Description
Aanlyn Kursus Kurrikulum
Week 1 – Die ontmoeting
Besef daar is ‘n baie spesifieke onbewuste rede hoekom jy verlief geraak het op hierdie persoon. Daardie rede, as dit onbewus bly gaan een van die hoofredes word vir julle konflik en ongeluk in die verhouding. In hierdie les, gee ek jou die tegnieke hoe om hierdie onbewuste redes raak te sien en te verstaan.
Week 2 – Sy wêreld/Jou wêreld
Baie glo om ‘n gesonde verhouding te hê moet julle alles saam doen, nooit baklei nie en in alles opsigte die spreekwoord “twee word een” tot waarheid bring. Ongelukkig is dit so maklik om jouself te verloor in die proses om “een te word” met die ander een, dat na ‘n ruk jy glad nie meer weer wie jyself is nie. In hierdie les, wys ek jou die belangrikheid om twee gesonde individue te bly in ‘n verhouding, wat ‘n gemeenskaplike spasie met mekaar deel.
Week 3 – Vriende
Vriende kan ‘n verhouding maak of breek. Maar meer belangriker as om met jou maat se vriende oor die weg te kom, is om vir sekere dinge dop te hou, wanneer jou maat met sy vriende kuier. Met jou kan daar maklik beste voetjie voorgesit word, maar as jy weet waarvoor om te kyk, wanneer jou maat tussen vriende is, gaan jy vinnig ‘n deel van hom/haar raak sien wat jy anderste nooit sou van geweet het nie.
Week 4 – Stokperdjies
Speel is ‘n baie belangrike deel van jou maat se lewe, een wat jy jaloers of selfs in kompetisie mee moet gaan nie. ‘n Gesonde Seks verhouding is een wat mekaar se speeltyd gun in plaas van om druk te plaas om groot te word en mekaar #1 prioriteit in mekaar se lewe te maak. Hierdie druk maak die huwelik ‘n tronk in plaas van ‘n plek van rus en vrede. Maar nie alle “me-time” is gesond nie. Hier is die 5 eienskappe wat ‘n passie-stokperdjie nodig het om gesond te wees.
Week 5 – Werk en Ambisie
Ambisie is iets wat ons uitsoek in potensiele sielsgenote. Maar hierdie ambisie kom met ‘n prys. Maak seker jy weet wat dit alles vir jou beteken as jou partner ‘n sterk of lae werksdryf het.
Week 6 – Familie
Jy trou nie net die persoon nie, maar die hele familie. Neem ‘n oomblik om dit te laat insink. Jou man/vrou is ‘n produk van hulle ouerhuis. Hulle dra die DNA van jou toekoms skoonfamilie. Familie is die #3 rede hoekom huwelike eindig om te skei. So hierdie is ‘n Dating Trap wat ons seker moet maak ons gee aan genoeg aandag.
Week 7 – Kerk
Spiritualiteit is ‘n belangrike deel van die persoon se lewe en dus ook enige verhouding. Maar hoe deel jy iets wat eintlik so privaat is? Hoe lyk ‘n gesonde godsdiens in ‘n verhouding?
Week 8 – Konflik hantering
Die laaste les wat jy uit hierdie kursus moet neem, is ook die belangrikste les wat jy in jou toekoms verhouding moet in neem. KONFLIK HANTERING. ‘n Teken van ‘n gesonde verhouding is nie een wat nooit baklei nie, maar een wat deur hulle bakleiery kan groei.