Description
Wens jy dat jou ouers jou beter voorberei het vir die huwelik?
Jou meer vertel het oor die belangrike rol wat seks in die huwelik speel?
Uiteindelik is daar nou ‘n volledige huwelik handboek vir die moderne mens. Die Grap van die Huwelik is die perfekte trougeskenk vir die volgende generasie, asook ‘n huweliksherdenking geskenk vir jouself.
Ons almal het met vooropgestelde idees, verwagtinge en optimistiese hoop die huwelik ingetree. Hierdie het ons huweliksprentjie gevorm.
- Watse prentjie het jou ouers vir jou geskep van hoe ‘n huwelik lyk?
- Watse prentjie het jou kerk vir jou geskep van hoe seks moet lyk?
- Watse prentjie het jou ma vir jou geskep van wat die rol van ‘n vrou moet wees?
- Watse prentjie het jou pa vir jou geskep van wat die rol van ‘n man moet wees?
Die Grap van die Huwelik analiseer al hierdie prentjies wat ons van die vorige generasie geërf het. Van hierdie huweliksprentjies is tydloos en verdien om gekoester te wees, terwyl ander prentjies ons eerder van ontslae moet raak, want dit pas glad nie meer in ons moderne lewe nie.
Die Grap is, as ons nie aan ons huweliksprentjies gaan verander nie, gaan ons versoek wees om ons huweliksmaat te wil verander.
Reviews
There are no reviews yet.