Timothy Kieswetter se splinternuwe komedie – Kinders by dosyne is ‘n moet-sien produksie vir enige ouer, groot-ouer of selfs toekomstige ouer. Timothy spreek hierin die uitdagings van moderne ouerskap aan en ook hoe om nog tyd vir mekaar in die huwelik te vind.
Kinders by Dosyne” is `n eerlike en komiese blik op die uitdagings van ouerskap, vanaf geboorte tot hulle die huis verlaat.
Soms voel dit asof jy jou kind net wil foeter… dis okay!
Solank jy net nie die volgende generasie opfoeter nie.
Kom lag en huil saam met my in my nuwe opvoedkundige komedie “Kinders by Dosyne” oor die uitdagings van moderne ouerskap en hoe om nog tyd te vind vir mekaar in die huwelik. Ek gaan vir jou die top 10 opfoeters uitwys wat ons as ouers onbewustelik doen teenoor ons kinders, wat eintlik hulle net opfoeter.
Reviews
There are no reviews yet.