer kinders saam speel en eksperimenteer dan is dit een ding, maar wanneer daar ‘n duidelike leier is wat sê doen dit of doen dat, verander die spel van dokter-dokter tot ‘n potensiale oortreder-slagoffer.

Kinders wat self slagoffers was, sal daardie selfde dinge op ander wil doen en dus in die oortreder rol in beweeg. Hierdie maak nie die kind sleg of seksueel gefrustreerd of so iets nie, die kind is net besig om ‘n seksuele aktiwiteit te mimiek wat aan haar/hom gedoen was.

As ‘n kind te lank in so ‘n ongesonde atmosfeer bly, vermeerder die kans dat die seksuele oortreding in seksuele trauma verander en groot sielkundige skade kan beteken.

 

Hier is ons advies vir anoniem rondom die maatjie:

Ons stel voordat jy ‘n afspraak maak met die maatjie se ma. Net jy en sy. Vertel haar wat het jou dogtertjie jou vertel en dat dit jou geskok het om te hoor. Ons kan ongelukkig nie weet wat die maatjie se ma se reaksie gaan wees nie, seker skok ook. As julle steeds voel hierdie saak benodig hulp, kan julle altyd ʼn kinderberader, sielkundige of dominee in roep om die gesprek tussen jou en die maatjie se moeder te fasiliteer.

Aan die einde van die dag gaan ons ons kinders die beste beskerm wat ons in staat is om te kan doen. En vir die res gaan ons seker kan maak dat ons reaksie altyd jou kind veilig laat voel by jou.

 

 

Ek verstaan dat hierdie onderwerp het nog baie nodig om oor te sê, en as jy jouself meer wil toerus met Gesonde Seks informasie stel ek die volgende voor.

Sluit aan by ons Gesonde Seks Mentorskap en loop die e-Kursus “Hoe om met jou kinders te praat oor seks.” En dan kan jy al die ander e-Kursusse doen om seker te maak jou eie gesindheid rondom seksualiteit is Gesond.

Skryf in hier: https://www.gesondeseks.co.za/index.php/mentorskap

 

 
Hits: 2447
0
nosex

Nou dat ek almal se aandag het, wil ek net die artikel begin om te noem dat ek ook glo dat die veiligste plek vir seks om plaas te vind is in ʼn gesonde huwelik. En ek dink ook daar is baie onnodige seer en hartseer betrokke in ‘casual sex’.

Wat ek egter nie mee saam stem is die manier HOE die kerk hierdie boodskap van gesonde seks in die huwelik oor die jare oorgedra het en steeds mee volhou.

Ek is al baie lank van die opinie dat die “SEKS VOOR DIE HUWELIK AS SONDEno sex before marriageboodskap nie werk nie. Jy mag dalk vir my wil sê:

“Maar dit is wat die Bybel sê.”

“Moenie God se standaard verlaag nie.”

“Sonde bly sonde.”

Jy hoef nie. My ore tuit alreeds!

As ons regtig-egtig so hard glo dat dit beter is om te wag met seks totdat ons getroud is en dat ons in hierdie besigheid (kerk/Christenskap) is om mense te help, maak dit dan nie sin om alles in ons vermoë te doen om die mense te help om so maklik as moontlik die boodskap te neem en te volg nie? Ek dink aan die spreekwoord, jy kan meer vlieë vang met ʼn bietjie heuning as met baie asyn.

Maar ongelukkig is asyn vir baie jare, generasie en eeue al deel van die godsdienstige juk wat op mense geplaas word. “Draai of braai, boeta!” (Of is dit in hierdie geval “Knyp of buk, sussa!”?)

Is Jesus se onvoorwaardelike liefde, nie ʼn sterk genoem boodskap van oortuiging nie?

Wil nie almal gesonde en lewens van oorvloed geniet nie?

En as ons regtig-egtig glo ons as Christene het die antwoord tot so ʼn lewe, (en ek glo werklik ons het), dan moet ons mos uit ons pad uit gaan om Jesus se woorde in Matteus 11:30 te ego:

“Want My juk sal sag op julle skouers rus en my las is lig om te dra.”

Ek sien nie die vingerswaaiende-Bybel onder die arm-draai of braai Jesus hier nie.

Ek sien ʼn Jesus wat die mens verstaan.

Ek sien ʼn Jesus wat die mens lief het.

Ek sien ʼn Jesus wat die mens wil lei, met sagkens en teerheid.

Ek sien ʼn Jesus wat met elke individu ʼn verhouding mee wil aanknoop, inplaas van om net die hemel vol te wil maak.

Ek dink daar is ʼn BAIE beter manier om mense te kry om langer te wag met seks as die baie oneffektiewe vingerswaaiende-Bybel onder die arm-seks voor die huwelik is sonde boodskap.

Maar voordat ek enige aandag kan spandeer aan die nuwe manier, moet ons eers saam stem dat die huidige manier van doen, werk nie.

En hier is hoekom dit nie werk nie. (Wel een van die redes!)

In my navorsing oor die Afrikaanssprekende Christen se seksuele belewenisse, vind ek ʼn effens konserwatiewe blanke dame tussen die ouderdom 35-44. Sy is getroud in haar eerste huwelik. Afrikaans is haar huistaal en sy is lidmaat aan die NG Kerk.

Hier is haar antwoord op my navorsingsvraag:

V: “Watse rol het jou geloof gespeel ten opsigte van jou seksualiteit?”

A: “Die Here het gesê dat seks slegs plaasvind as jy getroud is en omrede dit alreeds voor my huwelik plaasgevind (verkrag en molestering) het dit vir my gevoel asof ek nie meer ʼn kind van God is nie.”

Gee dit so ʼn oomblik om in jou hart te gaan lê.

Het dit jou al getref?

Voel jy die ‘heaviness’ van haar woorde?

Dit suig al die lewe uit jou uit!

Iewers het ons as kerk en Christene hierdie middeljarige Afrikaanssprekende Christen ʼn groot onreg aan gedoen. JA – ONS! Nie haar verkragters en molesteerders nie. Ek en jy. Haar broers en susters in die geloof. Ons het haar laat voel dat sy NIE MEER KWALIFEER OM ‘N KIND VAN GOD TE WEES NIE.

Nie as gevolg van watse erge verkeerd aan haar gedoen was nie, MAAR AS GEVOLG VAN HIERDIE VERDOMDE BOODSKAP VAN SEKS VOOR DIE HUWELIK AS SONDE.

no-sex-before-marriage-with-textSy het groot geword dat die mees belangrikste ding in haar lewe is haar maagdelikheid!

Sy het groot geword dat die grootste sonde wat sy op hierdie aarde kan doen is om nie as ʼn maagd te trou nie.

En hierdie twee beginsels is oor en oor in haar ingedril met die woorde “GOD Sê” en “DIE BYBEL Sê”.

Waar is die sagte juk?

Waar is die ligte las?

Waar is die sagkens?

Waar is die teerheid?

Waar is die arm om die skouer?

Waar is die ween saam?

NEE, al wat sy kry is ʼn vingerswaaiende-Bybel onder die arm-Seks voor die huwelik is sonde.

Ons kan nie verwag dat mense die mooi in seks gaan kan raak sien as die kerk 9/10 keer die klem lê op die sonde nie.

Dit is soos om vir jou kind te leer van gesonde eet gewoontes en al wat jy vir hom sê, gil, skree en indril: “MOENIE JOU KOS OP DIE GROND GOOI NIE!”

Asof dit die kind gaan enige iets positief leer van gesonde eet gewoontes?!

Dit gaan die kind net baie nervous maak wanneer hy saam met jou aan tafel sit en eet.

En bewaar sy siel as hy ooit iets op die vloer mors. Dalk val die vurk, of iemand stap verby en stamp hom en kos val op die vloer.

Die kyk in daardie kind se oë.

Die gevoel in daardie kind se hart.

Die selfbeeld en selfvertrou van daardie kind,... WEG!

Net soos wat ons middeljarige Afrikaans dame gevoel het toe sy kos op die vloer gemors het, per ongeluk! Dat dit haar outomaties diskwalifiseer om by haar VADER se tafel aan te sit.

Wie is ek of jy om mense te diskwalifiseer om aan ons VADER se tafel te sit, as Jesus self nie eers enige iemand diskwalifiseer nie?

Wanneer gaan ons snap dat dit nie is WAT ons sê nie, maar HOE ons dit sê wat die verskil is tussen

Wet en Genade

Dood en Lewe

Sonde en Geregtigheid

Maar hier is die kruks van dit alles. Hier is die stopblok.

Die meeste van ons hou hardkoppig aan glo wat ons hardkoppige voorouers vir ons geleer het oor seksualiteit en spiritualiteit.

Ons sal nie mense soos hierdie middeljarige Afrikaanssprekende NG Kerk-gaanende dame kan help totdat ons nie self ons eie harte ondersoek en ons eie Seks IQ verhoog en gesond kry nie.

So wat van ons leer die mense ʼn nuwe beginsel oor seks voor die huwelik?

Dat daar is een ding wat belangriker is as jou maagdelikheid!

...EN DIT IS JY!

Om meer te lees oor wat ek as Gesonde Seks beskou en wat ek uit die Bybel kry oor seksualiteit, gaan kry my boek “Wat Adam my van Seks geleer het” vanaf ons aanlyn boekwinkel:

http://www.gesondeseks.co.za/index.php/boeke
Hits: 3097
0

Posted by on in Intiem Tydskrif
vroulike kant


Elke man het ʼn vroulikekant aan hom. Sommige s’n is net meer dormant as ander, waar ander mans s’n heeltemal oor ontwikkel is en dit voel asof jy hom net wil klap! Die waarheid is om ʼn gesonde gebalanseerde man te wees, MOET jy aandag aan jou vroulikekant gee en hier’s hoe...

 

 

Die uiterlike skoonheid-kant

Die vrou is beskou as die mooier geslag, maar is dit omdat God die vrou mooier gemaak het of is dit omdat die vrou meer tyd voor die spieël spandeer?

Daar is niks fyntjies aan ʼn man wat ingestel is op sy eie voorkoms nie. Die idee dat mans rof en onbeskof moet wees om man te wees, is al lankal nie meer die algemene aanvaarde stereotiepe nie. Maar self versorging is nie iets was natuurlik na baie mans kom nie. So hier is so paar wenke hoe jy meer met jou uiterlike skoonheid-kant mee aanraking kan kom.

  1. Basiese higiëne – Soggens en saans tandeborsel, skeer, deodorant, eenmaal per dag stort of bad en skoonklere elke dag aantrek. (En om te ruik aan gister se onderbroek om te sien of jy dit weer kan aan trek, kwalifiseer nie as skoonklere nie!)

  2. ManiPedi – Vir die meeste mans klink dit soos daardie sexy sektariese van James Bond, maar in werklikheid is dit maar net om jou hande en voete te versorg. Hou jou naels kort geknip (moenie byt of skeer nie), en smeer maar tog so af en toe ʼn bietjie room sodat dit nie vir jou vrou soos skuurpapier voel wanneer jy aan haar vat nie.


 

Die innerlike emosionele-kant.

Natuurlik is dit nie net die uiterlike skoonheid van die vrou wat haar so aantreklik maak nie, dit is ook haar innerlike skoonheid. Met ander woorde haar emosionele-kant. Dit het dalk gewerk vir vorige generasies mans om soos onemosionele buffels op te tree, maar vandag se vrou verwag meer van hulle mans. Hulle verlang na ʼn man wat nie bang is om sy emosies te wys nie. (En ek praat nie hier van die tipe emosies wat die man kry wanneer hy kwaad raak vir sy vrou nie.)

So hier is so paar emosies wat jy met meer trots met jou vrou kan deel.

  1. Blydskap – Ek sal graag wil glo dat die meeste mans nog gelukkig is met hul keuse van huweliksmaat. In daardie geval moet ons meer ons blydskap en geluk aan ons vrouens verkondig. “Liefie, ek is so bly jy is myne.” “Skatlam, my hart sing van pure vreugde dat jy my lewe verryk.”(Of as jy ʼn beginner is “Susan [Naam van vrou] ek is tevrede”)

  2. Bang – Tensy jou naam Clark Kent is, is dit veilig om te vermoed jy’s bang vir iets. Baie maal probeer ons so sterk voorkom dat ons in ons binneste opgevreet word met vrese en stres. Wees man genoeg en praat met jou vrou oor dit wat jou bang maak. (En ek praat nie hier van bang vir inbraak of toekoms van die land nie.) Deel jou emosionele vrese met jou vrou. “Liefie, ek is bang dat ek nie my werk gaan behou en dan nie vir ons genoeg kan voorsien nie.” “Skatlam, ek is bang ek is nie goed genoeg vir jou nie.” (Of as jy ʼn beginner is “Susan [naam van vrou] ek is bekommerd.”]

  3. Hartseer – Hierdie is die emosie wat die meeste mans die meeste probeer wegsteek. Want hierdie emosie word meeste kere gedemonstreer deur trane. En ons almal was van jonks geleer, mans huil nie! Een van die kortste verse in die Bybel is Johannes 11:35 “Jesus het gehuil.” Want met trane is woorde nie nodig nie. (Of as jy ʼn beginner is. Gaan sny ʼn ui!)


Eintlik is dit maar net menswees om in aanraking te kom met jou vroulike-kant.

 

 

Sukkel jy om weg te doen met al die macho man-wees dinge? Is jy die beste man wie jy kan wees vir jou vrou en kinders? Lees ‘n bietjie meer oor ons e-Kursus spesifiek ontwikkel vir mans wat beter mans wil wees. http://www.gesondeseks.co.za/index.php/e-kursusse/31-seuntjie-tot-man
Hits: 1945
0

Posted by on in Intiem Tydskrif
mens-masks

Elke man het ʼn manne-kring nodig, maar ongelukkig is dit een van die eerste dinge wat moet uit, wanneer daar ʼn vrou in die man se lewe kom.

Die broodnodige ‘manne-kring’

Die man soos die vrou is ʼn sosiale mens en het die interaksie en aanvaarding nodig van jou ‘peers’. Ons het ʼn valse prentjie en idee van wat ʼn huwelik veronderstel is om te wees. Jou huweliksmaat kan nie aan al jou sosiale behoeftes voldoen nie, maak nie saak hoe lief julle vir mekaar is nie. Die man het nodig om in ʼn kring van ander mans te kan staan en sy kop hoog hou. Die man se selfbeeld, is die steenpilaar waarop sy hele manlikheid, lewe en familie rus. En een van die vinnigste maniere hoe ons ons selfbeeld bepaal is deur om te kyk en vergelyk. (Vrouens doen dit ook!)

Dit is so dat sommige mans meer sosiaal is as ander, maar die werklikheid van die saak is, ons almal het ʼn manne-kring nodig.

Hoe vind jy ʼn goeie manne-kring?

Daar is so paar riglyne wat ons hier kan help.

  1. Verstaan dat die groep jou gaan beïnvloed meer as wat jy die groep gaan beïnvloed.

  2. Kyk na die leier van die groep? Hoe lyk sy huwelik?

  3. Dra hierdie manne-kring of vriende jou vrou se goedkeuring?

  4. Is die aktiwieteite wat julle saam geniet heilsaam?


Wanneer jy agterkom dat die manne-kring wat jy tans in staan nie voordelig is vir jou nie, moenie net alle sosiale aktiwiteite wegskuif en jouself oortuig dat jy beter is op jou eie nie. Nee, ons het klaar gesien ons het almal ʼn manne-kring nodig.

Die kerk is altyd ʼn goeie plek om te begin soek vir ʼn nuwe manne-kring. Mans van julle selgroep kan reël om saam sport te kyk en ʼn braai te geniet. As jy sportief is, vind ʼn sportklub of begin jou eie klein tennis, muurbal of gym manne-kring.

Beïnvloed jy die kring of die kring jou?

Wat soveel maal gebeur is dat hierdie sosiale noodsaaklikheid vir die man vinnig sy ondergang beteken. Die groep manne waarmee jy jouself mee assosieer, of dit nou werkskolegas is, of ou skoolvriende, het ʼn groter invloed op jou as wat jy dalk op hulle mag hê.

En omdat die nommer een behoefte van die mens is om aanvaar te word en nie om ʼn leier te wees nie, is die kanse dat jy dinge gaan doen om ‘in’ te wees by die groep groter as om by jou eie morele kompas te bly.

Wanneer ek mans sien in my spreekkamer dan is een van my eerste vrae nadat ons gesels het oor ‘mamma en pappa’ natuurlik, “Vertel vir my van jou vriende?” Die wortel oorsaak van die meeste mans se gedragsprobleme lê gewoonlik by die vriendekring.

Die Bybel praat tog hiervan in Psalm 1:1 “Gelukkig is die mens wat nie loop volgens goddeloses, of staan op die pad van sondaars of sit in die vergadering van spotters nie.” Let op die progressie van loop, staan en sit. Eers ‘loop’ jy saam met pelle en doen dinge wat jul saam geniet. Later ‘staan’ jy stil en deel grappies en inligting. Die ‘sit’ praat van sienswyses wat na jou toe deurdring en dat jy soos die groep begin glo.  ʼn Groep het neiging om jou sterker en sterker te beïnvloed.

So maak seker die manne-kring waarin jy loop, staan of sit, een is wat jou lewe positief beïnvloed en nie net daar is om ʼn sekere leemte van aanvaarding te vervul nie.

Wonder jy ooit oor die manne genoem in die Bybel? Abraham, Dawid, Salomo? Het hulle ooit gesukkel met hulle seksualiteit en wat het die Bybel daaroor om te sê? - Ja, maak seker jy lees my boek "Wat Adam my van seks geleer het". Om meer te lees gaan na http://www.gesondeseks.co.za/index.php/boeke 
Hits: 1975
0
Wat adam my van  Seks geleer hetMOSES        

Getroud met iemand van ’n ander kleur

“Mirjam en Aäron het vir Moses aangespreek oor die Kussitiese vrou wat hy gevat het, want hy het met ʼn Kussitiese vrou getrou.” - Numeri  12:1

Meer oor sy storie

Moses het met Sippora, ʼn vrou van ʼn ander ras, getrou. Ons Suid-Afrikaners weet veral watse herrie so iets sal laat ontstaan! Moses was ʼn Hebreër gewees,[1] maar hy het as ʼn Egiptenaar groot geword.[2] Toe die Egiptenare die Hebreërs, of altans die Israeliete, as slawe geneem het, het Moses effens van ʼn identiteitskrisis ontwikkel. Hy was nie seker wie hy was of waar hy hoort nie.

Terwyl hy nog in Egipte gebly het, het hy gesien hoe ʼn Egiptenaar een van die Israeliete aanrand. Moses het dadelik ingeklim om te help en het die Egiptenaar doodgeslaan. Moses het besef dat hy nie meer welkom in Egipte is nie, en het na die land van die Midianiete gevlug waar hy vir Sippora ontmoet en met haar getrou het.[3] God het later jare vir Moses geroep om terug te keer Egipte toe om die Israeliete uit slawerny te bevry. Ons almal ken die verhaal van die tien plae, die uittog uit Egipte en die trek deur die Rooi See.

Wat wel minder bekend is, is die uitval wat Moses met sy broer en suster gehad het in Numeri 12 omdat hy met ʼn volksvreemde vrou getrou het. Sommige teoloë vermoed dat hierdie Kussitiese vrou nie Sippora was nie, maar sy tweede vrou. Richard Davidson skryf in sy boek The flame of Yahweh: Sexuality in the Old Testament, dat Sippora wel die Kussitiese vrou was.[4] Orals in die Bybel word Sippora op haar naam genoem behalwe in Numeri 12 waar sy as die Etiopiese vrou beskryf word (KJV).

God was nie tevrede met Mirjam se uitbarsting oor Moses se vrou se velkleur nie en het haar met melaatsheid gestraf wat haar vel so wit soos sneeu laat word het. Dis nogal ironies as jy dink haar straf vir rassistiese opmerkings is ʼn afskuwelike velsiekte.[5]

Les vir die moderne man

Dit was vir Mirjam ʼn groot onsteltenis dat Moses met iemand van ʼn ander ras getrou het. God is geen aannemer van persoon of velkleur nie,[6] maar Mirjam het duidelik haar vooroordele gehad. God het nie ʼn probleem gehad met die feit dat Moses met ʼn swart vrou getroud was nie.

Van kleins af moes Moses konstant evalueer wie en wat hy was. Was hy ʼn Israeliet of was hy ʼn Egiptenaar? Waar pas hy in? Maar Moses het deur God se genade sy identiteit in God gevind eerder as in sy velkleur of sy kultuur. Dit het nie vir hom saak gemaak of hy nou as Hebreër, Egiptenaar of Midianiet geklassifiseer is nie.

Mirjam het egter vir Sippora as ʼn bedreiging gesien as gevolg van die invloed wat sy op Moses gehad het. Sy was dalk jaloers omdat Sippora die een was na wie Moses gegaan het vir raad. Sy het dalk gevoel dat sy eintlik dit verdien om die grootste inspraak in haar broer se lewe te hê. Sy het hom grootgemaak en hom alles geleer wat hy geweet het. As gevolg van Mirjam se swak selfbeeld en inhibisies, het sy rede gesoek om vir Sippora sleg te sê. En wat beter manier was dit nie om Sippora sleg te maak deur afbrekend na haar kultuur en velkleur te verwys nie?

God sien alle mense dieselfde, maak nie saak watter kleur jou vel is of wat jou kultuur is nie. Ek hou so baie van die verhaal in Markus 1:40 waar Jesus die melaatse man gesond gemaak het. Jesus het Sy hand na die melaatse man uitgesteek en hom aangeraak. Dit was absoluut verbode gewees om eers naby aan ʼn melaatse te kom, wat nog te sê van aan hom raak! Maar Jesus kyk nie vas in die uiterlike nie, Hy gee nie om hoe jy lyk, watter ras jy is of selfs watse siekte jy het nie. God stel net belang in hoe jou hart lyk! Moses was presies dieselfde, dit het nie vir hom gegaan oor watse kleur Sippora was nie; hy het haar hart raakgesien en halsoorkop op haar verlief geraak.


Man tot Man

Sien en behandel jy mense van ander rasse asof hulle melaats is?


Wat sê die wetenskaplikes

Interrassiële-verhoudings is beslis aan die toeneem in Suid-Afrika na die einde van apartheid. Maar baie mense beskou dit steeds as ʼn aversie en party dink dat dit selfs ʼn sonde is wat God haat. Interrassiële verhoudinge dra dalk nie jou goedkeuring weg nie, maar dit beteken nie dat God dit as sonde beskou nie.

Navorsing het getoon dat die interrassiële-huwelike ʼn laer skei-syfer het as huwelike tussen mense van dieselfde ras.[7] Voordat ʼn wit-en-swart paartjie met mekaar trou, moet hulle baie seker van hul liefde vir mekaar wees. Met al die sosiale en kulturele uitdagings wat op hulle wag, moet hulle liefde vir mekaar baie sterker wees as ʼn huwelik waar die paartjie van dieselfde ras is.

Ter opsomming

  •  God straf Miriam se rassistiese gedrag met melaatsheid – ’n vel siekte.

  •  Wetenskaplike navorsing bewys dat interrassiële -huwelike ’n laer skei-syfers het as dieselfde-ras-huwelike.


Indien is 'n uittreksel van my boek "Wat Adam my van Seks geleer het" wat jy kan koop vanaf www.gesondeseks.co.za of by enige Gospel Direct winkel







[1] Eksodus 2:2




[2] Eksodus 2:10




[3] Eksodus 2:21




[4] Richard M. Davidson’s, The Flame of Yahweh: Sexuality in the Old Testament, Bl.189-191




[5] Numeri 12:10




[6] Romeine 2:11




[7] Navorsing deur Thomas P. Monahan, gepubliseer deur die Universiteit van Noord-Carolina drukkery, het in die staat Iowa gevind dat interrassiële-huwelike, waar ’n swart man met ’n wit vrou getroud is, ’n laer skei-syfer het as homogene-huwelike.


Hits: 5296
0

Posted by on in Uncategorized
Bachelor-Party-3

Gister het anoniem op Gesonde Seks Facebook blad gevra oor haar man wat na ʼn Bachelor Party toe gaan. Hier is wat sy gevra het.

“Ek wil net weet wat is julle mening oor "Bachelors" party's? My man gaan na 1 more waar hulle strippers gehuur het en dit word by iemand se huis gehou. Hy gaan ook daar oorslaap en ek is bitter ongelukkig daaroor! Ek weet hoe mans raak as hulle gedrink het en ek weet ook wat "daai" vrouens doen vir ekstra geld! Nou moet ek by die huis sit en na ons 2 klein kindertjies kyk terwyl hy snot dronk raak en na kaal vrouens kyk. Is ek ʼn heks omdat ek dit nie goed keur nie. Maak inelkgeval nie saak wat ek vir hom se nie hy het KLAAR besluit hy gaan!!!”

Hierdie post het heelwat van julle aan die gons gekry met meer as 250 comments. Die meeste vrouens het sterk reageer dat dit onaanvaarbaar was en dat getroude mans nie by sulke partytjies hoort nie. Sommige mans het saam gestem. Daar was die vrouens en mans wat die man se kant geneem het en gesê het dit is innocent en dat die vrou nie so agterdogtig moet wees oor haar man nie. Sommige het gevoel sy hom gemanipuleer het deur om hierdie vraag op Facebook publiek te maak. Die man het toe later terug geskryf dat hy eerder die partytjie kanselleer, want hy sien nie kans vir hierdie bakleiery nie. Baie van julle het hom applouse vir dit en hom verseker dat sy huwelik sterker sal wees as gevolg van sy besluit om dit te kanselleer.

So omdat julle so lekker gesels het en baie goeie punte opgebring het, wil ek graag oor ook my opinie oor die saak bring en kyk wat ons hier van kan leer.

Eerstens is ek nie ʼn groot fan van die Bachelor of Bachelorette party konsep nie. Hoekom voel ons ons moet ons laaste dag van enkel wees vier en geniet. Is die huwelik dan so ʼn tronk waarin jy intree? Dit daar gelaat, ek dink die meeste mense gaan maar voor met hierdie partytjies omdat dit tradisie is, en dit is iets wat ons almal hier in Suid Afrika maar moeilik van breek, al is dit ʼn stupid tradisie.

Die van julle wat nou al lank my volg op Gesonde Seks sal al agtergekom het ek lê nie baie klem op wat is reg en wat is verkeerd nie. (Juis sommige van julle se kritiek teen my.) Maar eerder wat is gesonde en ongesond.

Ek voel dit is juis hierdie reg en verkeerd, wat ons blind maak vir die ware skade wat in die verhouding gebeur.

Bv. As ons net fokus op wat die ‘regte’ ding is om te doen, wat die man wel besluit het om te doen, om die party te kanselleer, dan sal hulle verhouding mos beter waas as gevolg van dit. Maar ek dink nie dit is die geval nie.

Sodra die man en vrou vir mekaar begin sê wat hulle mag en nie mag doen nie, speel hulle ʼn baie gevaarlike magspel speletjie. Die vrou beweeg in die ma rol deur om te sê wat is reg en verkeerd en dit los die man met twee opsies.

#1 Hy veg haar vir die alfa persoon in die verhouding en baie keer is daar emosionele of fisiese abuse daaraan betrokke.

#2 Die man aanvaar die vrou se ma rol en regress terug tot sy seuntjie rol. Die probleem met hierdie een is dat seuntjies nie altyd die beste besluite maak nie.

So nou het die man ingegee, sy vrou het gewen, maar hy voel verneder en soos ‘n seuntjie. As hierdie gevoel bly en groei, maak dit die deur oop vir enige ander vrou om hom soos ‘n man weer te laat voel om hom van sy vrou te lok.

(Dan is hy mos eers ‘n vark.) Maar kan jy sien hoe die vrou se magspel hierdie bose kringloop aangehelp het?

Die feit dat hy hierdie party gekanselleer het moenie gesien word as ‘n “wen” vir die huwelik nie, want die man sien dit nie so nie. Hy sien dit as ‘n “wen” vir haar en ‘n “verloor” vir hom. Daarom is dit baie belangrik dat die vrou om verskoning moet vra dat sy hom so in ‘n hoek gedruk het en dat haar vrese en eie insecurities die beste van haar gekry het.

So, as ons nie in die “reg en verkeerd” van ‘n situasie moet vaskyk nie, wat moet ons doen?

Vra eerder vir jouself: “Is dit gesond of ongesond vir jou en vir jou verhouding?”

Hierdie gaan jou help om ‘n besluit te maak, sonder dat een van julle soos ‘n verloorder hoef te voel en ‘n ander een die wenner. Leer om besluite saam te maak en bly weg van “jy mag nie of jy moet”. Nee, praat eerder soos twee gelyke volwassenes daaroor. Is dit gesond of ongesond vir jou en vir ons?

 

Bv. Hoe hierdie Bachelor party gesprek moontlik kon gegaan het deur om na die gesond en ongesonde feite te kyk.

Die vrou kan begin om vir haar man te sê sy is nie gemaklik daarmee nie, want dit laat haar ‘n bietjie jaloers voel.

Maar dat sy hom wel vertrou.

(Daar is niks fout om jou gevoelens met mekaar te deel nie, solank soos wat dit nie die ander een aanval nie. Daarom begin altyd met “Ek voel...”)

Die man kan vir sy vrou verstel dat dit hom baie gaan embarrass voor sy vriende as hy die enigste een gaan wees wat nie opdaag nie.

Nadat hulle albei beurte geneem het om in “Ek voel” sinne al hulle gevoelens met mekaar gedeel het, kan hulle oor gaan om die gesondheid en ongesondheid daarvan te bepaal, deur om na die feite te kyk.

#1 Drank

#2 Stripper

#3 Oorslaap

Probeer om nie in die obvious ‘reg en verkeerd’ vas te kyk nie. Waar lê die ‘gesonde en ongesonde’?

DRANK.

Die drank is die grootste ongesonde faktor in hierdie lysie, want studies en berading het oor en oor bewys dat wanneer iemand onder die invloed van drank is, doen jy dinge wat jy anderste nie sou doen as jy sober was nie.

OORSLAAP.

Die oorslaap is die tweede ongesonde faktor in hierdie lysie. Daar is geen grense, curfew, geen gedagte aan ‘grootmens’ dinge nie. Dis net een groot slumberparty. Jy is gefokus op die hier en die nou. Plus jy is nog dronk ook nog, word hierdie hier en nou eweskielik baie meer uitdagend.

STRIPPER.

Die feit dat daar ‘n stripper gaan wees is die minste van die ongesonde faktore. (Alhoewel ek al in die begin gesê het hierdie is vir my ‘n baie stupid tradisie.) So gekoppel met al die drank, die geen worries wat die oorslaap bring, mag daar dalk een of twee ouens wees hulle luck try met die stripper.

Maar wanneer ons van uit ‘n ‘reg en verkeerd’ oogpunt hierna kyk dan sal ons 9/10 eerste en net by die stripper vas hak. Die probleem met dit is die man voel dadelik goedkoop. Hy voel sy vrou vertrou hom nie. Hy voel in ‘n tronk, veral as hy niks eers in sy kop beplan het met die stripper nie.

Sy vrou maak hom skaam voel oor sy seksualiteit en dit is waar hierdie bose kringloop begin.

Waar as julle saam kan sien dat daar meer ongesonde faktore is as gesonde faktore, en waar die stripper nie eers die grootste rol gespeel het nie, sal die man nie skaam voel oor sy seksualiteit nie en ʼn groter kans het dat man en vrou saam hierdie situasie kan oorwin.

 

Maak seker jy doen wat jy kan om jou huwelik te affair-proof. Luister na my 1uur praatjie oor hoe om jou huwelik te affair-proof. Beskikbaar as ‘n MP3 of CD. Besoek http://www.gesondeseks.co.za/index.php/winkel
Hits: 1958
0

positive-self-talk

Die manier hoe jy oor jouself voel het ʼn direkte impak op hoe gereeld jy lus voel vir seks. Ons is nooit regtig geleer hoe om sexy oor onsself te voel nie, want sexy het so baie keer ʼn goedkoop en vuil konnotasie. Ons het dalk sexy gevoel toe ons nog jonger was, voor die kinders.

Ek vra eendag vir ʼn vrou hoe sal sy haarself score op haar moederskap? 8/10 antwoord sy dadelik.


Sy voel goed oor haar ouerskap en is selfverseker in alles wat sy doen in daardie verband. Die kind kan siek wees, moeg wees, stout wees, bang wees, maak nie saak nie.

She’s got it covered.

Hits: 3357
0
angry woman

Deur die laaste 2 jaar van Gesonde Seks se Facebook se bestaan, het ons al lekker gesels, gelag, gehuil, verskil en soms selfs met mekaar baklei. My inbox verklik van die feit dat daar nog baie vrouens is wat kwaad is vir ons oor ons antwoord vir anoniem oor haar man wat op haar gecheat het.

Ons het toe die standpunt geneem dat ons voel cheating het meer met motief te doen as die eintlike oortreding.

“Cheating is cheating” is iets wat ek oor en oor by julle hoor.

So ek het toe alles weer deeglik en rustig deur gelees om te sien waar ons mekaar mis, want ek glo nog steeds ons almal strewe na dieselfde doel toe – vir gesonde seks, huwelike, individue en gesinne.

Ek het toe iets raak gesien wat moontlik kan verduidelik hoe daar nog vrouens is wat nog ongelukkig met ons is. Ons het een van die eerste stappe in berading en tot die genesing en herstel van die gebroke oorgeslaan en dadelik begin om die situasie in ‘n ander lig probeer skets. (Wat absoluut brood nodig is vir enige gesonde herstel.)

Die stap wat ons oorgeslaan het, (en daarvoor ons om verskoning vra) is dat ons anoniem (die vrou wie verneuk voel) se emosies, pyn, seer en hartseer nie genoeg erken het nie.

Omdat die vrou nie voel dat ons as Gesonde Seks nie haar pyn en seer raak sien of haar glo as sy sê sy voel verneuk nie, en dadelik spring om die situasie in ‘n ander konteks probeer te verduidelik, word die vrou se pyn en seer, net vergroot want eintlik soek sy net empatie. Iemand wat saam met haar kan huil en ween.

So aan al die vroue wat nog kwaad voel vir ons, ons is wel bewus van die seer en pyn van die vrou. Jou pyn en seer is groot en ons probeer glad nie dit klein maak nie. Daar was teenoor jou gesondig, jou vertroue is gebreek, jou liefde bevraagteken. En ons is so verskriklik jammer dat jy jouself in hierdie situasie in die eerste plek moet bevind.

Gesonde Seks is nie net aan die man se kant nie of promoveer ons nie die wille-los-doen-wat-jy-wil-seks nie.

Gesonde Seks glo in die Eden bloudruk wat sê: 1 Man vir 1 Vrou vir ewig.

Gesonde Seks glo in Genesis 2:25 waar die man en sy vrou kaal kan staan voor mekaar sonder dat hulle skaam voel.

Gesonde Seks glo ook dat soms gebeur daar seer en pynvolle dinge, (soos om van die verbode vrug te eet)

Gesonde Seks glo ook dat wanneer dit gebeur, hoef jy nie uit die Tuin van Eden geskop te word nie. (m.a.w. jou gesonde huwelik)

Gesonde Seks glo dat hoe jy in die Tuin van Eden kan bly ten spyte van die versoekings van die verbode vrug, is om NIE te doen wat Adam en Eva gedoen het nie.

“Is nie ekke nie, is die ander een.”

Gesonde Seks glo dat om in die Tuin van Eden te bly moet jy jammer kan sê, vergewe, vertrou al is daar rede vir wantroue, en bowenal nie teen mekaar draai en baklei nie, maar namekaar draai en VIR mekaar baklei.

 

Maak seker jy doen wat jy kan om jou huwelik te affair-proof. Luister na my 1uur praatjie oor hoe om jou huwelik te affair-proof. Beskikbaar as ‘n MP3 of CD. Besoek http://www.gesondeseks.co.za/index.php/winkel
Hits: 1974
0

Posted by on in Uncategorized
cheating

Soos elke woord wat ʼn seksuele konnotasie het, is die woord cheating, ook een wat sterk gevoelens by die meeste van ons opwek. Maar soos met al die ander seksuele woorde, glo ek daar is dieper liggende issues wat ons eerder moet adresseer en verstaan as om die hele tyd woorde rond te gooi sonder dat ons bereid is om vir ʼn oomblik stil te staan en dit van ʼn ander hoek af te bestudeer. (Soms is die lewe meer as net swart en wit. Soms die lewe baie grys. En wanneer dit by die seksuele kom is daar selfs 50 shades of grey.)

Ek verstaan baie mense verkies om aan die “happy ever after”, Cinderella fantasie vas te hou, “soo iets sal nooit met my gebeur nie en as dit doen, los ek die vark” sieninge vas te hou. Maar in my beskeie opinie is dit om soos ’n volstruis sy kop in die sand te steek om nie die moontlik gevaar te trotseer nie. Jy mag dalk jare gaan of self jou hele lewe deur gaan dat daar geen omgeval jou oorkom nie, maar wat van al die mense wie nie so gelukkig is nie. Wat van al die mense wie nie die gevaar kon sien aankom en/of  nie die tools gehad om te fix wat gebroke is nie?

So wat ek en Janet hier met Gesonde Seks poog is meer as net om vir alreeds gelukkige paartjies so paar nuwe sekswenke te gee nie, maar om ook vir die stukkende mense hulp aan te bied. (Die tipe hulp wat nie net ʼn pleister oor die seer plak nie, maar om kennis en insig te gee oor hoe die seksuele mense werk, sodat hierdie seer nie jou toekoms hoef te verwoes nie. En derdens probeer ons om vir die persoon wie naïeflik (swart en wit) na seksualiteit kyk, ʼn bietjie vooraf waarskuwing gee, van waarin hulleself dalk eendag mag in vashardloop. (Ek moet bieg, hierdie is die moeilikste groep om te bereik, en soms wonder ek of dit ooit nodig is om hierdie groep te bereik? Maar dan ontmoet ek weer iemand in my spreekkamer wat nie kan ophou huil nie, want hulle het dit net nie gesien kom nie en weet nie hoe om dit nou te hanteer nie... so ek swig voort.)

Die groot ongeluk gister en vandag op ons Gesonde Seks Facebook blad het gekom van ʼn anoniem se vraag wat soos volg lui:

Anoniem vra: “Kan jy asb. vir my anoniem op fb sit. Ek het dringend raad nodig. Ek en my man is 5 jaar getroud. Hy was 'n rukkie terug uit die land op besigheid. Terwyl hy daar was het dit uit gekom dat hy en sy kolegas 'n massage parlor besoek het en dat hy orale seks ontvang het. Ek is verpletterd. Hoe vergewe en vergeet mens??? Hoe gaan ek hom ooit weer vertrou of intiem wees met hom?
Hy het berou en hy erken hy het 'n fout gemaak, maar hoe kry ek ooit daai images uit my kop uit? Hoop julle kan help.”

Ongelukkig kon anoniem nie baie hulp kry op die blad nie, want die meeste mense het dadelik die reg en verkeerd uit gewys. Die man was verkeerd om op sy vrou te verneuk en die vrou is nou in haar reg om hom te skei.

Daardie tipe advies is wat ons gereeld op ons FB kry en is ongelukkig die standaard siening van die samelewing. Maar in my opinie is dit soos om ʼn pleister oor ʼn gebreekte been te sit.

Die comments het so erg begin raak dat Janet in gespring het om ietsie waardevols vir anoniem te gee. (ek was heeldag besig in berading om te help om volstruis koppe uit gate te kry)

Baie mense was geskok oor wat Janet geskryf het en het dadelik my opinie oor die saak gesoek. Die van julle wat nog nie my en Janet se verhouding goed genoeg ken nie, ons praat van uit dieselfde mond. (Ons het ons onderonsies in privaat, maar in die publiek is ons united.)

Janet het toe geskryf: (Dit kon netso wel ekke gewees het)

“Julle is baie hard op die man. Ek sien nie 'n blowjob by 'n massage parlour as cheating nie. Heel waarskynlik het hy nie eers geweet wat gaan gebeur nie- hy dog hy gaan vir massage! En sommige van jul sal skei oor so iets!! Aikona! Anoniem, julle kan hieroor kom. Hy steek niks anders van jou weg nie. Dis nonsens! Hy het dan uit gekom met hierdie sodra dit gebeur het! Hy voel baie sleg. Genade is iets wat jy gee wat iemand nie verdien nie. Ons almal was genade gegee en ek voel ons moet weer genadig wees aan mekaar. Mettertyd gaan julle nog lag hieroor!! Hy stel nie belang in daardie vreemdeling nie! Hy bly lief vir jou!!”

Baie van julle het Janet se stelling geïnterpreteer dat dit nou okay is vir alle mans om nou blowjobs te gaan kry? Nêrens word dit gesê nie of eers na verwys nie. (Sielkunde leer vir ons dat ons sien (lees) ons grootste vrese raak.) Daarom mis sommiges die eintlike boodskap wat Janet hier skryf,

dat daar hoop is,

dat hy nie daarop uit is om jou lewe hel te maak nie,

dat hy nog lief is vir jou,

dat hy wel berou het,

dat hy self bereid was om dit aan jou te confess.

Nee, niks van dit wat Janet eintlik gesê het, het hulle gehoor nie, want al wat hulle gehoor het is hulle eie vrese (my man gaan ʼn blowjob iewers anderste kry.)

Nou vir die mense wat nog steeds wil aanhou lees, ek gaan vir jou my opinie oor die saak gee. (Die res van julle het ek seker alreeds verloor het, want al wat jy aan kan dink is wat jy in jou brief vir my gaan wil skryf. Stuur dit ek lees dit graag.)

Ek hou altyd daarvan om by die begin te begin. Waaroor praat ons? Cheating. Want die grootste probleem (ook seker net so ver soos wat die mense gelees het) wat sommiges met Janet se stelling gehad het is dat sy nie blowjobs by ʼn massage parlour as cheating beskou nie. Die res wat Janet geskryf het maak nie saak nie, want hulle stem nie saam nie met die eerste sin nie, dus kan hulle nie saam stem met enige iets wat volg nie.

So kom ons kyk wat is die woordeboek se definisie van cheating.

cheating  present participle of cheat (Verb)






Verb








  1. 1)Act dishonestly or unfairly in order to gain an advantage, esp. in a game or examination: "she cheats at cards".

  2. 2)Deceive or trick.




So nou dat die fondasie gelê is en ons almal op dieselfde voet is, kan ons voort gaan om oor cheating te praat. (en nie meer oor jou eie onderliggende vrese nie.)

#1 Was die man dishonest met haar? Nee, want hy het dan op sy eie skoon gekom en haar om verskoning kom vra. (Wat alreeds sê hy weet hy het verkeerd gedoen teenoor sy vrou, hy het nie nodig vir enige iemand om vir hom sy sondes uit te wys nie. Hy soek vergifnis. Hy soek hulp. Hy soek genade.)

#2 Het hy haar deceive of trick? Nee, want ek lees nie raak dat hy dit met opset gaan kry het of dat hy plan maak om dit weer te gaan soek nie. Daar is geen “kul jou hier en kul jou daar en sien daar of suig my hier” nie. Daar is slegs, ek het fouteer ek is jammer.

Wanneer jy in die hof beland omdat jy iemand dood geskiet het, gaan hulle nie net dadelik jou ʼn lewensvonnis gee net omdat jy iemand dood geskiet het nie. Nee, daar word lank en hard van alle kante gekyk en weer gekyk en weer oor gekyk na die motief.

Was dit premeditated?

Was dit opsetlik?

Was dit beplan?

Wat was die motief?

Was die moord gewelddadig?

Was daar enige berou na die tyd?

Was die moordenaar by sy volle positiewe verstand?

Was die victim bekend aan die persoon?

Het hy gedink sy was ʼn dief wat in sy huis in gebreek het?

Is hierdie persoon ʼn sosiale gevaar om borg te weier?

So ons kan sien dat om iemand die doodvonnis (en skei is die huwelike se ekwivalent van ʼn doodsvonnis.) te gee, is daar baie meer insig en kennis wat ons moet kry. Want ons wil nie net almal in die trok gooi, wat nie daar moet wees nie.

(Nie VERDIEN om daar te wees nie en wat daar MOET wees, is 2 verskillende dinge.)

So hoekom wanneer dit kom by seksualiteit, ons huwelik, ons gesinne, stel ons in niks van hierdie belang nie.

“Skei, skei, skei skreeu die gebreekte record.”

Hy VERDIEN om te sterf,


                       maar MOET hy sterf?


“Hy red mense sonder dat hulle dit verdien. As mense hulle redding moes verdien, sou God mos nie meer ʼn genadige God wees nie.” – Romeine 11:6 (Die Boodskap)



Maak seker jy doen wat jy kan om jou huwelik te affair-proof. Luister na my 1uur praatjie oor hoe om jou huwelik te affair-proof. Beskikbaar as ‘n MP3 of CD. Besoek http://www.gesondeseks.co.za/index.php/winkel
Hits: 1897
0
breast-enlargement-implant

Ek het gister ʼn artikel geskryf oor die grootte van die man se penis en hoe dit ʼn sielkundige effek op die man se ego en seksuele vermoë kan hê. Maar natuurlik is dit nie net die man wie se seksualiteit aan seksorgane gekoppel is nie. Die vrou se seksualiteit word dalk meer direk geaffekteer as die man s’n, omdat nie baie mense die man se penis sien nie, maar almal kyk na die vrou se borste.

Studies het gewys dat vrouens wie hulle borste laat vergroot het deur inplantasies, na die operasie ʼn hoër sekslus as voor dit gehad het. Die manier hoe ons na onsself kyk en van onsself hou, is die presiese manier hoe ons seksueel sal optree.

(Lees ʼn bietjie die artikel oor hoekom vrouens dit moeilik vind om komplimente te aanvaar hier.)

Met hierdie artikel probeer ek nie vrouens kry om hulle borste te vergroot nie, maar om eerder te hulle te kry om die seksgodin in hulle binneste te ontsluit. (En dit hoef nie te wees slegs nadat jy groter borste gekry het nie!)

Ek hou van wat die aanbieder van die BBC TV program How to look good naked altyd sê: “Love what you’ve got because it is all you’ve got.”

Want as ons nie van onsself hou nie, (en ja ons almal het iets waarvan ons nie hou nie, niemand in die regte wêreld is photoshoped nie), is ons geneig om soms eienaardige dinge te doen.

Kyk ʼn bietjie na hierdie advertensie vir “breast slapping” wat blykbaar die nuwe in ding is in Thailand vir breast enlargement. (Daar is baie wife-slapping wat al vir jare hier in Suid Afrika aangaan, maar is seker nie dieselfde dinge nie.)

[youtube http://www.youtube.com/watch?v=ivM8nUmfxN4]

So wanneer jou man na jou toe kom en vra of hy jou borste so paar warm klappe kan gee, sê maar net vir hom jy het gehoor hierdie tegniek werk ook om ‘hom’ groter te maak. (Hierdie gee heeltemal ’n nuwe uitkyk op die kinderspeletjie waar ons probeer wegruk voordat ons hand geslaan word.)

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2013

Vir meer inligting oor seksualiteit en hoe jy ook ʼn Gesonde Sekslewe kan geniet, skryf in vir ons Gesonde Seks Mentorskap by www.gesondeseks.co.za
Hits: 3160
0
david statue

Kom ons begin by die begin. Is die grootte van ʼn man se penis regtig so ʼn belangrike saak?

Ja en nee. Dit speel ʼn verskriklike groot rol maar ook nie regtig nie. Kom ek probeer my verduideliking so kort as moontlike te hou, terwyl ek dit probeer langer uitrek.

Studies het gewys dat 85% van vrouens is wel tevrede met hulle man se penis grote, maar slegs 55% van dieselfde mans is tevrede met hulle eie grootte.

So die grootte van jou meneer maak nie vir jou vrou soveel saak nie, maar wel vir jouself. (Hou net in gedagte as jy dalk "hang" soos wat jy graag so wou gehang wees, is daar ʼn baie goeie kans dat jou vrou die berge in sal hardloop wanneer sy jou sien.)

Maar omdat ʼn man se ego, manlikheid en seksuele lus direk gekoppel is aan sy beeld van sy penis, maak die grootte wel saak.

Om voort te gaan moet ons na drie kante van hierdie ding kyk.

1)      Hoe groot die penis van die man is wanneer ons dit met ʼn liniaal meet. (Nee, moenie een gaan haal nie.) (Biologiese-grootte)

2)      Hoe groot die penis vir die man voorkom. (Sielkundige-grootte)

3)      Hoe groot is die funksie van die man se penis. (Funksionele-grootte)

1)      Biologiese-grootte

As jy gehoop het ek het oefeninge wat jou biologiese-grootte van jou penis gaan vergroot, mag jy dalk teleurgesteld wees. Jou penis is nie ʼn spier nie, en hy gaan nie groter word soos wat jy hom meer oefen nie. Jou penis bestaan uit weefsel wat vol bloed word soos wat jy ʼn ereksie kry. Die meeste mans se grote tydens ʼn ereksie is iewers tussen 12.9 - 16cm, maar in sy flaccid state, (wanneer hy slap is), is elke man se biologiese-grootte anderste. (Dink net hoe sou die kondoom maatskappy gesukkel het om verskillende sizes te bemark: “Ag shame”, “amper daar”, “normaal”, “geseënd”, “you wish”.)

Sal jy my glo as ek vir jou sê jou penis is eintlik dubbel so lank as wat jy dink dit is?

Die deel van jou penis wat jy sien is maar net die deel wat uitsteek, maar as jy jou vingers neem en voel onder jou skrotum sal jy voel hoe jou penis aanhou binne in jou lyf. (Asb as jy hierdie artikel by die werk of in die woonkamer lees, moenie nou voel nie.) Jy sal dit veral voel tydens ʼn ereksie tussen die anus en skrotum. (Onthou hierdie plek, want dit is die man se turbo knoppie.)

As jy absoluut daarop aandring, kan jy vir ʼn penisvergroting gaan waar hulle jou penis ʼn bietjie meer ‘uitskuif’. So jou penis word nie eintlik groter nie, maar net meer sigbaar.

Daar is ook ander penisvergroting-apparate, soos die penispomp, wat beweer om die penis te vergroot, maar hierdie pomp forseer net meer bloed in jou penis en dus swel jy groter op, maar sodra jy weer gaan sak gaan jy terug keer na jou normale grote. So tensy jy elke keer eers wil pomp voordat jy pomp is dit nie noodwendig vir jou nie. (Wees versigtig, want jy kan ook teveel bloed in jou penis in pomp dat een van jou are bars wat nooit goed is nie.)

Enige ander pille, smeermiddels of wondertegnieke wat beloof om jou biologiese-grootte te vergroot, loop weg daarvan, want dit is alles net geldmaak-gimmicks.

Dit is in elk geval net die eerste 5cm van die vrou se vagina waar al die senuweepunte is, so as die lengte van die penis nie ʼn funksionerende rol speel nie, moet dit meer van ʼn sielkundige rol speel.

2)      Sielkundige-grootte

Mans se identiteit en manlikheid is in baie opsigte gekoppel aan hulle penis en seksuele vermoë. Ons vergelyk onsself van laerskool met ander seuns en begin die “myne is groter as joune” kompetisie. Daar is twee belangrike faktore om hier te adresseer.

Puberteit. Dit is nou maar ʼn feit van die lewe dat sommige seuns vinger en vroeër gaan ontwikkel as ander en dit is waar die sielkundige trauma begin. Die gevoel dat jy nie man genoeg nie. Jy is nog ʼn seuntjie, jy is nie ʼn man nie. En al hierdie “manlikheid” word slegs gemeet deur hoe lank jy meet.

Aan die einde van puberteit is die meeste mans dieselfde grote, maar niks van dit maak saak vir die seun wat laat begin ontwikkel het nie, want in sy kop kan hy nie die mas van manlikheid opkom nie. In sy geestesoog sien hy homself as hierdie haarlose klein "vienna" wat nie eers hang nie, wat net staan, voor twee droë rosyntjies vs. die perdmens. En in sy kop is alle mans perdmense, en net hy nog seuntjie.

Die tweede faktor wat ʼn rol speek in die sielkundige-grootte van ʼn man se penis is illusie.

Ons almal het al ʼn toorkunsie gesien. Het hy regtig die dame in twee gesaag? Het hy regtig die muntstuk laat verdwyn (daar is baie sulke talentvolle mense in Suid-Afrika wat geld laat verdwyn). Dit is alles goeie illusies.

En wanneer jy na jou self kyk, in ander woorde jy buig jou kop en kyk af na jou penis, sal hy kleiner lyk as wat jy reguit kyk na iemand anderste se penis. Omdat jy die hele penis kan sien, inplaas van net die bo deel van jou eie. So wees gerus dat wanneer ʼn ander man na jou penis kyk sal hy dink dis groot.

Moenie eers begin om jouself met die penisse op tv te vergelyk nie, want alles wat jy sien op TV is groter as in die regte wêreld. (Maar dan moet ek hier by voeg dat sommige mans in die porn industrie is meer perd as mens, maar okay, ons praat nou van normale mense.)

So as ons die sielkundige aspekte rondom penisgrote begin verstaan, sal ons begin verstaan dat jy die enigste een is wat jou “klein” penis raak sien. Ander mans sal na jou penis kyk en dink dit is “groot” en ʼn vrou sal na jou kyk en dink, “dit is ʼn penis”.

Maar jy kan darem hierdie illusie tegnieke gebruik om vir jouself groter te lyk.

1)      Skeer al jou pubiesehare af. Jou penis sal dadelik baie groter lyk, want dit is al wat jou oog nou op moet fokus.

2)      Kyk vir jouself meer in die spieël as van bo.

3)      Neem foto’s van jou penis, want dit sal die porn illusie inbring dat alles op tv is groter, beter en sterker.

3)      Funksionele-grote

Nou, ons het alreeds gesien dat vrouens nie so baie gepla is oor ʼn man se penisgrootte nie, of dat die man soos ʼn perd gebou hoef te wees om ʼn goeie sekslewe te geniet nie. Maar wanneer die man sleg voel of skaam voel oor sy penis, sal dit ʼn negatiewe effek hê op sy liefdemaak vermoë.

Vra vir jou vrou om vir jou meneer meer komplemente te gee en ʼn bietjie meer van ʼn big deal te maak van jou penis. (Dit is nie net vrouens met swak selfbeelde wat konstante bemoedigende komplemente verlang nie, ons mans het ook cheering nodig.)

En die laaste funksionele-groote wenk waarmee ek wil eindig, is om alles van jou penis te gebruik om liefde te maak. Jou hele sielkundige-penis asook jou hele biologiese-penis. Onthou daardie turbo knoppie wat ek vroeër van gepraat het. Die versteekte penis aan die binnekant. Plaas ʼn bietjie drukking op daardie turbo knoppie tussen jou anus en skrotum wanneer jy seks het of wanneer jy masturbeer en gebruik so jou penis tot sy volle potensiaal.

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2013

Vir meer inligting oor seksualiteit en hoe jy ook ʼn Gesonde Sekslewe kan geniet, skryf in vir ons Gesonde Seks Mentorskap by www.gesondeseks.co.za
Hits: 7290
0

Posted by on in Intiem Tydskrif

Love Pics


Die man se dryf en sosiale druk om vir sy vrou en gesin finansieel te sorg, forseer baie mans om meer tyd by hulle werk te spandeer as wat hulle dalk sou wou.


Met al hierdie ekstra tyd aan werk bestee, sal dit hartseer wees as die man nie van hierdie besigheidsbeginsels deurtrek na sy huwelik toe nie. So hier is die top 5 eienskappe van ’n suksesvolle CEO.

1.     Kry ’n duidelik visie

Mans droom van hulle wittebrood en die vrou van haar troudag, maar bitter min het ’n lang termyn visie vir hulle huwelik. Enige goeie CEO het ’n duidelik idee waarheen hy sy besigheid/huwelik heen wil stuur. Sukses gebeur nie net vanself nie. Dit word gemaak. Met ’n duidelik visie waar jy jou huwelik sien in 5 jaar, 10 jaar en met jul aftrede, gaan julle belangrike besluite vandag kan neem.

Sonder ’n visie gaan jy eendag wakker word langs ’n vrou wat jy jou hele lewe lank ken, maar sy voel soos ’n vreemdeling. Daar is geen intimiteit, passie of eenheid meer tussen julle nie. Want sonder ’n duidelik visie vir julle huwelik, is julle elkeen stadig maar seker besig om doelloos op die lewens-oseaan te dopper. Oorgegee aan die elemente wat julle uitmekaar wil skeur. Maar ’n duidelik visie help julle om saam deur die moeilike tye te gaan.

2.     Makro-bestuur

Die uitdaging vir enige goeie CEO is om nie te wil “micro manage” die hele tyd nie. “As jy iets gedoen wil kry, doen dit jouself” is iets wat nie werk in ’n huwelik nie. Wanneer die CEO ’n taak aan iemand in die besigheid toevertrou het, moet hy nie die hele tyd in meng, oor die persoon se skouer loer en inspring om dit op die ou end self te doen nie. Sulke tiepe gedag roof die werker van enige selfvertroue en motivering vir die toekoms.

Net so in enige huwelik. As die man die take van begroting, inkopies, binnehuis versiering, ens., aan die vrou mee toevertrou het, omdat haar talente en bekwaamheid haar die regte persoon maak vir die werk, dan moet die man haar los om die taak te voltooi.

Vertrou jou vrou genoeg om nie die hele tyd oor te neem nie.

3.     Bly op hoogte van die industrie standaarde

Net omdat ’n CEO vandag “top of his game” is, verseker dit hom nie daardie posisie in die toekoms nie. Die besigheidswêreld is een wat konstant verander en ontwikkel, en as die CEO nie op hoogte bly van die industrie tendense nie, sal hy baie vinnig homself sonder ’n werk vind.

Die huwelik is ook so. Vandag is jy jou vrou se Casanova, môre slaap jy in die hondehok.

Baie mans is skuldig om nie aan te hou belê in hulle huwelik nie. Vlerksleep is nie net iets wat die man moet doen om die vrou genoeg te beïndruk om ja te sê om met hom te trou nie, maar dit is iets wat hy elke oomblik in sy huwelik moet aanhou om aan aandag te gee.

4.     Ontwikkel ’n sterk ondersteuningspan

Sodra enige CEO begin dink dat hy die kat se snor is en dat alle sukses hom toekom, kan jy maar gewaarborg wees dat die mense waarmee hy werk baie sterk negatiewe gevoelens teenoor hom het.

’n Goeie CEO verstaan dat dit meer as net die baas neem om ’n suksesvolle maatskappy te bestuur, dit neem ’n sterk ondersteuningspan. Die oomblik wanneer ’n man voel dat hy die belangrikste persoon is in die huwelik en dat dit sy manier of geen manier van doen is nie, kan ek jou verseker daar is ’n hoogs ongewaardeerde vrou agter hom.

God het nie die man gemaak om oor sy vrou te heers soos ’n koning oor sy slawe nie, maar eerder hom Koning van die huis gemaak om saam met sy Koningin te heers.

5.     Goeie kliënte diens

Sonder gelukkige kliënte sal enige maatskappy sukkel om die CEO se pos te regverdig. Die CEO is nie daar om homself te verryk nie, maar is daar om iets vir iemand te beteken buite homself. Presies so in ’n huwelik. Die kliënte van enige huwelik is die mense buite jou in die huwelik. Die man moet sy vrou en sy kinders se behoeftes, begeertes en bekommernisse bo sy eie plaas as hy sy pos as CEO van die huwelik wil behou.

Neem die ywer wat jy voel in jou besigheid en plaas dit ook in jou huwelik sodat jy in albei ‘n uitstekende besturende direkteur is!

 

Download die volledige e-boek “Wees die CEO in jou Huwelik” vanaf www.gesondeseks.co.za

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2013
Hits: 2322
0

mirror-mirror-on-the-wall-jeff-kolker

“Spieëltjie, spieëltjie aan die wand wie is die mooiste in die land?”

Dit is een van die vrou se grootste begeertes om gekomplimenteer te word, hulle sal selfs gereeld skimpe los om dit te kry: “Liefie, hoe lyk ek in hierdie skoene?”, “Hoe pas hierdie rok my?”, “Wat dink jy van hierdie oorbelle?” en dalk die gevaarlikste een van hulle almal vir die man om te beantwoord “Maak hierdie my vet lyk?”

Dit maak nie regtig saak wat die man hierop antwoord nie, hy is verkeerd en in die moeilikheid!

Tagged in: selfbeeld selfbewus
Hits: 2299
0
woman rights

Jy hoef nie baie vêr rondom jou te kyk om te sien die wêreld is nie ʼn baie regverdige plek nie. Veral nie as jy ʼn vrou is nie. Alhoewel ons in 2013 lewe, in ʼn land met die mees progressiewe vroueregte in die wêreld, is daar nog steeds ʼn gevoel, atmosfeer, geloof wat heers dat die man die baas is.

Wanneer ons die Bybel lees, veral die Ou Testament, dan dink ons maar dit is hoe God die man en vrou gemaak het. Maar soos baie dinge sien ek dit anderste. (Ek gaan nie nou hier my hele geslagsiening met jou deel nie – dalk sal ek dit eendag in ʼn boek sit.) Hierdie is maar net om ʼn klein klip in die bos te gooi (en hoop niks word terug gegooi nie).

Daar is twee stukke waar ek lees hoe Jesus opgestaan het vir vroueregte.

#1. Johannes 8, lees ons van ʼn vrou wat op heterdaad betrap is besig met owerspel. Die wet het gesê so ʼn vrou moet dood gemaak word. En die Fariseërs het gereed gestaan met klippe om haar te stenig. Wat het die wet gesê van die man wat in owerspel betrap is? Niks nie.

Jesus kom en spreek haar vry. Hy is die vrou se seksuele reg op dieselfde vlak as die man se seksuele reg. As die man nie gedood moet word nie, moet die vrou ook nie gedood word nie.

#2. Matteus 5:28, een van my gunsteling verse waar Jesus met die getroude man praat en sê al kyk hy net na ʼn ander vrou en haar begeer, het hy alreeds egbreek in sy hart gepleeg.

(Ek glo nie Jesus praat hier teen wellus nie, maar maak egter ʼn dieper geslagsidentiteit-punt. Lees my ander artikels en interpretasies van hierdie vers hierso:

Kyk en begeer of kyk en bekeer,

A deeper truth revealed in Matt 5:28,

Sondig ek in my hart as ek na 'n mooi vrou kyk?

Hou in gedagte in watse klimaat Jesus hierdie vers gespreek het: in ʼn tyd waar dit toelaatbaar was vir die man om owerspel te pleeg, maar die vrou nie. (Johannes 8 storie)

En hier drop Jesus ʼn bom wat die manlike patriarg-kultuur tot sy fondamente skud. Nie net spreek hy die manlike egbreker aan nie, maar ook dat al bedink hy dit net, is hy alreeds skuldig aan egbreek. En hierdie sê hy vir die manne wat nie eers geglo het hulle is skuldig aan egbreek al word hulle op heterdaad daarmee betrap nie.

Ek glo die groot geslagsrif tussen man en vrou is te danke aan die sondeval. Dit is nie hoe God dit bedoel het om te wees vir man en vrou nie. Is jou huwelik onder die vloek? Is daar ʼn groot gesagsverskil in julle huis? Of lewe jy in die tuin van Eden, as gelykes?

 

Wonder jy ooit oor die manne genoem in die Bybel? Abraham, Dawid, Salomo? Het hulle ooit gesukkel met hulle seksualiteit en wat het die Bybel daaroor om te sê? - Ja, maak seker jy lees my boek "Wat Adam my van seks geleer het". Om meer te lees gaan na http://www.gesondeseks.co.za/index.php/boeke 

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2013
Hits: 1878
0

Posted by on in Uncategorized
seks na swangerskap

Deur Janet Kieswetter

Ek is nou amper klaar met my derde swangerskap en dank die Here dit was heel gesond en lekker!  Ek besef tog soos mens se liggaam ouer word, is swangerskap moeiliker! Die spiere trek vir seker swaarder! Ek weet baie vrouens ervaar baie erge swangerskap simptome en vir sommige is seks die hele 9maande nie moontlik nie as gevolg van intense naarheid, siektes en komplikasies. Ek gaan nou in hierdie kort artikel net fokus op seks tydens die gesonde swangerskap.

Die eerste trimester

Meeste vrouens voel maar naar en ongemaklik die eerste trimester (eerste 12 weke). Dan is die lus vir seks maar min want mamma voel nie lekker nie. Verseker manlief dat jy weer beter sal voel en gesels eerder met hom oor erotiese goed. Net omdat jou seksualiteit dalk ‘op hold’ is beteken nie jou man sin is nie. So gee hom ‘foon seks’ deur om oor vuurwarm goed te gesels. Dit wys hom jy gee om en verstaan sy seksualiteit. Jy kan hom ook lekker maak met ’n ys blokkie of veer oor sy lyf. Laat weet hom hy lyk sexy en noem die goed wat jy van hom waardeer. Hierdie tiepe aandag is kosbaar vir julle verhouding en verseker jou man van jou liefde in tye waar jy wegskram van seks.

Die tweede trimester

Hierdie is gewoonlik die beste tyd van swangerskap. Jou energie is terug, hopelik jou libido ook! En jou maag is nog nie so groot nie. Gryp jou man en wys hom die vas is gebreek! J “n Toename in bloed na die pelvis area veroorsaak dat jou vagina lekker sensitief is, omdat al die senuwee is opgeswel as gevolg van ekstra bloed. Wedersydse orale seks is nou finominaal so try gerus die 69 posisie! Jou borste is groter en indien dit nie te sensitief is nie, maak volle gebruik daarvan. Omhels jou nuwe erotiese gevoelens en moenie skuldig voel as jy BAIE lus is vir seks nie! Dis goed en gesond!

Dikwels is dit hierdie tydperk wanneer ’n vrou haar seksualiteit opnuut ontdek en geniet! Bespreek met manlief die gebruik van kondome met teksture asook seksspeelgoed. Bevogting middels wat ’n ietsie bevat om die gevoel te aksentueer is ook welkom!

Seks posisie wat lekker werk tydens hierdie trimester is wanneer  vrou op haar man sit. Sy kan na hom toe draai of met haar rug na hom toe. Hierdie verg nogal inspanning van vroulief en raak moeiliker teen die einde van die swangerskap. Maar terwyl sy soos seksgodin voel is dit great!

Die derde trimester

Nou raak die magie groter en kom meer in die pad. Ook jou selfbeeld neem moontlik ’n duik. Maak seker jy koop swangerskap klere waarin jy mooi voel! Mens kry die wat jou soos tent laat lyk en die wat mooi om jou lyf hang en nog steeds jou laat vroulik en aantreklik voel. Moet nie jou lyf verwerp nie, want dit skakel jou seksdrif af. Laat manlief eerder jou vol room smeer en voel hoe beweeg die klein lyfie binne jou. Die kurwes is eroties op ’n ander manier.

Die ekstra gewig van jou baba druk nou op jou pelvis spiere wat dinge daar onder nogal styf kan laat voel! Soms is die sensitiwiteit meer, sodat jy soos maagd voel en ander kere is dit te seer as gevolg van sensitiwiteit. Gebruik lubrication om dinge te vergemaklik en bedui vir manlief hoe moet hy maak om die plesier op te stoot. Iets wat seer begin kan lekkerder word met die regte bewegings.

Seks posisie wat die magie vermy is wanneer manlief skeins bo sy vrou lê, sodat sy een been buitekant hare is en die ander een tussen haar bene. Sy bolyf is na die een kant van haar lyf, sodat hy haar borste lekker kan vashou, sonder om druk op haar maag te plaas.

Ander plan is om dik kussing onder vrou se lae rug te plaas en laat manlief kniel voor haar, of op die bed of selfs langs die bed. Sodoende lê hy nie op sy vrou nie, maar die hoek is net reg vir maksimum plesier.

Wedersydse masturbasie behels waar julle langs mekaar lê en mekaar lekker behandel en vryf. Dis baie intiem en liefdevol.

Soos altyd is kommunikasie baie belangrik. Deel jou vrese en bekommernisse met jou man. Praat oor dit wat jy voel en hoor wat is sy gedagtes rondom dit.

9 maande is nie so lank nie, maar dit voel soms baie lank. Maar onthou, in julle leeftyd saam is dit net klein persentasie  van julle saamwees en daarom kan dit besonders spesiale tyd wees en positiewe ervaring vir julle albei.

Skryf in vir ons Gesonde Seks Mentorskap en loop ons 4 week "Seks na swangerskap" e-pos kursus. Gaan na www.gesondeseks.co.za en kliek op read more vir meer inligting
Hits: 6931
0
Master with puppet

Ons voel tog in beheer, ons 5 sintuie werk meeste van die tyd, ons is wakker en ons is bewus wanneer ons ’n besluit maak, selfs al is dit ’n slegte besluit. Maar is ons werklik in beheer van wat ons doen en nie doen nie? Is daar nie ‘behind the scène’ faktore wat ’n rol speel in ons gedragspatrone nie?

In my berading kantoor, sien ek oor en oor mense wat hulle hele lewe lank die simptome (aka gedragspatrone) behandel sonder enige langtermyn deurbraak of sukses. Daar is bitter min groei wat in die individue aangaan en na jare wat verby gegaan het is baie nog slawe tot hulle emosies en vrese van hulle kinderjare.

Kyk ’n bietjie na hierdie kort video, wat baie mooi uitbeeld wat diep binne die mens se siege aangaan en so beheer neem van ons aksies.

[youtube http://www.youtube.com/watch?v=CUvFeyGxaaU?rel=0]

Verstaan dat jy ’n baie dieper mens is as wat jy dalk besef en dat daar baie meer faktore is wat jou aksies motiveer as net wat jy wil en nie wil doen nie. Sodra ons erkenning kan gee aan ons emosies en vrese, sal ons meer in staat wees om dalk te begin vir onsself te dink.

Sonder innerlike refleksie sal ons altyd slawe bly tot ons emosies en vrese.

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2013

 
Tagged in: emosies vrese
Hits: 1923
0
divorce460

Ek word elke dag gekonfronteer met hierdie vraag: “Seks voor die huwelik, sonde of nie?” 

Maar ek dink ons fokus nou al te lank op die verkeerde ding. Daar is geen vers wat uitdruklik sê seks voor die huwelik is sonde nie, want in die Bybel se tyd het mense getrou op die ouderdom van puberteit en dus was seks voor die huwelik nie regtig ’n kwessie gewees nie.

“Die Woord van God is duidelik daaroor dat voorhuwelikse seks sonde is." Is ’n antwoord wat elke tweede persoon in die kerk gee. (Ek wag nog vir daardie duidelik vers.)

Kom ons kyk gou na die realiteit. Hierdie boodskap, waarskuwing en sondige wet, werk nie. Dit help niemand nie. Dit bring net meer skuld en verander niemand se lewens ten goede nie.
Die resultate van ’n klein studie van 800 Afrikaanssprekende Christene wat ek gedoen het oor “Was jy ’n virgin op jou troudag” het 76.6%  "nee" geantwoord.. En slegs 19.7% het "ja" geantwoord. Die res, 3.8%, het gesê hulle beplan om te wees.


Ons seks voor die huwelik boodskap werk duidelik nie, want 76.6% van die mense het seks voor die huwelik gehad.
Ek self dink en bemoedig mense om so lank as moontlik te wag voordat hulle seksuele aktief word en om dit slegs in ’n committed verhouding te doen, wat veronderstel is om ’n huwelik te wees. (So jy kan maar relax, want ek glo dieselfde as jy. Maar ek is vas oortuig daar moet ’n beter manier wees om die boodskap van gesonde seks en gesonde huwelike oor te dra as om mense onder sonde te verdoem. En het Jesus nie in elk geval met ons gedeel nie. Hoekom is sonde nog so ’n groot issue vir ons?)

Maar ongelukkig het SKEI hierdie seks voor die huwelik boodskap kragteloos gelos. Met die skeisyfers so hoog is daar baie tieners wat uit gebroke huise uitkom. Wat eerstehands gesien het hoe “sleg” ’n huwelik kan wees. Nou verwag ons dat hierdie tiener moet luister vir dieselfde ouer en gesagsfiguur om nie seks te hê “iets lekker” voordat hy getroud is nie “in sy kop iets slegs”, want dit is sonde en verkeerd. Vir hom is die sonde en verkeerd wat sy ouers gedoen het toe hulle hul huwelik opgemors het.
Die toename in mense wat saambly is ’n getuienis van die feit dat die ons die konsep van ‘trou’ en ‘huwelik’ besoedel het. Dat mense eerder sal saambly en seks hê eerder as om te trou, want daaraan is al die seer van skei, ongelukigheid en affairs daaraan gekoppel.

Ek eindig af met hierdie gedagte. Nêrens in die Bybel staan daar dat God seks voor die huwelik haat nie, maar wel dat Hy egskeiding haat (Mal 2:16).
As God se fokus meer is op skei en om skei te keer, hoekom is ons fokus dan op seks en om seks te keer?

 

Het julle al ‘n voorhuwelikskursus bygewoon? Hoekom doen julle nie sommer ons 6week huweliksvoorbereiding e-Kursus vir verloofdes en pasgetroudes nie.

Besoek http://www.gesondeseks.co.za/index.php/e-kursusse/14-huwelik-voorbereiding-vir-verloofdes-en-pasgetroudes
Hits: 2274
0

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Nuwe Kursus

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top