Description
“Ek kry jou man eendag vreeslik jammer.” Is een van die eerste sinne wat ek vir Janet gesê die dag toe ek haar ontmoet. Hoekom? Haar siening oor seks.
So baie vrouens het soos sy groot geword dat dit iets vleeslik, vuil en selfs sondig is. Dit is iets wat jy as vrou vir jou man moet gee, anderste gaan soek hy dit op ‘n ander plek.
Hierdie siening beteken net een ding. ‘n Lae Libido.
Hoekom sal enige vrou lus voel om seks te inisieer as dit soos ‘n vuil werk voel?
Daarom was my vrou my eerste Gesonde Seks kliënt.
En 20 jaar later, kry ek haar man glad nie meer jammer nie. Ek is die gelukkigste man onder die son.
Maar om te gaan van ‘n lae libido tot ‘n hoë libido is nie so eenvoudig soos om ‘n kop besluit te maak nie.
Maar gelukkig vir julle weet ons presies hoe om enige vrou van yskoud tot vuurwarm te neem.