Meer oor Timothy Kieswetter

Wie is Timothy Kieswetter?

Timothy Kieswetter is al vir 13 gelukkig jare getroud aan Janet. Saam het hulle vyf pragtige dogtertjies, Janéy, Ilani, Tenike, Michaela en Nivea.

Timothy is bekend as ’n Bybel en Seksualiteit kenner. Na skool het hy Bybelskool gestudeer en was ’n jeug-pastoor by ’n gemeente in Johannesburg en het vir ’n hele paar jaar daarna interkerklike bedien. Hy het egter die behoefte van gesonde seksualiteit in die kerk wêreld raak gesien.

Hy het sy Meester graad in seksuologie by die Akademie vir Seksuologie en is besig met sy Doktorale studies.Hy is ’n gereelde skrywer asook spreker en radio gas oor die onderwerp van gesonde seksualiteit. Sy teologiese agtergrond en insig in seksuologie, gee vir hom ’n unieke en vars perspektief rondom die ‘taboo’ onderwerp van seksualiteit.

Getuienisse

"Ek en my vrou het nog altyd 'n wonderlike huwelik gehad, maar nadat ons albei deelneem aan die gesprekke op die Gesonde Seks Facebookblad het dinge net verbeter en is ons nader aanmekaar as ooit tevore. Ons kry mekaar op die Facebookblad en praat dan elke dag oor die sake wat daar bespreek word. – Jacques Botha, Pretoria.

"Timothy is iemand wat dit oor bestaande grense van beperkings waag. Wat Adam my van seks geleer het, is 'n openbaring van God se plan met ons seksualiteit. Wat voorheen as vooropgestelde taboes beskou is, word 'n deur tot 'n nuwe vars en spontane verhouding met God en jou huweliksmaat. Dit gee jou vrymoedigheid om jou seksualiteit sonder skuld en skaamte te kan uitleef.

"As Timothy se ouers, erken ons sy passie vir mense en dat hy die volledige mens; gees, siel en liggaam wil verryk om sodoende bestaande verhoudings en families te versterk. Knap gedaan Timothy! Ek weet hierdie boek gaan almal wat dit lees baie seën. - Gary en Rhona Kieswetter, Bedieningsegpaar

Wat ek alles aanbied

Omdat elke mens se seksualiteit uniek en kompleks is, is daar nie een antwoord vir almal nie. Deur sekere biologiese, psigologiese, en godsdienstige redes word jou eie unieke seksuele bloudruk gevorm wat jou die unieke mens maak wat jy is. Met Gesonde Seks praat ek met elke mens op sy vlak – of jy nou konserwatief of oopkop is oor die tipe van goed. Dit maak nie saak wie jy is nie, God het jou as 'n seksuele wese geskape met die doel dat seksualiteit vir jou 'n seëning sal wees en nie 'n straf nie.


Hier is 'n paar van my dienste:
- Praatjies oor seksualiteit met enige groep en van enige ouderdom
- Berading vir paartjies en individue
- Vraag en Antwoord op my Facebookblad
- Webjoernaal-inskrywings oor aktuele seksuele sake
- Wit warm wenke en gesonde seks huiswerk op my Facebookblad

Hier is 'n paar van my produkte:
- Boeke
- CDs
- DVDs
- Sensuele e-boeke
- Gesonde Seks
- aanlyn kursusse

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top