Artikels

Die Stripshow

Dié Stripshow is nie jou gewone stripshow nie, o nee, in hierdie teater produksie, gaan ons vir Timothy Kieswetter in ‘n hele nuwe lig sien. Dit is ‘n one-man-show met ‘n twist. Vir dié van julle wat vir Timothy goed ken gaan dit ‘n groot verrassing wees – daar gaan dele van hom besigtig word, wat nog nooit ontbloot is nie...

Maar nie te vrees nie, in hierdie stripshow word daar met woorde, en nié klere gestrip. Dit is ‘n ontbloting van die volstruis-mentaliteit van ons hedendaagse gemeenskap waarin ons lewe.

Die gehoor sal ‘n ontmaskering en ontnugtering van seksuele taboe beleef soos nog nooit tevore. Daar gaan uit die kas (of eerder dedur die deur) geklim word om die sluiers te lig van hierdie ongesproke onderwerp.

Daar is ook dan natuurlik die paar kinkels in die kabels, soos met enige verbode vrugte...askies, onderwerpe... Met ‘n paar “kinky pink” hoëhakskoene en “fishnet stockings” sal niemand twyfel dat hierdie ‘n sexy produksie is nie, en selfs ‘n paar “fluffy handcuffs” sal die gehoor geboei hou tot die einde.

Daar is ‘n Engelse spreekwoord wat sê “You need to grow a pair...”, en met Die Stripshow was dit nog nooit meer waar gewees nie. Sensitiewe onderwerpe gaan getakel word en ‘n goeie sin vir humor word vereis. Hierdie nie jou gewone komedie show is nie, sal elke lid in die gehoor iets van die show af kan wegvat wat sy/haar sekslewe sal verryk. 

Kry jou kaartjies nou vir ons volgende Kaapstad show:

Venue: Artscape Teater

Datum: 30 Junie en 2 Julie 2016

Tipe Produksie: “Een-man-produksie" (Stand-up, sit-down, lay-flat and strip-off comedy show)
Kunstenaar: Timothy Kieswetter
Lengte: Ongeveer 90min
Kaartjies Beskikbaar: Computicket

Uittreksels van "Die Stripshow"

Lus vir 'n bietjie suiker?

Suiker is ‘n baie lekker deel van ‘n mens se lewe. Dit maak die lewe soeter en smaakliker. Sommige mense geniet 'n groot inname daaglikse suiker, terwyl ander daarsonder probeer lewe. Suiker het die vermoë om enige bitter ding ‘n bietjie soeter te maak. Kom kyk na my volgende Gesonde Seks standup comedy show. Kaartjies beskikbaar by Computicket.

Vulva, nie Volvo nie.

Die meeste van ons seksuele issues is almal gegrond in hoe ons ouers vir ons van seks vertel het. (Of nie vertel het nie.) Maar meer as wat ons ouers vir ons gesê het of nie gesê het nie, dit was hoe ons laat VOEL het oor seksualiteit. En omdat die meeste van ons ouers self ongemaklik gevoel het rondom seksualiteit, was daardie negatiewe, ongemaklike, taboe siening rondom seksualiteit na die volgende generasie aangestuur. Geniet hierdie uittreksels van my Gesonde Seks "Die Stripshow" waar ek Gesonde SeksEd vir jou gee.

Terugvoering van openingsvertoning:

 

Kontak Ons

Adres:

698 Picassostraat, Moreletapark, Pretoria

Beradings ure:

Ma - Vr: 9:00 - 16:00

Telefoon:

Tel: 086 111 2329

Sel: 082 565 7373

Faks: 086 224 5948

Bly in Kontak

Volg ons op Twitter en Facebook.

Top