
Jingle Ballz (Jou Vakansie-oorlewingsgids) – Rustenburg
18 Desember @ 19h00
Hedgehog’s Nest / Rustenburg
Kaartjies: https://itickets.co.za/events/487113
Berei jou voor. Lag jou stres weg. Gaan op vakansie — en kom terug met jou huwelik en verstand nog heel.
JINGLE BALLZ
“Jou Vakansie Oorlewingsgids”
Lanklaas gelag dat die trane loop en die vulva toe trek.
- Danielle Zimmerman
Die manier wat jy God se idee van liefdemaak en die wêreld se idee van seks bymekaar bring en dit laat sinmaak deur middel van diep te dink maar ook oppervlakkig te kan lag, waarlik 'n goddelike talente. Moet nooit ophou doen wat jy doen nie.
- Zen Houghton-Hawksley
Dankie Timothy vir jou weteskap van liefde en wysheid wat jy aanbied met God se woord om liefdes paartjies te help in die huwelik.
- Natasha Strydom
Net voor jy jou flip-flops aantrek en soos ‘n pap wors op die strand gaan lê, bring Timothy Kieswetter vir jou ‘n Once-Off Comedy Special. Dink daaraan as jou “hoe oorleef ek my familie sonder om in ’n misdaad-dokumentêr te eindig?” handleiding.
Hoekom het jy dit nodig? Wel…
Vakansies = familietyd. En familietyd = skoonfamilie. En skoonfamilie = Stresvolle tyd.
Vakansies klink soos rus en vrede… en dan bam! Iemand huil, iemand skree, iemand pak sy tas om “huis toe te ry“.
Jou kinders? Ja, hulle is nou 24/7 op jou soos ‘n pop-up advertensie. “Maaa! Ek is bored! “Paaa! Kyk!” “Hoekom slaap julle nog, dis net 05:04?“
Trouberaders doen Januarie dubbel skofte. Want ná drie weke se strand, eet en drink, familie en kinders vra jy jouself: “Het ek regtig belowe tot ewig en ewig…?“
Skei-prokureurs glimlag breed na Desember. Hoekom? Want iemand moet die ski-vakansies betaal.
Desember vakansies is basically ‘n huwelik-eksamen.
Maar ontspan — jy hoef nie deel te word van die “vakansie familie fiasko” statistiek nie. Timothy is hier om jou toe te rus sodat jy terugkom gelukkiger, kalmer… en nog getroud.
Hierdie Jingle Ballz survival kit sluit in:
Kommunikasie Veldgids
Kinder-Ontsnappingsplan 101
Skoonma Verskansings strategie
Irriterende-Man Detox
Kopseer-Vrou DIY Kit
