Gesonde Seks Mentorskap Program

"Gesonde Seks bevorder Gesonde Huwelike"

 

 

Wat is Gesonde Seks mentorskap?

Word deel van Gesonde Seks mentorskap en ontvang elke week ʼn epos wat gekoppel is aan 'n kursus van jou keuse. Daar is 'n reeks kursusse waarvan jy kan kies en elkeen is geskryf om jou in 'n spesifieke area van jou huwelik en seksualiteit te help. Hetsy dit is om ʼn knaende probleem op te los, jou nuwe tegnieke te leer hoe om van jou 'n seks-godin te maak of jou huwelik te versterk.

 

Wat is die kostes?

Vir slegs R120 p.m word jy aktief deel van ons Gesonde Seks mentorskap-program. Elke week ontvang jy 'n les per e-pos en aan die einde van die kursus sal jy die opsie hê om jou volgende kursus te kies. Daar word gereeld nuwe kursus bekendgestel en ons het sopas ons eerste Video Kursus gelaai. (Spesifiek ontwerp vir die mans wat nie daarvan hou om te veel te lees nie.)

 

 

Die kursusse wissel van geestelike onderwerpe tot suiwer seksuologies temas. Daar is iets vir die persoon wat nog skugter is oor sy/haar seksualiteit asook iets vir die waaghalsige avontuurlustiges!

Wat kry jy GRATIS?

Gesonde Seks SMS Huiswerk elke Vrydag en 'n Verhoudings Intimiteit's Toets, waar ons vir julle 'n verslag terug stuur met so paar opmerkings en voorstelle met watse van ons aanlyn kursusse julle die meeste baat sal vind.

Ons Gesonde Seks SMS Huiswerk is al oor die jare bewys om nie net die vonk terug te sit nie, maar ook om lae libido’s warm te maak en warm libido’s nuuskierig te hou. Maak seker jy ontvang elke week jou Gesonde Seks SMS Huiswerk sodat julle jul seks-roetine konstant kan groei met ons wit warm wenke.

 

 

Opgradeer tot een van ons Ekslusiewe kursusse vir mans en vrouens.

 

4 Maande Multiple Man Orgasme Kursus

 

Ons eerste AANLYN kursus spesifiek ontwikkel vir die MANNE.

Een van die grootste probleme wat ‘n paartjie in hulle slaapkamer beleef,  is dat dit te vinnig verby is. Die gemiddelde man neem enige tyd tussen 3 tot 5 minute van stimulasie voordat hy sy orgasme bereik, waar die gemiddelde vrou enige tyd vanaf 15 tot 25 minute kan neem voordat sy klimaks bereik.

Hierdie sou nie ‘n probleem gewees het indien die man nog vir sy vrou kon aandag gee nadat hy klaar sy orgasme bereik het nie, maar ons almal weet wanneer ‘n man klaar is, is dit KLAAR.

Hierdie veroorsaak ‘n baie ongesonde patroon waar die man minderwaardig oor homself begin voel as ‘n lover en sy vrou met die afleiding laat, dat sy net nie dieselfde plesier van seks kan geniet as haar man nie. Hierdie lei haar om OF haar orgasmes te fake OF om heeltemal op te gee op hulle.

Mans het al baie dinge probeer om langer uit te hou in die bed, soos om aan skoonma se kuier te dink, voor die tyd te masturbeer of selfs om produkte te gebruik wat die gevoel van die penis verdoof.

HIERDIE TEGNIEKE WERK NIE!

Oor die jare as seks-terapeut het ek geleer wát werk en wát werk nie en is ek baie opgewonde om al hierdie kennis in ‘n 4 maande aanlyn-kursus te sit, wat nie net die man gaan leer hoe om langer uit te hou tydens seks nie, maar hom leer hoe om ook sy eie multiple orgasmes te geniet.

Hierdie ekstra uithou vermoë gaan nie net die man se ego versterk nie, maar ook sy vrou die kans gee om nader aan haar eie seksuele plesier te kom SAAM MET HAAR MAN.

 

Alhoewel hierdie ‘n 4 maande kursus is, kan jy enige tyd kanselleer wanneer jy wil. Jy kan ook die kursus kombineer met hier en daar berading sessies as jy wel in Pretoria area woon.

Indien jy my elke week sou kom sien vir berading sou dit jou R2000 per maand beloop het, maar om op te teken tot hierdie “Multiple Man Orgasme kursus”, kos dit jou ‘n skrale R500 per maand.

Daar is plek vir slegs 10 mans in hierdie kursus.

Hierdie 4 Maande aanlyn kursus begin weer 1 November en die sluitingsdatum om in te skryf is 25 Oktober.

Pre-Registreer vandag om jou plek te bespreek.

 

 6 Maande Vrou Libido Vloei Kursus

  • Is jou lus vir seks geblus?
  • Wanneer laas het jy seks geïnisieer?
  • Kla jou man dat jy “koud” is in die bed?
  • Vind jy enige plesier vir jouself uit julle liefde-maak?
  • Sukkel jy om klimaks te bereik?

 

Indien jy jouself kan identifiseer in hierdie vra, is dit moontlik dat jy met ‘n geblokte libido-vloei sukkel.

Na 6 jaar se seksuologiese berading en duisende anonieme vrae, het ek ‘n terapie ontwikkel om die vrou se libido vloei weer te aktiveer.

Die nadeel van ‘n geblokte libido is dat daar nie gelyke balans in jou huwelik is nie. Hierdie ongelyke magsdinamika gaan daartoe lei dat jou huwelik in ‘n “tit-for-tat” verval. “Ek doen hierdie vir jou so ek verwag hierdie terug” of “Jy het my hier geweier so ek trek hier terug”.

Hierdie tipe verhouding is ‘n ticking time-bomb. Amper asof julle die kinderspeletjie warm-patat speel. Heen en weer gooi julle verantwoordelikhede, aantygings, begeertes en skimpe vir mekaar, tot op ‘n dag wanneer die warm-patat ontplof.

 

DIT ALLES KAN VERMEI WORD DEUR OM ‘N GESONDE INDIVIDUELE LIBIDO VLOEI WEER TE ONTWIKKEL.

 

Wanneer jy weer ‘n gesonde vloeiende libido het, haal jy outomaties al die spanning en druk waarop  jou huwelik rus om perfek te wees, af en gee weer vir julle die geleentheid om as twee gesonde seksuele-mense na mekaar te kom om die oomblik intiem te geniet.

 

Indien jy in Pretoria area woon, stel ek voor dat jy vir berading kom, vir die vinnigste resultate.

Maar as jy te ver bly of nie genoeg tyd het om af te staan vir berading nie, is hierdie “Gesonde Libido” aanlyn-kursus spesiaal ontwerp vir jou.

Dit is ‘n 6 maande kursus, wat vir jou toegang gee tot ons hele Mentorskap program en aanlyn e-kursusse en weeklikse Gesonde Seks SMS huiswerk.

Maar die fokus moet liefs nie op dit wees nie, dit is daar vir jou man om homself besig te hou en voor te berei vir die warm seks godin wat hy oor 6 maande in die bed gaan vind.

Die fokus gaan wees op die 1op1 WhatsApp berading wat ons gaan doen om spesifiek te verstaan waar jou libido-blok vandaan kom en strategies dit begin genees.

ONTHOU!!! Geen vrou word koud gebore nie. God het elke vrou ‘n werkende warm gesonde seksuele-mens gemaak. Dit is buite-faktore wat haar libido rivier opgedam het.

So moenie net aanvaar dat “dit is maar hoe ek is nie”, NEE!!! Daar is ‘n inner seks godin wat smag om uit te kom en die lewe saam met jou te geniet.

 

Alhoewel hierdie ‘n 6 maande kursus is, kan jy enige tyd kanselleer wanneer jy wil. Jy kan ook die kursus kombineer met hier en daar berading sessies as jy wel in Pretoria area woon.

As jy my elke week sou kom sien vir berading sou dit jou R2000 per maand beloop het, maar om op te teken tot hierdie “Gesonde Libido” kursus, kos dit jou slegs R500 per maand.

Daar is plek vir slegs 10 vrouens in hierdie kursus.

Hierdie 4 Maande aanlyn kursus begin weer 1 Oktober en die sluitingsdatum om in te skryf is 25 September.

Pre-Registreer vandag om jou plek te bespreek.

 

 

Kliek hier om in jou verhouding te begin belê.

Gesonde Seks Mentorskap e-pos kursusse tans beskikbaar:

  • Video Kursus: 6 Weke tot meer gereelde Seks
  • 4 Maniere hoe om jou liefde te verdiep
  • Bou julle intimiteit
  • Kry die tipe seks waarna jy begeer
  • Orgasme 101
  • Orale Seks 101
  • Tantric Seks vir Christene
  • Bou julle intimiteit
  • Seks Speelgoed 101
  • Die 5 Tale van Liefde
  • Van Seuntjie tot Man in die Huwelik
  • Maak jou langafstandverhouding floreer
  • Hoe om deur julle verskille te werk
  • Huwelik voorbereiding vir verloofdes en pasgetroudes
  • Verbeter jou kommunikasie - (Deel 1)
  • Verbeter jou kommunikasie - (Deel 2)
  • Hoe om met jou kind te praat oor seks
  • God het seks gemaak en gesê dit is goed
  • Affair-proof jou huwelik
  • Salomo se liefdes geheime
  • Die Hooglied-vrou
  • Seks na swangerskap
  • Hoe om te breek met jou pornografie verslawing
  • Hoe om teleurstellings in jou huwelik te verwerk
  • Maak jou saamgestelde gesin werk
  • Styl en voorkoms

SKRYF MY IN VIR DIE MENTORSKAP PROGRAM

Getuienisse

Watse impak het die Gesonde Seks Mentorskap e-Kursusse al op julle huwelik gehad?

“Dit het 'n baie groot impak gemaak, veral omdat my man met PE sukkel. Ons doen elke aand die oefening. Ons het ook geleer van watse soene elkeen hou en wat werk. Baie dankie” – Anoniem van Gauteng

“Verbetering in intimiteit asook n langer saam wees tydens seks” – Anoniem van Kaapstad

“Om oop te wees met mekaar en as iets pla praat daar oor moet dit nie in hou nie.” - Anoniem van Bloemfontein

“Verstaan mekaar se behoeftes beter. Ondersteun mekaar meer.” – Anoniem van Pretoria

“Ek het baie gesukkel met jaloesie en selfbeeld. Daar was n spesifieke les wat dit aangespreek het wat my baie gehelp het.” – Anoniem van Klerksdorp

“Beter orgasmes en lekkerder penetrasie” – Anoniem van Natal

“Ek as vrou sal nie meer so preuts wees nie, meer dinge probeer” – Anoniem van Pietersburg

“Ek voel dat dit reeds n inpak gemaak het, en dat ek wel squirting bemeester en dit nooit besef het nie. Ons werk nou aan veelvuldige orgasmes vir ons albei. Ons geniet ons seks lewe en deel graag met mekaar oor alle aspekte van genot wat ons beleef. Gelukkig is beide ek en my man baie lief en groot aanhangers van gesonde seks en die erotiese opkikkering. Lank lewe gesonde seks vir jonk en oud. Baie dankie” – Anoniem van Johannesburg

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top