My styl van berading is uniek gevorm deur my bediening in die kerk, werk as ‘n life-coach en tans as ‘n seks terapeut. My benadering is holisties en help die individu en paartjie om hulle persoonlike seksualiteit te verstaan, aanvaar en te bestuur.

My kantore is geleë in Pretoria Moreletapark. Die eerste sessie is 1h30 lank wat R950 beloop en daarna enige opvolgsessies is R650. Saam met die eerste sessie kry jy ook my nuutste boek Gesonde Seks gratis om deur te werk.

My berading ure is Maandag tot Vrydag 9am – 5pm.


Jy kan ook ‘n afspraak maak deur vir my te skakel of ‘n e-pos te stuur.

  • Tel: 0825657373
  • e-pos: timothy@gesondeseks.co.za
  • Adres: 698 Picassostraat Moreletapark Pretoria

Die meeste van my kliënte wie ek sien het nie regtig berading in die tradisionele sin nodig nie maar eerder net re-education rondom seksualiteit. Ons het almal groot geword in ‘n atmosfeer waar seks taboe lelik vuil en sondig was. Vir een of ander rede het ons verwag die oomblik wanneer ons trou sal ons eweskielik die mooi in seks raak sien en met geen seksuele inhibisies sit nie. Ongelukkig verander sienswyses nie sommer vanself nie. Daarom beveel ek al my kliënte aan om aan te sluit by ons Gesonde Seks Mentorskap program waar hulle elke week per epos ‘n nuwe les ontvang wat hulle begelei in hulle Gesonde Seks re-education. As jy voel julle het ook re-education nodig rondom die seksuele sluit gerus aan by ons Gesonde Seks Mentorskap program.

Berading vir paartjies

Huweliksberading is niks nuuts nie en is tot baie mense se voordeel. Daar is honderde selfhelp boeke oor die huwelik. Waarop ek in my berading sessies egter fokus is die seksualiteit van die paartjie. Seksualiteit is ‘n area waaroor daar nog nie baie positief gepraat en geskryf is nie maar speel tog so ‘n sleutel rol in enige gesonde huwelik. Ek help paartjies om weer die passie tussen mekaar te vind wat eens op ‘n tyd wit warm gebrand het. Ek help ook baie paartjies om mekaar se seksualiteit te verstaan en ruimte te maak daarvoor.

Individuele berading

Ons vergeet soms dat die “”ons”” in elke huwelik bestaan uit “”ek”” en “”jy””. Soms is die fokus te sterk om die “”ons”” te red dat ons nalaat om na “”jou”” te kyk. ‘n Huwelik is so sterk soos wat die individue daarin gesond is. Om ‘n gesonde seksuele individuele identiteit te ontwikkel is van kardinale belang voordat jy ‘n goeie huweliksmaat kan wees. Na een of twee sessies met ‘n paartjie sal ek baie maal aanbeveel om eers die “”ons”” berading eenkant toe te skuif sodat ons vir die volgende paar sessies net kan fokus op die “”ek”” en “”jy””.

Berading via Skype

Moenie bekommer as jy berading verlang maar nie in die Pretoria area woon nie. Danksy die digitale tegnologie is daar verskeie maniere beskikbaar om jou te help. Berading via Skype werk presies soos enige normale berading sou behalwe dat jy by jou huis is en ek by my kantoor en ons al twee sit voor die rekenaar. Die betaling en ure is presies dieselfde as normale berading. Al wat jy moet doen vir berading via Skype is om dit te spesifiseer in jou email en my te add op jou Skype. My Skype naam is Timothy.Kieswetter.

Ons het ook ‘n goedkoper berading opsie by ons nuut aangestelde junior seksualiteitsberader Zania Oosthuizen: zania@gesondeseks.co.za

Ek glo dat Gesonde Seks bevorder gesonde huwelike en vir te lank is die onderwerp van seksualiteit ‘n taboe onderwerp om oor te praat veral onder Christene. My passie en bediening is juis om die sensuele passie seksuele kennis en erotika terug te bring in die konteks van Gesonde Seks. Vir baie mense is dit moeilik om die “gesondheid” daarvan raak te sien en voel asof dit persies die teenoorgestelde is van wat God bedoel het met intimiteit.

Het jy geweet dat in die Bybel is daar net een boek wat eksklusief oor net een onderwerp handel? Hooglied is van voor tot agter deurweek met die sensuele passie seksuele en erotika. Met ander woorde Gesonde Seks.

Onthou Gesonde Seks is nie ‘n bestemming wat jy kan bereik nie maar eerder die gesindheid waarmee jy die wedloop van jou seksuele lewe hardloop.


KLIEK HIER OM ‘N AFSPRAAK TE MAAK