Wat Adam my van Seks geleer het (PDF)

Nee Reviews
Price with discount: 69,00 R
Sales price: 69,00 R
Sales price without tax: 69,00 R
Sales price: 69,00 R
SKU: Wat Adam my van Seks geleer het (PDF)
Timothy Kieswetter het hier baanbrekerswerk gedoen. Hierdie is ʼn waardevolle boek, vir die moderne Christen-man. - Elmari Mulder Craig, Seksuoloog
Download:
Price: No additional charge
Back to: e-boeke

Die woord seks en seksualiteit maak die meeste van ons ongemaklik, veral as dit in dieselfde konteks as die Bybel en Christenskap gebruik word. Baie mans sukkel om hul seksualiteit en Christenskap bymekaar te bring sonder om daaroor skuldig te voel.

Kan ʼn Christenman sy seksualiteit geniet sonder om sy geloof prys te gee?

Wat Adam my van seks geleer het beantwoord hierdie vraag. Dit kyk na Bybelkarakters vanuit ʼn heeltemal nuwe oogpunt om te sien watter lesse aangaande seksualiteit ons van hulle kan leer. Vanaf Adam wat deur Eva se kaal-lyfie betower was tot Jesus wat owerspel vergewe het. Jy gaan lees van Abraham se lae libido, Simson se hoë libido, Ruben wat verlief op ʼn cougar was en Dawid se sekskapades. Jy gaan ook lees van Solomo wat ʼn duisend vrouens gehad het tot en met Paulus wat eerder glad nie wou trou nie.

Hierdie boek raak alle seksuele onderwerpe aan waarmee die moderne man vandag mee gekonfronteer word. Dit sal jou insig gee in jou eie seksualiteit en hoe om dit te kan geniet en uit te leef soos God dit oorspronklik bedoel het.

“Timothy beweeg met wysheid, kennis en vaardigheid binne die pole van humor en erns, teorie en praktyk asook geloof en werklikheid.” - Prof Johann Lemmer – President van die Akademie vir Seksuologie van Suid-Afrika

- “Timothy Kieswetter het hier baanbrekerswerk gedoen. Deur die fisiese, emosionele en godsdienstige aspekte van seksualiteit suksesvol te kombineer in ʼn gesonde geheel. Hierdie is ʼn waardevolle boek, vir die moderne Christen-man.” - Elmari Craig – Skrywer van Die A-Z van Seks

Meer oor die skrywer
Timothy Kieswetter is ʼn Bybel- en seksualiteit-kenner. Na skool het hy teologie gestudeer en was ʼn jeug-pastoor by ʼn gemeente in Johannesburg. Hy het ook ʼn hele paar jaar daarna interkerklik bedien. Hy is tans besig met sy meestersgraad in seksuologie aan die Akademie vir Seksuologie van Suid-Afrika. Hy is ʼn gereelde skrywer vir Intiem-tydskrif asook spreker oor die onderwerp van gesonde seksualiteit. Hy is reeds vir 8 jaar gelukkig getroud met Janet. Saam het hulle twee pragtige dogtertjies, Janéy en Ilani.

There are yet no reviews for this product.

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top