Gesonde Seks Blog

Blog oor Gesonde Seksualiteit

  • Home
    Home This is where you can find all the blog posts throughout the site.
  • Categories
    Categories Displays a list of categories from this blog.
  • Tags
    Tags Displays a list of tags that have been used in the blog.
  • Bloggers
    Bloggers Search for your favorite blogger from this site.
  • Login
    Login Login form
3798
Young couple in their kitchen

Daar is al baie gespekuleer oor wat alles ’n romantiese ete behels, watse aphrodisiac kosse om voor te berei tot die hoeveelheid gegeurde kandelare om op te steek, maar as jy dit reg doen...

... sal dit nie saak maak of jy vir haar gebrande toast of ’n driegang maaltyd opdis nie. Dit sal eindig met haar wat vir jou dankie sê nes jy daarvan hou.

Die meeste mans word afgesit van die romantiese ete idee omdat hulle nie hulleself as ’n goeie kok beskou nie. Maar hier is die geheim agter elke romantiese ete - Dit is nie wat jy vir haar doen nie, maar wat jy raaksien wat sy vir jou elke dag doen. Die romantiese ete is ’n goeie aand uit en ’n geliefde intieme aand wat dalk nog vir ’n dag of twee jou vrou op wolk nege gaan hou, maar na ’n week van die normale dag tot dag vereistes, is daar niks meer wat oorbly van die romantiese ete nie. Wat sal gebeur as jy nie net ’n goeie romantiese ete vir haar opdis nie, maar ook vir haar iets gee wat sy elke dag in haar normale lewe aan jou laat dink en warm gevoelens vir jou koester?

Dit is nie wat jy doen nie, maar wat jy raaksien wat sy vir jou doen!

Saam met enige romantiese ete wat jy haar mee bederf, moet jy dit duidelik maak dat hierdie is maar net ’n klein teken van jou waardering vir die etes wat sy elke dag vir jou en die gesin maak. Komplimenteer haar op die dinge wat jy al van self sprekend geneem het, soos om elke aand aandete te maak. Koppel hierdie gevoel van die romantiese ete aan die normale elke dag roetine en jou romantiese aand voordele sal baie langer geniet kan word.

Ontbyt in die bed en seks in die kombuis.

Hoe meer onverwags die ete, hoe meer romantiese punte is daar vir jou. So moenie te veel verwag om haar te beïndruk om iets spesiaals te doen op haar verjaarsdag, Valentynsdag of op julle huweliksherdenking nie. Dit word van jou verwag! Maar as jy sommer maar net en vir geen rede vir haar kos in die bed bring, mag jy dalk net seks in die kombuis kry. Breek weg van die normale met kos en met seks. ’n Gesonde huwelik is een waar daar nog misterie aan gekoppel is. Moenie toelaat dat julle in die boring groef verval nie.

Ontbyt in die bed...

Staan ’n bietjie vroeër op as sy en gaan sit die ketel en oond aan. In plaas van die normale bacon en eiers, maak vir haar ’n bacon-eier-muffin. Haal ’n muffin-tray uit en smeer botter of spray nonstick. Neem ’n gewone sny van brood en sny die kante af. Plaas ’n gesnyde brood in elke muffin houer en druk dit af dat dit die onderkant van ’n muffin vorm. Breek een eier in die middel van elke “brood-muffin”. Jy kan dit ook opvul met tamaties, groenpeper, mushrooms en bacon stukkies. Top dit af met gerasperde kaas oor die top en sit dit in die oond. Gee so paar minute vir die eier om te bak om die “brood-muffin” te vul. Bedien dit saam met koffie of tee vir jou vrou in die bed, met die boodskap, dat hierdie maar net ’n klein blyk van waardering is vir alles wat sy elke dag vir jou doen.

Seks in die kombuis...

Die beste manier om enige ete romanties te maak is om dit saam te maak. Dit is nou al ou nuus dat seks vir ’n vrou begin in die kombuis. Of altans enige ander plek as in die slaapkamer. ’n Vrou moet nie net voel dit is nog ’n huweliksplig wat sy moet verrig voordat sy moet gaan slaap nie. Ruim die huis op, maak aandete, sit kinder in die bed en plesier manlief in die slaapkamer! Gee vir haar die boodskap dat jy saam met haar in die huwelik is as ’n gelyke. Wanneer jy weer jou vrou sien voor die stoof staan en kos maak, moet jy dadelik terug dink aan die fliek “Ghost”, waar Patrick Swayze agter Demi Moore kom staan en saam met haar die pottery doen. Seks in die kombuis is nie om regtig in die kombuis seks te hê nie, maar om die alledaagse van aandete te maak, ’n romantiese twist te gee. Maak seker dat wortels sny en vleis braai nog nooit so eroties was nie!

 

Gebeur dit met jou dat jy so graag goeie en nuwe seks met jou man wil hê, maar jy sukkel om te dink aan kreatiewe seks idees? Wel, moenie langer bekommer nie. Bestel my boek “Ontbyt in die bed en Seks in die kombuis” om vir die volgende jaar elke week ‘n nuwe vars en kreatiewe Gesonde Seks Huiswerk op jou man uit te oefen.

Om jou boek nou te bestel besoek: http://www.gesondeseks.co.za/index.php/boeke 
Continue reading
1692


Die stryd tussen gees en vlees is een wat in elke warmbloedige Christenman woed. In my eie lewe was dit vir lank die nommer een doring in my vlees.

Ek kan onthou hoe ek voor die Here geween het en gepleit het om my seksdrang weg te neem. Ek het nie skuldig gevoel omdat ek iets verkeerds gedoen het nie. Ek het net skuldig gevoel dat ek die hele tyd aan seks gedink het. Alles het my daaraan laat dink. Alles en almal was vir my mooi. En ek kon nie sien hoe dit okay was nie. My hart het agter God gesmag, maar my hormone agter seks. Weet jy wat het die Here vir my toe geantwoord op my versoek om my seksdrang weg te neem? So duidelik soos daglig, antwoord die Here my met die woord: “Nee! Ek gaan dit gebruik tot eer van My koninkryk” Dit was vir my die begin om vrede te maak met my hormone, want dit was deur God vir my gegee, nie as ‘n straf nie maar as ‘n seëning.

Dieselfde hormoon wat jou lus maak, maak jou ook baas!

Ons moenie dink dat die man se seksdrang ‘n bose gees met die naam wellus is nie. Jou seksdrang is niks anderste as ‘n hormoon wat in jou brein en bloed leef. Testosteroon! Hierdie is nie iets wat die duiwel vir die man gegee het nie, maar iets wat God vir die man mee toe vertrou het. Studies het gewys dat dit hierdie selfde hormoon is wat verantwoordelik is vir die man se lewenslus en ambisie in die werksplek asook om hom warm maak in die bed. Kyk na al die suksesvolle manne in die wêreld, en jy sal nie lank hoef te soek voordat jy vind dat hulle ook met ‘n hoe seksdrang worstel. (Tiger Woods, Bill Clinton en Donald Trump is goeie voorbeelde waar sukses in die werksplek is gelyk aan sekskapades.) Die man met lae testosteroon gaan nie net sukkel om die corporate ladder te klim nie, maar hy gaan ook sukkel om die mas op te kom in die slaap kamer.

Mans van die Bybel het ook met hulle seksdrang gesukkel

Job was die rykste en mees suksesvolste man in sy land gewees. Maar hy was ook ‘n man wie se hart na God gedraai was. Sy stryd tussen gees en vlees het hom gebring tot ‘n punt waar hy ‘n belofte gemaak het om nie na jong meisie te kyk en hulle te begeer nie. (Job 31)

Koning Dawid was die mees suksesvolste koning wat Israel nog ooit gehad het, en hy het ook gesukkel om sy testosteroon in toom te hou en het Batseba vir te lank vas gehou. (2 Samuel 11)

Dit is nie verkeerd om ‘n hoe seksdrang te hê nie.

God het testosteroon vir jou gegee om jou te help om ‘n sukses in die lewe te maak en ‘n seks volle huwelik te hê. Wat ons kan leer van al die testosteroon gevulde manne van die verlede is dat dit nie verkeerd is om so te voel nie, maar as ons nie leer hoe om dit te beheer nie het dit die potensiaal om ons lewens en die geliefdes rondom ons baie seer te maak.

So volgende keer as jou lus vir seks jou begin pla, dank God dat Hy jou gemaak het met die regte stuff om ‘n sukses te maak. Vra Hom dan ook vir wysheid om dit reg aan te wend.

 

Wonder jy ooit oor die manne genoem in die Bybel? Abraham, Dawid, Salomo? Het hulle ooit gesukkel met hulle seksualiteit en wat het die Bybel daaroor om te sê? - Ja, maak seker jy lees my boek "Wat Adam my van seks geleer het". Om meer te lees gaan na http://www.gesondeseks.co.za/index.php/boeke 

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012
Continue reading
1568
Baie waar. Genesis 2:25 "Die man en sy vrou het naak voor mekaar gestaan, maar geen skaamte geken nie."

Om perfekte liefde in n huwelik te hê gaan jy moet leer om twee dinge te doen.
#1 Om jou beskermende hoë mure te laat sak (naak staan) en
#2 Om nie iets te sê of doen wat veroorsaak dat jou maat weer daardie hoë mure oprig nie. (aka nie jou maat skaam, skuld of seer te laat voel nie.)
Continue reading
1852
Hierdie vraag en antwoord verskyn in die Intiem tydskrif Des/Jan uitgawe. www.intiem.co.za

Vraag: 

Ek is hierdie jaar 5 jaar getroud..  ek het my man ontmoet waar hy n gereelde drinker was, hy hou van sy drank.

Ek het nie veel daarin gelees nie want ons is jonk en dis nie abnormal vir n jong man om

Te wil kuier en drink nie,

Maar tyd het aangestap en ek het agter gekom hy drink glad nie minder nie.

Na ons kinders gebore is, het ek baie verantwoordelik begin raak,  My man staan nog steeds daar waar hy gestaan het in die lewe. (ek verstaan nou hoekom mans kan se n vrou verander na sy die huwelik kontrak teken) – inteendeel ons wil verantwoordelik raak en mans wil stil staan in die lewe.

Hy drink elke aand tussen 2 en 5 glase drank (of dit nou bier of brandewyn of OBS is)

Ek het al vir hom gesê hy’t n probleem, maar hy se al wanneer hy n probleem het is wanneer hy

Begin bottles per dag drink en in kroeë rond hang ..

Wel my probleem is,  hoe hanteer ek dit van my kant af,  los ek hom om aan te gaan sal hy dalk in n volledige alcoholic verander en hys nie ‘in my oe” n baie goeie voorbeeld vir ons 2 dogtertjies nie, (nie as hy elke dag drink nie)

Of  hou ek aan moan en verloor dalk so my man, want as ek met hom daaroor praat dan baklei ons

My man word nie gou dronk nie, hy sal ook nie in n kroeg gaan rond le nie, hy kan net dood eenvoudig nie

Net n glasie Coke of sprite drink as hy dors is nie, daar moet altyd drank in wees. En even as niemand drink nie

Sal hy nog steeds drink, al drink die res van die mense tee of koffie, hy sal dood eenvoudig sy bottle uit haal en vir Homself skink, (ek hang dan my kop in skaamte)

Is ek verkeerd?  Is dit normal, en sal hy dit ontgroei as ek hom net los.

Let wel: ek karring glad nie aan hom hieroor nie, ek sal net nou en dan vir hom vra, waar kry hy geld vir n bottle as daar nie geld is vir kos nie, of ek dink hy drink bietjies baie vanaand.

Timothy Kieswetter antwoord:

Liewe anoniem, jy is verseker nie die enigste vrou wat in hierdie situasie haarself bevind nie. Kom ek begin om vir jou te antwoord op jou vraag, sal hy dit vanself ontgroei? Nee, ek dink nie so nie. Niemand van ons gaan somer net vir geen rede uit enige iets groei nie. Daar moet ’n ontwaking plaasvind. En vir sommige van ons vind so ’n ontwaking slegs plaas nadat ons ons koppe lelik gestamp het. Jou ontwaking het gebeur nadat jy kinders gekry het. Vir sommige vrouens voel ma-word soos een groot kopseer. Maar dit forseer jou om te groei en volwasse te raak.

’n Man aan die ander kant bly vir langer ’n ‘kind’ in baie opsigte want eers was dit hulle moeders wat vir hulle gesorg het en nou is dit hulle vroutjies. Hulle kan nog steeds terug sit en doen wat hulle wil.

Maar hier kom die probleem om die hele tyd jou man se drank probleem op te bring. Hy dink nie dit is ’n probleem nie, want volgens hom moet hy eers elke dag bottels uitdrink en in die kroeg eindig, voordat hy ’n probleem het. (Wat vir my sê daar is iemand in sy kinderjare wat vir hom hierdie voorbeeld gestel het) So om elke keer met hom te baklei oor sy drankprobleem en hy is nie in die kroeg nie, gaan hy net jou bekommernis afskryf aan vroulike bitchiness.

So hier is wat jy aan hom moet kommunikeer. Hoekom is sy huidige drank gebruik vir jou ’n probleem?

Tree hy anderste op as hy dronk is? Praat hy sleg met jou? Is hy kortaf met die kinders dan?

Jy moet vir hom wys dat sy huidige drank gebruik al sit hy nie in die kroeg nie, ’n probleem is.

Maar as jy slegs ’n probleem het met die drank omdat dit sosiaal sleg lyk of dat dit nie jou smaak is nie, dan stel ek voor jy ondersoek jou hart vir die eintlike probleem en ware issue. Dalk is dit omdat jy voel jy is die enigste ouer en dat hy jou nie genoeg help nie? Dan het die probleem niks te doen met sy drank gebruik nie, maar dat jy uitgeput en alleen voel. Kommunikeer dit so oor aan hom en los die drank, want dit is dan nie die rede hoekom jy so kwaad voel nie.

©Gesonde Seks, Timothy Kieswetter 2012
Continue reading

Gratis Eboek

Het jy al jou GRATIS e-Boek gedownload?


Jy kan die gratis ebook kry vol wenke en idees om die CEO van jou Huwelike te wees. Lees meer hier.

Twitter Feed

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top