Elke persoon wat sy anoniem vraag in stuur na ons Gesonde Seks Facebook blad dink hulle storie is uniek en net hulle man of net hulle vrou doen dit of dat. Ons wat almal se unieke stories en vrae lees, kom baie vinnig agter almal se huwelike gaan maar op een of ander stadium deur dieselfde dinge.
Een van hierdie ontnugterende dinge wat elke vrou (99.9%) iewers in haar huwelik sal deur gaan is wanneer sy haar man vind besig om te masturbeer, of in die stort of op die bed. (Ek praat nie nou van die masturbeer voor die rekenaar of selfoon nie. Daardie tipe porn-masturbasie verdien ʼn artikel van sy eie. Vandag se artikel gaan slegs oor die porn vrye masturbasie.)
Dit is ʼn mite dat mans net kan masturbeer terwyl hulle porn kyk. Hierdie is nie waar nie en die meeste mans ruk en pluk sommer met hulle oë toe.
Die stort is die algemene plek waar vrouens hulle mans vang masturbeer, want dit is een van die man se gunsteling masturbeer plekke. (Dames moenie te omgekrap word nie, weet darm jou man se genitalieë is skoon gewas. 3 minute op een plek was, is goeie higiëne.)
Maar so normaal soos wat dit vir die man dalk is (hierdie stort masturbasie kom al van sy puberteitsjare) is dit ʼn groot skok vir die vrou. Die gevoelens en emosies wat die vrou beskryf wanneer sy haar man vang met sy piesang in die hand is een van verwerping, seer, verbreekte vertroue, jaloers, kwaad, hartseer, verkleinering, voel nie goed genoeg nie, voel verneuk, ens.
Al hierdie gevoelens is geldig in die sin dat dit is wat die vrou op daardie oomblik voel. Maar soms word ons gevoelens bepaal deur mites en taboes en nie deur realiteite en feite nie.
Mites en taboes wat die vrou laat voel daar is fout met haar as sy haar man vind op sy eie masturbeer:
#1 Soulmate mite
Soulmate is ʼn term wat opgemaak is sodat ons die soulties kan breek van vorige seksuele maats en die persone in die verhouding seksueel eksklusief probeer hou. Alhoewel die twee doele met hierdie soulmate mite mooi en reg is, glo ek die metode om by daardie doele uit te kom is foutief
Sien nêrens in die Bybel lees ons van soulmates of soulties nie. Dit is wel moontlik dat twee mense so intiem kan wees dat hulle meer as net hulle liggame deel, maar ook hulle siele. Enige gewone seks maak nie twee siele een nie. Sulke intimiteit is skaarser as hoendertande.
Ons het die konsep van soulmates gebruik om liefde en seks sinoniem aan mekaar te koppel. Ek het seks met die persoon wie ek lief het en ek is lief vir die persoon met wie ek seks het. Weereens in beginsel stem ek saam en in ʼn ideale wêreld sal dit so wees.
Dit is juis as gevolg van hierdie konneksie tussen die seksuele en liefde wat vrouens verneuk voel wanneer hulle hul mans vind masturbeer (seks hê met hulleself) sonder hulle. Die default reaksie van die vrou is “Maar dis hoekom ek hier is” of “Vind hy my nie meer seksueel begeerbaar nie?”
Met hierdie twee default reaksies wat gegrond is in die soulmate mite (liefde = seksualiteit) kan ons verstaan hoekom die vrou voel soos sy voel wanneer sy ontnugterd word oor haar man se solo-spel.
Liefde en seksualiteit is twee verskillende dinge. (Dit is ideaal en goed as dit saamwerk, maar die is nie gelyk aanmekaar nie.)
Liefde in hierdie konteks kan ons opsom as ʼn keuse. Ek het gekies om met jou te trou en saam met jou te lewe, saam met jou ʼn gesin te begin en saam met jou oud te word. Liefde = keuse.
Seksualiteit in hierdie konteks kan ons opsom as ʼn lus. Ek is nou lus vir ʼn orgasme. Ek is nou lus om aan myself te vat. Ek het lus om lekker te kry. (En ja dames mans kan lus raak sommer sonder enige goeie rede. Wanneer die vrye testosteroon in sy bloed opbou en te veel raak, gaan hy lus raak.)
#2 Seksuele openlikheid
Genesis 2:25 praat van die man en sy vrou wat albei kaal staan voor mekaar en geen skaamte ken nie. (Dis die ideaal.) Maar ongelukkig is die meeste paartjies so toe geplak met hulle vyeblare dat hulle nie aan hulle maat al hulle seksuele begeertes, fantasieë en aktiwiteite deel nie. (As gevolg van die vrees dat sodra my vrou uitvind ek het ʼn lus om nog te masturbeer, al geniet ek seks met haar en vind haar lyf begeerbaar, dat sy my skaam en skuldig gaan laat voel oor wat ek gedoen het.)
Omdat hierdie ʼn geheim bly en die vrou heel toevallig haar man vind masturbeer, voel dit asof haar man vir haar gelieg het. Hy steek iets weg. Hoe lank gaan hierdie verneukery nou al aan. En haar hele wêreld val in mekaar.
Dit is nie die maklikste ding om kaal te staan voor mekaar en mekaar nie skuldig of skaam te laat voel daaroor nie, maar om geheime te hou gaan die gevoelens van verraad net soveel groter maak, wanneer dit wel eendag gaan uitkom.
#3 Masturbasie is ʼn vreemde konsep vir baie vrouens
Mans masturbeer al vanaf hulle puberteitsjare en vir die meeste het dit ʼn maandelikse, weeklikse, daaglikse roetine gewond. Daar is niks daarmee fout nie. Die meeste van ons eet drie maal ʼn dag want ons het dit nodig, dit is goed vir ons en ons het lus om te eet.
Moenie vergeet ons is ook seksuele wesens en dit is gesond vir ons om daardie seksuele lus en begeertes na op te sien. Masturbasie is by vêrre die veiligste en maklikste manier om seksueel te ‘eet’.
Net omdat ek voel hier is ʼn paar mense wat nou al so met my verskil, sal ek die volgende verdere vergelyking maak met eet en masturbasie. Al eet ek driemaal ʼn dag, wat niemand snaaks van my gaan dink nie, is dit ʼn sosiale aanvaarbare ding om te doen. Maar die oomblik wanneer ek nie meer tevrede is om my eie kos te eet nie en ek begin ander mense se kos te eet, dit is die oomblik wanneer my eetlus ʼn oorhand oor my gekry het.
Netso is masturbasie ʼn veilige en veronderstel om ʼn sosiale aanvaarbare ding in die privaat te wees, maar die oomblik wanneer ek my seksuele lus op iemand anders forseer, dan is ek besig om trauma en abuse te veroorsaak.
Manlike masturbasie is dalk nie ʼn goedgekeurde aktiwiteit nie, maar word tog aanvaar deur die meerderheid dat die meeste mans dit tog doen. (Boys will be boys)
Maar wat van vroulike masturbasie?
Verbeel jou jy vind jou tiener seun besig om te masturbeer. Hoe reageer jy?
Nou verbeel jou jy vind jou tiener DOGTER besig om te masturbeer. Hoe reageer jy?
Die meeste mense sal heeltemal anders reageer as dit hulle dogter is want meisies mag dit nie doen nie. Die seksuele taboe is baie meer op die vroulike seksualiteit as wat dit op die manlike seksualiteit is.
Dit is ʼn groot probleem want die vrou gaan deur haar puberteitsjare en baie van hulle gaan deur hulle hele huwelik sonder om een keer aan hulle self te vat en die plesier van ʼn orgasme te beleef. So masturbasie is so taboe en verwyder van haar gedagtes dat wanneer sy uitvind van haar man se masturbasie roetine, is dit iets wat vreemd en onbekend is tot haar.
Dit is ʼn gewilde afleiding wat voel: “Omdat ek dit nie doen of lus het vir dit nie, is jou lus vir dit en jou masturbasie abnormaal.”
So ten slote.
- Masturbasie is gesond en normaal en voordelig vir beide die man en vrou. Getroud of enkel.
- Jou maat se masturbasie is nie ʼn bewys dat hy aan iemand anders dink of nie meer van jou hou nie.
- Jou maat se masturbasie is nie ʼn teken dat seks met jou is boring nie.
- So in plaas van om jou maat skuldig en skaam te laat voel oor sy naaktheid, begin om hom te verstaan en aanvaar vir die seksuele testosteroon gevulde man wie hy is.
- En asseblief begin om jou eie seksuele godin wat in jou dormant lê te ontdek deur om met jou eie masturbasie roetine te begin.