Mmmmm… ek kan sien hoe ek nou basies die helfte van die manlike lesers al verloor het. “KOMMUNIKASIE – nee dankie! My vrou praat klaar meer as genoeg! Vir wat wil ek nou nog staan en verder praat…”
Ons weet almal hoe belangrik kommunikasie in verhoudings is. “Praat oor jou gevoelens,” sê hulle. “Wees eerlik oor jou behoeftes,” sê hulle. Maar wanneer laas het jy met selfvertroue verduidelik wat jy in die slaapkamer wil hê sonder om soos ’n bloosende tiener te voel wat vir die eerste keer biologie-klas bywoon?
En tog, hier is die geheim wat niemand jou vertel nie: Beter kommunikasie beteken beter seks. Punt. Nie net ’n bietjie beter nie – heel-nuwe-heelal beter.
Kom ons breek dit af (sonder die ongemak).
🎙️ 1. Raaiwerk is NIE sexy nie!
Jou maat is nie ’n gedagte-leser nie. Nee, regtig nie. As hulle was, sou hulle seker al teen die tyd geweet het jy hou nie daarvan as hulle vir die honderdste keer daai een ding probeer wat jy eintlik net die eerste keer uit pure beleefdheid geprys het nie.
As jy nie sê wat jy wil hê nie, gaan jy waarskynlik nie kry wat jy wil hê nie. Simpel wiskunde.
💡 2. Praat buite die slaapkamer – ja, buite.
Die beste seksuele kommunikasie begin wanneer jy klere aan het, en nie juis in die hitte van die oomblik wanneer iemand al half oor die rand van die bed hang nie. Geen persoon gaan op daardie oomblik eers uittrek, afkoel en stil sit om in ‘n gesprek met hul maat in te gaan nie. Nee wat, as jy nie voor die tyd jou sê gesê het nie – gaan jy maar vir eers moet stilbly en ietsie kry voor jy kan gesels.
Maak tyd vir ’n gemaklike, ligte geselsie oor wat julle geniet, wat julle graag sou wou probeer, en – hier’s die belangrike deel – wat nie werk nie. En moenie dit as ’n klaglys aanbied nie. Wees speels. Stel dit voor soos, “Wat dink jy van…?” of “Ek het gelees oor… sou jy ooit…?”
Om met jou maat oor seks te gesels en dit in ‘n aanvallige stemtoon te doen, gaan nie een van julle voordelig beïnvloed nie. Praat met ‘n oopkop met mekaar. Weet ook dat dit nie maklik vir een van julle is om oor hierdie goed te gesels nie.
🤐 3. Gebruik meer as net woorde.
Ja, ironies, ek weet. Maar kommunikasie gaan nie altyd oor praat nie. Dit gaan ook oor terugvoer – non-verbaal. Maak seker jou liggaamstaal sê “ja, asseblief” en nie “ek wonder of ek die wasmasjien aan vergeet het nie.” Moet nie net daar onder jou man soos ‘n opblaaspop lê nie. As hy die regte spot getref het – laat hom weet. Skop jou linkervoet uit en moan soos ‘n kat wat melk gekry het.
Sugte, aanraking, oogkontak – dit alles help jou maat weet hulle’s op die regte pad… of glad nie.
📣 4. Moenie skaam wees om leiding te neem nie.
As jy dink: “Ek wens net hulle sou dit langer doen,” dan sê jy dit! Of… wys dit. Jou maat sal waarskynlik nie aanstoot neem as jy hulle help om jou presies die plesier te gee waarna jy verlang nie. Dis nie ’n toets nie – niemand kry punte vir “self uitvind” nie. Soms is jou maat so blind soos ‘n mol wanneer dit by jou plesier kom – jy het die kaart tot jou erotiese zones. Wees jy die GPS vir jou maat en stuur hulle in die regte rigting.
😂 5. Lag. Ja, lag!
Dinge gaan snaaks loop. Mense val soms uit die bed. ’n Voet haak dalk vas in ’n laken. Of iemand sê per ongeluk iets belagliks op die ergste moontlike oomblik. En dan is daar die onmoontlikste “timed” fanny-fart. (Oeg – die skaamte!!!!)
Dis reg. Lag daaroor. Niks bou intimiteit soos ’n bietjie humor nie.
Daar is niks wat ‘n ongemaklike situasie so vinnig kan diffuse soos om te begin lag nie. Wanneer jy ‘n “fanny fart” beleef – LAG! Wanneer jy per ongeluk in die verkeerde gaatjie beland het en jou vrou soos ‘n vuurpyl opskiet – LAG! Wanneer die lyf-olie ‘n bietjie oorweldigend is en julle van mekaar afgegly het, of net nie ‘n goeie houvas kry nie – LAG!
Onthou – LAG saam met mekaar en nie vir mekaar nie!!
🌟 Die “moral of the story“?
Kommunikasie is nie net hoe jy konflik uitsorteer of uitpluis wie vanaand die kos maak nie. Dis hoe jy jou sekslewe van “wel, dit was oukei” tot “waar was dit my hele lewe?!” neem.
Wees eerlik. Wees speels. Wees duidelik. En bowenal, hou aan praat. (Behalwe, natuurlik, vir daai paar oomblikke waar stilte goud werd is…)
🗨️ 5 Maklike Gespreksopeners vir Beter Seks (sonder om weird te voel):
- “As jy môreaand ’n “wild”kaart in die slaapkamer kan kry… wat sou jy kies?”
(Maak dit speels en kyk wat jou maat se geheime idees is.) - “Ek het iets interessants gelees oor [vul in]… sou jy dit ooit probeer?”
(Dis altyd makliker om iets as ‘n eksterne idee voor te hou – minder druk!) - “Wat is jou gunsteling deel van ons sekslewe? En is daar iets wat jy graag meer van wil hê?”
(Hierdie een is ’n wenner om die positiewe eerste te beklemtoon.) - “As ons ’n reël moes opstel vir ekstra pret… wat sou dit wees?”
(Maak dit ’n speletjie! Dink aan ‘n ‘bucket list’ vibe.) - “Is daar iets wat jy wens ek meer/minder/sagter/vryer sou doen?”
(Hou dit oop en vriendelik – en wees bereid om self ook ’n antwoord te gee.)
Praat openlik en sonder skroom met jou maat. Intimiteit is belangrik vir ‘n verhouding, seks nog beter, maar kommunikasie is die belangrikste.!
#Kommunikasie #SêDitReguit #PraatSaam #LagSaam #GesondeSeks