Ontdek mekaar se Seksualiteit - 3 CD Reeks

Nee Reviews
Price with discount: 150,00 R
Sales price: 150,00 R
Sales price without tax: 150,00 R
Sales price: 150,00 R
SKU: Ontdek mekaar se Seksualiteit - 3 CD Reeks
Hierdie Audio CD-Reeks bestaan uit 3 CD's om jou te help om jou maat se seksualiteit te ondek. 1. Verstaan dat God jou 'n seksuele mens gemaak het 2. Verstaan die Seksuele Man 3. Verstaan die Seksuele Vrou
Back to: MP3's

Verstaan dat God jou 'n seksuele mens gemaak het Timothy skiet al die ou denkwyses uit die water! God het seks gemaak en wil hê ons moet die VIER, nie wegsteek of onderdruk of net daaroor droom nie. Kyk saam deur Genesis en besef hoe belangrike die geskenk van seks is. Dis tyd dat mense die preutse oogklappe wegneem en deur God se oë na seks kyk.

Wees gereed vir jou perspektief rondom seks om uitgedaag te word! Verstaan die Seksuele Man: Mans en Vrouens weet so min van hul seksualiteit af. Ons neem aan alle mans is dieselfde, maar eintlik is elkeen ingewikkeld en daar is heelwat sielkunde gekoppel aan jou seksuele gedrag. Wat is normaal? Hoekom tree mans op soos hulle doen? Wat maak jy met al die gedagtes in jou kop? Hoe lewe 'n man volgens God se prinsiepe terwyl hy met sy seksualiteit worstel? Vrouens, wil jy jou man beter verstaan? Dan gaan hierdie praatjie baie vir jou verduidelik.

Verstaan die Seksuele Vrou: Die vrou se belangrikste seks-orgaan is haar brein. Omdat haar gedagtes, denke en gevoelens so groot rol speel in hoe sy seksueel opgewek word, is dit belangrik dat haar man weet wat in haar kop aangaan. Hierdie is nie net 'n stap vir stap oor hoe om te gaan van zero tot Hero nie, maar ook hoe om die liefde tussen man en vrou te sement vir ewig. Dit is moontlik om vir ewig verlief te voel, vind nou uit hoe!!

There are yet no reviews for this product.

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top