Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form
1841
woman rights

Jy hoef nie baie vêr rondom jou te kyk om te sien die wêreld is nie ʼn baie regverdige plek nie. Veral nie as jy ʼn vrou is nie. Alhoewel ons in 2013 lewe, in ʼn land met die mees progressiewe vroueregte in die wêreld, is daar nog steeds ʼn gevoel, atmosfeer, geloof wat heers dat die man die baas is.

Wanneer ons die Bybel lees, veral die Ou Testament, dan dink ons maar dit is hoe God die man en vrou gemaak het. Maar soos baie dinge sien ek dit anderste. (Ek gaan nie nou hier my hele geslagsiening met jou deel nie – dalk sal ek dit eendag in ʼn boek sit.) Hierdie is maar net om ʼn klein klip in die bos te gooi (en hoop niks word terug gegooi nie).

Daar is twee stukke waar ek lees hoe Jesus opgestaan het vir vroueregte.

#1. Johannes 8, lees ons van ʼn vrou wat op heterdaad betrap is besig met owerspel. Die wet het gesê so ʼn vrou moet dood gemaak word. En die Fariseërs het gereed gestaan met klippe om haar te stenig. Wat het die wet gesê van die man wat in owerspel betrap is? Niks nie.

Jesus kom en spreek haar vry. Hy is die vrou se seksuele reg op dieselfde vlak as die man se seksuele reg. As die man nie gedood moet word nie, moet die vrou ook nie gedood word nie.

#2. Matteus 5:28, een van my gunsteling verse waar Jesus met die getroude man praat en sê al kyk hy net na ʼn ander vrou en haar begeer, het hy alreeds egbreek in sy hart gepleeg.

(Ek glo nie Jesus praat hier teen wellus nie, maar maak egter ʼn dieper geslagsidentiteit-punt. Lees my ander artikels en interpretasies van hierdie vers hierso:

Kyk en begeer of kyk en bekeer,

A deeper truth revealed in Matt 5:28,

Sondig ek in my hart as ek na 'n mooi vrou kyk?

Hou in gedagte in watse klimaat Jesus hierdie vers gespreek het: in ʼn tyd waar dit toelaatbaar was vir die man om owerspel te pleeg, maar die vrou nie. (Johannes 8 storie)

En hier drop Jesus ʼn bom wat die manlike patriarg-kultuur tot sy fondamente skud. Nie net spreek hy die manlike egbreker aan nie, maar ook dat al bedink hy dit net, is hy alreeds skuldig aan egbreek. En hierdie sê hy vir die manne wat nie eers geglo het hulle is skuldig aan egbreek al word hulle op heterdaad daarmee betrap nie.

Ek glo die groot geslagsrif tussen man en vrou is te danke aan die sondeval. Dit is nie hoe God dit bedoel het om te wees vir man en vrou nie. Is jou huwelik onder die vloek? Is daar ʼn groot gesagsverskil in julle huis? Of lewe jy in die tuin van Eden, as gelykes?

 

Wonder jy ooit oor die manne genoem in die Bybel? Abraham, Dawid, Salomo? Het hulle ooit gesukkel met hulle seksualiteit en wat het die Bybel daaroor om te sê? - Ja, maak seker jy lees my boek "Wat Adam my van seks geleer het". Om meer te lees gaan na http://www.gesondeseks.co.za/index.php/boeke 

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2013
Continue reading
6825
seks na swangerskap

Deur Janet Kieswetter

Ek is nou amper klaar met my derde swangerskap en dank die Here dit was heel gesond en lekker!  Ek besef tog soos mens se liggaam ouer word, is swangerskap moeiliker! Die spiere trek vir seker swaarder! Ek weet baie vrouens ervaar baie erge swangerskap simptome en vir sommige is seks die hele 9maande nie moontlik nie as gevolg van intense naarheid, siektes en komplikasies. Ek gaan nou in hierdie kort artikel net fokus op seks tydens die gesonde swangerskap.

Die eerste trimester

Meeste vrouens voel maar naar en ongemaklik die eerste trimester (eerste 12 weke). Dan is die lus vir seks maar min want mamma voel nie lekker nie. Verseker manlief dat jy weer beter sal voel en gesels eerder met hom oor erotiese goed. Net omdat jou seksualiteit dalk ‘op hold’ is beteken nie jou man sin is nie. So gee hom ‘foon seks’ deur om oor vuurwarm goed te gesels. Dit wys hom jy gee om en verstaan sy seksualiteit. Jy kan hom ook lekker maak met ’n ys blokkie of veer oor sy lyf. Laat weet hom hy lyk sexy en noem die goed wat jy van hom waardeer. Hierdie tiepe aandag is kosbaar vir julle verhouding en verseker jou man van jou liefde in tye waar jy wegskram van seks.

Die tweede trimester

Hierdie is gewoonlik die beste tyd van swangerskap. Jou energie is terug, hopelik jou libido ook! En jou maag is nog nie so groot nie. Gryp jou man en wys hom die vas is gebreek! J “n Toename in bloed na die pelvis area veroorsaak dat jou vagina lekker sensitief is, omdat al die senuwee is opgeswel as gevolg van ekstra bloed. Wedersydse orale seks is nou finominaal so try gerus die 69 posisie! Jou borste is groter en indien dit nie te sensitief is nie, maak volle gebruik daarvan. Omhels jou nuwe erotiese gevoelens en moenie skuldig voel as jy BAIE lus is vir seks nie! Dis goed en gesond!

Dikwels is dit hierdie tydperk wanneer ’n vrou haar seksualiteit opnuut ontdek en geniet! Bespreek met manlief die gebruik van kondome met teksture asook seksspeelgoed. Bevogting middels wat ’n ietsie bevat om die gevoel te aksentueer is ook welkom!

Seks posisie wat lekker werk tydens hierdie trimester is wanneer  vrou op haar man sit. Sy kan na hom toe draai of met haar rug na hom toe. Hierdie verg nogal inspanning van vroulief en raak moeiliker teen die einde van die swangerskap. Maar terwyl sy soos seksgodin voel is dit great!

Die derde trimester

Nou raak die magie groter en kom meer in die pad. Ook jou selfbeeld neem moontlik ’n duik. Maak seker jy koop swangerskap klere waarin jy mooi voel! Mens kry die wat jou soos tent laat lyk en die wat mooi om jou lyf hang en nog steeds jou laat vroulik en aantreklik voel. Moet nie jou lyf verwerp nie, want dit skakel jou seksdrif af. Laat manlief eerder jou vol room smeer en voel hoe beweeg die klein lyfie binne jou. Die kurwes is eroties op ’n ander manier.

Die ekstra gewig van jou baba druk nou op jou pelvis spiere wat dinge daar onder nogal styf kan laat voel! Soms is die sensitiwiteit meer, sodat jy soos maagd voel en ander kere is dit te seer as gevolg van sensitiwiteit. Gebruik lubrication om dinge te vergemaklik en bedui vir manlief hoe moet hy maak om die plesier op te stoot. Iets wat seer begin kan lekkerder word met die regte bewegings.

Seks posisie wat die magie vermy is wanneer manlief skeins bo sy vrou lê, sodat sy een been buitekant hare is en die ander een tussen haar bene. Sy bolyf is na die een kant van haar lyf, sodat hy haar borste lekker kan vashou, sonder om druk op haar maag te plaas.

Ander plan is om dik kussing onder vrou se lae rug te plaas en laat manlief kniel voor haar, of op die bed of selfs langs die bed. Sodoende lê hy nie op sy vrou nie, maar die hoek is net reg vir maksimum plesier.

Wedersydse masturbasie behels waar julle langs mekaar lê en mekaar lekker behandel en vryf. Dis baie intiem en liefdevol.

Soos altyd is kommunikasie baie belangrik. Deel jou vrese en bekommernisse met jou man. Praat oor dit wat jy voel en hoor wat is sy gedagtes rondom dit.

9 maande is nie so lank nie, maar dit voel soms baie lank. Maar onthou, in julle leeftyd saam is dit net klein persentasie  van julle saamwees en daarom kan dit besonders spesiale tyd wees en positiewe ervaring vir julle albei.

Skryf in vir ons Gesonde Seks Mentorskap en loop ons 4 week "Seks na swangerskap" e-pos kursus. Gaan na www.gesondeseks.co.za en kliek op read more vir meer inligting
Continue reading
1876
Master with puppet

Ons voel tog in beheer, ons 5 sintuie werk meeste van die tyd, ons is wakker en ons is bewus wanneer ons ’n besluit maak, selfs al is dit ’n slegte besluit. Maar is ons werklik in beheer van wat ons doen en nie doen nie? Is daar nie ‘behind the scène’ faktore wat ’n rol speel in ons gedragspatrone nie?

In my berading kantoor, sien ek oor en oor mense wat hulle hele lewe lank die simptome (aka gedragspatrone) behandel sonder enige langtermyn deurbraak of sukses. Daar is bitter min groei wat in die individue aangaan en na jare wat verby gegaan het is baie nog slawe tot hulle emosies en vrese van hulle kinderjare.

Kyk ’n bietjie na hierdie kort video, wat baie mooi uitbeeld wat diep binne die mens se siege aangaan en so beheer neem van ons aksies.

[youtube http://www.youtube.com/watch?v=CUvFeyGxaaU?rel=0]

Verstaan dat jy ’n baie dieper mens is as wat jy dalk besef en dat daar baie meer faktore is wat jou aksies motiveer as net wat jy wil en nie wil doen nie. Sodra ons erkenning kan gee aan ons emosies en vrese, sal ons meer in staat wees om dalk te begin vir onsself te dink.

Sonder innerlike refleksie sal ons altyd slawe bly tot ons emosies en vrese.

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2013

 
Continue reading
Tagged in: emosies vrese
2234
divorce460

Ek word elke dag gekonfronteer met hierdie vraag: “Seks voor die huwelik, sonde of nie?” 

Maar ek dink ons fokus nou al te lank op die verkeerde ding. Daar is geen vers wat uitdruklik sê seks voor die huwelik is sonde nie, want in die Bybel se tyd het mense getrou op die ouderdom van puberteit en dus was seks voor die huwelik nie regtig ’n kwessie gewees nie.

“Die Woord van God is duidelik daaroor dat voorhuwelikse seks sonde is." Is ’n antwoord wat elke tweede persoon in die kerk gee. (Ek wag nog vir daardie duidelik vers.)

Kom ons kyk gou na die realiteit. Hierdie boodskap, waarskuwing en sondige wet, werk nie. Dit help niemand nie. Dit bring net meer skuld en verander niemand se lewens ten goede nie.
Die resultate van ’n klein studie van 800 Afrikaanssprekende Christene wat ek gedoen het oor “Was jy ’n virgin op jou troudag” het 76.6%  "nee" geantwoord.. En slegs 19.7% het "ja" geantwoord. Die res, 3.8%, het gesê hulle beplan om te wees.


Ons seks voor die huwelik boodskap werk duidelik nie, want 76.6% van die mense het seks voor die huwelik gehad.
Ek self dink en bemoedig mense om so lank as moontlik te wag voordat hulle seksuele aktief word en om dit slegs in ’n committed verhouding te doen, wat veronderstel is om ’n huwelik te wees. (So jy kan maar relax, want ek glo dieselfde as jy. Maar ek is vas oortuig daar moet ’n beter manier wees om die boodskap van gesonde seks en gesonde huwelike oor te dra as om mense onder sonde te verdoem. En het Jesus nie in elk geval met ons gedeel nie. Hoekom is sonde nog so ’n groot issue vir ons?)

Maar ongelukkig het SKEI hierdie seks voor die huwelik boodskap kragteloos gelos. Met die skeisyfers so hoog is daar baie tieners wat uit gebroke huise uitkom. Wat eerstehands gesien het hoe “sleg” ’n huwelik kan wees. Nou verwag ons dat hierdie tiener moet luister vir dieselfde ouer en gesagsfiguur om nie seks te hê “iets lekker” voordat hy getroud is nie “in sy kop iets slegs”, want dit is sonde en verkeerd. Vir hom is die sonde en verkeerd wat sy ouers gedoen het toe hulle hul huwelik opgemors het.
Die toename in mense wat saambly is ’n getuienis van die feit dat die ons die konsep van ‘trou’ en ‘huwelik’ besoedel het. Dat mense eerder sal saambly en seks hê eerder as om te trou, want daaraan is al die seer van skei, ongelukigheid en affairs daaraan gekoppel.

Ek eindig af met hierdie gedagte. Nêrens in die Bybel staan daar dat God seks voor die huwelik haat nie, maar wel dat Hy egskeiding haat (Mal 2:16).
As God se fokus meer is op skei en om skei te keer, hoekom is ons fokus dan op seks en om seks te keer?

 

Het julle al ‘n voorhuwelikskursus bygewoon? Hoekom doen julle nie sommer ons 6week huweliksvoorbereiding e-Kursus vir verloofdes en pasgetroudes nie.

Besoek http://www.gesondeseks.co.za/index.php/e-kursusse/14-huwelik-voorbereiding-vir-verloofdes-en-pasgetroudes
Continue reading

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top