Gesonde Seks

Hoekom Seks Ná Kinders Moeilik Voel (en Hoe om Dit Terug te Kry)

👩‍🍼 Hoekom is ‘n Mamma nie lus vir seks nie? 😩 (En nee, daar’s niks fout met jou nie!)

By Gesonde Seks hoor ons dit gereeld:

“Ek’s lief vir my maat… maar ek het net GEEN lus nie.” 😕 Baie mammas ervaar dat seks ná kinders meer soos ‘n taak voel as ‘n plesier. En dis heeltemal normaal – maar dit beteken nie dit moet só bly nie.

🤦‍♀️Dit kan ‘n groot frustrasie wees vir Mammas wat ‘n hoë libido en seks-aptyt gehad het voor kinders, en ewe skielik na hulle kinders gehad het is dit so droog soos die Sahara woestyn in Libido-land. Studies het getoon dat tot 83% van vroue heeltemal hulle lus vir seks verloor tot 2 maande na geboorte en 38% tot 6 maande na geboorte. Daar is ook ‘n hele aantal vroue wat tot jare na hul kinders kry hulle libido verloor – maar dit is darem nie alles verlore nie. 👍Meeste vroue kry hulle libido terug en soms selfs meer intens na ‘n paar jaar.

😢Die probleem wat hier intree is dat ons as vroue verskriklik hard op onsself is. En néé – jou man gaan nie dood gaan van “blue balls” nie. Ons verloor dan ons selfbeeld, voel nie goed genoeg nie en dink hy is beter af met ‘n jonger, maerder en meer sexy weergawe van onsself. HOU OP HIERMEE‼️ Hierdie is net ‘n FASE waardeur jy gaan! Jou klein bondeltjie liefde wat jy en jou man so hard (en soms baie vinnig) aan gewerk het gaan groot word, minder van jou tyd en aandag benodig en binnekort sal jy meer tyd hê om aan die stoute tye saam met jou man te dink en jou libido sal stelselmatig weer begin terug keer.

🤷‍♀️Maar hiervoor het jy nodig om geduldig te wees. Praat openlik met jou man oor hoe jy voel. Verduidelik aan hom jou emosies en vrese. Mans is nie baie goed opgelei om ons vroue se emosies, hormone en denkpatrone te verstaan nie. Ons moet reguit en tot op die man af met hulle praat. Sê presies vir hom wat jou bang maak. Ons [Mammas] (nuut of gevorderd) dink mos ons moet onbreekbaar wees die oomblik wanneer die dokter daardie huilende klein lyfie in ons arms druk. Ons dink ons moet op daardie oomblik ALLES WEET van moederskap (dit sal mos inskop of nié?) en wanneer ons voor ‘n hobbel in die pad staan (soos ‘n lae libido) kan dit ons oorweldig en van ons voete af laat tuimel.

Hou moed Mamma. Jy is meer werd as net jou libido en lyf. Jy MAG maar moeg wees. Jy MAG maar ongeduldig raak en nie lekker voel oor jouself nie. Jy MOET meer op jouself fokus en soms jou eie belange voor die van ander sit. Mamma jy mag maar niks lus wees vir seks nie.

Dis normaal. En hier’s hoekom dit gebeur:

🧠 Jou brein is oorlaai: Jy dink aan bottels, skooltake, wasgoed en werk – seks is laaste op die lys. Jy hardloop heeltyd agter kinders, werk, wasgoed, kosmaak… Teen slaaptyd is jy emosioneel en fisies uitgeput.

💤 Jy’s moeg: ‘n Mamma se energie word deur die dag leeg gesuig. Libido kort brandstof. Dis moeilik om in die “mood” te kom as jy aan bottels, inkopie lyste en skooltake dink. Seks vra mentale ruimte, en dit is iets wat mammas min van het.

🔄 Hormone is uit balans: Na swangerskap of met ouderdom verander estrogeen en testosteroon – wat jou seksdrang kan verlaag. Swangerskap, borsvoeding en stres verander jou hormone. Dit onderdruk jou libido en beïnvloed hoe jy fisies op opwinding reageer. Na geboorte is vaginale droogheid, ongemak of pyn algemeen – en as seks fisies onaangenaam is, wil jy dit natuurlik vermy.

🤱 Liggaamsbeeld sukkel: Jy voel dalk nie meer sexy nie… en as jy nie sexy voel nie, wil jy nie sexy wees nie. Jy voel dalk ongemaklik in jou nuwe liggaam. Dis moeilik om vry en sexy te voel as jy selfkrities is.

Maar wag – daar’s hoop! 🌟 Hier’s idees om jou “lus” weer aan te wakker:

  • 💋 Begin klein: Fokus op aanraking, soen en emosionele konneksie – dit bou op tot lus. Begin met drukkies, soene en liefkosings. Dit help jou brein weer “lus onthou”.
  • 🛀 Maak tyd vir jou eie plesier: Self-stimulasie help jou brein en liggaam onthou hoe lekker seks kan wees.
  • 🧘‍♀️ Beweeg en ontspan: Oefening en genoeg slaap boost libido natuurlik. Slaap, oefening en ‘n bietjie me-time is goud werd vir libido.
  • 🩺 Praat met jou dokter: Soms help hormone of aanvullings. Dokters, terapeute en selfs ‘n bietjie speelgoed kan wonders verrig. 😉
  • 🧠 Verander hoe jy oor seks dink: Seks hoef nie perfek of langdradig te wees nie – dit moet net lekker wees, vir julle albei. Praat met jou maat – emosionele intimiteit skep fisieke lus.

Seks hoef nie perfek te wees nie. Dit moet net verbindend en lekker wees – op julle eie manier. 💕

Jy’s nie stukkend nie. Jy’s net mens. En jy verdien ook plesier. 💗

#MammasEnLus #GesondeSeks #SeksNaKinders #JyIsNieAlEenNie #SelfcareIsSexy

Shopping cart

0

No products in the cart.