🤷♀️Anoniem vra:
Ek wil graag laat my man die ‘back door’ gebruik. Ons het nou al ń paar keer probeer en behoorlike lubrikasie gebruik. Dit maak glad nie seer nie maar wat vir my weird is, is die sensasie. Hoe kan ek gewoond raak daar aan sonder dat dit voel of ek HEELTYD moet badkamer toe hol? Is dit normaal? Ons begin stadig en vat ons tyd maar maak nie saak hoeveel keer ons probeer nie dit bly so voel.
🗣️Gesonde Seks antwoord:
Anale seks bly vir baie mense ‘n taboe onderwerp – en tog is dit ‘n alledaagse deel van intieme verhoudings vir talle paartjies. Soos enige ander seksuele praktyk, verg dit goeie kommunikasie, begrip van liggaamlike anatomie en die regte voorbereiding om dit veilig en aangenaam te maak.
In baie kulture word anale seks as sondig, onrein en selfs onnatuurlik gesien en die hoofrede hiervoor kan wees omdat seks deur die eeue en veral deur talle Godsdienstige leerstellings beperk was tot net reproduksie. Daar is dus een groot fout met anale seks – dit kan nie tot swangerskap lei nie en dus word dit nie as “nodig” gesien nie en word dit afgekeur. Die higiëniese aspek daarvan versterk ook die stigma rondom anale seks omdat vroue deur die eeue onder druk geplaas was om rein en kuis te bly.
Anale seks is anders as normale seks. Dit is baie normaal en baie mense eksperimenteer daarmee, en ook normaal vir heteroseksuele mans om daarvan te hou en dit toe te pas.. Dit is slegs n mite dat anale seks slegs vir homoseksuele mans is. Baie paartjies geniet dit baie en ander hou nie daarvan nie. Dit is vir julle om te besluit.
Daar is n paar voorsorg maatreëls wat mens moet neem voor jy anale seks probeer en toepas.
Om te verstaan hoe anale seks werk en hoe jy dit veilig kan doen en die meeste genot daaruit kan put, is dit nodig om by die begin te begin. Die anatomie van die anus:
🧠 Die Anatomie Agter Anale Seks
Baie mense weet eenvoudig nie hoe die anale area werk nie – dat dit nie self-lubricating nie, dat dit versigtig en stadig benader moet word, en dat dit met die regte voorbereiding veilig kan wees. Mites soos “jy gaan inkontinensie ontwikkel van anale seks” of “dit is net iets vir gay mans” dra by tot wan persepsie van anale seks.
Vroue hoor dikwels dat anale seks seer is. Hierdie kan waar wees as dit nie reg of met respek hanteer word nie, ís dit inderdaad pynlik. Vrees vir liggaamlike skade of vernedering hou baie vroue terug – veral as hulle maat nie dit geduldig en sensitief hanteer nie.
Die anus is omring deur ‘n ring van spiere genaamd die anale sfinkter, wat normaalweg styf gesluit bly. Anders as die vagina, het die rektum nie natuurlike smering nie en is dit sensitief vir druk en rekking. Dit beteken dat onvoorbereide of geforseerde anale seks pynlik en selfs gevaarlik kan wees.

Die anus het ‘n relatief hoë konsentrasie senuwee-eindpunte en kan ‘n erogene sone wees, wat anale omgang aangenaam kan maak as dit behoorlik uitgevoer word. Die pudendale senuwee wat vertak om die eksterne anale sfinkter te voorsien, vertak ook na die dorsale senuwee van die klitoris en die dorsale senuwee van die penis.
🛡️ Hoe Om Anale Seks Gesond te Hou
Julle moet gesels daaroor. Elkeen se gevoel daaroor deel, wat is elkeen se verwagtinge rondom dit, wat is elkeen se perke en wat is aanvaarbaar en wat is nie.
Albei moet ontspanne wees, verkieslik ook bad voor die tyd. As jy gespanne is, gaan dit seer en nie lekker wees nie. Julle moet baie lubrikasie gebruik (Silikon gebaseerde lubrikasie). Die anus en rektum het geen natuurlik lubrikasie nie, dus moet jul voor en gedurende anale seks lubrikasie gebruik om te keer dat dit droog word om so ongemak en seer te verhoed.
Voordat die man die vrou penetreer met sy penis moet jul ook eers gewone foreplay doen sodat die vrou kan ontspan en in die mood kan kom en aroused (lus) kan word. Hy moet dan ook eers haar anus met een vinger stimuleer en stadig penetreer sodat sy die gevoel kan kry van hoe dit voel en ook die lubrikasie kan smeer en inwerk met sy vinger. Hy kan dan nog n vinger byvoeg om haar anus bietjie groter oop te maak. En dan eers kan hy sy penis gebruik en baie stadig sy kop gedeelte eers indruk, wag en uitrek.
So moet hy stukkie vir stukkie indruk en uittrek maar baie stadig (en hy moet ook lubrikasie op sy penis smeer) totdat sy penis heeltemal in is. Wanneer sy penis die eerste keer heeltemal in is, moet hy vir n paar sekondes stil hou sodat die anus spier kan ontspan en dan eers kan julle stadig begin beweeg. Hierdie kan nie gejaag word nie.
Met anale seks moet hy eers stadig begin en stadig in en uit beweeg en jy kan hom dan direct en sê as hy vinniger kan gaan ens. NB moet nooit van anale seks direk oor gaan na vaginale seks toe nie, die rektum se bakterieë gaan infeksie in die vagina veroorsaak.
1. Gebruik ‘n hoë kwaliteit smeermiddel
- Die anus het geen natuurlike smeermiddel nie.
- Gebruik altyd ‘n water-gebaseerde of silikon-gebaseerde lubrikant wat veilig is vir die anale area.
- Moet nie speeksel, room of kokosolie gebruik nie – dit kan irritasie veroorsaak of kondome beskadig.
2. Begin stadig en met kommunikasie
- Moenie ooit dwing of verras nie.
- Begin met ‘n vinger, ‘n klein butt plug, of net sagte aanraking.
- Gebruik jou asemhaling om te ontspan en gee jouself tyd.
3. Gebruik kondome
- Die anale kanaal is meer vatbaar vir skeutjies en mikroskopiese bloeding – dit verhoog die kans op infeksie.
- Gebruik altyd ‘n nuwe kondoom vir elke penetrasie en moet nooit tussen vaginaal en anaal skakel sonder om kondome of speelgoed skoon te maak nie.
4. Wees versigtig met seksspeelgoed
- Gebruik altyd anale speelgoed met ‘n flens of wye basis om te keer dat dit in die rektum intrek.
- Maak seker dat speelgoed skoon en veilig is vir intern gebruik.
5. Sorg vir goeie reiniging
- ‘n Eenvoudige rektale spoeling (enema) met lou water voor seks kan gerusstelling en netheid bied.
- Vermy oormatige was of harde skoonmaakmiddels wat die delikate rektum-area kan irriteer.
🧘 Wat Maak Dit Gemaklik en Aangenaam?
- Ontspanning is sleutel: Die sfinkter moet kan ontspan. As jy gespanne is, sal die liggaam nie ontvanklik wees nie.
- Kommunikasie: Bly praat – as iets ongemaklik voel, stop.
- Voorspel: Bou op opgewondenheid en ontspanning met ander stimulasie voordat jy enige vorm van penetrasie probeer.
- Gebruik seksspeelgoed met vibrasie: Hierdie kan help om die sfinkter-spiere sagkens te laat ontspan.
- Die regte posisie: ‘n lepeltjieposisie of op-die-sy kan gemakliker wees vir beginners.
🧬 Mediese Konsiderasies
- As jy gereeld pyn ervaar tydens of ná anale seks, raadpleeg ‘n dokter.
- Pasiënte met aambeie, anale fissures of ander anorektale toestande moet eers herstel voor hulle anale seks beoefen.
- Mense met immuunonderdrukking moet ekstra versigtig wees weens hoër infeksierisiko.
Die anus is ‘n intieme, privaat deel van die liggaam wat dikwels met skaamte en vuilheid geassosieer word. Vroue word geleer om sekere dele van hul liggaam nie as “seksueel” te sien nie – en die stigma teenoor feses versterk dit. Baie vroue voel ongemaklik of selfbewus oor “ongelukke” of reuke, selfs al gebeur dit selde met behoorlike voorbereiding.
Party vroue het traumatiese of geforseerde ervarings gehad waar anale seks sonder hulle toestemming of voorbereiding gebeur het. As anale seks sonder respek, geduld of kommunikasie gebeur het, bly daar emosionele letsels wat dit ‘n taboe maak.
As ‘n vrou en selfs mans oop is oor die feit dat hul anale seks geniet, kan hulle dikwels gesien word as “losbandig” of “onrein”. Hierdie dubbele standaarde laat mans en vroue stilbly oor hul begeertes of ervarings – selfs met hulle eie maats.
✅ Slotgedagte:
Anale seks is nie vir almal nie – en dis 100% reg so. Maar wanneer dit vrywillig, ingelig, en met respek plaasvind, kan dit ‘n natuurlike en bevredigende deel wees van gesonde intimiteit. Die taboe is meestal ‘n produk van stigma en wanpersepsies – en nie van die daad self nie.





