Gesonde Seks

Gesonde Self – HOME USE (Kegel Training Repair chair)

R17500,00

Die kleiner, huisgebruik vriendelike kegel oefening stoel – dit was nog nooit so maklik om jou inkontinensie en lae libido self te verbeter soos met die Gesonde Self Home Use kegel stoel nie.

In stock (can be backordered)

Or split into 4x interest-free payments Learn more

Description

Die kleiner, huisgebruik vriendelike kegel oefening stoel – dit was nog nooit so maklik om jou inkontinensie en lae libido self te verbeter soos met die Gesonde Self Home Use kegel stoel nie.

Dieselfde tegnologie wat ons Gesonde Self kegel stoel gebruik is nou in die kleiner en meer kompak HOME USE stoel gesit. Dit maak van dieselfde hoë intensiteit gefokus elektromagnete om steeds die pelvis-area saam te trek en so die bekkenbodemspiere te oefen.

Jou seksuele kern is jou kegel (bekken) spiere, wat grotendeels jou blaas beheer, manlike en vroulike libido versterk, en beter en sterker orgasmes veroorsaak. Wanneer hierdie spiere verslap en nie geoefen word nie, veroorsaak dit inkontinensie (verlies aan blaasbeheer, wat wissel van ‘n effense verlies aan urine na nies, hoes of lag, tot algehele onvermoë om urinering te beheer).

Ons maak gebruik van gevorderde elektromagnetiese tegnologie wat ‘n nie-indringende deurbraak-behandeling is wat inkontinensie kan behandel deur die kegel spiere te versterk en styf te maak deur net 18 minute daagliks op die ronde stoel te sit.

Om hierdie gevorderde oefeninge self en sonder hulp reg te kry, is amper onmoontlik – maar met die Home Use kegel training repair chair is dit nou bereikbaar. Versterk jou kegel spiere om vir jou beter blaas beheer te gee. Verhoog jou bloed toevloei na jou pelvis om vir jou beter seksuele gesondheid en plesier te gee. Elke 18 minute sessie wat op die stoel gesit word gee vir jou om en by 1500 kegel oefeninge.

Wat is die verskil tussen die groot kegel stoel en die home use een?

  • Sit slegs 18minute per sessie
  • Sit naak op die stoel
  • Sit in die gemak van jou eie huis
  • Kan elke dag sit

Hoe sit jy op die stoel en hoe werk dit?

  • Sit ‘n klam wet-wipe (baby wipes is die sagste op die vel) neer op die staal plate.
  • Maak seker dat die hele staal plaat bedek is met die wet wipe
  • Sit die stoel neer op ‘n harde plat oppervlak.
  • Sit nou kaal op die stoel (die area wat op die plaat sit moet naak wees)
  • Maak seker dat jou pereneum in die middel van die twee plate gesit word. (Dit is die area tussen die vulva/testis en die anus)
  • Sit nou die stoel aan deur om die aan/af knoppie in te hou tot die stoel aan gaan.
  • Gebruik die regter onderste knoppie om tussen die verskillende stellings te beweeg en kies die stellings wat vir jou die gemaklikste is.
  • Gebruik die +/- knoppies om die frekwensie te verhoog of te verlaag.
  • Druk dan weer die aan/af knoppie om die pulse aan te skakel – daar sal nou ‘n liggie in die middel aangaan en die drukskerm sal wys dat die pulse besig is om te gebeur.
  • Indien jy geen pulse voel nie kan jy die frekwensie krag opstoot.

Hoe gereeld sit jy op die stoel?

  • Jy kan daagliks op die stoel sit.
  • Sit slegs een sessie per dag op die stoel.
  • Indien die pelvis area te styf en gevoelig raak is dit nodig om ‘n dag of twee te rus.
  • Begin geleidelik om dae tussen sessies by te sit waar daar nie op die stoel gesit word nie.

Hoe maak jy die stoel skoon?

  • Gebruik ‘n sagte skoonmaakmiddel om die oppervlak van die stoel af te vee.
  • Moet nie ‘n sterk chemikalië gebruik op die silikoon oppervlak nie.
  • Maak seker die stoel is heeltemal droog voor dit gebêre word.

Voorsorgmaatreëls vir gebruik:

  • Maak seker dat die stoel heeltemal vol ge-charge is voor gebruik.
  • Moet nie op die stoel sit wanneer jy op jou period is nie.
  • Moet nie op die stoel sit wanneer jy enige metaal-inplantate in en om die pelvis area het nie (Soos ‘n heupvervanging gehad)
  • Moet nie op die stoel sit indien jy ‘n koper-IUD inhet nie (voorbehoeding inplanting van koper gemaak). Die Mirena is toelaatbaar.
  • Moet nie op die stoel sit met enige staal “piercings” in jou pelvis area in nie. (bv. klitorale ringe ens.)
  • Die stoel maak gebruik van ‘n elektro-magneet en kan stade berokken indien daar nie voorsorg-maatreëls gevolg word nie.
  • Indien die stoel jou seer-maak of “knyp” moet jy die stoel stop, afklim, seker maak die staal plate is toe onder die wetwipe en dat die frekwensie krag nie te hoog gestel is nie.
  • Indien jy nie gesond voel nie, moet liefs nie op die stoel sit nie.
  • Kinders mag nie die stoel gebruik nie.

USB herlaaibaar

You may also like…

Shopping cart

0

No products in the cart.

X