
Timothy Kieswetter is al vir 16 gelukkig jare getroud aan Janet. Saam het hulle vyf pragtige dogtertjies Janéy, Ilani, Tenike, Michaela en Nivea.
Timothy is ‘n seks terapeut en komediant. Na skool het hy Bybelskool gestudeer en was ‘n jeug-pastoor by ‘n gemeente in Johannesburg en het vir ‘n hele paar jaar daarna interkerklike bedien. Hy het egter die behoefte van gesonde seksualiteit in die kerk wêreld raak gesien.
Hy het sy Meester graad in seksuologie by die Akademie vir Seksuologie en is besig met sy Doktorale studies. Hy is ‘n vele boeke oor die onderwerp geskryf en is ‘n gereelde spreker op radio oor die onderwerp van gesonde seksualiteit. Sy teologiese agtergrond en insig in seksuologie gee vir hom ‘n unieke en vars perspektief rondom die “taboo” onderwerp van seksualiteit.
Getuienisse
“Ek en my vrou het nog altyd ‘n wonderlike huwelik gehad maar nadat ons albei deelneem aan die gesprekke op die Gesonde Seks Facebookblad het dinge net verbeter en is ons nader aanmekaar as ooit tevore. Ons kry mekaar op die Facebookblad en praat dan elke dag oor die sake wat daar bespreek word.” Jacques Botha Pretoria.
“”Timothy is iemand wat dit oor bestaande grense van beperkings waag. Wat Adam my van seks geleer het is ‘n openbaring van God se plan met ons seksualiteit. Wat voorheen as vooropgestelde taboes beskou is word ‘n deur tot ‘n nuwe vars en spontane verhouding met God en jou huweliksmaat. Dit gee jou vrymoedigheid om jou seksualiteit sonder skuld en skaamte te kan uitleef.
“”As Timothy se ouers erken ons sy passie vir mense en dat hy die volledige mens; gees siel en liggaam wil verryk om sodoende bestaande verhoudings en families te versterk. Knap gedaan Timothy! Ek weet hierdie boek gaan almal wat dit lees baie seun”. – Gary en Rhona Kieswetter Bedieningsegpaar
Wat ek alles aanbied
Omdat elke mens se seksualiteit uniek en kompleks is is daar nie een antwoord vir almal nie. Deur sekere biologiese psigologiese en godsdienstige redes word jou eie unieke seksuele bloudruk gevorm wat jou die unieke mens maak wat jy is. Met Gesonde Seks praat ek met elke mens op sy vlak of jy nou konserwatief of oopkop is oor die tipe van goed. Dit maak nie saak wie jy is nie God het jou as ‘n seksuele wese geskape met die doel dat seksualiteit vir jou ‘n seëning sal wees en nie ‘n straf nie.
Hier is ‘n paar van my dienste:
- Praatjies oor seksualiteit met enige groep en van enige ouderdom
- Berading vir paartjies en individue
- Vraag en Antwoord op my Facebookblad
- Webjoernaal-inskrywings oor aktuele seksuele sake
- Wit warm wenke en gesonde seks huiswerk op my Facebookblad
Hier is ‘n paar van my produkte: - Boeke
- CDs
- DVDs
- Sensuele e-boeke
- Gesonde Seks
- aanlyn kursusse