Kry die tipe seks waarna jy begeer

“All sex are created equal, but some are created more equal than others.”

As jou seks dieselfde voel dag in en dag uit, jaar na jaar, het ek vir jou goeie nuus. Ek het vir jou ʼn antwoord hoe om jou sekslewe weer of dalk vir die eerste keer opwindend en vol passie te maak. Moenie dat enige iemand jou probeer oortuig dat seks net seks is en nie so belangrik is in ʼn huwelik nie. Seks is baie belangrik en ʼn goeie gesonde seks lewe kom nie sommer vanself nie.

Seks is ʼn kuns. ʼn Kuns wat bemeester kan word. ʼn Kuns wat jy kan geniet in jou huwelik, sonder om dit iewers anders te gaan soek. Moenie soos die meeste huwelik daar buite, vasgevang word met dieselfde seks dag na dag nie. Raak beter met seks, deur om die 5 vlakke van seksuele behoeftes te verstaan. Ek het die baie gewilde “Maslow’s hierarchy of needs” geneem en my eie Gesonde Seks hiërargie van seksuele behoeftes daarop gebou. In hierdie volgende 6 weke gaan ek julle stap vir stap wys hoe om ʼn meer vervulde sekslewe in jou huwelik te geniet.

Waarna kan jy uitsien:
Les 1 - Wat is Maslow’s hierarchy of Needs en hoekom is dit belangrik vir my huwelik
Les 2 - Seks omdat my liggaam dit benodig
Les 3 - Seks omdat ek lief is vir jou
Les 4 - Seks omdat ek ‘n familie saam met jou wil bou
Les 5 - Seks omdat ek nuwe dinge wil probeer en ‘n seks-connoisseur word
Les 6 - Seks omdat ek my fantasieë wil uitleef en beheer

 

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top