Hoe om (Diskreet) van Jou Ou Seks Speelgoed Ontslae te Raak
🎶“Hoe sê mens daaaankieeee… na soveel jare?” – Jurie Els
😢Om afskeid te moet neem van jou ou speelding is nie net hartseer nie – maar kan soms vernederend voel. Ons almal het daardie een ou speelding wat sy beste dae gesien het. Die een wat dalk sy vibrasie verloor het, ’n knoppie wat nie meer werk nie, ‘n charger wat al donkie jare terug saam met die gewone vullis uitgegooi is, of dalk net… te veel herinneringe dra. Maar hoe op dees aarde raak jy ontslae van jou plesier–stok en dit nogals op ‘n diskrete manier?
No worry – ons het jou ‘covered’. Hier’s jou ingeligte gids om van jou getroue (maar afgetrede) genotsvriend ontslae te raak sonder die verleentheid of om die planeet skade aan te doen. Want kom ons wees eerlik – niks sê “ek’s verantwoordelik” soos om jou vibrator eko-vriendelik te herwin nie! 😏
👍Daar is twee verskillende tipes seks speelgoed wat ook op verskillende maniere herwin moet word:
- 👆Indien dit net ‘n gewone dildo tipe speelding is, kan dit net goed skoon gemaak word, in ‘n plastiek sak of soortgelyke toedraai metode saam met jou gewone vullis in jou asblik geplaas word en sodoende weggery word.
- ✌️Vir die tipe speelgoed wat vibreerders bevat en wat rechargeable (of met batterye werk) is, kan dit nie sommer net so weggegooi word nie. Dit word dan as e-waste geklassifiseer en moet as so weggedoen word ook.
e-Waste word as die volgende geklassifiseer:
- Klein en groot huishoudelike toestelle
- Kantoor-, inligting- en kommunikasietoerusting
- Selfone
- Batterye
- Fluorescent lampe/buise
- Verbruikers- en vermaakelektronika en speelgoed
- Toerusting vir temperatuurwisseling (lugversorgers, vrieskaste)
- Skerms, monitors (TV’s, skootrekenaars)
- Lampe (LED-lampe)
- Groot toerusting (wasmasjiene, elektriese stowe)
- Rekenaars en telekommunikasietoerusting
- Verbruikers elektroniese toestelle en sonpanele
- TV’s, monitors en skerms
- LED gloeilampe
Hier is eWasteAfrica (‘n herwinnings maatskappy) se webwerf met ‘n kaart op om te sien waar al hul herwinnings punte is – https://ewasteafrica.net/services-and-solutions/
Om op ‘n verantwoordelike manier van gebruikte of stukkende seksspeelgoed ontslae te raak in Suid-Afrika vereis dat jy die land se e-afval regulasies volg. Hier is ‘n gids om jou te help:
- Identifiseer die materiaal:
- Elektroniese komponente: As die seks speelding batterye, motors of enige elektronika bevat, val dit onder e-afval.
- Nie-elektroniese materiale: Speelgoed gemaak van suiwer silikoon, glas of metaal sonder elektronika kan dikwels by algemene afval ingesluit word, maar herwinning word aanbeveel waar moontlik.
- Verwyder en herwin batterye:
- Herlaaibare batterye: As die speelding ‘n herlaaibare battery het, probeer om dit te verwyder en afsonderlik by ‘n battery-herwinnings punt in te handig.
- Nie-verwyderbare batterye: Indien die battery nie verwyder kan word nie, moet die hele toestel as e-afval hanteer word.
- Vind ‘n gesertifiseerde e-afval herwinnings fasiliteit:https://ewasteafrica.net/services-and-solutions/
- Plaaslike herwinning sentrums: Baie stede het fasiliteite wat e-afval aanvaar. Kontak jou plaaslike munisipaliteit of besoek hul webwerf vir inligting oor jou naaste herwinning sentrums.
- Gespesialiseerde versamelaars: Sommige maatskappye spesialiseer in die versameling en herwinning van e-afval. Hulle kan jou help om van jou toestel ontslae te raak volgens die nasionale regulasies.
- Beskerm jou privaatheid:
- Data verwydering: As jou toestel enige data stoor of verbind kan word aan ‘n toepassing, maak seker dat jy alle persoonlike inligting uitvee voordat jy dit wegdoen.
- Diskrete verpakking: Wanneer jy die toestel wegdoen, verpak dit op ‘n manier wat jou privaatheid beskerm.
- Volg nasionale regulasies:
- Wetgewing: Suid-Afrika het spesifieke wette rakende e-afval. Dit is belangrik om seker te maak dat jy aan hierdie regulasies voldoen om omgewingskade te voorkom en wettige gevolge te vermy.
Deur hierdie stappe te volg, dra jy by tot ‘n gesonder omgewing en voldoen jy aan Suid-Afrika se e-afval wette.
😇Onthou – jou genotsvriend verdien ‘n gerespekteerde aftrede, al is dit net vir al die plesier wat hy jou voorsien het.
Hier is ‘n paar herwinnings maatskappye van Suid-Afrika: