đGesonde Seks antwoord:
Liewe ouer,
As jy hier lees omdat jy geskok, bekommerd of selfs hartseer is oor jou kind se eerste stappe in seksuele ontdekking â jy is nie alleen nie. En dis okay om sĂł te voel. Wat belangrik is, is wat jy nou doen.
Ons wil begin deur te sĂȘ: Ons is jammer vir die oordeel en haat wat jy dalk ervaar het toe jy om hulp gevra het. Ons sien dit dikwels â hoe kommentaar en kritiek ‘n veilige ruimte steel waar ouers net eerlik wil weet: âWat nou?â Goedgedaan dat jy gevra het. Hierdie is ‘n veilige plek.
Hierdie antwoord kom uit jare se ondervinding en opleiding oor seksualiteit. Wat in die realiteit gebeur en wat werk en wat nie. Mense is welkom as hulle nie saamstem nie, maar hier is ons eerlike antwoord op jou vraag as bekommerde ouer.
đȘMoenie die deur toemaak met woorde wat wonde los nie
Ek weet nie hoe jy uitgevind het en of sy self vir jou kom vertel het nie. Maar die BELANGRIKSTE deel wat eers moet doen is moenie met haar raas of haar verneder of haar sleg sĂȘ of haar afkraak nie!! Moenie dit doen nie want dan maak jy die deur toe vir enige verdere kommunikasie, opvoeding, ân verhouding en vertroue met jou kind, om haar te help hiermee.
Moenie haar vuil en sies (sleg) laat voel nie. Moenie haar direk of indirek name noem soos âgoedkoop, slet, uitgerek, vrot, disgusting, vroeg ryp en vroeg vrotâ of om haar te wil kastreer nie. Hierdie woorde bly by haar tot sy eendag ‘n vrou in ‘n huwelik is en kinders van haar eie gaan hĂȘ. Jy steel haar intieme verhouding met haar man, nog lank voor dit daar is. Jy steel ‘n normale natuurlike deel van haar vroulikheid, jy steel haar seksualiteit by haar en jy verwoes haar eie liggaamsbeeld en seksuele selfbeeld wat besig is om stadig te vorm. Jy maak haar JUIS meer kwesbaar om gemanipuleer te word deur mense wat vir haar mooi goedjies gaan sĂȘ en haar goed gaan laat voel oor haarself. Sy staan juis ‘n groter risiko om in daardie situasies te beland en misbruik te word. Jy kraak haar vrouwees en selfbeeld af.
In 80% van vroue in praktyk is hierdie boodskappe in hulle ingedring en dit is ongelooflik moeilik om dit te om te draai.Â
đ€·đŒââïžWat om eerder te vra en sĂȘ
Jy kan baie meer bereik met liefde, luister en lig. Vra vir haar:
- Wou jy dit regtig waar doen?
- Het jy gevoel jy het ‘n keuse gehad of was jy onder druk of verwagtinge geplaas?
- Is jy ok oor wat gebeur het?
- Hoe het jy gevoel voor, tydens en nĂĄ die gebeure?
- Is daar iets wat jou onseker of bang maak?
Connect net eers met haar op ân emosionele vlak, want jy gaan baie meer inligting uit haar kan kry en jy gaan ook maak dat sy meer gaan inneem en luister na wat jy sĂȘ, as wat sy bang en in vrees is vir jou. Sodoende bou jy ‘n brug, nie mure. En sĂł maak jy dit vir haar moontlik om weer na jou toe te kom â nie na Google of ‘n vriend nie â vir raad en leiding.
Duidelik het jou vraag paniek gesaai onder die oningeligte samelewing.
Dit skok ons verskriklik om die kommentare te sien van: ‘Slaan haar dood, moer haar dood, sluit haar toe, wees strenger, wys haar wie is baas, slaan haar dat sy nie kan sit nie’.Â
Wat gaan aan met ons samelewing? Hoe kan jy daaraan dink om ‘n kind wie jy in die lewe gebring het en vir wie jy kamstig lief is, eens te oorweeg om sulke onaangename goed te sĂȘ. Van ‘n kind, wat onvolwasse is (want hulle is steeds kind), wat groei, wat ontwikkel, wat leer, wat nie weet wat jy weet nie, ‘n kind wat jy moet help en guide in die lewe. Hoe kan jy so ‘n aaklige ding wil doen aan iemand wat nog groei. Sjoe ek kan jou wel verseker, jy gaan jou kind lelik misluk as jy dit doen. Want net daar sny jy enige verdere verhouding af met jou kind en hulle sal NOOIT weer veilig by jou voel of jou vertrou nie. Jy sal letsels los wat hulle altyd gaan saamdra wat hulle menswees, selfbeeld, selfvertroue en huwelik eendag baie probleme gaan gee. (Dit kom en wys in die praktyk en ons sien en hoor dit elke dag – Dit werk nie!)
đđJy kan nie appels en pere vergelyk nie
Ons moet versigtig wees om kinders te vergelyk met hoe ons groot geword het. Of jy dit wil hoor of nie, alles in die lewe het verander. Die lewe is anders as 30 jaar terug. Flieks se PG is afgeskaal en erotiese beelde is meer sigbaar daarin. Internet en sosiale media is die grootste invloed op kinders (wat ons nie aan blootgestel was nie) wat hulle vroeĂ«r blootstel aan dinge van die lewe waarvoor hulle nog nie volwasse genoeg is nie (meer as net een area as seks). Groepsdruk in die ouderdomme is iets verskriklik en as jou kind enige emosionele kwesbaarhede het, gaan hulle makliker beĂŻnvloed word om goed te doen, te dink, te sĂȘ wat eintlik teen hulle eie waardes gaan. DĂt is die druk van die samelewing. DĂt is ‘n realiteit.
Hou op ons kinders met ander kinders te vergelyk. Hulle is ander mense, ander persone, met ander omgewings, ander geskiedenisse en hulle kwesbaarhede is anders. Jy laat slegs diegene wat anders as jy dink en doen meer veroordeel te voel. En as mense, veral kinders alleen voel (in ‘n tyd waar hulle ontwikkeling gedeeltelik afhanklik is van konneksie, hulle maats en sosiaal wees) dan is hulle in groter gevaar.
Van die kommentare sĂȘ hoe en waar word kinders al op 13 blootgestel aan seks en hulle is te jonk daarvoor. Ja, beslis is kinders op daardie ouderdom nog glad nie emosioneel volwasse genoeg om die impak en kompleksiteit van seks te verstaan nie. Alhoewel hulle liggaam besig is om te ontwikkel en reg word vir dit, die hormoon sisteem wat in full drive is en die fisiologiese ontwikkeling en fisiese lekker gevoel wat saam dit kom. Beteken dit nie hulle is emosioneel reg vir so iets diep en kompleks nie, en is hulle nie volwasse genoeg om op so ‘n kwesbare vlak dit te kan hanteer nie.
đžKinders leer, eksperimenteer en ontwikkel
Dit is belangrik om te verstaan: kinders is nie dom of sleg nie. Hulle is nuuskierig, word beĂŻnvloed deur hormone, media, groepsdruk en ân wĂȘreld wat heeltemal anders is as die een waarin ons grootgeword het.
Seks voel lekker vir die liggaam â dis hoe ons gemaak is. Maar ons kinders het nie die emosionele volwasse kapasiteit om die volle implikasies te verstaan nie. DĂs hoekom jy daar moet wees â nie om net seks te verbied nie, maar om haar toe te rus met kennis, verantwoordelikheid en ân diep besef van wat haar liggaam en hart werd is.
So dit is belangrik om haar te leer dat die gevoel in haar liggaam, die response van haar liggaam tot stimulering, flirting, verliefdheid ens normaal is, maar dit is net ‘n fisiologiese reaksie en dit beteken haar liggaam is gesond en ontwikkel gesond. Alles in puberteit is goed en gesond en mooi wat ontwikkel wat ons na volwassenheid neem, selfs menstruasie, borste ontwikkeling, hare ens is ‘n baie mooi en ongelooflike deel van vrou word.
Maar jy moet ook vir haar verduidelik dat al is die gevoel en hormone daar, is seks en seksuele interaksie baie kompleks en verg emosionele volwassenheid (wat kinders en tieners nog nie het nie). Jy kan met haar praat dat sy eerder self masturbeer/speel om die fisiese gevoel vry te laat en sodoende sal sy ook meer resitant wees as iemand anders die gevoel wil wegvat. Sy kan haarself beskerm deur self die gevoel te hanteer.
As dit ontbreek kan seks haar baie seermaak en dit kan baie seer veroorsaak binne in mens self. Verduidelik vir haar die emosionele verantwoordelikheid wat saam met die impak van seks kom en dat dit moet gebeur tussen twee mense wat diep lief is vir mekaar, mekaar baie goed ken en in ‘n verbintenis met mekaar is, wat veilig is bymekaar en volwasse is. Dit is waar seks floreer en gesond is. Maar dit is nie wanneer mens so jonk is nie want sy is nog nie in staat en reg daarvoor nie. Sy moet hierdie kan verstaan om sodoende nie net reaktief te reageer op enige stimulasie of lus word gevoel nie.
đWat kan jy doen in plaas van paniek saai?
- Bied emosionele veiligheid. Sodat sy eerder met jĂłĂș praat as ‘n vreemdeling.
- Praat eerlik oor haar liggaam. Alles wat verander â van borste tot gevoelens â is normaal.
- Verduidelik seks as emosioneel én fisies. En dat haar liggaam gereed voel lank voor haar hart reg is.
- Bied realistiese oplossings. Soos om self haar gevoelens te hanteer (masturbasie is veilig) en hoe sy kan beskerm teen siektes en swangerskap.
- Moedig haar aan om haar eie waardes te ontwikkel. Jy wil nie net gehoorsaamheid nie â jy wil wysheid kweek.
đOor voorbehoeding en die regte gesprek
Sommige ouers vra: âMoet ek haar op die pil sit?â Maar onthou: haar liggaam is nog besig om hormonale balans te vind. Voorbehoeding soos kondome is veiliger en minder ingrypend op daardie ouderdom. Moedig openheid aan: sy kan keuses maak wanneer sy al die feite het.
By die voorbehoeding sou ek versigtig wees om so jonk met haar hormone rond te speel terwyl sy nog in ontwikkeling is. Ek sou eerder haar opvoed oor wat die nagevolge van seks so vroeg is en die fisiese onveiligheid daarvan. Vertel haar van swangerskap, die verantwoordelikheid daarvan maar ook van STD’s. Want die pil gaan haar nie beskerm teen dit nie. So ek sou met haar praat oor kondome eerder. As sy regtig dit wil doen, en teen al jou raad en advies gaan. Moet sy ten minste net belowe om kondome te gebruik vir haar eie gesondheid en veiligheid.
đ«Laastens: Bou, moenie breek nie
Jy kan nie haar lewe vir haar leef nie, maar jy kan ‘n ouer wees wat verstaan, ondersteun en opvoed â nie een wat skaamte, skuld en vrees saai nie.
Wanneer jy kies om haar met liefde en wysheid te lei, los jy nie net littekens nĂĂ© â jy help haar bou aan ân sterk vrouwees. En dit, liewe ouer, is een van die grootste geskenke wat jy aan jou dogter kan gee.
Jy gaan nie kan waarborg dit gaan nie weer gebeur nie, maar gee haar genoeg informasie en eerlikheid sodat sy ‘n beter keuse kan maak op haar eie omdat sy verstaan wat dit alles regtig behels. En vertel vir haar dat jy nie wil hĂȘ sy moet weer seks hĂȘ nie en dat dit nie iets wat jy nou vir haar goedkeur of wil hĂȘ sy moet doen nie en dat jy regtig wil hĂȘ sy moet jou hoor en luister. Want jy preek nie vir haar nie, jy wil hĂȘ sy moet okay wees en nie seerkry of in situasies beland wat langtermyn skade by haar gaan los nie.
đđŒNaakte Feite â Seks antwoorde vir Tieners (eBoek) (LAAI DIE BOEK GRATIS AF)





