Gesonde Seks

Blaasbeheer is vir soveel mense ‘n groot kopseer. Wanneer jou knypers nie meer wil saamwerk nie en dit ‘n geveg raak om te lag, nies hoes of om oefeninge te doen, begin dit by jou menswees steel. Volgens ‘n artikel in die South African Journal of Physiotherapy is inkontinensie ‘n probleem wat een in elke drie Suid Afrikaanse vroue raak. Die probleem is dat inkontinensie nie sommer aangespreek word nie, miskien omdat dit nie as ‘n lewensgevaarlike siekte beskou word nie? Maar die impak van inkontinensie op die mens se lewe het, is dalk ‘n groot genoeg probleem om dit meer ernstig te begin opneem.

Kegel gesondheid is ‘n onderwerp wat baie belangrik is, maar nie sommer oor gepraat word nie. Hoekom? Daar is ‘n algemene mis-konsepsie dat urinêre inkontinensie (verswakte blaasbeheer en lekkasie van uriene sonder beheer) onbehandelbaar en onvermydelik is en dat dit iets is wat mense maar net moet verdra, veral met ouderdom.

Daar het ‘n stigma ontwikkel rondom urinêre inkontinensie en dit is besig om by die mens (mans, vrouens en selfs kinders) se waardigheid te steel. Hierdie stigma rondom verswakte blaasbeheer kan ‘n groot impak op ‘n persoon se selfidentiteit hê, en ook ‘n ernstige negatiewe uitwerking op hulle fisiese en geestelike gesondheid inhou.

Ons is grootgemaak om te glo dat jou ontlasting (piepie en poef) iets is wat vuil is, en wat in ‘n higiëniese manier gedoen moet word en inkontinensie gaan teen al hierdie beginsels. Baie mense wat deur urinêre inkontinensie geraak word is bang om gesien te word as iemand wat vuil is, wat aan seksuele impotensie lei en sal hulself as “swak” sien. Hierdie miskonsepsie rondom inkontinensie laat baie mense skaam en verneder voel en juis hieroor soek hulle nie mediese raad vir hul probleem nie.

Vir diegene wat aan inkontinensie lei is daar ‘n aantal faktore wat hulle lewenskwaliteit verminder en sal selfs stress by hulle ontwikkel. Faktore soos die visuele tekens van ‘n “glips”, die reuk van uriene (aan hulleself of in hulle huis) en daaglikse aktiwiteite wat hulle nie meer kan voltooi nie. Individue kan heeltemal onttrek van hulle sosiale lewe en selfs familie.  

Dit is juis hierdie skaamte wat gevoel word, wat mense verhoed om dan vir behandeling te gaan. As hulle nie oor dit praat nie, is dit mos nie ‘n probleem nie… of hoe? Maar dit veroorsaak dan vertraging in behandeling en genesing. En daar ís behandeling vir inkontinensie.

Dit is nie meer nodig om stil te bly oor inkontinensie nie, want daar is hulp en ‘n kans tot verbeterde lewenskwaliteit. Inkontinensie is dalk algemeen, maar elke persoon se ervaring daarvan is uniek.

Die goeie nuus is dat daar wel hulp is vir inkontinensie. Met die versterking van die kegel spiere (bekkenbodemspiere) kan daar verligting vir inkontinensie gebring word. By Gesonde Seks is daar twee opsies wat jou kan help.

Kliek gerus hieronder om jou opsies te sien.

Shopping cart

0

No products in the cart.