Die verlies van ‘n kind is dikwels ‘n tema wat liefs nie oor gepraat word nie. Dit is egter so ‘n nodige area vir genesing uit God se hart in so baie mense se lewens.
Die boek is vir alle ouerpare wat miskrame beleef het of hulle baba weens stilgeboorte verloor het. In die boek Leeg verduidelik drie kenners – ‘n ginekoloog, ‘n pastoor en ‘n pastorale terapeut hoekom so iets gebeur, en hoe om dit te verstaan en te verwerk. Toegelig deur ware verhale van mense wat self deur soortgelyke ervarings is, bied Leeg praktiese inligting, hulpbronlyste – en vertroosting.
Saam met swangerskap kom hoop en drome. Maar vir vir sommige spat dié drome wreed aan skerwe met ‘n miskraam of stilgeboorte, wat vrae laat soos: Waarom, Here? Leeg is ‘n praktiese gids saamgestel deur ‘n dokter, ‘n pastoor en ‘n pastorale terapeut, spesiaal vir ouers wat ‘n miskraam of stilgeboorte beleef het. Dis vir elkeen wat sit met worstelvrae en magteloos voel teenoor die verlies. Die pad van rou en aanvaarding is geensins maklik nie, maar te midde van dit alles ís daar hoop.
Reviews
There are no reviews yet.