Vergewe en Vertrou weer in 8 weke

Vergeet van vergewe en vergeet. Jy probeer al vergeet vir weke, maande, selfs jare. Maar daar is niks fout met jou geheue nie. Jy onthou baie goed. Sommige dae is beter as ander, maar dit is net asof jy nie kan vry breek van die seer van om op verneuk te word nie. In hierdie aanlyn video kursus, gaan jy die tegnieke en beradings beginsels leer hoe om te VERGEWE en VERTROU in 8 weke te herbou.

Vir wie is hierdie kursus?

Hierdie kursus is vir die persoon in ‘n verhouding wat op verneuk was. Vertroue is gebreek en jy sukkel om weer jouself volkome in die verhouding kwesbaar te maak. Ten spyte van die seer wat jy voel, het jy besluit om NIE TE SKEI NIE.

Jy bly in die verhouding. Jy is lief vir jou maat. Jy wil dit maak werk.

Maar jy sukkel. Jy sukkel om weer te vertrou, jy sukkel met jaloesie, jy sukkel om te glo, jy sukkel met hartseer, woede en bitterheid.

Hierdie kursus is vir JOU!!!

Jy gaan die nodige tools ontvang hoe om jou keuse om NIE TE SKEI NIE,
‘n gelukkige keuse te maak.

Wie is die aanbieders?

Timothy Kieswetter is ‘n seksuoloog, huweliksberader en standup komediant. Voor dit was hy ‘n pastoor en life-coach. Al hierdie verskillende dissiplines word gekombineer om holisties die kompleksiteit van verhouding en gevoelens te navigeer.

Timothy is al 17 jaar getroud aan Janet. Hulle het 5 pragtige dogters wie Janet tuisskool. Janet sal ‘n paar guest appearances maak, om haar journey in vergewe en vertrou te deel hoe sy moes gaan om getroud te wees aan ‘n pastoor tot ‘n seksuoloog/komediant, wat 90% van die tyd met vrouens werk.

Hoe werk hierdie kursus?

Timothy se beradingspraktyk is in Pretoria, maar te danke aan tegnologie en die “nuwe normaal” van Covid is dit makliker as ooit om berading op jou terme en tyd te kry.

Jy kan enige plek in die land wees om deel te neem aan hierdie kursus.

Elke week ontvang jy ‘n email met die week se video lesse. Elke week sal jy ‘n algemene video-les ontvang waarmee jy begin en daarna sal daar verskillende spesifieke beradings-video’s wees wat jy kan kyk wat meer spesifiek tot jou omstandighede gerig is. Amper asof jy jou eie aanlyn berading spesifiek vir jouself bou.

Wanneer jy opteken vir die kursus, gaan ons ‘n welkom-pak vir jou stuur wat jy gaan nodig kry in van die video-lesse wat gaan volg.

Wat kry ek GRATIS saam met hierdie kursus?

  • 1h30 Berading sessie met Timothy Kieswetter (Waarde R950)
  • Welkom boksie met “Maak jou Huwelik Affair-bestand” en “Gesonde Seks” boek, Boeie en Libido Booster koffie (om die sukses van die kursus te vier) – (Waarde R825)
  • Dit is ‘n totale gratis waarde van R1775

Hoeveel kos die kursus?

  • Die kursus kos ‘n eenmalige bedrag van R2250
  • Die kursus begin 1 November 2020
  • Daar is plek vir slegs 20

REGISTREER NOU EN BETAAL OOR 6 WEKE AF
No interest, no fees, 4x instalments over 6 weeks

Kliek op Add to Cart, dit jou na ons aanlyn winkel neem. Plaas die “Vergewe en Vertrou” kursus in jou shopping cart deur om op die 

Gaan na Checkout en
Kies dan die PayFlex opsie om oor 4 transaksies, oor 6 weke te betaal.