🔒 Anonieme Vraag:
Ek wil graag net ’n vraag vra vir my en my man se insig. Tydens ’n oop en eerlike gesprek tussen ons, het ’n onderwerp na vore gekom waaroor ek nuuskierig is, maar ook onseker voel.
Ons is baie oop met mekaar en probeer nie sommer iets afwys net omdat dit vir ons vreemd is nie. Hierdie keer gaan dit oor poly-verhoudings – spesifiek die dinamiek van twee mans en een vrou wat as ’n paartjie saam leef.
Dis ’n fantasie van my man, en ek wil hom nie afkraak of veroordeel daarvoor nie. Ek is bloot nuuskierig oor of só iets realisties gesien kan werk in die regte lewe? Ons is nie haastig om besluite te neem nie – wat die toekoms inhou, sal ons saam uitwerk.
🔒 Gesonde Seks se Antwoord
Eerstens, well done!
Jy verneder of breek nie jou man af omdat hy oop en eerlik met jou gedeel het wat hy dink nie – dit wys volwassenheid en respek in julle verhouding.
Wat presies is Poligamie?
Poligamie is die praktyk waar iemand met meer as een huweliksmaat terselfdertyd getroud is. Dit is ’n vorm van veelwywery of ‘n veelhuwelik, en kom in verskillende kulture en gelowe voor – soms wettig, soms nie.
Daar is twee hoofvorme van poligamie:
- Poliginie – Een man is getroud met meer as een vrou (dit is die mees algemene vorm van poligamie en word in sommige kulture en godsdienste, soos Islam, aanvaar).
- Polyandrie – Een vrou is getroud met meer as een man (baie skaars en kom meestal voor in sekere tradisionele samelewings).
⚠️ Belangrik: In Suid-Afrika is poligamie net wettig onder sekere regsraamwerke – byvoorbeeld in die Huwelikswet vir Swart Suid-Afrikaners of onder godsdienstige of tradisionele reg. Dit is nie toegelaat onder die Burgerlike Huwelikswet nie, waar een man net met een vrou getroud mag wees.
✅ Toegelaat: In terme van die “Recognition of Customary Marriages Act (Wet op Erkenning van Gebruiklike Huwelike)”
- Hierdie wet erken gebruiklike huwelike waar poliginie (een man, meer as een vrou) deel van die kultuur of tradisie is.
- Dit beteken ’n man mag met meer as een vrou trou, mits die huwelike ingevolge tradisionele Afrika-gebruike plaasvind.
- Die eerste huwelik moet wettig geregistreer wees, en vir elke daaropvolgende huwelik moet die man hoftoestemming verkry.
- Die hof sal kyk of die nuwe huwelik regverdig is vir alle partye, insluitend die bestaande vrou(e), voordat dit goedgekeur word.
❌ Nie toegelaat: Onder die “Civil Marriage Act” (Burgerlike Huwelikswet)
- ’n Persoon wat getroud is onder ’n burgerlike huwelik mag slegs met een persoon getroud wees op ’n slag.
- As iemand nog ’n huwelik aangaan sonder om te skei, is dit bigamie, wat onwettig en strafbaar is.
🔍 Belangrike punte:
- Elke nuwe huwelik moet wettig geregistreer en deur die wetlike proses goedgekeur word (indien poligamie wettig is in daardie konteks).
- ’n Huwelik onder die Civil Union Act (ook van toepassing op dieselfde geslag huwelike) laat nie poligamie toe nie.
🌟 Belangrike perspektiewe:
- 🧠 Nuuskierigheid is normaal.
Baie mense wonder oor hierdie tipe goed, meer as wat jy sou dink. Om iets te oorweeg of oor iets te fantaseer, maak jou nie “siek” of vreemd nie – dit maak jou menslik. - 🚫 Ons beveel dit egter glad nie aan nie.
By Gesonde Seks glo ons aan verhoudings met net twee persone in die verhouding, veral as dit kom by diepte, verbintenis en vertroue.
💔 Wat ons al gesien het:
- 🧪 Mense wat hierdie leefstyl gekies het, het dikwels agterna gebieg dat dit hul huwelik ernstig beskadig het.
- 🧍♀️🧍♂️ Fisiese én emosionele risiko’s is hoog.
- 🧾 Die meeste van hierdie eksperimente eindig in seerkry, jaloesie, onverwagte gevolge, en soms selfs verhoudingsbreuke.
- ⚖️ Ons ken min tot geen voorbeelde waar dit werklik suksesvol en sonder letsels uitgewerk het nie.
💭 Fantasie vs Realiteit:
- In ’n fantasie:
- Jy beheer die scenario.
- Jy beheer die emosies.
- Alles verloop perfek.
- In die realiteit:
- Jy het geen beheer oor ander mense se gedrag of emosies nie.
- Die “menslike faktor” – soos jaloesie, onsekerheid en skuld – kom vinnig tussenbeide.
❤️ Wat kan julle eerder doen?
- 🎭 Gebruik roleplay om die fantasie veilig en eksklusief tussen julle twee uit te leef.
- 🗣️ Kommunikeer openlik, maar wees eerlik oor waar julle emosioneel en geestelik is.
- 🛑 Moenie die fantasie met realiteit verwar nie – die een is veilig, die ander kan verwoestend wees.
📌 Laastens:
Dis julle keuse – maar maak dit saam, deurdink dit versigtig, en oorweeg die langtermyn-impak.
Want party drome is beter in jou kop as in jou bed.Kliek gerus hieronder indien jy graag saam met ‘n berader hierdie belangrike vraag op ‘n holistiese en veilige omgewil wil bespreek:





